kenmerke

Kenmerke van ‘n Christen

Free!

Product Description

Print Friendly

Is daar unieke kenmerke wat ons as Christene behoort uit te straal? Anders gestel, moet mense kan sien dat ons Christene is sonder om ons eers te vra? Dit is vrae wat my ‘n baie lang tyd besig gehad het. Ek het orals gesoek maar nie veel uitstaande kenmerke by gelowige mense gesien nie. Die Bybel verklaar wel, soos ons kan sien van die Psalm hierbo, dat daar sulke kenmerke moet wees. Ons lees ook in Maleagi 3 die volgende: “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie. “(Mal 3:18)