Hoekom gebeur dinge met ons as Christene en lyk dit asof die HERE glad nie omgee nie?

Die liewe Suid Afrika – Hoekom gebeur dinge met ons as Christene en lyk dit asof die HERE glad nie omgee nie?

Dit is ‘n vraag wat nogal in heelwat gesprekke deesdae voorkom. Hoe kan die HERE toelaat dat ons as blankes en selfs ander kleuriges in Suid Afrika wat Hom al die jare dien nie antwoorde kry op ons vrae nie. Ou mense word gemartel en vermoor, kinders en kleuters word verkrag, maar tog is alles stil en lyk dit of Hy glad nie omgee nie.

Die vrae word veral in die lig van ons Calvinistiese agtergrond baie keer vir ons ‘n struikelblok. En, dink meeste mense, hoe kan die HERE net apaties staan met alles wat gebeur?

Ek wil graag die onderwerp deel in twee gedeeltes behandel, eerstens ons geloofsuitkyk, en dan ons optrede.

Geloofsuitkyk

Ek het ook al hoeveel kere gehoor dat die mense die HERE vra dat Hy ons sal help maar dan doen Hy dit nie. Ek kan nou sommer vinnig terug gaan na April 2017 met die biddag in Bloemfontein waar almal gevra het dat die HERE ons lot sal verander, maar al wat gebeur het is dat dit maar net of dieselfde aangegaan het, of soos baie mense dit vandag ervaar, verseker slegter gaan. Ons hoef maar net na die onafhanklike nuus kanale te kyk, so dit sluit al die staats, nasionale en linkse party politieke ondersteuners soos Naspers beheerde radio en TV stasies, almal uit, en dan vind ons dat daar amper nie ‘n dag verby gaan waar daar nie ‘n swart op wit aanval plaasvind nie.

En nie almal is plaas aanvalle nie. Hoeveel mense word beroof van hul besittings in die dorpe en stede van ons land, en dan is daar by meeste van die gevalle geweld by betrokke. Maar, tog het ons gevra dat die HERE ons sal beskerm maar dit gebeur net nie. Ander gebeure vind in die openbaar plaas waar ouer mense sommer net bygekom word deur swartes, soos die een wat op die naweek van 8 en 9 September by die lughawe in Kempton Park gebeur het waar ‘n swarte ‘n ou man se kakebeen verwoes maar “niemand” sien dit nie al is alles vasgevang op kringtelevisie, maar niemand doen iets daar omtrent nie en natuurlik is daar geen optrede van enige veiligheids mense of polisie nie.

Nou lees ek deur van die groot teoloë se skrywes en dan kry ons gedeeltes soos die volgende: “Selfs die mens se sondige handelinge kan slegs gebeur met sy toestemming en met die krag wat Hy sy skepsel gee. Aangesien Hy gewillig, en nie onwillig nie, toelaat, moet alles wat gebeur – insluitend ons sondige dade en die mens se uiteindelike lot – in die een of ander sin in ooreenstemming wees met wat Hy in die ewigheid bepaal en beveel het. In verhouding met die mate waartoe dit ontken word, word God uitgesluit uit die regering van die wêreld, en het ons slegs ‘n eindige God. Natuurlik ontstaan daar sekere probleme wat ons met ons huidige kennis nie volledig kan verklaar nie. Dit is egter nie ‘n voldoende rede om dit wat deur die Skrif en die duidelike voorskrifte van die rede bevestig word, te verwerp nie. A. Kuyper.

So nou vind ek dat ons hier lees dat die gebeure wel vrae kan laat ontstaan, maar dat alles haarfyn reeds vooraf bepaal is deur die HERE. En dit is nou waar ek dinge begin bevraagteken wat in die Calvinistiese Kerke geleer word. Die grootste probleem daarmee is dat dit die HERE die outeur van sonde maak, aangesien hy juis die ses aanvallers opdrag gegee het om die plaasmoord te gaan pleeg en soos die geval hierbo die swartman opdrag gegee het om die ou man aan te val want Hy is in beheer van alles. Nou gaan Kuyper verder en sê dat ons gered word omdat met geboorte ‘n “kiem” by ons ingeplant word wat sal ontkiem wanneer die woord verkondig word. “C. Veenhof in sy boek ‘Predik het Woord’ analiseer Kuyper se doopsbeskouing, en toon duidelik aan hoedat hy die grond vir die kinderdoop sien in die ‘veronderstelde wedergeboorte’. Kuyper se siening oor ‘wedergeboorte’ is bekend. Die wedergeboorte is volgens hom die inplanting van ‘n ‘geloofskiem’, die geloofshebbelikheid of geloofsvermoë in die hart van die kind in sy vroegste bestaansoomblikke. Dit vind plaas deur ‘n direkte werking van die Heilige Gees. Hierdie ‘kiem’ kan sluimerend lê vir jare, en dan, deur die Woordverkondiging, ontkiem en as ‘geloofsgeloofsvermoë en die latere geloofswerksaamheid. Nou sê Kuyper: Die moontlikheid van so ‘n genadewerk van God in die siel van ons kind, moet by al ons kinders aangeneem word. Wanneer nou die ouers werklik in die verbond lewe, dan is dit hulle plig om elkeen van hulle kinders wat vir hulle gebore word “in de onderstelling dat het genadewerk Gods reeds in hen plaats greep, in den Naam van God Drieenig te laten doopen”.  (A. Kuyper: E Voto lll pag. 10, 11, 12).

Hierdie is vir my in direkte kontras wat Jesus se opdrag is in Mattheus 28: “En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Mat 28:18-20)

En dit is waar ek glo ons probleem begin. Jesus verklaar self die volgende in Johannes 16: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11)

Ek kom net agter dat baie mense nie weet wat die Heilige Gees se doel is op aarde nie, of Hom asook die hele geestelike realm amper heeltemal uitsluit uit hul lewe want hulle is bang vir die onbekende. En nie net die onbekende nie, maar ook die wat wel in die Heilige Gees se werking glo, party dit weer oor dramatiseer en op hierdie manier baie mense laat twyfel. Terwyl indien ons net die waarheid lees soos Jesus dit hier gestel het asook baie van die profete dit uitgelê het, dit baie van ons vrae sal beantwoord. Paulus skryf juis aan die mense in Korinte dat hulle moet oplet hoe die HERE met Israel gehandel het en dat dit vir ons as ‘n voorbeeld moet dien sodat ons kan sien hoe Hy vandag nog sal optree. “1Ko 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Daar is gedurig ‘n gestryery tussen die Calvinste aan die een kant en die wat “vry wil” of “Arminian” leerstellings verkondig. Ek het al moed opgegee om in die gesprekke op die internet betrokke te raak want nie een kant wil vir die anderkant eers lugtyd gee nie, en dan kom ek nou nog tussen in met ‘n ander standpunt wat ek glo beide se standpunte integreer. En vir myself glo ek dit is wat Jesus bedoel het in die gedeelte in Johannes.

So wat is my mening? Alle mense word die geleentheid gegun om te kan kies tussen goed en sleg. Dit is al so van die dae van Adam af en dit selfs voor die HERE vir Eva gemaak het. “En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. (Gén 2:16-17) Hier sien ons dat die HERE die mens, Adam, die vermoë gee om te kies, en daardie vermoë het Hy nooit terug geneem nie. So die Heilige Gees is deel van my hele lewe, en sal my oortuig van sonde en van geregtigheid, soos reeds aangehaal uit Johannes 16. Ons lees ook die verhaal oor Kaïn en Abel dat die HERE nie vir Kaïn stop om Abel dood te maak nie, maar hom straf vir sy verkeerde optrede.

So dit is nogsteeds die HERE wat in bevel is aangesien Sy Heilige Gees in ons werk van kindsdae af om ons te leer wat is reg en wat is verkeerd. Ons as ouers moet egter die grense stel en soos Moses dit uitdruk: “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” (Deu 6:6-9)-

So dit is my verantwoordelikheid om te verseker dat my kinders sal leer wat reg en verkeerd is, en dat die HERE my verantwoordelik hou totdat hulle as volwassenes kan optree. En die tyd is ook deur die HERE aan Moses verkondig: Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie— behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want hulle het volhard om die HERE te volg. En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.” (Núm 32:11-13)

So vind ons ook min Calvinistiese Christene wat enigsins iets van die geesteswêreld af weet. Indien jy daaroor begin praat dan maak jy mense baie ongemaklik, en weet hulle nie hoe om te reageer nie. En natuurlik indien die persoon wel belangstel, hulle jou oopmond aanstaar wanneer jy die geesteswêreld begin verduidelik.

En hierdie geestelike realm is waar seker meeste van ons probleme vandaan kom. In ons nuwe volkslied word gesing tot Nkosi, wat almal aanneem dat dit aan die HERE opgedra is. Maar, ongelukkig is dit nie so nie. Nkosi is volgens die Collins English Dictionary verklaar as volg: “South African a term of address to a superior; master; chief [Nguni inkosi chief, lord]”. Dit is ook wat Moeletsi Mbeki (Thabo se broer) kwytgeraak het met Mandela se begrafnis. Hy het die BBC se uitsending gelei, en op ‘n vraag waar Mandela nou is het hy geantwoord dat die swartes nie glo soos die blankes nie en dat volgens hulle is Mandela nou by die voorvaders.

So hy het hom gevoeg by die voorvaders en dit verklaar ook dat wanneer ‘n swarte begrawe word daar eers geloof gemaak moet word want hulle moet die voorvaders oortuig dat hulle goed sal omsien na hulle, en nogsteeds hulle raad verkry van die voorvaders.

Ek het ook op ‘n artikel op ‘n webtuiste afgekom waar die skrywer die volkslied se betekenis weergee. Ek het wel so hier en daar bietjie meer inligting gegee waar ek gevoel het die skrywer dalk nie breed genoeg oor uitgebrei het nie. Die artikel is as volg en ek haal aan, maar eers net Google translate se vertaling van die lied:

“Here, seën ons Afrika,
Sy heerlikheid is sy heerlikheid;
Hoor ons gebede
Here seën,
Here seën,
Here, seën ons Afrika,
Sy heerlikheid is sy heerlikheid;
Hoor ons gebede
Here seën,
Here seën,
Kom Gees (kom kom), kom
Kom Gees (kom kom), kom
Kom, die Heilige Gees.
Seën ons, ons is sy familie.”

“Nkosi sikelel’ iAfrika het aanvanklik slegs een vers gehad.  ’n Xhosa digter het later nog ses verse bygeskryf.  Die volledige teks is in 1927 gepubliseer en in 1929 in die Presbiteriaanse Xhosa-liedereboek opgeneem om swartes glo van hul menswaardigheid en skeppende vermoëns bewus te maak.   Alhoewel dit oorspronklik nie as ’n opruiende lied bedoel was nie, het dit spoedig ’n politieke kleur verkry omdat swart politieke vergaderings daarmee afgesluit is. Dit het ook nie net in Suid Afrika bekend geword nie, maar soos die sendelinge noord getrek het, is daar baie Afrika lande waar die lied as deel van hul volkslied of as een van hule heilige liedere gesing word.

Maar wie is Nkosi?  Is dit ’n alternatiewe naam vir God, die Vader van ons Here Jesus?    Baie beslis nie!   Swartes aanbid Nkosi lank voordat sendelinge hul met die saligmakende Evangelie bereik het.   Om Nkosi goedsmoeds as die God van die Bybel te aanvaar, is om soos ’n Israel van ouds ’n goue kalf te maak!

Die Afrikaans/Zoeloe woordeboek verklaar khozi met swart bergarend en khosi met koning of kaptein. Nkosi is die groot voorvadergees van die swartes en nie die God van die Bybel nie. Wie hom as die God van die Bybel aanvaar, kan net sowel enige godsbegrip van watter volk of afgodsdiens ookal as die God van die Bybel aanvaar.   Dis ’n verbreking van die eerste gebod en skending van die heiligheid van die Drie-enige God!

Tot wie se eer word Nkosi sikelel’ iAfrika gesing?  ’n Kaptein, ’n koning of ’n swart berg-arend? Onkundige mense word gruwelik mislei om ’n voorvadergees te besing.   Voorvadergeeste is niks anders as bose geeste nie!   Dis opvallend hoeveel swartes die naam of van Nkosi het.   Christene sal nooit  die Naam van die Here as ’n eienaam of van gebruik nie!

Waarom is hierdie lied sonder noemenswaardige teenstand aanvaar?   Omdat mense in ’n gemaksone verval het en alles vir die waarheid aanvaar sonder om behoorlike ondersoek na die uitsprake van kerk en politieke leiers te doen.   Dis geriefliker as ander dit vir jou doen.  Vandaar die onkunde:  My volk gaan te gronde weens ’n gebrek aan kennis” (Hos.6:4).   Onkunde maak van mense gevangenes in hul eie land:  “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis…” (Jes.5:13). Ek kan net hier invoeg dat Roelf Meyer tydens die Kodesa samesprekings ‘n verbond met die swart verteenwoordigers gemaak deur saam sy hande in bloed te was wat deur ‘n sangoma voorberei was. En nie een predikant of geestelike het iets daaroor te sê gehad nie.

Nkosi sikelel’ iAfrika is nie met die Bybel of enigeen van ons belydenisskrifte versoenbaar nie.   Dit adem al te duidelik ’n volksvreemde gees en breek ’n mens se hart as volksgenote dit by openbare byeenkomste soos internasionale sportbyeenkomste hartlik saamsing, om nie eens in ons skole te praat nie!

Die teks van Nkosi sikelel’ iAfrika vind nie sy oorsprong in die Christelike geloof nie.   Nog minder slaag dit die toets van ’n gebed.   Daar is byvoorbeeld geen verheerliking van Jesus Christus nie.  Dis eerder, so eie aan Afrika, eenrigtingverkeer, horisontaal en aards gerig.

