Voorspoed teoloë se misleiding

Print Friendly, PDF & Email

Voorspoed teoloë se misleiding

Ek het nou al ‘n ruk wat ek so half afgeskeep voel. So asof ek dalk ‘n swart skaap van die HERE geword het. Maar, ek weet die ou kanker vat amper alles uit my uit, so miskien is ek nie in staat om regtig meer iets te skryf nie. Dit vat aan my om te sien hoe die duiwel met sy samewerkers die mense verlei. Maar dan vertroos Hettie my maar en moet ek weet dat elkeen sy eie pak sal dra volgens Galasiërs 6. “Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie. Want elkeen sal sy eie pak dra. Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.”(Gal 6:4-6)

So gedurende die week kry ek toe op ‘n Facebook blad die volgende prentjie.

Toe kry ek die volgende kommentaar op die prentjie. “Nie eers in Israel het ‘n hele nasie na God gedraai nie en tog het God hulle gered ter wille van die wat dit wel gedoen het.”. “Is daar geen verskil teen voor die kruis en daarna nie?”

Die eerste kommentaar is maklik om die teenstrydigheid uit te wys wat die HERE met Israel gedoen het. Hulle is tot vandag toe vervloek. Kyk selfs een van Satan se grootste helpers, John Hagee, erken dat jy jou tyd mors om Jesus met die Jode te deel. Hier is een van sy eie skyfies wat hy gebruik om daaroor te praat.

Maar om te wys wat die HERE self met Israel gedoen het, kan ons sommer vroeg in die trek deur die woestyn begin. Daar kom mense in opstand teen Moses en Aäron en duisende sterf. Die wat die rebellie veroorsaak word deur die aarde ingesluk.
Moses se oudste twee seuns word as priesters aangewys. Hulle dag hulle kan die HERE prys met hulle eie lofprysing en sterf in die tabernakel. Hoekom? Hulle het vreemde vuur vir die HERE gebring.

“En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.” (Lev 10:1-3)

Hoeveel keer bring mense vandag nie vreemde vuur na die HERE toe nie? Hulle dink dat “hulle” goed kan doen wat baie mense sal aanvaar, maar nie aanvaarbaar is vir die HERE nie. Onthou net een gedeelte in die Bybel. Jesus verklaar dit self: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.”(Mat 5:17-20) So Jesus het gekom om die Lam in die verbond te wees. Maar ons wil mos nie glo dat die boek aan die Hebreërs vir die Kerk geskryf is nie, want ons word geleer dat ons tweederangse Christene is en die fisiese Jode alles is.

Maar wat het Jesus gedoen volgens die boek? “Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien. En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie. Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie; want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel. En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.”(Heb 9:11-28)

So nou dat ons weet Jesus het net die Lam vervul in die verbond, kan ons kyk hoe die afval van die Jode plaas gevind het. Daar was die geval met die aanstelling van Aaron as hoëpriester en al die gevolge daarvan. Een ding wat ons moet onthou, is dat hierdie mense reeds Egipte (hulle sondige lewe) verlaat het, hulle was gedoop en het die doping van die Heilige Gees gesien en ervaar, en tog gebeur hierdie met hulle. Lees maar deur, dit is ‘n lang stuk, maar miskien sal jy agterkom dat die HERE nie jou speel maatjie is nie, en nog minder JOU offers of musiek of rap of wat ook al wat JY uitgedink het, sal aanvaar, want dit is vreemde vuur.

“En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering. En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê: Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ‘n oomblik verteer. Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word? En die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram! Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan. Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie. En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies. Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie: as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie. Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het. En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering. En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons! Toe het ‘n vuur van die HERE uitgegaan en die twee honderd en vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Sê aan Eleásar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig— naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as ‘n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die HERE gebring—daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel ‘n teken wees. Toe het die priester Eleásar die kopervuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan as ‘n oortreksel vir die altaar— ‘n aandenking vir die kinders van Israel, sodat ‘n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos die HERE aan hom deur die diens van Moses gesê het. Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Júlle het die volk van die HERE gedood. En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn. En toe Moses en Aäron tot voor die tent van samekoms kom, het die HERE met Moses gespreek en gesê: Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in ‘n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig, en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die HERE se aangesig uitgegaan, die plaag het begin! Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk. En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou. En die wat deur die plaag gesterf het, was veertien duisend sewe honderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil. Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.” (Num 16:19-50)

