Gee – met spesiaale aanpassings vir 2021.

Print Friendly, PDF & Email

Wat kan ons verwag in 2021?

So begin ons ‘n nuwe jaar in 2021 met ‘n totale ander insig as in 2020. Waar 20 20 visie wat ons laasjaar mee begin het beteken dat ons ‘n perfekte visie het, weet ons nog nie eintlik wat het ons getref het verlede jaar nie veral met die Sjinese Covid virus nie, en sover die jaar nie. En ons weet ook nog nie wanneer dit gaan eindig nie.

Al weet ons die mense in Sjina het regtig probleme gehad, glo ons mos maar hulle politici en is daar geen rede om hulle nie te glo nie. Maar ons kan gaan kyk na inligting wat ons sonder enige moeite in die hande kan kry, en dan skrik ons. Hulle selfoon verskaffer, China Mobile, is een van die maatskappye wat op die New York Effekte Beurs gelys is, en moet hulle resultate daar publiseer. Hier vind ons dat in Februarie 2020 met die hoogtepunt van Covid in Sjina, daar 7,5 miljoen selfoon gebruikers verdwyn het aangesien dit die daling is wat hulle gepubliseer het. Natuurlik sonder enige rede. So het daar 1,5 miljoen verdwyn in Junie, en 2,5 miljoen in November. U kan my syfers nagaan hier:  China Mobile Limited – Investor Relations > Monthly Customer Data. U sal self kan sien dat vir die jaar tot November 2020 hulle 6,6 miljoen minder gebruikers as die begin. Vandag sal dit jou wys dat die aspek net so voortgaan in 2021, maar die weste mag nie vrae vra nie, want seker na aan 50% van goedere word in Sjina vervaardig in hul slawe kampe. Met ‘n bevolking van oor ‘n biljoen mense, sou ek verwag het dat daar baie meer mense sou kwalifiseer om selfone te kon aankoop in 2020, en nie ‘n daling van miljoene verwag het nie. Wat van al die miljoene wat nou begin werk het verlede jaar en ‘n selfoon gekoop het?

Nou kyk ek na die data en vergelyk ek dit met wat ek as Christelike Apologeet vind op my webtuiste. Soos met die data oor Sjina doen ek al my navorsing voordat ek oor goed skryf wat mense maar moeilik vind om self te bestudeer of oor opinies uit te spreek. Al wat ek maar doen is kyk na ons Christelike standpunte, kyk of ek dit kan bevestig of nie, en meeste kere antwoorde kry wat ons nie altyd wil hoor nie. En dan plaas ek dit of as enkel artikel, of indien dit ‘n boek is, in pdf formaat op my webtuiste. Met die jongste voorstelle sien ek nou dat alle e-boeke gratis versprei kan word in Suid Afrika, so dalk sal van die ander skrywers ook uitvind wat ek die afgelope amper twintig jaar beleef.

Maar dan vra ek net dat mense ‘n vrywillige donasie gee vir dit wat hulle op my webtuiste kry. Maar ongelukkig is al gevolgtrekking wat ek kan maak, is dat Christene seker die swakste gewers is wat daar bestaan.

Maar hoekom sê ek dit?

Ons hou mos van die Rooms Katolieke wyse van gee. Dit is maar die manier  wat Luther ook gebruik het om te bestaan. Deur die metode te gebruik, kan jy vandag genesing ontvang sodra jy vir die tiende predikers ‘n donasie gee, want dan sal hulle vir jou bid en sal jy genees wees. As jy nie genesing ontvang nie, is dit jy wat nie genoeg geloof gehad het nie, of jou bydrae was dalk ‘n bietjie te min vir dit wat jy wou kry. So het Luther maar nog aangehou met sy plekkie in die gebou waar jy kon gaan sit en al jou sondes teenoor hom bely, en die oomblik wat jou geldjie in die aflate boks weerklink het, is jou sonde vergewe en kon jy weer aangaan totdat jy weer op die aflate stoel bevind het. So maak meeste van ons groot naam predikers hul geld. So vind ons byvoorbeeld mense soos John Hagee wat nie eers die Bybel verstaan nie en skryf oor die vier bloed mane van so ‘n paar jaar gelede, die metode gebruik en mense koop sy vals profesieë by die miljoene. Het enige van sy uitlatings waar geword? Nee, maar hy het lekker ryk geword daaruit. En dan kan jy maar gaan kyk na van sy preke op Youtube. Dan maak hy uitlatings soos Jesus het nie vir die Jode gesê dat Hy die Christus is nie, so hoe kon hulle dan weet dat Hy die Christus is. So nou kan ons mos verwag dat Jesus weer moet kom om hulle te oortuig dat Hy die Christus is, en dit skakel natuurlik baie mooi in by die wegraping teorie van die Antichris. Maar ons vergeet dat die ryk jong man vir Abraham gevra het om Lasarus na sy broers te stuur om hulle te vertel dat Jesus die Christus is, en dat Jesus se antwoord was dat hulle het Moses en die profete, as hulle nie die mense glo nie, sal hulle nie die ewige lewe beërf nie. So ten spyte van die feit dat ons weet dat hy en baie ander valse profete is, pas ons nie toe wat die Bybel verklaar ons moet doen met valse profete nie. En dit geld sommer vir al sy maatjies, soos ‘n Joel Osteen, Joyce Meyer, Kenneth Copeland, en hordes ander wat almal van Luther se aflate gebruik om geld te maak maar is ons bang om hierdie mense te openbaar as valse profete wat bedoel is vir die ewige verderf. So het die mense geleer om soos Luther op ander mense te teer om in luuksheid te kan leef. Dit was die een onderwerp wat Luther nooit aangespreek het in sy skrywes nie want dan het hy sy eie keel afgesny. So nou vind ons dat al die Christelike Sioniste die metode gebruik om hulleself te verryk. En dan trek hulle ‘n Maleagi 3 vers 8 preek uit, en nou kan hulle weer die Ou Testament wat volgens hulle net vir Israel geld, gebruik om geld uit jou te kry. Die HERE het die vrywillige gewer lief, of die een wat ander leer, maar nie die Antichris en sy leermeesters nie.