Let veral op die herhalings.  ”Seën ons, Here God, seën Afrika, laat sy mag tot in die hemel reik….” Ses maal.   Herhaling is “chanting” en verseker nie Christelik nie. Ongelukkig vind ons dit nie net in die lied nie, maar ook deesdae in byna alle nuwe Christelike liedere. Die oorsprong van “chanting” kom uit die Oosterse godsdienste en word as volg bespreek in Wikiwand: Chanting (bv. Mantra, heilige teks, die naam van God / Gees, ens.) is ‘n algemeen gebruikte geestelike praktyk. Soos ‘n gebed, kan chant ‘n komponent van persoonlike of groepspraktyk wees. Verskeie geestelike tradisies oorweeg ‘n roete vir geestelike ontwikkeling.

‘n Paar voorbeelde sluit in swartkulture, Hawiaanse en inheemse Amerikaanse, Assiriese en Australiese inheemse kulture, Gregoriaanse Chant, Vediese Chant, Koranlees, Islamitiese Dhikr, Baha’i-chants, verskeie Boeddhistiese chants, verskeie mantras, Joodse chanting en die sangpsalms en gebede, veral in Rooms-Katolieke (sien Gregoriaanse Chant of Taizé-gemeenskap), Oos-Ortodokse (sien Byzantynse Chant of Znamenny Chant, vir voorbeelde), Lutherse en Anglikaanse kerke (sien Anglikaanse Chant).

Chant praktyke wissel. Tibetaanse Boeddhistiese chant behels keelsang, waar verskeie werke deur elke kunstenaar vervaardig word. Die konsep van sangmantras is van besondere betekenis in baie Hindoe-tradisies en ander nouverwante Dharmiese godsdienste. Indië se bhakti-devosionele tradisie fokus op kirtan, wat in baie lande en tradisies soos Ananda Marga nagevolg het. Die Hare Krishna-beweging is veral gebaseer op die sang van Sanskrit Name of God in die Vaishnava-tradisie. Japannese Shijin, of ‘chanted poetry’, weerspieël Zen Boeddhistiese beginsels en word gesing uit die Dan-tien (of laer abdomen) – die lokus van mag in Oosterse tradisies. So ons is in Afrika, so die herhaling kom nie uit ons Christelike agtergrond nie, maar uit die Afrika agtergrond.

Laat sy mag, so ons land se mag, tot in die hemel reik. Dit klink vir my nogal baie na aan wat by Babilon gebeur het voor die HERE die mense met verskillende tale uitmekaar gejaag het. Die woorde: “Lei ons tot eenheid en begrip.  Hoor ons as ons U om vrede vra” is ’n gebed vir verbetering van die lewe sonder enige skuldbelydenis.

Die agtergrond en volledige teks van hierdie lied hinder ware gelowiges.  Dit verkondig Swart Teologie.   Swartes is fel teen kolonialisme gekant en sterk op politieke bevryding ingestel.  Dis al vryheid waarin hulle in werklikheid belang stel.  Nie die vryheid in Jesus Christus nie.   Enige teologie wat die mens se omstandighede as vertrekpunt het, is vreemd aan die Evangelie van die verlossing in Christus Jesus. “Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Nkosi sikelel’ iAfrika klink nie na die taal van die Evangelie nie, maar verraai eerder swartes se beheptheid met tradisionele natuurkragte en die aanbidding van voorvadergeeste.    Nkosi sikelel’ iAfrika is ’n onomskrewe aanbidding van ’n vreemde goddelike mag wat bokant die werklikheid optree.  Elkeen vertolk dit soos hy wil.   Gevolglik is dit sinkretisties (godsdiensvermenging) en nie met ons Christelike belydenis te versoen nie.

Die woorde:  ”Daal neer, o Heilige Gees” word ses maal herhaal.  Dis nie die trant van die Bybel nie, maar tipies heidens.  Jesus waarsku teen herhalings: En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie; want hulle dink dat hulle deur baie woorde verhoor sal word” (Mt.6:7)

Nkosi sikelel’ iAfrika is slegs vir mense aanvaarbaar wat glo dat die godheid op baie maniere aanwesig is en onder baie name aanbid kan word.   Dit adem die gees van die tradisionele Afrika-godsdiens met sy verering en vergoddeliking van ontslape voorouers.

Hou in gedagte dat die Christendom ’n baie dun lagie Westerse vernis oor die Afrika mens is.  Dit word Sondae gepoets, maar daarna vir die res van die week onder ’n tradisionele heiden-lewenstyl bedek. Gevolglik is daar min egte geloofsgemeenskap tussen die Afrika mens en Westerlinge moontlik.   Ons kan beswaarlik saam oor die ewige dinge van God sing!

Waarom het geen Hindoe, Moslem, Boeddhis of enige ander afgodsdienaar al ooit beswaar teen Nkosi sikelel’ iAfrika gemaak nie?  Omdat dit veelgodery bevorder.  Hierdie lied slaag wel die toets van ’n godsdienstige lied, maar dis nie ’n Christelike lied nie.  Daar word wel tot ‘n god gesing en van ’n  gees melding gemaak, maar dis nie die Vader van onse Here Jesus Christus of die Heilige Gees wat ons van sondegeregtigheid en oordeel oortuig nie (Joh.16:8).

Daar is geen verwysing na Jesus Christus as tweede Persoon van die goddelike Drie-eenheid nie. Daar word net van God en Gees gepraat.  Dit sluit eerder by die tradisionele godsdiensbeskouing van die swartes met ’n hoofgod en voorvadergeeste aan.   Skynbaar het dit by die meerderheid van die vrysinnige kerke verbygegaan dat Nkosi sikelel’ iAfrika nie eenmaal van Christus praat nie en in der waarheid van God ’n politieke handlanger maak.  Geen wonder dat dit met ons land so sleg gaan nie!

“Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoenners, die kinders wat verderflik handel!   Hulle het die Here verlaat….hulle het agtertoe weggedraai.  Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk?   Die hele hoof is siek en die hele hart is krank.  Van die voetsool af tot die hoof toe, is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe!…..Julle land is ’n wildernis….vreemdes verteer julle landerye in julle teenwoordigheid  en dit is ’n wildernis soos by die omkering van  deur vreemdes.  En die dogter van Sion het oorgebly soos ’n skermpie in ’n wingerd, soos ’n slaapplekkie in ’n komkommertuin, soos ’n beleërde stad” (Jes.1:4-8).

Volgens https://gelofteland.org/index.php/suid-afrika/222-andre-van-den-berg/3112-wie-is-nkosi.html. Einde van die aanhaling.

‘n Groot probleem sluip ook in wanneer ons na die geskiedenis kyk en waar die nkosi gees gebruik is. Gedurende Shaka se tyd, so voor 1828 al, het hy al sy waarseërs, priesters en sangomas laat kom om hom te vertel hoekom hy ongelukkig voel na die dood van sy moeder. Hulle het hom meegedeel dat hy so voel omrede hy baie vrouens sien wat swanger is, asook baie koeie wat dragtig is. Hier vind ons so ‘n bietjie verwarring in die gevolge waar die een bron glo dat dit in een nag gebeur het en ‘n ander bron na die gebeurtenis verwys asof dit ‘n jaar lank geneem het, maar albei is dit eens dat Shaka toe 6,000 vrouens en koeie lewendig in stukke laat kap het sodat hy kan beter voel. Dan is daar ook verhale wat vertel word dat hy ‘n “harem” in elke kraal gehad het en dat indien een van die vroue sou trou of swanger raak, hulle gedood is deur hom en sy volgelinge. Dit is net ‘n voorbeeld van wat ons vandag ervaar. Hy en seker 90% plus swart persone glo dat die oorsaak van hul ongelukkigheid nie by hulle lê nie maar by dit wat hulle sien en beleef. En so moet dit wat hulle ongelukkig maak verwyder word en dan sal hulle gelukkig wees. En dit wat hulle ongelukkig maak is die blankes en dit wat ons nalatingskap is, kolonialisme. So hulle het geen ontsag vir enige iets wat ons as blankes gebou het nie en kan dit net laat vergaan, daarom word geen instandhouding hoegenaamd gedoen nie, en moet alle blankes gedood word volgens Malema en sy EFF vriende asook die ook die BLF. Hoeveel skole en geboue wat deur blanke belasting geld opgerig is, is verwoes. Tog spog hulle met hulle Carducci en ander duur klere en juwele, alhoewel dit uit die blanke Europa en VSA kom.

So dit is seker die grootste probleem wat ons as Christene mee sukkel vandag, en dit handel alles oor die geestelike. Ek het al self ervaar dat wanneer mense by ons kom kuier, hulle baie skepties na die twee Koedoe horings wat onder ons koffietafel in die sitkamer is, kyk. Wanneer ek dan verduidelik dat dit gebruik is in die Bybel wanneer daar ‘n groot aankondiging gemaak is, en ek dit slegs met sekere gebeutenisse sal blaas, ontspan die mense so ‘n bietjie. Ek is juis gevra om eersdaags weer my koedoe horing te gaan blaas waar vriende van ons hulle huweliksbevestiging gaan hou en ek saam met die bruidegom dan die vertrek instap, en waar ek aangestelde huweliksbevestiger daarna die seremonie en beloftes gaan waarneem. Toe ek noem dat dit dalk mense kan omkrap was die bruidegom se antwoord net dat dit hulle probleem is en nie syne nie. Hy wil ‘n aankondiging maak en dit is waaroor dit gaan. So ons sal maar sien wat gebeur. Net so terloops kan ek net hier byvoeg dat wanneer ons die Bybel lees met die horing wat ‘n belangrike aankondiging aandui lees, daar sommer groot gedeeltes van die Bybel heeltemal anders vertolk gaan word.

Nou kan ons die tweede punt behandel.

Ons optrede as Christene

So met dit uit die pad en agter die rug, hoe moet ons dan optree? Ons moet die HERE vra om ons te beskerm en te help in hierdie geveg wat tans aan die gang is, maar ons moet nie net terug sit en wag dat die HERE nou skielik die EFF en ANC tot ‘n val moet bring nie. En ons moet ook nie dink dat almal vir die ander partye gaan stem en so ons “vryheid” sal bewerkstellig nie. Die DA het klaar hul werklike kleure gewys met hul nuwe leierskap wat met die Ashwin Willemse storie dadelik die rassekaart gespeel het. Nou wonder ons nog hoekom, want hy is dan ‘n pastoor? Hy mag dalk deur sy eie gemeente as pastoor beskou word, maar wanneer ek na sy kwalifikasies kyk is meeste van sy vakke in sielkunde en politieke wetenskap. Maar ons moet ook sy agtergrond en ongelukkig ras na kyk. Dan sal dit baie vrae beantwoord, soos ek al voorheen bespreek het. Net so vind ons weer dat die VF+ meer agter Calvyn staan wat ek ook alreeds beskryf het.

So wat moet ons dan doen? Ons moet die geveg na hulle toe neem. Soos by Bloedrivier is dit nodig dat ons onsself in die beste moontlike posisie moet kry, en dit sluit in om seker te maak van ons eie veiligheid, maar ons moet nie terugdeins wanneer hulle verklaar dat hulle ons as blankes wil uitwis nie. Nee, ons moet dit as ‘n oorlogsverklaring aanvaar, en soos by Bloedrivier hulle uitdaag om ons aan te vat. Onthou net ons is die HERE se hande en voete. Hy sal ons wel die oorwinning gee, maar ons moet nogsteeds ons deel doen. Ek het die keuse om of reg en geregtigheid te kies, of oorgawe.

En natuurlik verkondig ek verseker nie ‘n gewapende stryd nie, maar sien ek dit eerder as ‘n uitdaging waarmee ons die vyand kan aanvat in die howe in die buiteland, met al die verdrae wat die ANC reeds onderteken het en aan gehoor moet gee want geeneen van die plaaslike regters sal aan ons kant as Christene wil wees nie. Want dit is nie polities korrek nie. Selfs die ACDP, COPE en die VF+ in die parlement staan nie die grondeise in totaliteit tee nie, maar verkondig dat wanneer iemand wel opstaan vir ons bestaansreg dat die mense nie ons as Christene of blankes se standpunt huldig nie. Dat dit net maar ‘n klomp regse Afrikaners is wat aandag soek en alles wat moet gebeur teestaan. Die feit dat die persoon en organisasie net al die mislukkings van die ANC aan die groot klok gehang het vir almal om te sien en van te weet, maak niemand melding van nie. Dit is nie polities korrek nie. Al hierdie politici dink net aan hul eie inkomste wat hulle dalk sal verbeur as hulle standpunt inneem wat enige teenkanting van jou party sal bewerkstellig. Waar anders gaan jy as ‘n pastoor of prediker ‘n lekker salaris van om en by die R3 miljoen per jaar kry. En jy het nie nodig om elke week dienste te hou nie, en het geeneen van die tipiese gemeente probleme en vergaderings nodig nie.

Maar daar is soos vroeër genoem ook ‘n ander manier wat ons kan gebruik om hierdie kommunistiese en ander sosialistiese standpunte mee te kan aanvat. Hoe werk hierdie beginsel? Daar is drie gedeeltes waar die internasionale reg tot ons voordeel gebruik kan word. Al word onteïening sonder of teen baie lae pryse aanvaar en goedgekeur deur die konstitusionele hof, is daar internasionale ooreenkomste waarvan Suid Afrika mede ondertekenaars is wat ons kan gebruik. Ek wil graag ‘n praktiese voorbeeld gebruik soos die week ook in ‘n persverklaring deur Afriforum en Akkerland boerdery uitgereik is. (September 2018) Hier wil die staat op twee plase beslag lê teen 10% van die huidige markwaarde van die plaas soos wat dit nou is. Maar, daar is reserwes van etlike miljoene ton steenkool op die plase wat die regering aan Sjina wil gee om ‘n kragsentrale en dan op omliggende plase ysterverwerkingsaanlegte en ander metaal verwerkings aanlegte op te rig. Nou het Sjina klaar verklaar dat hulle nie plaaslike arbeid wil gebruik nie aangesien die plaaslike werkers net wil staak oor die geringste ding wat hulle pla, so Suid Afrikaners sal geen voordeel trek uit die optrede nie behalwe die oorskot elektriesiteit wat uit die gronggryp verkry word. Die kragstasie sal eerstens sy krag aan al die ander Sjinese aanlegte vir die verwerking van Yster, staal aluminium en ander metale gebruik word. En so is daar aangekondig dat hulle reeds beplan om 15,000 Sjinese te bring om hierdie fase mee te begin.