So hierdie gedeelte wys ons dat ons nie die HERE se speel maatjie is nie, en nog minder dat Hy verander van dag tot dag. Hy is gister en vandag dieselfde tot in ewigheid. “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.” (Heb 13:7-9)

Sommige stamme wil nie die gebied aanvaar wat die HERE vir hulle gegee het nie. Hulle help tog dat al die stamme hulle gebiede kry, maar verdwyn van die Bybel. Hulle was die eerste afvalliges nadat die volk in Kanaän in is. Maar nog voor dit wil 10 van die 12 stamme nie in Kanaän in gaan nie, en die HERE verander die beloofde land dat ons nooit weer hoor van die druiwetrosse wat so groot is dat twee persone een tros moes dra nie.

“En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee. Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang—hulle het hul erfdeel ontvang. Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.” (Núm 34:13-15)

Gedurende die Rigters tydperk verkrag van Benjamin se nasate ‘n priester se vrou. Op een dag sterf 24,000 soldate, om nie eers te praat van hulle vee, vroue en kinders nie. Op die ou einde is dit in die 70,000 mense wat sterf omdat hulle die HERE verlaat het. Lees maardie laaste drie hoofstukke van Rigters, en sien wat gebeur.

Dan is daar die volk wat ‘n koning wil hê want Samuel se seuns was nou nie juis priester kwaliteit gewees nie. En hier van baie predikers deur terug te gaan na Rigter se laaste vers: “Rig 21:25 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë”. En nou te verklaar dat daar geen orde was in Israel nie. Nee daar was orde, want elke huisgesin het sy eie Leviet gehad, daar was rigters wat die volk gelei het wanneer hulle die HERE gevra het om hulle te lei in oorlog of watter situasies ookal, maar die mense wil mos ‘n rede soek vir hulle bestaan. Hulle wil net nie vir julle vertel wat die HERE daarvan dink nie.

Nou seker die belangrikste gedeelte van die artikel. Wat gaan ‘n koning maak wat oor jou gaan heers?

“Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het—so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. Samuel het toe al die woorde van die HERE oorgebring aan die volk wat ‘n koning van hom gevra het. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop; en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies—dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.” (1Sa 8:7-20)

Klink dit dalk bekend? Wie sal jou geld vat vir homself. Wie sal hy aanstel in sy kerk of bediening? En wanneer jy uitroep vir hulp van die HERE, verklaar die HERE self: “En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie.”

So dit is wat die voorspoed teoloë doen. Hoe groter wonderwerk jy wil hê, hoe groter moet jou bydrae aan die teoloog se bediening wees. Hy sal nooit iemand wat hy nie ken of deur hom gebreinspoel is, in sy bediening aanstel nie. En natuurlik mag jy hom nie aanvat nie, want dan is jy in rebellie, en word jy uit geskop, of weggejaag. Want hy is koning, nie die HERE nie. Net hy hoor van die HERE, nie jy nie. En wanneer hy jou onder sy “spell” het, dan sal jy hom verdedig in enige situasie, maak nie saak of jy hom verkeerd of as deel van die Antichris bewys nie, die voorspoed teoloog sal altyd wen.
En nou kom hulle met hul mooi verdraaide woorde van die Nuwe Testament, en verdraai Paulus se woorde: “Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom. Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.” (2Kor 1:19-22)

So Paulus verklaar hier dat daar beloftes is vir die wat glo dat Jesus die Christus is, en dat die beloftes wat Jesus gemaak het nie kan verander nie. Nou wil ek graag weet waar het Jesus oorvloed van besittings belowe? Wat Jesus wel belowe het is dat ons alles saam met Hom sal wees in die hemel, en verseker nie op aarde nie.

Wat sal ons op die aarde kry? “(Mat 10:22) “En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” (Mat 24:9) “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.” (Mar 13:13) En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” (Luk 21:17) “En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.” “Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God. Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye. Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster. Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel. Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.” (1Pe 4:1-6) 1Pe 4:19 “So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.”