 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig, en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien, dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang. Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.” (Deu 13:1-5) Die laaste sin is ontsettend belangrik. Die kwaad kom uit ons midde. So nie iemand wat anders is nie, maar iemand wat as Christen gesien word en in ons midde beweeg. Want jy sal die afval nie van een van jou eie mense verwag nie.

Nou kan hulle baie vinnig dit verander en sê dat die Ou Testament net vir die Jode geld, en dit slegs van toepassing is op Israel want die verbond geld net vir Israel en nie vir ons nie. Nou kan ons maar vra hoe hulle dan met die wegrapingsleer kan uitkom as hulle verklaar dat die Ou Testament net vir Israel geld. Dan kan hulle mos nie nou skielik na Daniël verwys nie, want dit het niks met ons as Nuwe Testamentiese Christene te doen nie.

So kan ek en baie ander Christen skrywers boeke en artikels skryf sonder dat jy as leser daarvoor hoef te betaal, en dan vind jy uit dat in 2020 so net meer as 16,000 boeke afgelaai is van my webtuiste en maak dit 73,54% van al my data op wat my webtuiste gedra het verlede jaar. Maar, ek kan nie vir jou die ewige lewe belowe as jy my manier volg nie, ook kan ek nie genesing belowe sodra jy vir my geld gee nie. Ek kan dalk vir jou dit makliker maak om die Bybel se boodskap te verstaan sodat jy en die HERE saam ‘n paadjie kan begin loop en dat jy kan sien wat die ewige lewe beteken vir ons as Christene. Wat het ek gekry as vrywillige bydraes? Niks. Nul. Zilch. Nie ‘n sent nie. Jy sal eerder jou geld spandeer op jou gunsteling Christelike Sionis se boek of een van hulle talle liedere waarmee hulle uitkom as om seker te maak dat jy op die nou pad is na die hemel. Net so interessante stukkie inligting vir jou. Het jy geweet dat Rick Warren van The purpose driven life, die hoof is van die Chrislam beweging wat verklaar dat Jesus vir ons as Christene as verlosser optree en Mohammed as verlosser vir die Moslems optree. Dit is hoekom hy graag wil hê dat ons ons tyd sal spandeer om dissipels te maak eerder as om die eindtyd te bestudeer.

Jy kan kies. Maar onthou net hoe Jesus die skape van die bokke gaan skei wanneer Hy weer kom: “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.” (Mat 25:41-46) Daar is15,932 pdf lêers afgelaai van my webtuiste en dit 73.54% van die verkeer op my webtuiste was. Nou kan jy maar dieselfde optree as die ander 100,000 plus mense wat oor die afgelope 12 jaar boeke afgelaai het van my webtuiste sonder enige bydrae, of dalk kan jy my verbaas deur ‘n bydrae te maak wat my dalk net gaan help om my medisyne vir pyn en al die ander simptome van hierdie snaakse kanker wat ek het mee te verlig of te bestuur. Of miskien help dit dalk net dat ek weer by ‘n dokter kan uitkom wat my kan help met my stryd teen hierdie kanker.

O ja, en sedert die begin van die jaar toe ek die artikel begin skryf het tot nou toe, Junie 2021, het ek geval en die fusie wat ek so 28 jaar gelede gekry het in my rug gebreek. Toe hulle ‘n MRI doen toe vind hulle uit dat die breek van die vorige fusie, saam met die gepaard gaande kussing wat nou geskuif het, alles binne ‘n nuwe kanker gewas is. Ek neem aan hy is al lankal daar, seker maklik 7 na 8 jaar, want dit is hoe lank ek al met die rug weer sukkel. So ek het Rheumatoid Artritis in die gewrigte en rug, asook Osteoporosis wat so 5 jaar gelede bevestig is en dit was juis by hierdie rug fusie opgemerk. So ek loop sonder enige operasie huidig rond want die neurochirurg wil nie met die onkoloog praat nie, en ek vertrou hom nie want ek weet ook dat ek “Carcinoid Heart Disease” het, wat beteken dat die regterkantse onderste klep van die hart nie altyd seel nie, en dat die bloed dus nie altyd gepomp word nie. Dit het gemaak dat my bloeddruk seker met 30 punte gestyg het vir beide lesings, en ek met enkels rondloop wat baie geswel is, party dae so baie dat my enkels soos gaatjies lyk tussen die swelsel.

So indien jy voel dat ek jou dalk oortuig het om ook vir my as skrywer en Christelike Apologeet ‘n ietsie te gee sodat ek nog gewoontes kan navors en oor skryf, of om te help met kostes soos ek voorheen genoem het, kan jy jou bydrae maak by:

https://www.payfast.co.za/donate/go/shamaministries