Maar, en dit is waar die probleem kom, is dat die eienaar van Akkerland boerdery nou die internasionale wetgewing kan gebruik om sy deel van die onderbetaling uit Sjina te bewerkstellig. Daar is spesifiek drie beginsels wat daaroor handel, en hulle is as volg:

  • Daar mag nie gediskrimineer word teen mense op grond van ras nie, en hierdie is ‘n rasse aangeleentheid.
  • Hulle mag nie ‘n persoon se reg om sy brood te verdien van hom ontneem nie. Weereens hier is dit duidelik die geval.
  • Hierdie is verseker ‘n rassistiese optrede aangesien die hoofdoel van die onteïening sonder vergoeding gemik is teen blankes en dus op rassisme gebou is. Ek is bewus dat van die plase wat op die onoffisieële lys van die staat wel in ander rasse se besit is, maar hier geld die tweede beginsel nogsteeds. Daar is ook ‘n kaart beskikbaar gemaak deur Afriforum wat wys dat meeste van die plase wat eerste onteïening in die gesig staar, minerale op het wat die staat so spoedig moontlik in hul eie of hul maatjies of Sjina se hande wil kry.

Indien u meer oor die saak wil leer kyk gerus na die video hier van ‘n persoon met die naam Hercules. Hy bespreek die saak in detail en gee ook baie goeie voorbeelde as regsgeleerde. Ek is verseker nie ‘n regsgeleerde nie en het net sy voorbeeld aangepas en moet dit asseblief nie sien as wetlike raadgewing nie. Ek is nie bevoeg om dit te kan gee nie. Daarvoor is daar prokureurs en advokate wat gemagtig is om raad te mag gee. En nou verneem ek net vandag terwyl ek die artikel proeflees dat die staat hulle saak teen die Akkerland eienaar terug getrek het wat wonderlike nuus is.

So ons kan maar dae uitroep as gebedsdae of gebedskettings of wat ookal, dit gaan geen impak hê nie, want ons wil nie ons kant bring nie. Hoe het die HERE dit gestel in Jesaja: “Wel soek hulle My dag vir dag en het ‘n behae in die kennis van my weë! Soos ‘n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het ‘n behae in die toenadering tot God. Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? —Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan. (Jes 58:2-3) Ek kan net noem dat daar by twee geleenthede, een in April 2017 waar daar honderde duisende mense was, en dan die manne byeenkoms op Angus se plaas in 2010, miljoene spandeer is, so dit is waaroor dit gaan. Indien ons kyk hoeveel geld spandeer is met hierdie tipe byeenkomste, is dit die rede waaroor die HERE Sy rug op ons draai. Ek wonder hoeveel mense het al uitgewerk hoeveel geld spandeer is met hierdie byeenkomste. Indien ek na die plaas byeenkoms kyk waar die manne moes betaal om heen te gaan in 2010, het net die verblyf van die 300,000 manne R150 miljoen+ in Angus en sy bediening se sak gesit. Ek glo nie sy uitgawes was eers 10% van die bedrag nie. Dit is net gebaseer op advertensies wat vir die spesifieke byeenkoms geplaas is. En dit sluit al die ander onkostes soos vervoer van en na die geleentheid en ander kostes uit. Met die byeenkoms in Bloemfontein in 2017 is daar verseker ‘n minimum van R50 miljoen plus gespandeer daardie naweek, terwyl daar van ons eie mense sit wat nie kos het om te eet nie, klere het om aan te trek nie, en ou mense wat net by ‘n tehuis afgegooi is om nooit weer hulle kinders te sien nie. En dit is wat gebeur vandag onder ons as Christene, sonder dat ek enige opinie gee oor ons nuwerwetse uitkyke op die huwelik, of oor die inhoud van die Bybel en seksualisme aanraak. Hoe kan ons verwag dat die HERE ons sal help terwyl ons hande is soos Jesaja verklaar: “Julle hande is vol bloed.” (Jes 1 :15) En dan soos hierbo genoem: “ Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan.”

En nou sê die HERE reg aan die begin van Jesaja al die volgende: “‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai. Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.” (Jes 1:3-5) “Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie. As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om my voorhowe te vertrap? Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek. Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars!” (Jes 1:11-21)

En dit kom alles in een hoofstuk voor. So ons moet seker maak dat ons werklik kinders van die HERE is in ons lewe, en nie net gelowiges wat dienste bywoon nie. Die hoofsaak is ons moet aan die HERE gehoorsaam wees. Sodra ons besef dat soos Jesus dit gestel het in Johannes 16 dat die Trooster elke oomblik saam met ons is, en weet wat ek elke oomblik doen en beplan, sal ek my optrede moet verander. En dit is my standpunt. Ek kan nie net hoop dat die HERE my omstandighede sal verander deur net ‘n swaai van Sy “magic wand” nie. Hy verwag gehoorsaamheid van ons as Sy kinders. Maar dit wil ons nie van hoor nie, want dan moet ek my optrede verander. Dan moet ek my lewe verander om by die HERE se standaarde aan te pas, en nie Sy Woord probeer manipuleer om my interpretasie te pas nie.

Johannes stel dit so pragtig in sy drie briewe wat hy geskryf het. Ek wil nou nie die briewe in totaliteit aanhaal nie, maar wil net graag een gedeelte aanhaal wat volgens my die hele evengelie van Jesus en die boodskap van die Bybel saamvat. “As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.” (1Joh 4:20-21) Ons lewe vandag so in ‘n “ek” en “myne” leeftyd, maar dit gaan nie oor my nie, maar oor my naaste. En dit is wat ek ook poog met die skrywe en al my ander skrywes, om ons te kry by ‘n punt waar ons ons eerstens oor ander Christene bekommer as oor onsself. Onthou net die Bybel is geskryf vir ons as kinders van die HERE, en nie as ‘n boek vir mense wat deel in waarsê en voorvader geeste aanbid nie. Dit is nie gepla oor die Moslems of Hindu’s nie, dit gaan daaroor om ons as kinders van God te wys wat is reg en wat is verkeerd, en dat ons ons keuses daarvolgens kan maak. Ek kan net noem dat ek vir ‘n rukkie by ‘n Christenskool uitgehelp het, en een van die ouers wat nie daarvan gehou het dat haar dogter die sangoma se banjies moes afhaal nie, haar kind uitgehaal het want die Bybel diskrimineer teen haar oorlewerings en opvattings. Dit ondersteun nie hulle stand oor voorvader aanbidding nie. En die kind was toe al vir nege jaar in die spesifieke skool, en het al die kinders lekker saamgesing wanneer hulle in die saal was. Soveel so dat jy partykeer hoendervleis gekry het wanneer hulle sing. Maar die oomblik wat hulle daar uit kom moes ek as onderwyser dit ontgeld, want hulle het geen dissipliene of respek vir enige iemand nie.

Jy hoef maar net na kommentare op nuus artikels of Facebook inskrywings te kyk en dan vind jy altyd mense wat vra “Maar wat gaan julle vir MY doen”. Ek glo nie ek het al kommentare gesien waar iemand vra hoe hy betrokke kan raak om ander te help nie. Tensy dit natuurlik ‘n bekende persoon is, maar Jan Alleman moet maar sy eie kastaïngs uit die vuur krap. En dit is ons probleem. Elke persoon dink net aan hom/haarself en wil nie saam met ander staan nie. En natuurlik is dit waaroor ek skryf taboe. Hoe kan ek waag om die Bybel hierby in te sleep? Ongelukkig is dit al wat gaan tel eendag. Openbaring 19 verklaar Johannes juis die volgende: “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.” (Opn 19:7-9) Ek glo nie jy wil naak by die bruilof opdaag nie. “Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.” (Opn 16:15)

Jesus het die hele verhaal vir ons beskrywe in die Olyfberg prediking wat opgeteken is in Matteus 24 en 25 van hoe dit gaan wees en hoe Hy die skape van die bokke gaan skei. Indien jy die gedeelte wil lees met my saamevatting daarvan kan jy hier lees of hier klik om dit af te laai. So dit is my oplossing vir ons in Suid Afrika vandag. Ek vertrou dat u ‘n bietjie na u eie lewe sal kyk en verder hoop ek dat u nou meer bewus is van dit wat in die geestelike aan die gang is.

Die laaste paragraaf wat ek wil deel is dat ek verseker weet wat die HERE van ons verwag om in die hemel met rein klere aan te kom. Die gedeelte word vir ons so mooi beskryf in die tweede brief van Petrus in hoofstuk een. “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is. En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek, omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het. En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou. (2Pe 1:3-15)

Ek het vroeër al in my lewe die stuk behandel in ‘n aparte artikel wat u hier kan lees, en dan het ek ook die gedeelte gebruik in my boek Oor Struikelblokke en Hoekstene wat u hier kan aflaai.

Ek sal heel moontlik ‘n opvolg artikel nog verder oor die saak uitbrei op ‘n latere stadium, maar vir nou is ek eers klaar. Groete en mooi loop.

Die trein

Die trein as voorbeeld handel oor die verskillende keuses ek in my lewe saam met die HERE moet maak in verband met my Christenskap. Dit is nogal interessant dat ons baie keer iets kan raaksien in ons alledaagse lewens, en dan skielik sien ‘n mens ook dit as ‘n rigtingwyser raak oor hoe ons as Christene moet optree, asook die gevolge van keuses wat onsin die lewe kry.

Ek en Hettie het so ‘n ruk terug die oggend in die bed gelê en praat oor dinge wat ons in ons lewe al beleef het, en het ek vir haar gesê dat die dag toe ek skielik besef het wat die Bybel en Christus se betekenis vir my was, was dit soos om uit een vertrek na ‘n ander vertrek te stap. Alles was dadelik anders. Sy het toe gesê vir haar het dit haar herinner aan haar ritte saam met haar ouers op die trein elke jaar met vakansie. Dan het hulle altyd van Johannesburg na Port Elizabeth toe gegaan, maar haar grootste probleem was om van een wa na ‘n ander te gaan en te sien hoe die grond hier onder jou verby snel en kon jy nie wag om in die volgende wa te wees nie. So dit was hoe sy dit ervaar het dat jy die veiligheid van een wa verruil het en oorgegaan het na die volgende wa, en dan weer na die volgende een totdat jy by die eetsalon uitgekom het.

Toe sy die trein noem het ek skielik ervaar wat sy bedoel het, en het ons verder gegaan en bespreek hoe die trein eintlik as ‘n voorbeeld vir ons kan dien. Die trein het vir my die betekenis gehad dat die mense wat die HERE wil dien moet loskom van dit wat hulle vashou aan waar hulle huidiglik is. So ek weet nie hoe jou lewe huidiglik is nie, maar ons kan so maklik gemaklik raak op die plek waar ons is dat ons nie wil weg beweeg van waar ons nou is nie. Ek weet ‘n mens raak gemaklik op ‘n plek, en dan wil jy daar wortel skiet, maar ongelukkig is Christen wees nie ‘n bestemming nie, maar ‘n reis waar jy op moet gaan om jou te neem vanwaar jy nou is, tot op die plek waar die HERE jou eendag kom haal, en hopelik is jy nog op die trein.

U kan die volledige verhaal hier aflaai.

 

Kerke en Konings

Kerke en Konings

Konings en Kerke is ‘n alledaagse begrip waarmee ons elke dag te doen het. Dit handel oor die mense wat oor ons aangestel is, of wat deur ons verkies is om namens ons besluite te neem. Dit geld nie net vir konings op politieke vlak nie, maar ook op ons geloofsvlak. Wie is ons heersers en hoe gaan hulle optree? Dit is die vraag wat ek poog om te antwoord in hierdie skrywe.

Voor Israel in die beloofde land in is, het Moses hulle vertel wat hulle gaan doen wanneer hulle in Kanaän eendag sal ingaan. Ek dink dit is ‘n gedeelte in die Bybel wat ons maar baie min van hoor, alhoewel dit tog baie antwoorde gee op vrae wat ons as Christene elke dag mee sukkel.

Ek wil graag die gedeelte in ‘n paar onderliggende gedeeltes bespreek, sodat ons eers kan sien wat die HERE vir Moses sê wat sal gebeur en wat die gevolge daarvan gaan wees, en dan kyk wat gebeur tussen daardie tyd en die tyd van die konings, en dan wat Samuel vir die volk vertel wat die konings gaan doen, en wat die gevolge dan vir ons as mense sal wees.

So ek gaan begin by Moses.

Ek wil graag na alle aspekte van die gedeelte kyk wat nie net ons godsdienstige aspekte van ons lewe aanraak nie, maar op elke vlak ‘n invloed op ons lewens het. Maar eers die volledige gedeelte:

“Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie. En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie—dié man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei. En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie. As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil ‘n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie. Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie. En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ‘n afskrif van hierdie wet in ‘n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê; en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen; sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel. (Deu 17:11-20)

Ek weet ek het heelwat gedeeltes beklemtoon, maar ek wil net seker maak dat mense dit sal lees en dat hulle sal kennis neem van wat die HERE deur Moses hulle beveel het. So is die eerste gedeelte al sommer ‘n probleem, want ons mag mos niemand oordeel nie. Dit is juis wat hierdie mense wat nie na die HERE wil luister vir ons probeer wys maak, want hulle weet dan moet hulle sterf. Wel, hulle sal wel sterf en nie die ewige lewe beërf nie, maar miskien sou dit ander laat afsien het van hul verkeerde gedagtes. Ons moet onthou dat daar nie ‘n verskil is tussen jou lewe op ‘n Sondag of enige ander dag van die week nie. Jy lewe as kind van die Allerhoogste elke dag, en jy moet elke dag daardie beeld uitstraal. So indien jy enigsins daarop kan aandring dat jy ‘n kind van die HERE is, moet jy eers oor hierdie eerste hekkie kom, en dit is gehoorsaamheid. Ons sal sien dat dit seker die konsep is wat reg deur die Bybel die grootste impak op ons lewens gaan hê want ek kan nie lief hê sonder om gehoorsaam te wees nie.