Maar, wat beklemtoon die Bybel na wie die menses al luister? “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” (2Ti 4:1-4)

Dit is die persone waarna hulle sal luister. Almal wil graag luister na die mense wat hulle ore streel. Die wat hulle belowe hul sal geld of ander voordele kry wanneer die mense vir hul kerke of groepe gee. Want sien dan skuld die HERE jou mos. Een van die mees misbruikte gedeeltes is natuurlik Jesaja 53. Hier skryf Jesaja as volg: “Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jes 53:4-5) Nou waarvan het Jesus ons genees? Ons almal word gebore met die siekte wat ons geestelike dood veroorsaak. Deur dit wat Jesus kom doen het, het ons genesing ontvang en verkry ons die ewige lewe as die vrug van ons oorgawe aan Jesus. So dit is waarvan ons genees word. Gaan lees die hele hoofstuk en sien vir jouself waaroor Jesaja skryf. Verseker nie ons fisiese genesing nie.

Indien dit fisiese genesing was, hoekom skryf Judas dan die gedeelte in 1 Petrus 4. “Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig. Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn? So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.”(1Pe 4:16-19) En dan is daar natuurlik die mees algemeenste vraag wat die mense wat die voorspoed teoloë en hul interpretasie aanhang. Indien ons nie mag siek wees nie, hoe gaan ons dan sterf? Ek vra maar net.

So om mee af te sluit, wil ek graag ‘n gedeelte aanhaal wat jy maar gaan Google.
Kom ek deel ‘n opname van die rykste van al hierdie voorspoed teoloë wat hulle geld maak uit arm en onkundige mense, of mense wat ons nie in die hemel gaan sien nie.

“How much is sharing the word of God worth? The typical church pastor performs religious services, directs church operations, provides spiritual counselling, and more. There’s no doubt that pastors have a lot of responsibility on their shoulders. Getting rich is likely the last thing on most preachers’ minds; however, some persons of the cloth have accumulated their share of riches through public speaking, books, network TV shows – and of course, the collection plate. Here we’ll look at 10 of the richest pastors around, their net worth, and just how they accumulated their fortunes.

10. Joyce Meyer

She owns a private jet and several homes.
• Net worth: $8 million
During a childhood of sexual abuse, Joyce Meyer became a born-again Christian while in elementary school. She started teaching Bible classes that eventually were broadcast on the radio. In 1985, Meyer formed her own ministry, Life in the Word, and she also began airing a weekly TV show, Enjoying Everyday Life in 1995. She has a net worth of $8 million, according to Celebrity Net Worth.
Meyer, 74, travels to public speaking engagements on her private jet. In 2004, a St. Louis Post-Dispatch article listed her and her husband’s assets, which were reportedly all paid for by her ministry. They included her $10 million jet and several million-dollar homes, as well as a $107,000 silver Mercedes. After receiving criticism for these financial perks, Meyer announced plans to take a reduced salary and derive more of her personal income from her outside book sales.

Next: A spiritual adviser to the presidents is a multimillionaire.

9. T.D. Jakes

He’s friendly with the presidents.
• Net worth: $18 million

T.D. Jakes spoke at the inauguration of President Barack Obama in 2009. He also accompanied President George W. Bush to areas affected by Hurricane Katrina in 2005. Jakes founded The Potter’s House, a nondenominational megachurch. His sermons can be seen on Trinity Broadcasting Network and other religious channels.
Jakes’ net worth has been estimated at $18 million. He talked about his wealth with Oprah in a 2012 interview, and stated that he draws income from his megachurch, in addition to earning money off his best-selling books and producing movies.

Next: Preaching runs in this wealthy family’s blood.

8. Franklin Graham

He called Islam ‘evil.’
• Net worth: $25 million
Although Franklin Graham is an evangelist and son of well-known pastor Billy Graham, he didn’t convert to Christianity until he was 22 years old. He eventually went on to take over organizing events for the Billy Graham Evangelistic Association, of which he is now CEO and president. He has also authored many books and frequently takes part in Christian revival tours. His net worth is reported as $10 million.
The younger Graham, 65, came under criticism for calling Islam “a very evil and wicked religion” after the September 11, 2001 attacks. He came under further scrutiny when he remarked, “True Islam cannot be practiced in this country. You can’t beat your wife. You cannot murder your children if you think they’ve committed adultery … which they do practice in these other countries.”

