Moses 4 – Oor Kerk

Print Friendly

MOSES 4 – OOR KERK EN DIE TIPE VRAE
Jeremia 7: 3 – 8
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.
Vertrou nie op bedrieglike woorde nie–wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!
Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar;
vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie–
dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu.
Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.

Wat is die Kerk van Jesus Christus?

Dit is nogal ‘n vraag wat ons aan die dink kan sit. Daar is so baie definisies in die Bybel dat ons kan aanhou met ‘n lang Bybelstudie net oor die verskillende benamings. So kan dit wees bruid, liggaam, volk, uitverkiestes ens. Maar dit is nie die vraag nie.

Die vraag is: “Wat is die Kerk van Jesus Christus?”

Daar is al soveel boeke en verduidelikings gegee dat baie mense of nie meer belangstel nie, of hulle het al opgegee het om na artikels en boeke te kyk waarin elke persoon sy eie gedagte deurgee.

Ek wil die vraag uit ‘n baie ander oogpunt benader. Ek wil nie ‘n twis begin oor of ‘n huiskerk of ‘n institusionele kerk reg is of verkeerd is nie, of die betekenis van die woord Ekklesia naspeur nie. Ek wil ook nie kyk of ‘n Pinkster kerk of een van die susters kerke reg is nie. Ek wil kyk na ons begrip van kerk. Dit sal ook dan vir my die riglyn gee van wat Kerk is of nie is nie.

MOSES 4 – OOR KERK EN DIE TIPE VRAE

Moses 4 vers 1: Wat is die Kerk van Jesus Christus?
Moses 4 vers 2: Hoe beoordeel ek die egtheid van ‘n herder asook die egtheid van ‘n gemeente?
Moses 4 vers 3: Wat bedoel mense wanneer hulle sê dat iemand Jesus plus verkondig?
Moses 4 vers 4: Hoe tree ek op teen valse leraars en hul verteenwoordigers?

U kan al die boeke wat ek geskryf het van ons winkel aflaai teen betaling, of gratis van hier:

http://www.shama.org.za/boeke/

Dit is al die boeke wat u gratis kan aflaai. Onthou net die volgende aanhaling uit die Bybel: “Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.” (1Ti 5:18). So daar is voorsiening gemaak ook in my winkel waar u net ‘n donasie kan maak vir ons bediening en te help met my stryd teen fase 4 kanker.