So die HERE gee te kenne dat indien iemand iets verkondig wat strydig is met die Bybel, of die Bybel se outoriteit bevraag teken, moet so ‘n persoon gedood word. Dit klink dalk vreeslik, maar die oomblik wat jy iemand “lug tyd” gee wat iets anders as die Bybel verkondig, kry die persoon ondersteuning en val ‘n hele klomp mense. Dit is hoekom hulle gedood moet word. ‘n Duidelike voorbeeld vir ons is Ananías saam met sy vrou Saffíra wat ‘n leuen vertel oor hoe hulle die volle opbrengs van hul huis se verkoop vir die apostels gegee het, terwyl hulle ooreengekom het dat hulle ‘n gedeelte vir hulle self agter gehou het. (Sien maar Hand. 5) Die HERE het hulle doodgemaak, nie die mense nie, want dit is hoe ernstig Hy sulke praatjies sien. So dink maar volgende keer voordat jy jou mond oopmaak, dalk sterf jy nie fisies nie, maar sterf jy wel geestelik en beland jy in die hel. Ek weet dit klink erg, maar om kind van God te wees gaan jou alles kos. Dit is hoekom dit as ‘n nou weg beskryf word en min mense wat die pad sal vind.

Nou kan ons kyk na wat die voorskrifte van die HERE aan hierdie koning gaan wees. Nou moet ons kyk of ons konings wat ons oor ons laat heers, hierdie voorskrifte volg of nie. Dit maak nie saak of die koning jou kerkverband of ouderling of jou bestuurder by jou werk is nie, en natuurlik of hy jou president is of nie, hy is jou koning. Sodra jy jou onderwerp aan iemand, tree hy as koning oor jou op. Dit is ‘n groot les om te leer. Ons het die gesegde gehad by die werk wat bekend gestaan het as die goue reël. Die persoon met die goud maak die reëls. So hy is jou koning en jy sal doen wat hy vir jou sê, nie vra nie, maar sê om te doen. In Suid Afrika sit ons natuurlik met hierdie as seker dié grootste probleem, want ons is basies in ballingskap in ons eie land.

Nou kan ons kyk na die kwalifikasies van hierdie koning.

Die eerste vereiste is dat hy nie ‘n uitlander mag wees nie. So hy moet iemand wees wat die HERE dien en ken en jy dit elke dag in sy lewe sal sien. Maar dié reël het ons lankal by die venster uitgegooi. So die persoon moet die HERE dien, maar vandag is dit nie nodig nie want ons het mos menseregte wat almal beskerm. En dan hoef jy glad nie ‘n Christen te wees nie. Indien hy nie ‘n Christen is nie, weet jy nou al voordat jy jou aan hom onderwerp, dat hy jou soos ‘n slaaf gaan gebruik, en nie soos iemand wat die HERE erken in sy lewe nie. Hy het jou “gekoop”, so jy kan jouself net loskoop van hom af.  Daarom dat ek ‘n gesegde het dat baie van die Afrikaner liberaliste hulle apartheid kan koop deur manjifieke huise en alarmstelsels en nog baie ander goed. Vir hulle is dit geen probleem in Suid Afrika nie want hulle het hulself losgekoop van die regering.

Waarom is ons land in so ‘n gemors vandag? Daardie vereiste is al lankal by die venster uitgegooi terwyl die blanke regering nog aan bewind was. Ek weet tot vandag toe moet die persoon wat in die parlement diens doen sy hand op die Bybel plaas, maar dit is maar ook net een van die ritueele, en het lankal sy ware waarde verloor. So waar ons op politieke vlak voor die HERE gesweer het ons sal net doen wat Hy wil ons moet doen, kan ons daardie gewoonte maar van vergeet. Die persoon sal maak soos hy smaak. Hy sal nie tweekeer aan jou dink nie, maar net aan die vet salaristjek , die nuwe motor wat nie ek of jy kan bekostig nie, en natuurlik die huis in die Kaap en die een in Pretoria. En dit is mos ‘n groot en belangrike taak wat jy moet verantwoordelikheid voor aanvaar, so jy kan nie vir “peanuts” werk nie. En indien jy nou nog ‘n sogenaamde godsdienstige leier is kry jy so ‘n groot salaris sonder om elke Sondag ‘n preek te lewer en natuurlik mense om te praat om met soveel as moontlik van hul inkomste aan jou af te staan. Al wat jy hoef te doen is ‘n Bybelstudie een of tweekeer per week te lei, wat natuurlik net ‘n goeie boodskap sal wees en niks van jou verwag om te doen nie, en die res van die tyd in die opposisie banke te sit en te doen wat jy van hou om te doen. Niks.

Maar soos ek gesê het is die vereiste al lankal by die venster uit, Daarvoor het die broederbond en die vrymesselaars voor gesorg. Indien jy nie deel van hulle was nie het jy nêrens gekom nie, veral nie by ‘n besigheid of departement wat Afrikaans was nie. Ek onthou van ‘n geleentheid wat by een van my kliënte afgespeel het in die tagtigs. Die een persoon was aanhoudend laat omdat sy kar gesukkel het. Hy het toe sy vereiste laaste skriftelike waarskuwing gekry by die personeel afdeling, en die volgende oggend was hy betyds, en met nuwe wiele. Toe vind almal uit dat die een hoofbestuurder uitgevind het dat die persoon sy laaste skriftelike waarskuwing gekry het en dat die persoon een van “hulle” was en sommer so het sy eenheid besluit dat hy ‘n kar by een van die lede kan kry en hy moet net ‘n gedeelte betaal wat hy kan bekostig. En die ou het nogal vinnig opgang gemaak daarna. Hy was mos lid van die ouens wat met die kentekens agter in die venster rondry, en op ‘n sekere wyse mekaar groet.

So die eerste vereiste is nie juis vandag meer in gebruik nie, want dan is dit teen die grondwet, of die gelykheidshof of diskrimineer jy. Die feit dat jy die Bybel as riglyn gebruik maak juis dat jy ander se menseregte skend. Maar wat die mense vergeet, is dat menseregte juis ingestel is om dit wat ons weet sonde is, mee te regverdig sodat ek nie hoef skuldig te voel wanneer ek verkeerd, (sonde), doen nie. Ons let dit veral as Afrikaanssprekende blankes op vandag, dat indien jy iets doen wat die linkse/liberaliste politici nie mee saamstem nie, word dit aan die groot klok gehang en verskyn dit daagliks in die pers en word die blankes jare lank toegesluit vir ‘n “sogenaamde” oortreding terwyl indien jy nie ‘n blanke is nie, die polisie nie eers die saak wil ondersoek nie. Maar dit is juis hoekom ek oor Bybelse goeters en standpunte skryf, want die mense moet weet hoekom dinge gebeur. Dit is nog al die tyd in die Bybel, maar ons het mos die Bybel en die gesag van die Bybel al lankal by die venster uitgegooi.

Jesus stel dit as volg: “So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here! Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. (Mat 13:49-52) Maar dit mag ek nie doen vandag nie, en indien ek dit wel doen is ek iemand wat altyd ‘n te bysit, of dalk rassisties is of sommer net nog klou aan uitgediende gewoontes. Die feit van die saak is dat ek eintlik net van analitiese filosofie gebruik maak om my standpunte mee te bewys, weet meeste mense nie van nie, want hulle weet nie eers wat die metodiek behels nie. Paulus gee wel vir ons ‘n beskrywing van die metodiek: “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.(1Ko 10:5-11)

So dit is wat my metodiek beteken. Om te ontleed wat die probleem is, en dan oplossings te probeer kry uit die Bybel vir die probleme deur soortgelyke gedeeltes in die Bybel na te vors, logiese denke, wiskundige beginsels en vergelykings, en dan gevolgtrekking daarvolgens te maak. So ek as skrifgeleerde, moet die Bybel kan verklaar nie volgens ‘n gevolgtrekking wat dalk alreeds gebrekkig was nie, maar een wat alle kante en punte ondersoek, en dan my standpunt stel.

Nou volg daar sommer ‘n rits van ander vereistes: “Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie”.

So indien hy nie baie perde mag aanskaf nie, mag hy nie bloeddorstig optree en in oorloë betrokke wil raak nie. So hy moet jou ‘n rustige lewe gun en seker maak dat jy nie hoef bang te wees dat hy jou sal aanval nie. Ek weet nou nie of dit juis vandag iewers nog geld nie. In Suid Afrika is dit verseker nie meer geldig nie, want waar ek as kind en jonger mens enige tyd van die dag of selfs aand/nag nog te voet in Johannesburg kon beweeg, kan ek dit nie eers waag om helder oordag my neus iewers uit te steek nie. Gelikkig bly ek nie meer in ‘n groot stad nie, maar moet ek erken dat dit maar ook net so gevaarlik is op die platteland. Gedurende my studiejare by RAU was ons laaste klas tot 9:40 in die aand, en dan kon ek nog afloop van die ou SAB geboue in Braamfontein, daar waar Liberty Life hul kantore vandag het, af na die busstop toe in Jorissenstraat om te wag vir die volgende bus om my huis toe te neem. Maar daar was nie ‘n probleem nie, want die polisie het seker gemaak dat geen rondlopers hulle neuse enige tyd uitsteek nie want dan is hulle summier inhegtenis geneem. Terwyl ek en Hettie nog gekuier het, is ons een aand Stadskouburg toe om vir Chris Andrews en Joe Dolan te gaan kyk. (Pretty Belinda en You and the looking glass) Sy met aandrok en al, en ek in my beste drie stuk pak klere, en kon ons afstap na ‘n restourant in Braamfontein en gaan eet het na die vertoning, en toe die laaste bus gekry het na hulle huis toe. So jou koning mag nie bloeddorstig wees nie, en dit geld beide op jou normale lewe elke dag, en ook op jou geestelike lewe. Jy hoef nie bang te wees dat jou koning van jou genootskap goeters sal kwytraak waarvan hy nie eers die impak van verstaan nie. Maar ongelukkig sien ons dit op amper ‘n daaglikse basis. En ongelukkig vind dit meestal plaas by leraars van die Egiptiese gemeentes.

Terug vat Egipte toe

Nou volg ‘n gedeelte wat ek al baie oor geskryf het, en mense net nie wil verstaan of maak of hulle dit nie kan verstaan nie. Die HERE sê hy mag jou nie weer terug neem na Egipte toe nie. So hy mag nie die oorsaak wees of die voorbok wees om jou terug te vat na die plek of tydperk waar jy nie die HERE geken het nie. So indien jy dus sê dat jy eenkeer gered altyd gered is, het ek vir jou slegte nuus. Hierdie gedeelte stel net mooi die teenoorgestelde as die waarheid. Duidelik het die ou kerkvaders nie die gedeelte raakgesien nie, en het hulle ook nie die gedeelte verstaan waar Johanan vir Jeremia gevra het of hulle nie maar terug na Egipte kan gaan om so vir Nebukadneser vry te spring nie. Jeremia het die antwoord geken, maar tog seker gemaak dat die HERE nie dalk per abuis sou afwyk onder ander omstandighede nie, maar Hy het nie. Al die mense wat terug is Egipte toe het gesterf. So indien jy dink jy kan maar “backslide” en die HERE sal jou weer ophef flous jy net jouself. Hy verwag net een ding van jou, en dit is jou heiligmaking. Jy moet net nog nader aan Hom groei, maar vandag wil niemand dit hoor nie. Jy kan nie roem op ‘n tyd in jou lewe wat jy die HERE geken het nie, nee, jy moet net kan wys hoe jy minder en minder vir die versoekings van Satan geval het. Dit geld ook ongelukkig vir mense wat in hul lewens wel die HERE gedien het en alle aspekte van die verbond aan voldoen het, so hulle was al in Kanaän, en dan weer terug geval het in die wêreld in en dan dink hulle kan weer terugkeer Kanaän toe. In die volgende paragraaf haal ek juis vir Paulus aan oor wat dit beteken. So dit is nie net my interpretasie nie, maar Paulus wat dit baie goed uit een sit.

En nou kry ons leraars waarna ek hierbo alreeds na verwys het wat nie verstaan wat is die verskil tussen reddende genade en vergewende ganade nie, so hulle hou hul lidmate in Egipte want hulle sien nie dat jy self moet besluit om uit Egipte te trek deur gedoop te word nie. Hulle aanvaar maar Calvyn se standpunt al weet hulle nie eers regtig waarvoor hy gestaan het nie en wie en wat hy was nie. Lees maar my opsomming oor Calvyn in my boek oor Struikelblokke en die Hoeksteen. Reddende genade is slegs eenkeer geldig in jou lewe. Dit is waarvan Paulus praat in Romeine 6: Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. (Rom 6:1-12)

So die gedeelte bewys nie net Calvyn se lering as foutief uit nie want babas kan verseker nie al keuses maak nie, maar ook die Charismatiese en Pinkster kerke wat sê die persoon het maar net ‘n bietjie terug gesak of mooi uitgedruk  “gebackslide” vir ‘n wyle, en dan weer terugkeer na daar waar hy moes wees. So jy kan nie terugkeer na jou vorige lewe voor Christus nie, want soos Paulus dit stel jy kan net eenmaal uit die dode lewend gemaak word. Indien jy wel weer jou lewe regmaak volgens jou met die HERE, gaan jy vind dat die mense gewoonlik ‘n lysie het van moets en moenies. As jy ‘n Christen is sal jy so optree, anders is jy nie ‘n christen nie, dit is nou volgens die “backsliders”. Ongelikkig kan jy nie dink dat jy maar soos ‘n jojo op en af tekere kan gaan nie, want jy kruisig Christus elke keer wat jy terug val en omdraai. Onthou net reddende genade is ‘n eenmalige geleentheid. So jaag jou heiligmaking na met alles wat jy het om te verseker dat jy op eindig waar Jesus is. Ek weet almal sal nou dink ek is ‘n regte ou “spoil sport”, maar ek kan nie iets anders verkondig as wat die Bybel verkondig nie. Onthou net ek wat as leermeester, skrifgeleerde of wetsgeleerde optree sal dubbel geoordeel word en ‘n swaarder straf en oordeel ontvang as iemand wat nie die Woord uitdra nie. So al hierdie mense met hulle mooi woordjies vir elke dag en boeke wat jou vertel hoe lekker jy vandag al kan lewe en hoe om die meeste menslike voordeel te kry uit jou verhouding met die HERE, sal nog uitvind dat hulle swaarder gestraf sal word indien hulle die mense verlei het.