Next: This rich pastor lives on 10% of his income.

7. Rick Warren

He donates most of his money to charity.
• Net worth: $25 million

In 1980, Rick Warren founded the Saddleback Church in Lake Forest, California. Today the evangelical megachurch church is America’s fifth largest, and weekly attendance averages 20,000 people. Warren has also written best-selling book A Purpose Driven Life. His professed philosophy is to bring global harmony to the world by founding churches, promoting education, and helping the poor and sick.

Warren, 63, and his wife Kay Warren live on 10 percent of their income and donate the rest to charity. “I drive a 12-year-old Ford, have lived in the same house for the last 22 years, bought my watch at Wal-Mart, and I don’t own a boat or a jet,” Warren told Forbes. His net worth is $25 million, reported Celebrity Net Worth.

He also the heads the Chrislam movement that says that Christians and Muslims serves the same God, and has opened many Muslim gatherings. His book “The purpose driven life”, was based on a book written by an athiest called Management by objectives. These two has co-authored most of the books based on the first book. But the Bible says you cannot be yoked by a non believer.

6. Billy Graham

Next: His career-long audience has topped 2.2 billion. He was one of the first celebrity pastors.
• Net worth: $25 million
Billy Graham, a Southern Baptist minister, became one of the first pastors to reach celebrity status. He gained popularity as his sermons were broadcast on radio stations and TV channels around the country. In 1950, he founded the Billy Graham Evangelistic Association in Minneapolis. He also served as spiritual advisor to presidents Richard Nixon and Dwight Eisenhower and preached alongside Martin Luther King, Jr.
At the time of his death in February 2018 at age 99, Graham was estimated to have preached to over 2.2 billion people. He wrote 33 books, some of which became bestsellers. His net worth was reportedly $25 million.

Next: His congregation bought him a new jet.
5. Creflo Dollar

He was also arrested for a domestic disturbance.
• Net worth: $27 million
As his last name suggests, televangelist Cleflo Dollar has amassed some riches – and he has the possessions to prove it. Dollar is an American Word of Faith teacher, pastor, and founder of the non-denominational World Changers Church International, based in Fulton County, Georgia. In 2007, he had a congregation of 30,000 as well as $69 million in cash collection revenue. Dollar preaches his philosophy that “it is the will of God for you to prosper in every way.”
Dollar has a reported net worth of $27 million. He has been criticized for his lifestyle and possessions, including two Rolls-Royce cars, a private jet, and million-dollar homes in Atlanta and Manhattan. When his Gulfstream jet ran off the runway, through the congregation and website donations, the ministry board was able to acquire a new one.

Next: A Houston mega-pastor is no stranger to controversy.
4. Joel Osteen

One of the best-known TV pastors has also faced some controversy.
• Net worth: $40 million
Joel Osteen is senior pastor at Lakewood Church, the largest Protestant church in America. Weekly attendance at the Houston-based church is 52,000. In 1999, Osteen, now 54, inherited the church and its television ministry from his late father John Osteen. Today, 7 million people in 100 different countries watch Lakewood Church broadcasts every week. Osteen’s book Your Best Life Now was on the New York Times Best Seller list for 200 weeks.
Royalties from Osteen’s book sales, radio show, public speaking fees, and church collection reportedly generate $55 million per year. He and his wife, co-pastor Victoria Osteen, live with their two kids in a $10.5 million mansion in the Houston suburbs. Osteen’s net worth is reported as $40 million. In August 2017, after receiving criticism for not helping Hurricane Harvey victims, Osteen opened his 16,800-seat Houston megachurch to evacuees.

Next: The IRS famously raided this pastor’s headquarters.
3. Benny Hinn

He uses the church’s luxury goods.
• Net worth: $60 million
Israeli-born televangelist Benny Hinn is best known for his “Miracle Crusades,” or faith healing summits, which are held in stadiums around the country and broadcast on his TV program This Is Your Day. He founded Orlando Christian Center church in 1983 and began holding his healing services there. Followers believe Hinn can heal any of their ailments if he prays over them.
Hinn’s personal use of church-owned luxury goods has attracted criticism. In April 2017, IRS and U.S. Postal Service criminal investigators raided Hinn’s headquarters in Grapevine, Texas. The Senate Finance Committee also investigated Hinn and five other televangelists in 2007. After several years, Hinn and the other pastors were cleared of wrongdoing. Hinn’s net worth is reported as $60 million.