Dit is ook wat gebeur het met Israel toe hulle uit Egipte getrek het. Die Farao en al sy soldate is gedood in die see, die doopwater, en het hy geen mag oor jou nie. Nou indien jy dit nog nie gedoen het nie, is jy ‘n Egiptiese Christen, want alhoewel jy deel geword het van die verbond toe jy die eerstekeer as beleidende lidmaat nagmaal gebruik het, is jy nogsteeds in Egipte en maak jy bakstene vir Satan. Daarom dat daar sovele gevegte onder ons as nasie is, want party sit in Egipte en ander het dalk al begin en is op pad na Kanaän, dit wat die HERE vir jou het, terwyl daar nog ander alreeds in Jerusalem aangekom het en daagliks saam met Jesus lewe. En dit is waar ons grootste probleem is. Mense wat, indien jy net met hulle wil praat oor hul Christenskap dadelik op hul agterpote spring en sê “Ek het my kerk. Los my uit”. Moenie nou politiek en Kerk sake meng nie. Maar vra hulle hoe hulle verseker kan weet of hulle in die hemel gaan opeindig dan het hulle nie ‘n antwoord nie, of daar is geen sekerheid nie. Ons lewe elke dag as Christene en die mense moet dit kan sien en begerig wees om in dieselfde verhouding as jy te staan wat weet dat jy in die hemel saam met Christus gaan wees. En nou vra ek nie dat jy van kerk moet verander nie, maar dat jy net die voorbeeld volg wat die Bybel vir ons daar gestel het. Indien ek dit nie doen nie is dit vir my baie moeilik om uiting te gee aan die opdrag van Esegiël 3 en hoofstuk 33. “As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.” (Esg 33:8-9)

Daardie volgorde word so mooi in die Hebreërsboek vir ons uitgespel, en indien jy ‘n studie maak van Romeine sal jy vind dat dit ook dieselfde volgorde volg. “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. En dit sal ons doen as God dit toelaat. (Heb 6:1-3) So die gedeelte volg dieselfde volgorde wat selfs Abraham moes volg. Hy moes eers die stem van die HERE hoor en toelaat dat hy homself onderdanig aan die HERE stel voordat hy getrek het: “En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. (Gén 12:1-2) So daar was eerstens bekering en geloof by Abram wees, toe moes hy sy geloof bevestig met nagmaal: “En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.” (Gén 14:18-19) Na hierdie stap kom ons eers by doop en handoplegging (doping in die Heilige Gees), en dan kom ons eers by die laaste stap wat dan ooglopend volg en dit is om saam met Jesus in die ewige lewe te verkeer en indien ons dit nie doen nie, die ewige oordeel. Gelukkig weet die HERE al die jare dat daar lerings gaan inkruip wat baie mense van die regte volgorde sal laat afsien, en bevestig beide Jesaja en Miga dat na ons dood daar geleentheid sal wees om uit te vind waar ek verkeerd geleer is.En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek.” (Mig 4:1-4) Sien ook my verwysing na my boek oor die verbond hier.

Sagaria sien ook die mense na die einde van die wêreld van soos ons dit vandag ken, hoe mense in Egipte sit. “En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander. En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid. En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is. En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie. In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.” (Sag 14:12-20) Onthou net die gesig sien Sagaria nadat hy die einde van hierdie wêreld aanskou het. Dit is die laaste verse in Sagaria. Hierdie gedeelte bevestig ook die gedeeltes wat ek vroeër aangehaal het uit Jesaja 2 en Miga 4.

Vroumense

Dan is daar nog twee vereistes wat die HERE stel, en wanneer ons na die geskiedenis kyk is dit presies wat die konings van Israel gedoen het. Die eerste punt is dat hulle nie baie vrouens moet aanskaf nie, want ‘n man het nou maar die gewoonte om sy vrou tevrede te probeer stel en dan is dit die plek waar hy maklik val. Dink maar aan Simson wat as rigter opgetree het, Adam in die Paradys by die HERE, Dawid wat ook maar swig vir die vrouens en dan Salomo wat heeltemal val. Hy het verder ook vir elke vrou se geloof ‘n tempel opgerig, dit is nou behalwe natuurlik die tempel wat hy vir die HERE opgerig het, maar met dit wat hy gedoen het en kan ‘n mens maar net wonder waar sy einde is na aanleiding van Hebreërs 13:7.: “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.” So of hy wel die hemel gesien het, of dalk by sy vrouens in die verdoemenis is kan ons maar net oor bespiegel. Hy het immers die HERE verloën deur al hierdie tempels vir ander gode te bou en hoeveel mense het hy daardeur laat afwyk van die HERE af. Ek weet mense hou nie daarvan op hul foute gewys te word nie, maar liewers uit jou foute leer en die foute van mense wat voor jou die pad geloop het, as wat jy verlore moet gaan. En nou moet ek regtig vra dat jy my nie veroordeel deur Salomo se einde te bevraagteken nie, want ek weet dat die HERE nie ‘n voortrekkery van een persoon bo die ander is nie, daaroor my afleiding. Dit is ook gebaseer op Esegiël 18 waar die profeet die volgende sê: “Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe. (Esg 18:24) Ek weet dit is harde woorde, daaroor dat ek vra dat jy sal ondersoek instel na elke gedeelte in die Bybel en dan eers ‘n opinie uitspreek. En ons moet die Bybel as een boek sien en die verbond as een verbond sien, anders loop ons gevaar om ewe skielik ‘n nuwe HERE te skep.  Lees maar meer oor die verbond hier, wat ek ook al vroeër na verwys het.

Maar dit het al voor ons tyd ook al gebeur. Ons lees in 1 Samuel oor Dawid die volgende: “En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.” (2Sa 24:1)  En dan 1 Kronieke 21 se weergawe: “Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.” (1Kr 21:1) Dit is dieselfde gebeurtenis, maar tog word die een aan die HERE toegeskryf, terwyl Kronieke dit aan die Satan toeskryf. Wat ek wel weet is dat die boeke van Samuel al opgeskryf was voor die ballingskap, en die Kronieke na die ballingskap. Volgens wat ek kon uitvind in my soeke is alles voor die ballingskap aan die HERE toegedeel, beide goed en sleg, en na die ballingskap alles goed aan die HERE toegeskryf is, en alles sleg aan die Satan. En dit is die milieu waarin ons vandag nog lewe, waar alles goed van die HERE is, en alles verkeerd voor Satan se deurgeplaas word. Want indien ons beide goed en sleg aan die HERE toeskryf, maak ons volgens Calvyn se lering die HERE die oorsaak van sonde, en dit wil niemand iets van weet nie. Maar, wanneer ons na Deuteronomium kyk en wat Moses skryf in die laaste hoofstukke oor die seën en die vloek, dan sien ons dat ons as mense moet kies hoe die HERE met ons gaan handel, en is dit nie Hy wat die oorsaak van sonde is nie, maar ek as mens deur ongehoorsaam aan Hom te wees. So eintlik is Kronieke se weergawe verkeerd, want ek moet die keuse maak wat ek gaan doen, goed of sleg. So om die stuk te verduidelik was die HERE kwaad vir Dawid en wou Hy hom straf, maar in Kronieke is Dawid gesien as die heerser wat alles reg gedoen het, so dit kon nie wees dat hy ‘n verkeerde besluit kon neem nie, so die sonde is voor Satan se deur geplaas. En dit is wat ons ook doen vandag. Ons is mos soet mense en ek het nou regtig nie gesoek om seksueel met daardie vrou by die werk betrokke te raak nie, so dit moet die Satan wees. En ons kruip elke dag agter daardie skuiling weg, want ons jaag nie heiligmaking na nie. Hoekom nie? Want dit is uit die oudedoos. En dan is ons verwysing waarna almal vinnig hardloop in Genesis ook verkeerd vertaal in die Nuwe Vertaling. Na die val sê die HERE “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.” Gen 3:22. Die Nuwe vertaling sê dat die mens nou alles weet wat wêrelde weg is van die oorspronklike gedagte. Hierdie is maar deur die Calviniste ingebring in die Nuwe Vertaling om te “bewys” dat ons nie weet wat is reg of verkeerd nie. Maar ongelukkig is dit die enigste vertaling wat dit so stel. So elke persoon het die vermoë om ‘n keuse te maak.

Dit is ook een van ons grootste probleme waarmee ons sukkel vandag met die Calviniste. Volgens hulle het die HERE alles haarfyn vooraf beplan en het die mens geen keuse oor enige aspek van sy lewe nie. Kuyper, een van Calvyn se grootste ondersteuners en wat sy manier van glo die wêreld ingestuur het, stel dit as volg: “Selfs die mens se sondige handelinge kan slegs gebeur met sy toestemming en met die krag wat Hy sy skepsel gee. Aangesien Hy gewillig, en nie onwillig nie, toelaat, moet alles wat gebeur – insluitend ons sondige dade en die mens se uiteindelike lot – in die een of ander sin in ooreenstemming wees met wat Hy in die ewigheid bepaal en beveel het. In verhouding met die mate waartoe dit ontken word, word God uitgesluit uit die regering van die wêreld, en het ons slegs ‘n eindige God. Natuurlik ontstaan daar sekere probleme wat ons met ons huidige kennis nie volledig kan verklaar nie. Dit is egter nie ‘n voldoende rede om dit wat deur die Skrif en die duidelike voorskrifte van die rede bevestig word, te verwerp nie.” Dit is net verbasend dat mense kan glo dat veral soos dinge vandag in Suid Afrika aangaan, dat die HERE dus alle plaasmoorde vooraf beplan het en dit dus binne sy wil is. Dit is absolute onsin, elke persoon is verantwoordelik vir sy eie dade, soos Paulus dit in Galasiërs 6 vers 5 stel: “Want elkeen sal sy eie pak dra. “.  So daar is nie vooraf besluit wat gebeur nie. Die HERE is nie besig met mikrobestuur op ‘n sekonde by sekonde basis nie. Hy het die aarde oorhandig aan die mens om daaroor te heers op die sewende dag, en het dit nog nie weer kom terug vat nie. Die mens moet verantwoordelikheid aanvaar vir wat elke dag gebeur, waar die uitkoms afhang van sy eie keuses. En dit is op elke terrein van jou lewe van toepassing. So vir wie jy gaan stem is jou besluit, maar die HERE sal jou en jou koning waarvoor jy gestem het, verantwoordelik hou vir die gebeure wat die koning gedoen het.

Weelde

Nou aan na die volgende punt van die koning. En dan moet hy nie baie goud en silwer bymekaar maak nie, so hy moet nie nou dink hy gaan nou baie ryk word nie. Salomo is maar weer my voorbeeld wat soveel goud en silwer bymekaar gemaak het, en dit het uiteindelik sy val beteken. En so het al baie mense wat as “konings” werk al geval. Dit is waarom die Bybel nie geld nie, maar die begeerte daarna so veroordeel, want die HERE weet wat die uiteinde gaan wees, en dit is dat jy tot ‘n val gaan kom of swig voor jou besittings. Hoeveel mense het ek al self gesien wat val vir hierdie punt. Eers is dit net hierdie een blink motor, dan kom die nuwe huis met swembad, die plekkie by die see, die motors vir die kinders, die naweke wat nie meer in die geselskap van Christene deurgebring word nie, maar liewers saam op die golfbaan of by die wildsplaas of die of daardie oord. Wanneer ons na sogenaamde godsdienstige leiers kyk gaan kyk maar na wie die rykste leraars in die wêreld is, en dan vind jy mense soos ‘n Kenneth Copeland met naby $10 miljard, die rykste voorspoed teoloog in die hele wëreld is en al sy voorspoed teoloë saam met hom. Dan maak van hierdie voorspoed teoloë uitlatings soos die HERE het gesê hy moet vir sy volgelinge sê dat hulle hom moet bederf met ‘n straler van oor die $54 miljoen. En die mense wat nie geld het nie, doen dit want jy weet nooit wanneer dit jou beurt gaan wees wat die HERE jou dalk ook gaan bederf nie, en of dalk het jy nou lank genoeg Sy arm gedraai dat Hy nou maar ingee nie. Ek weet wanneer dit gaan wees. Nooit. Want jy kan nie die HERE omkoop nie. En dit is waaroor die hele voorspoed teologie handel. En natuurlik is dit so nou gekoppel aan die New Age en Hindu lerings waar jy net die regte vibrasies na die “universe”, die heelal, moet uitstraal en altyd in positiewe mense se geselskap moet verkeer. Die een stuur dit na die heelal en die ander noem die heelal die HERE. Dis die enigste verskil. So wie dien hulle eintlik?

So sommer hier in Moses se tyd, en voor die tyd in Abraham kry ons al die riglyne waarvolgens ons moet lewe. En ons het nog nie eers gekyk na een koning in detail nie. Om die waarheid te sê ons het nog nie eers gekyk wat Samuel vir die volk moes vertel toe hulle hierdie woord van Moses aan hom oorgedra het nie.

Na Israel se uiteindelike ingaan in die beloofde land in, vind ons dat dit eerstens nie meer soos voorheen gelyk het nie, en lees ons nie weer van druiwetrosse wat so groot is dat twee manne aan een tros moes dra nie, en van Joshua se tyd af vind ons dat die HERE sekere mense oproep vir ‘n sekere taak, en verder het hulle gelewe sodat die algehele beheer oor alle sake by die tempel van die HERE berus het. Dit was nie altyd goed nie, ons hoef maar net te kyk na Elia en sy twee nikswerd seuns hoe hulle gehandel het, maar dan was daar weer mense soos ‘n Gideon wat die volk verlos het deur slegs op ‘n paar mense staat te maak en die geveg in die hand van die HERE te laat.