Next: A charismatic televangelist is worth 9 figures.
2. Pat Robertson

He ran for president in 1988.
• Net worth: $100 million
Televangelist Pat Robertson is a Southern Baptist with a charismatic ideology. In 1960, he founded Christian Broadcasting Network, which now broadcasts shows in 180 countries in 71 languages. The flagship show, The 700 Club, airs daily, featuring news, live guests, music, and testimony oriented around the Christian lifestyle.
In addition to his TV network, Robertson, 87, is a former Marine who ran unsuccessfully for U.S. president in 1988. He also founded Christian Coalition, a Christian Right organization that raises money for conservative political candidates. He is also founder, CEO, and chancellor of Regent University. Robertson’s net worth is reported as $100 million.

Next: Could America’s richest pastor be a billionaire?
1. Kenneth Copeland

The church funded his lakeside mansion and private jet.
Net worth: $300 million
Kenneth Copeland converted to Christianity in the 1960s and went on to become a giant within the Word of Faith branch of Pentecostalism. He currently heads Kenneth Copeland Ministries and preaches through TV, books, DVDs, and CDs. Copeland preaches abundance and prosperity, commonly referred to as the prosperity gospel.
Kenneth Copeland Ministries is located on a 1,500-acre campus near Fort Worth, Texas. The grounds include a church as well as a private airstrip and hangar for a $17.5 million jet and other aircraft. Copeland reportedly lives in a $6.3 lakefront mansion funded by his church. Although Celebrity Net Worth reported he’s worth $300 million, other reports say Copeland could be worth $750 million or more.

Nou terug na die Jode en Afrikaans.

Israel verwerp Jesus, en met die verwoesting van Jerusalem sterf daar om en by 1,2 miljoen Jode wat nie Jesus as die Messias gesien het nie. Onthou net Jesus het sy dissipels uitgestuur om AL die Jode van Hom te vertel. En weet jy, ek praat van mense wat die uitverkore volk van die HERE was.

So gaan dink ‘n bietjie daaroor. Die mense het Jesus gesien en van Hom geweet. Lees dan ook sommer die gedeelte van Lasarus en die ryk jong man. Die ryk jong man wat ‘n Jood was, vra dat Lasarus sy broers moet gaan waarsku dat hulle in die hel gaan op eindig. Wat is Jesus se antwoord? “Hulle het Moses en die profete. As hulle nie hieraan glo nie, sal hulle nie eers glo indien iemand uit die dood opgewek word nie.”

Afsluiting

Na Dawid split die volk in twee. So nog ‘n keer verlaat en draai mense hulle rug op die HERE. Ons hoor niks weer van hulle nie. Uiteindelik was daar net mense van Benjamin, Levi en dan Juda oor in Jerusalem toe Jesus aarde toe gekom het. Die res van Israel het toe al lankal hul rug op die HERE gedraai. En ons hoor nooit weer verder van hulle nie.

En weet jy, ek praat van mense wat die uitverkore volk van die HERE was.

So wat is my gevolgtrekking? Dat nie een van die mense wat vandag hierdie voorspoed teologie volg, in Jerusalem sal wees in die hemel nie. Hulle het eerder die ryk lewe op aarde gesoek en alles wat hulle het vir hulself gebruik, as wat Jesus verklaar het in die laaste gedeelte van Mattheus 25 hoe ons as Christene moet optree.

So ja, ek kan nie net die een versie glo en die voorafgaande verse verwerp nie, want dan gaan ek ‘n groot verrassing kry die dag wanneer ek my asem uitblaas hier as hierdie aarde, of wanneer Jesus met Sy terugkoms op die wolke gesien sal word en hierdie aarde en hierdie hemel verby sal gaan.

So vergeet van die voorspoed teologie en die wat in die dispensasie leer glo. Hulle bewys net hul onkunde van die verbond, en sonder die geregtigheid van Jesus is dit onmoontlik om in die hemel te kom.