Dan was daar ook van die vroulike geslag wat die HERE gebruik het soos Deborah. Maar elke keer het die HERE die oorwinning gegee. Party het wel hul lewens verloor soos ‘n Simpson, maar tog het sy dood verlossing vir Israel gebring.

Maar nou vind ons ‘n gedeelte in die Bybel wat deur baie predikers misbruik word aangesien hulle dit gebruik om hulle bestaan as “leiers” of “konings” te regverdig. Ons vind die volgende gedeelte in die laaste vers in die boek van Rigters: “Rig 21:25  In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.”

Nou kry ons predikers wat die gedeelte misbruik om te beweer dat alles onordelik in Israel was, maar dit was verseker nie so nie. Elke persoon het gelewe soos wat hy deur die Leviete geleer is. ‘n Verskynsel wat ons kry in Moses se tyd al is dat met sy opname van elke stam daar op ‘n paar na een Leviet per huisgesin was toe Israel in Kanaän ingetrek het. So die HERE het seker gemaak dat elke huisgesin geweet het hoe om te lewe. Indien die mense iets wou weet het hulle net na hul gesin se Leviet gegaan en hy kon vir hulle dadelik ‘n antwoord gee, want hy was afgesonder en het geen grondgebied verkry nie. So hy kon heeldag met sy neus in die boeke van Moses sit, in die nabyheid van die HERE verkeer, en dan raad gee en opleiding in die Woord aan die hele gesin. Daarvoor moes die gesin dan vir hom sorg, en vind ons dat elke derde jaar se tiende van die volk in drie dele gedeel moes word. Die drie dele is dan een deel aan die Leviet gegee, een daal aan die armes, weduwees en wees, en een gedeelte aan die vreemdeling wat by hul vertoef het. Hier moet ons onthou dat ons al leer in Eksodus 12 dat indien ‘n vreemdeling saam met Israel wou trek, al wat manlik was hulle moes laat besny, saam die pasga vier en dan was hulle deel van die gemeente van Israel. So hierdie mense is dus saam met die volk geseën omdat hulle nie erfreg in die beloofde land gekry het nie. So dit is nie dat daar chaos was in Israel nie, die ou wat dit beweer probeer homself as ‘n Leviet voordoen en dit beteken net dat hy nie baie van die Bybel weet nie. Die Leviet en vreemdeling en die weduwee wat by die persoon geleef het moes die persoon voor gesorg het, en elke derde jaar het hulle basies ‘n bonus gekry sodat hulle nie as armlastiges gesien is nie, maar gedeel het in die oorvloed wat die HERE aan die gesin of huis verskaf het.

En nou kom ons by die die tweede gedeelte wat handel oor konings.

“Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai. Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou ‘n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies. Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons ‘n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid. Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het—so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. Samuel het toe al die woorde van die HERE oorgebring aan die volk wat ‘n koning van hom gevra het. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop; en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies—dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer. En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die HERE uitgespreek. Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel ‘n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.” (1Sa 8:3-22)

Die eerste punt wat regtig hulle houding goed beskryf is dat hulle wil nou ‘n koning hê om oor hulle te heers. U sien dit is wat ons vandag ook kry. Ons wil nie direk verantwoordelik wees aan die HERE nie, maar soek iemand wat ons tussen ons en die HERE kan plaas. So indien ek dus iets doen wat nie altyd reg lyk nie, kan ek mos my koning voorhou want hy moet mos vir my sê of ek reg of verkeerd optree. Daaroor ook dat die Pinkster en Charismate jou vra wie is jou “covering”, so onder wie se aardse gesag staan jy? Maar ons lees wel later twee keer in die geskiedenis, eerste in Jesaja en dan in Openbaring om uit haar uit te kom en ons weer net onder die HERE se gesag te plaas, waar indien ek iets verkeerd doen Hy my sal laat weet, of direk met my deel soos Hy die afgelope 25+ jare met my doen. Partykeer op snaakse maniere, soos toe ek “Is Egipte in die Hemel” wou skryf ek vir Hettie vra of dit die regte tyd is om nou te skryf en uit die kar klim, apteek in en uit binne 2 minute, en toe skielik ‘n Parker pen langs my deur kry toe ek in die kar wil klim. Die pen was verseker nie daar toe ek uitgeklim het nie. So, toe skryf ek maar. Ek het nogsteeds die pen en koester hom nogal.

Ons sien dit in sovele dinge van die lewe vandag. Mense wat maar net doen wat hulle kerkleiers wil hê hulle moet doen. Dan wanneer jy met hulle daaroor praat is dit nie hulle probleem nie, want die sinode het so besluit, en wie is jy nou om teen 100 of 400 afgevaardiges te verkondig dat hulle besluit verkeerd is. Ek het dit onlangs weer gesien waar die koning van die NG Kerk gesê het dat grondgrype reg is, en toe ek die storie deel op sosiale media wat iemand anders daaroor geskryf het, word ek dadelik aangeval en daarvan beskuldig dat ek nou die hele NG Kerk in ‘n swak lig stel. Wat anders moet ek doen? Dit waarvoor my voorouers baklei het en oorlog oor gevoer het asook gedeeltes waar niemand gebly het maar net aan die nikswerd ANC kaders oorhandig? Hulle wat net kan plunder en môre sit hulle weer sonder iets want hulle word grootgemaak in hierdie era waar hulle op alles geregtig is. Die enigste ding waarop hulle geregtig is is om asem te haal en te werk en so vir hulself en hul families te sorg. Maar dit is mos nou nie reg nie. Die arme bloedtjies is dan so te na gekom in hulle lewe. Al wat ek sien is dat in die afgelope 24 jaar van hulle regering alles net verwoes word sonder dat hulle enigsins iets kan wys wat hulle bygedra het tot die beterskap van die gemeenskap. Maar dit is wat gebeur wanneer jy onder ‘n koning staan. Hulle en hul maatjies is nogsteeds terroriste organisasies en weet nie wat politiek is of beteken nie. So koningskap is nie net op ons geloof van pas nie, maar ook op ons politieke veld, want ons lewe een lewe, nie een op ‘n Sondag en ‘n ander die res van die week nie.

Ons moet onthou dat die oomblik wat jy as leier van ‘n klomp mense aangestel of verkies word, tree jy soos ‘n koning op. So jy is aan niemand iets verskuldig nie. Dit is waarom Zuma nie kon verstaan dat hy iets verkeerd gedoen het nie. Hy was dan die koning van die ANC, so hy is geregtig om sy gedeelte uit elke transaksie te kry. Onthou net geen Afrika land het nog ooit ‘n demokratiese stelsel verstaan nie, want dit is teen hulle natuur. Hul natuur is dat die wenner alles kry en jy as verloorder alles verloor. Dit is wat Samuel ook hier vir die mense noem. Kom ons kyk weer na die gedeelte, en al wat ek gaan doen is om dit punts gewys uit te lig.

Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer:

  • Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;
  • en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig,
  • en om sy land te ploeg
  • en om sy oes in te samel,
  • en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
  • Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.
  • En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.
  • En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.
  • En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
  • Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem,
  • en self sal julle sy slawe wees.
  • En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie.
  • Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies—dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.

So nou kan ons maar daar deur begin werk. Hy sal jou seuns vat en aanstel by sy wa, en voor sy wa uithardloop. Hulle sal sy land ploeg, so sy werk vir hom doen, self die oes moet insamel terwyl hy lekker rondkerjakker. Hoeveel mense moet die gemeente se saak verdedig teen aanvalle van mense wat nie saam stem met die sinode of bestuur van die gemeente nie. Ek was eenkeer in die posisie waar ek skielik gesien is as een van die leiers terwyl ek slegs my privaat Bybelskool aangebied het by my huis. Ons moes trek aangesien die huis wat ons gehuur het se huur tydperk verstryk het en die verhuurders weer die huis wou terug hê vir hul leraar. Daar was mense wat elke Sondag 20 km+ moes ry na die diens toe en hulle het gevra of ek nie kans sal sien om dienste vir hulle by die een dame se huis aan te bied nie, en ek het ingestem omrede dit binne ‘n paar kilometers van almal se huise af was, en ek in elk geval by die dame se ander huis teen die see gratis kon bly. Ons het toe die Sondag net voor ons trek sommer by ons ou huis bymekaar gekom om alles te bespreek en toe ons ons oë uitvee toe word ek uitgekryt as die grootste bedrogpleger in die wêreld omdat ek nou die mense steel uit die pastoor se gemeente. Hy het sommer by die voordeur ingestorm sonder om eers te klop of enigiets. Ek het hom maar aangekla by sy hoofde vir naamskending want hy het die oggend tydens die diens ons name deur die modder gesleep en uiteindelik het hy sy alie gesien toe alles op die lappe kom en hy moes erken dat hy vir my en Hettie persoonlik aangevat het van die preekstoel af terwyl ek in elk geval klaar bedank het uit die gemeente aangesien ons nuwe huis ook 30+km van die gemeente was.

So jy sal nie kan doen soos ek wat jy wil nie, jou seuns sal hy in posisies aanstel en gebruik, en soos ‘n koning, sal hy teen jou oorlog voer indien jy sy koningskap bedreig. En natuurlik is dit wat ek gedoen het, of soos hy dit ervaar het. En dieselfde geld op politieke grondslag. Jy mag nie enige van die parlementslede aanspreek nie want dan is jy regtig in die moeilikheid, en vind jy dat van jou blanke boeties en sussies in die DA die voorbokke is om ander blankes se menings en uitsprake aan die groot klok te hang, en jou voor die gereg te sleep. Want ons bou mos ‘n reënboog nasie. Maar duidelik weet ek iets wat hulle nie weet nie, en dit is dat wit en swart nie kleure is nie, en dat dit nie in die reënboog voorkom nie.

So jou gemeente sal nie deur mense bestuur en geleer word wat die HERE aanstel nie, jou koning sal besluit wie hy wil gebruik om sy boodskap uit te dra. En dit mag heel moontlik bots met wat die Bybel leer, want hy is mos koning. Ek het al by hoevele webtuistes van gemeentes gesien dat indien jy nie saamstem met hul volle leerstellings nie, jy dit nie mag bevraagteken nie maar summier van lidmaatskap ontneem sal word.

Ander konings het nie hul eie gemeentes nie maar het derduisende volgelinge, en waag jy net om iets te bevraagteken wat die koning kwytraak, en glo my, jy word beskou as die duiwel homself. Ek onthou daar was ‘n toer na Israel wat so ‘n koning gereel het, en by een byeenkoms het die wind alles weggewaai en was dit toegeskryf aan die Heilige Gees. Maar, al die plaaslike mense het gelag want die gebied is bekend vir sy wind daardie tyd van die jaar wat alles wat nie geanker is nie, wegwaai. So ek as die duiwel uitgemaak toe ek die mense na die plaaslike omstandighede soos in die plaaslike koerant beskryf, gewys het. En wys jy sy volgelinge daarop dat jy nie net ‘n dag van gebed kan uitroep sonder dat die mense eers hul eie lewens regmaak en vergifnis kry nie, is jy ook verkeerd en deur die duiwel gestuur.

Maar dit is hoe dit gaan. So ek sit maar alleen en skryf wat die HERE my lei om oor te skryf. Soos hierdie spesifieke stuk vermy ek seker al tienjaar lank, want dit is regtig nie lekker om daaroor te skryf nie, maar wanneer jy skielik hoor jy moet skielik weer Esegiël 34 lees en jy sien wat die profeet verklaar, dan gee jy maar in en sit terug en skielik vloei alles en is ek gewoonlik die een wat die meeste daaruit leer.

Net ter inligting sluit ek so ‘n gedeelte in van die betrokke hoofstuk wat ek moes lees: “Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak. My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek. Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape’n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie— daarom, o herders, hoor die woord van die HERE! So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie. Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid. En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land. Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel. Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is. (Esg 34:2-16)

So die mense wat in die gemeente werk sal maar net nog hooi op hulle vurke kry, want jy sal dit nou mos doen. En dan ‘n baie belangrike saak. Hy sal jou geld vat en jy sal nie self kan besluit waar jy jou geld gaan aanwend vir die Koninkryk van die HERE nie. Indien jy nie jou geld by die gemeente gee nie, word jy nie as lidmaat geag nie. En moet ook nie vir een oomblik dink dat die gemeente jou sal ondersteun wanneer die mat onder jou voete uitgevat word nie. Hoeveel van ons Afrikaners sit in plakkerskampe terwyl die kerke miljoene spandeer op net nog groter amphiteaters vir hulle “show” op ‘n Sondag nie. Van die ou gemeentes loop leeg en die geboue word verkoop, maar die fondse bereik nie die wat nie kos het nie. Nee, dit gaan na die sinode se koffers om net hul mense nog groter salarisse te betaal.

Hoeveel pastorië staan leeg, maar van die lidmate bly in agterkamers of motorhuise in die kleiner dorpies nie? Daar sal nie saamgestaan word om die gewoonlik groot huise beskikbaar te stel vir ouer en arm mense om saam te kan leef nie. Maar naasteliefde bestaan mos nie. Dit is nie “cool” nie. En almal wil “cool” wees. Ek reken dat al die leë huise op die platteland gevul kan word en nie geplunder word soos hier by ons die geval is indien ons as gelowiges saamstaan en die minder bevooregtes in die huise laat bly. Baie van die huise sal die eienaars verniet gee want dan weet hulle dit word van stroping deur die swartes gespaar. Net in ons straat in die volgende blok is daar vier eiendomme langs mekaar waar hulle helder oordag die koesyne van die huis uitgebreek het, die dakke afgehaal het, en niemand het iets gesê of gedoen nie. En die polisie het nie eers kom kyk nie. Daar kon verseker mense ingebly het of die perseel opgepas het terwyl die plekke herstel word indien ons as Christene saam staan en hierdie absolute uitbuiting van alle blankes op alle terreine uitskakel en weer soos na die Engelse oorlog weer kan gee aan mense om hulleself te help. En nou met die onteiening van grond sonder vergoeding is dit nodig dat ons daarna moet kyk.

Daar is regtig baie klein plattelandse dorpe waar ek oortuig van is dat die eienaars die huise gratis beskikbaar sal stel indien hulle weet dit word ondersteun deur ‘n groep mense van of die omgewing of dalk ‘n landswye organisasie. En so kan ons dan ook weer lewe in hierdie dorpies inblaas en dalk net een of twee plekke op die plaaslike munisipale raad los slaan en ons dorpies keer van totale verwoesting. En dan is daar die onteiening van eiendom wat nie huidig gebruik word nie wat die regering sê hulle hul oog op het wat natuurlik ‘n groot dryfkrag is om so spoedig moontlik ons eie mense daar in te kry voordat dit onteien word. Op ons dorp weet ek van twee pastorië wat leeg staan waarvan een al klaar skade het en besig is om stukkie vir stukkie na die lokasie toe te verdwyn. Die ander een is besig om te verwaarloos en kan jy sien daar woon niemand nie, so sy einde is in sig.

Wat baat ‘n huis wat gestroop is? Niks. Maar dit kon dalk een of twee huisgesinne weer ‘n geleentheid gegee het om weer blyplek te hê en die ontvolking van die platteland gestop het. Ek is seker daar is mense wat sal help dat die mense saam begin handewerk doen om weer ‘n bestaan te maak, maar ons sal mos liewer soos die een predikant hier by ons alles in die ANC kaders se gatte gestop word, maar sy eie gemeente krimp van oor ‘n duisend na 25 mense met nagmaal die laaste keer wat ek van weet so ‘n paar weke gelede. Dit is wat Samuel en Esegiël van praat. Die leraars voel vere vir die blanke lidmate, want hulle wil tog so graag die arme ANC en EFF ondersteuners help want dan sal hulle seker die slagting vryspring.

Jammer, die moordenaars vra nie of jy al geld gegee het nie. Indien jy blank is sal hulle jou doodmaak, al stem jy vir die ANC of EFF want Julius sê mos self dat hy betrokke is by die beplanning en dit steun. So ook Cyril wat niks doen wanneer daar sewe blankes op plase vermoor word oor ‘n naweek nie, maar dat net een blanke hom vervies vir ‘n verkeersbeampte en hom te lyf gaan dan word jy aangekla vir poging tot moord. Die aanvallers op die plase hoor jy nooit van nie. Die wat nog gevang word staan tereg op diefstal, en die moord is maar net iets wat tydens die roof verkeerd geloop het. Hulle sal nooit van moord aangekla word nie, want Cyril en Julius beskerm hulle. Ek het self ‘n dogter in Aussie wie se skoonma in die rug geskiet is en op slag gesterf het en haar man, my dogter se skoonpa, gelos is vir dood deur hierdie satanskinders. Maar ons mag mos nie iets sê nie, dan is ons in die tronk. O en dan oordeel ek mos. Seker die grootste sonde wat ‘n Christen kan doen. Nee, ek wys net ons lamsakkigheid uit as Christene wat deur die profete uitgespel is lank voor ons bestaan.

Maar die gedeelte van Samuel word deur woorde uitgespel wat nogal diep sny. “En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie”.

Ek kan dit nie anders stel nie. Die HERE het Sy rug op ons gedraai omdat ons te maklik agter konings aan hardloop as om Hom te dien, ten spyte van alles. Hosea en Habbakuk het sulke mooi woorde indien ons net weer luister na Hom. “Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. En laat ons ken—laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (Hos 6:1-3) “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.” (Háb 3:17-19)

Wat is Sy opdrag? “En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie; en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers. Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.” (Mar 12:32-34)

Dit is my bede vir ons as Christene in Suid Afrika. Dat ons weer na ons naaste sal omsien en vergeet van ons “konings” wat ons oor onsself laat aanstel het, en net doen dit wat die Bybel van ons verwag.

Nou wil ek graag ‘n oproep doen aan u as leser om of betrokke te raak indien daar alreeds mense is wat dit doen, of dat u leiding sal neem om so ‘n beweging in u eie geweste te begin. Ek is bewus daarvan dat op politieke vlak daar verskillende partye is wat almal sê dat hulle my en jou belange op die hart dra, maak nie saak of jy Afrikaanssprekend of Engelssprekend is nie. Die wat slegs vir blankes is beywer hulle juis dat hulle ‘n mandaat soek in die volgende stemming in 2019 sodat hulle die saak van ‘n blanke gebied met die huidige regering kan bespreek en al die wetlike vereistes wat daarmee gepaard gaan. Dit is vir my baie goed om te hoor en soos hulle self erken gun hulle alle groeperings dieselfde reg toe.

Die enigste probleem wat ek voorsien is dat hierdie ‘n baie lang paadjie is om te loop en sal my kleinkinders se kinders dalk eendag dit kan geniet. En dan is daar ander partye wat wel op provinsiale vlak wil deelneem wat ook soos die eerste party veg vir my as Afrikaner. Indien ek moet kies tussen die twee dink ek die tweede party my keuse is aangesien ons nie almal kan bekostig om alles net so te los en te verhuis na ‘n blanke alleen gebied nie. En daar is alreeds so ‘n plek, Orania. So hoekom kombineer die mense hul stemme om te wys hoeveel mense voel dit is nodig vir so ‘n mandaat. En dan is daar ander partye ook wat nie net vir blanke regte veg nie maar ook kleurlinge verwelkom waarmee ek self ook nie ‘n groot probleem mee het nie.

En dan vind ons die oningeligtes wat vergeet dat Lekota ‘n Mandela man is en die kommando stelsel van verdediging onder sy leierskap afgestel is. Maar hy huil dan so mooi, totdat jy uitvind hy huil oor al sy kamerade wat dood is in gevegte met die soldate in die gewapende stryd destyds teen die ANC.

Maar hulle is nie alleen nie. Ons kry ook die mense wat heel moontlik as gevolg van regstellende aksie nie meer kan bekostig om enige ander TV programme na te kyk as SABC. Nou leef hul in ontkenning oor die plaasaanvalle, want dit word nooit gewys op die nuus nie. En as ons die minister van polisie kan aanhaal dat hy daarvan sou geweet indien so iets plaasvind want dit sal mos op die nuus gewees het. Net jammer sy eie regering verhoed dat daar enige van die sake uitgesaai word. En dan moet ons nie vergeet van 7e Laan nie. Die mense werk dan so mooi saam so ons kan dit mos ook doen. Net jammer die mense lees nie oor hoe hierdie akteurs die Afrikaners uitskel en aanvat nie. Een van die dames doen dit gereeld.

Nou wat sal so ‘n beweging soos voorheen genoem se doelwitte wees, en hoe sal dit gedoen kan word? Ek het so vinnig daaraan gedink en dit was een dryfveer vir die skryf van die artikel. Dat ons nie op politieke vlak sal kan saamwerk nie alvorens ons nie almal dieselfde geloofsoortuiging het nie, of soos die gesegde is, uit een boek sing nie. En dit is seker die grootste probleem. Hier by ons sal die Doppers besluit om iets te doen en dan wil die NG en APK mense niks daarmee te doen hê nie. En dieselfde geld vir die ander groepe. Wanneer een van die ander besluit om dit by die klub te hou omrede hulle dit sien as gebied wat onafhanklik is dan wil die ander weer nie daar wees nie want die klub het ‘n kroeg en dan ontrek hulle weer. Maar hulle sal die klub ondersteun na ‘n potjie golf.

So om die probleem te oorkom sal ‘n mens maar iets soos ‘n nie vir wins maatskappy moet registreer en kan elke dorp of gebied net inskakel as ‘n tak daarvan. Soos vroeër in die artikel genoem sal daar maar keuring moet wees van mense wat wel gehelp kan word want ek het dit al persoonlik beleef dat mense wat geen heenkome gehad het sommer skielik kla dat hulle nie outydse lap doeke, die wat my kinders mee groot gemaak is, wil hê nie want hulle verkies weggooi doeke. Ons weet van hulle en ‘n paar ander gesinne wat ook al probeer help het maar uiteindelik het die mense maar pad gevat na die volgende dorp want hulle wou nie werk nie.

So indien jy wel mense kry wat geholpe wil word, weet ek dat daar op elke dorp vrouens is wat handewerk kan doen en ander leer om dit te doen en die mense help om klere en goed te maak wat jy weet daar ‘n mark voor is. Hoekom by Pep jou klere gaan koop as jy goeie gehalte klere teen medingende pryse kan koop by mense wat dit self gemaak het. Nou word jou R100 bydrae skielik R150 want daar was wins. En so kan ek maar voortgaan en ek dink elke persoon kan aan baie ander goeters dink soos om gebakte goed vir die tuisnywerheid te voorsien, of selfs ‘n Facebook bladsy waar mense van buite jou distrik items of handwerk goeters kan bestel. En die mans kan ook dink aan projekte waaruit hulle wins kan maak. Dit gaan nie vir jou ‘n salaris van R30,000 per maand gee nie, maar jy sal kan oorleef. En miskien sal jy dan die HERE se hand in jou situasie raak sien.

Dit is maar net my gedagtes. Indien daar reeds organisasies is wat hierdie funksies suksesvol bedryf, en ek glo daar is, moet julle my maar net laat weet sodat ‘n mens ‘n eenheid kan skep onder die mense en so uiting gee aan die een gedeelte wat Jesus so mooi vir ons die wet mee saamvat, naamlik om jou naaste soos jouself lief te hê. “As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.” (1Jo 4:20-21) En hierdie broeder is sy broeder in geloof, wat die enige HERE aanbid. Nie die ou wat jou pakkies wil dra of jou trollie wil stoot nie.

Eers wanneer ons hierdie fasset van ons lewe as Christene begin uitleef, kan ons kyk na ons groepering se dogma en seker maak dat ons die onderlinge verskille uit die weg te kan ruim.

Groete van huis tot huis. Mooiloop.

Louwrens Erasmus

Jode – Nasie of Kerkgroep?

Ek wil graag na die Joodse geloof van vandag kyk, en vir u as leser probeer wys dat die Jode van die Bybel nie ‘n nasie is soos vandag deur meeste mense verstaan word nie, maar in werklikheid, as die eerste Kerk gesien moet word.

Waarvan praat ek nou? Dat die Joodse geloof en mense in die Ou Verbond voor Jesus se koms, nie as ‘n nasie gesien moet word nie, maar dat deur al die eeue heen van voor Moses se dae af as Kerk van die HERE gesien word. Dit sal ook dan vir ons duidelik word dat die geveg wat deur sovele mense geveg word dat wanneer iemand praat van die Kerk versus die Joodse geloof, ons van vervangingsteologie praat, van alle waarheid gestroop word aangesien die Jode en Israel van die Ou Testament as die eerste Kerk gesien moet word. Dit is hoe die Bybel dit gestel het, en dit is hoe die mense van die Ou Testament dit gesien het.

Kom ons begin by die begin van die KERK. En dit begin met Abraham. Die HERE begin met Abram (Abraham) praat lank voor die verbond wat Hy met hom sluit. En Abram luister elke keer en doen wat die HERE vir hom sê om te doen. So wat leer ons hieruit? Daar is twee faktore wat ‘n massiewe rol speel. Eerstens glo Abram die HERE en dan is hy gehoorsaam. Dit is die kenmerke van mense wat in die Kerk van die HERE hoort. Ons moet geloof hê en glo wat Hy vir ons sê, en moet ons gehoorsaam wees en doen wat Hy verwag. Dit val saam met Hebreërs 6 vers 1: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,”. So Abram lê sy eie lewe neer, bekering, en dan glo hy die HERE, geloof, die tweede kenmerk.

Nou vind ons dat die verbond ingestel word met nagmaal, waar Melgisedek die brood en die wyn bring. “En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” (Gen 14:18-20)

So ons vind dat daar toe alreeds ander mense was wat die HERE aanbid het en as priesters opgetree het. So Abram was nie alleen nie, daar was ander volke wat toe alreeds aan die HERE behoort het.

Nou kom die HERE eers met die verbond. “Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.” (Gen 15:1-7)

Wat beteken hierdie twee eienskappe vir Abram. Dat dit vir hom as geregtigheid gereken is. Sonder geregtigheid is dit onmoontlik om deel van God se Kerk te wees. En nou vind ons hoe die HERE die verbond instel en Abram geen deel daaraan het nie. Hy moes net die diere voorsien. Hier lees ons dat Abram moes die vee middeldeur sny en teenoor mekaar lê. Die betekenis daarvan was dat indien enigeen die verbond sou verbreek, die ander persoon die reg gehad het om so met sy verbondsvennoot op te tree. Nou het God vir Abram, hy het eers later Abraham geword, gesê dat uit Isak sou sy nageslag kom. So vir Abraham was dit nie moeilik om die besluit te neem om Isak te offer toe God hom gevra het nie, want die Here moes weer vir Isak uit die dood opwek, want uit Isak sou Abraham se nageslag kom. God kan nie lieg nie. Indien God dit nie doen nie, kon Abram met God maak soos met die diere gemaak is, en hy het geweet dat God nie kan lieg nie, en dat dit onmoontlik is om God dood te maak.

Verder, as een van die partye van ‘n verbond iets van die ander een verwag het om te doen, moes die ander party dieselfde verwagting hê. Omdat God van Abram verwag het om sy seun te offer, het die HERE daar verklaar dat Hy vir Jesus sou stuur om te sterwe, want Jesus is Sy seun. Dit is hoekom Jesus moes kom, om die gedeelte van die eerste verbond te vervul. Dit is ook hoekom Jesus net een keer kon kom om vir ons sonde te sterwe.

Vir die wat wil lees oor wat die verbond van Geregtigheid beteken kan u hier  lees.

So na hierdie gedeelte vind ons 25 jaar later dat die HERE die besnydenis instel as teken van die verbond. Nou die interessante gedeelte is dat wanneer ons na die volgorde kyk vind ons dat Abram moes glo, dan nagmaal vier, en dan volg die besnydenis. Na Abraham vind ons hulle moes eers besny word, dan glo, en dan nagmaal vir. So hier vind ons dit in ‘n halwe omgekeerde volgorde maar met Jesus vind ons dat Hy dit weer instel volgens Abraham se volgorde, so eers glo, dan nagmaal, en dan eers vind besnydenis van die hart plaas. Daarom dat ons so baie stryery kry vandag onder teoloë, want die harte is nie besny nie, alhoewel hulle nagmaal gebruik, weier hulle dat die HERE hul harte kan besny, en wil hulle hul verkeerde lewenswyses en insigte afdwing op hul kerkgenootskap.

So die Kerk begin met Abraham, en almal wat glo en deel geword het van die verbond, was Kerk.

Nou kom ons eers by Israel uit. En hier vind ons die volgende beginsel is dat mense van alle volke hulle by die volk kon voeg voor hul trek uit Egipte begin het. “Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.” (Exo 12:48-49) Die Engelse vertalings stel vers 47 egter as ‘n gemeente (congregation), en dit is ook hoe die woord in Strongs se Hebreeus beskryf word. “Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.” (Lev 24:22)

So hier vind ons alreeds dat Israel nie ‘n spesifieke nasie is nie, maar almal wat besluit om die HERE as hul God te dien. So almal het dieselfde geloofsoortuiging gehad. So dit wys alreeds vir ons dat hulle eerder as Kerk funksioneer as volk. Dit sluit aan by die belofte wat die HERE aan Abraham gemaak het. “Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.” (Gen 17:1-9)

So hier vind ons nog voor en tydens die trek na Kanaän, dat Israel as Kerk funksioneer en nie net as nasie nie. Soos vroeër genoem in Eksodus 12 vers 47, word hulle as ‘n gemeente of vergadering beskryf en nie as a volk of nasie nie. Indien ons verder gaan soek in die Bybel, vind ons dat die woord vergadering wat na alle volgelinge van die HERE verwys, in 219 verse in die Ou Vertaling gebruik word. Die Engelse King James Version gee die volgende statistieke: “One further point to make here is that when we look at the first five books of the Bible, and especially those written by Moses, we find that the word congregation, referring to those people who left Egypt, is used 250 times in these books. This I believe is enough proof that even Moses and the LORD saw them as a Church, a congregation, and not as a nation.

If we include the rest of the Old Testament we find that they are referred to as a congregation 363 times in 330 verses.” Ek het dit in Engels gedoen vanaf die Engelse weergawe van die artikel.

So ek neem aan die genoemde statistiek hierbo is voldoende bewys dat Israel deur die eeue na die vergadering van Israel verwys, en nie na Israel as nasie nie.

Dit is ook waaroor die hele boek van Hebreërs gaan.

Baie mense verstaan nie die boek in die Bybel nie, en daar is baie, soos selfs Martin Luther, wat voel dat die boek nie in die Bybel hoort nie. Dit is maar mense wat voel dat die boek juis aan Jode geskryf is en dat dit ons as Christene nie raak nie.

Maar, nou het ek ‘n probleem met die siening. Hoekom? Aangesien mense die Jode as volk sien en nie as Kerk nie. Dit is seker die grootste verskil wat ons vandag leer. Almal wil dat die boek slegs op die Jode van daardie tyd van toepassing was, maar wil of kan nie verstaan dat die sentrale punt van die boek gaan oor verbond nie.

So dit is nie net geskryf vir die Jode as nasie nie, maar aan die Jode as Kerk. Nou wat is die verskil? Ek wil dit graag verduidelik aan die hand van wat Paulus aan Korinte skryf, en wat Jesus vir Johannes openbaar in Openbaring. Paulus skryf die volgende: “En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. (1Kor 10:6-11)

Jesus se woorde in Openbaring is weer as volg: “Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.” Open 2:9. “Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.” Open 3:9.

So ek gaan eerstens bewys dat Israel as Kerk funksioneer het, en nie as volk nie. Maar, kom ons begin by die begin. Wie is alreeds, en wie gaan nog hemel toe. Die wat reeds in die hemel is, is mense soos Moses, Dawid, Samuel, en nog baie ander persone van die Ou Testament. As ons na Nuwe Testamentiese mense soek is dit seker mense soos Petrus, Paulus en Johannes. Wat u dalk mag opval is dat ek slegs name van mense noem wat uit Israel afkomstig is. Die rede hiervoor is om vir u te wys dat hulle sekerlik daar is, omdat hulle aan die volk en Kerk van die HERE, Israel behoort het. Wat ek leer uit die Ou Testament is dat slegs persone wat die HERE behaag het en in Hom geglo het die ewige lewe beërwe het en nie alle Israeliete nie. Daarom dat ons lees dat die HERE in die meeste van hulle geen behae gehad het nie en hulle neergevel is in die woestyn, en so in die hel opgeëindig het. “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.” (1Kor 10:5)

Die HERE spreek die volgende woorde uit oor Israel: “Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deu 7:6-9) Hierdie gedeelte klink vir my eerder as ‘n belofte aan ‘n Kerk, as ‘n belofte aan ‘n spesifieke volk.

Maar hoe nou gemaak met ander mense van ander nasies?

Ek wil begin by die begin. Nou mag jy dink dat as ek na Openbaring verwys, ek aan die einde begin, maar Christus is aan die woord, en Hy was van die begin van die aarde al daar. Openbaring 3 vers 9: “Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg”. Hier sien ons dat Jesus aan die gemeente skryf en sê dat sommige voorgee dat hulle Jode is maar lieg. Die gemeente is in Filedelfia, verseker nie in Israel nie. Dit is ook ‘n bevestiging van Openbaring 2 vers 9: “Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.” So hier gee Jesus vir ons ‘n belangrike stukkie inligting. Slegs ware Jode sal gered word. Dit stem saam met wat Moses meedeel in Deuteronomium 7 verse 6 en 7: “Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke”.

Sodra ons besef dat God nooit Sy beloftes sal verander nie, sal ons besef dat daar iets is wat nie pluis is nie. Hoe kan God ons as heidene dan ook red as Sy Woord verklaar dat slegs Jode gered word? Die antwoord kom uit Handelinge 10 vers 34 en 35 :” En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.” Hier sien ons dat as ons Hom vrees en geregtigheid doen, ons Hom welgevallig is. Dit los egter nog nie die probleem van Openbaring op nie, want ons is nog nie Jode nie. Die antwoord moet ons gaan soek in Israel se geskiedenis met die uittog uit Egipte. Hier gee die HERE vir die Israeliete ‘n wet wat hulle moet gehoorsaam. Numeri 15 vers 15 en 16: “Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ‘n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.  Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.”  Eksodus 12 vers 48 gee die finale antwoord vir ons: “En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

In Israel se geskiedenis sien ons dat wanneer iemand uit ‘n ander volk hom of haar verbind het met die Israeliete, hulle as volksgenote, of deel van die Kerk geag is. ‘n Baie goeie voorbeeld vir ons is Rut. Alhoewel sy die reg gehad het om na haar mense terug te gaan na haar man se dood, het sy gekies om saam met Naomi na haar land te gaan. Die woorde wat Rut ook gespreek het, ontsluit die waarheid verder. Rut 1:16 “Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God. 17  Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen–net die dood sal skeiding maak tussen my en u.” Hier gee sy te kenne dat sy kies om deel te word van Naomi se volk, en saam met Naomi haar God sal aanbid. Wie was Rut? Dawid se grootouma. Waar kom Jesus vandaan? Uit Dawid se geslag.

Nou hoe pas al hierdie stukke in mekaar? Die HERE het Israel uitgekies as Sy Kerk. Ons, as heidene moet dus kies om by die Kerk van die HERE gevoeg te word. Hoe doen ons dit? Deur deel te word van die verbond met die HERE. Dit is om Christus se geregtigheid te besit. So ons moet weet wat Jesus kom doen het op aarde, en dit is om die Ou Verbond te vervul deur aan al die voorwaardes te voldoen. Dan gee dit ons die geleentheid om deel te word van die Israel van die HERE, soos Paulus vir ons in Galasiërs dit opgeteken het. “Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” (Gal 6:15-16) So hierdie gedeelte klink vir my baie meer as beleidenis skrifte van ’n Kerk, as beloftes aan ‘n spesifieke volk. So Israel is nie as volk uitverkies nie, maar as Kerk want slegs die wat deel was van die verbond en geglo het dat slegs die HERE hulle God was, het die ewige lewe verkry.

Waar vind ons die eerste afval van die Kerk? Met die onderverdeling van Kanaän. Die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het besluit om nie hulle erfdeel in Kanaän in besit te neem nie. Hulle wou hulle eie kop volg en buite die beloofde land hul erfenis ontvang. So hulle het gekies om nie dit wat die HERE vir hulle wou gee nie, te aanvaar nie. So hier sien ons die eerste afval. Wanneer ons in die geskiedenis van Israel gaan kyk, sien ons dat hulle geen invloed later op die geskiedenis van Israel gehad het nie. Dit is presies wat vandag gebeur. Mense besluit om die Kerk te verlaat en kan nie as gelowiges getel word nie, want slegs mense wat Jesus as hul verlosser bely en lewe soos kinders van die HERE vorm deel van die werklike Kerk. Dit is hoe Hebreërs 6 dit stel : “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6) Dit is ook wat in de Ou Verbond gebeur het. Saul raadpleeg die heks van Endor en sterf as ongelowige. Wanneer Israel gesondig het is hulle gestraf om hulle terug te bring na die HERE toe, maar wanneer hulle nie meer aan die HERE vasgehou het nie, vind ons hulle nie verder in die Bybel nie. Alreeds net na Dawid skeur die koninkryk in twee, en sien ons nooit weer die ander stamme in die geskiedenis nie. So die ander het hul eie “kerk: begin, en is deur die HERE verstoot. Jesus praat ook nie met die mense van die “kerk” nie, behalwe om hulle teen mekaar op te sweep. Dit is wat Hy elke keer met die Fariseërs en Saduseërs gedoen het. En hulle was die “kerk”.

Nou kan ons maar deur Israel se geskiedenis sien hoe meeste van die stamme afvallig word, afgode aanbid en hulle voeg by die nasies wat hulle veronderstel was om uit te roei. Vandag vind ons dat mense sê dat Jesus moet nou eers die mense van die verlore stamme moet kom red, maar hulle het reeds hulle keuses gemaak en besluit om nie deel van die HERE se Kerk te wees nie. Die HERE het nie ‘n spesifieke volk gekies nie, maar ‘n spesifieke groep mense wat in Hom glo as hulle God. Dit is waaroor al die profete gepraat het. Al hul geskrifte is eintlik herlewings boodskappe wat hulle vir die mense gebring het. Almal het vir hulle voorgehou wat hulle moes doen, en dit was om terug te keer na die HERE toe. Daar was wel ook van die boodskappe wat hulle gebring het wat gewys het op Jesus en Sy verlossing wat Hy kom bring het. Maar dit was nogsteeds boodskappe om mense nader aan die HERE te bring. So al hierdie boodskappe gaan oor wat van ons as Kerk verwag word, en nie boodskappe aan ‘n volk nie.

Verder vind ons net soos vandag dat lidmaatskap aan ‘n Kerk groep nie beteken dat jy die ewige lewe gaan beërf nie, maar slegs geloof in Jesus Christus as verlosser.

So Israel was die Kerk onder die Ou Verbond, en ons vorm deel van die Kerk onder die Nuwe Verbond. So daar bestaan nie iets soos vervangings teologie nie, maar slegs boodskappe aan die Kerk van die HERE. En dit het al begin met Moses wat die volgende keuse aan die mense gee: “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee. (Deu 30:11-20)

So Israel moes kies om die HERE te volg, en dit klink soos iemand wat moet kies vandag om kind van die HERE te word, en nie ‘n blanko uitspraak dat al Israel se mense die ewige lewe sal ontvang nie. Nee, slegs mense wat Hom gekies het, sal Sy kinders of volk wees.

So om terug te keer na die boek aan die Hebreërs, sien ons dat die boek handel oor die verskillende standpunte in die verskillende Kerke. Daar is eerstens die wat glo dat Jesus alles volbring het en dat slegs deur geloof in Hom ons as Kerk kan funksioneer. Dan is die tweede groep die wat glo dat Jesus die verlosser is, maar tog nog sekere van die Ou Testamentiese werke aan wil vashou om verlossing te kry, en dan die wat nog in die Ou Verbond vashou as die enigste manier om God se kinders gereken te word. En dit is wat die skrywer probeer bespreek, om te wys daarop dat Jesus al die voorskrifte aan voldoen het, en dat slegs volle oorgawe aan Hom en volle vertroue in Hom, die ewige lewe vir ons as mense kan verkry. Geen werke kan maak dat ons as Kerk gereken kan word nie.

So die skrywer wys daarop dat geen werke of nakoming van die Ou Verbond se voorskrifte vir ons die ewige lewe kan gee nie, aangesien Jesus ‘n einde daaraan gemaak het toe hy deur die hemelse tabernakel gegaan het. Dit is wat Hebreërs 3 en 4 oor gaan. Dat ons geloof moet hê dat Jesus die Christus is en dat dit onmoontlik is om in Sy rus te gaan daarsonder. Dit is die betekenis van die Sabbat, dat ons oorgaan van ‘n werke godsdiens na ‘n geloofs godsdiens.

Dit is waarom die nuwe voorskrifte in Hebreërs 13 opgeteken is, en wat dit vir ons beteken. Dit is vir ons al die vereistes om aan te voldoen.

“Die broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het. Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie. Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie; want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige. Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely. Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers. Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ‘n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel. Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word. Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom t6ot in alle ewigheid! Amen. En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe. Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom. Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle. Die genade sy met julle almal! Amen.” (Heb 13:1-25)

So dit is die voorskrifte vir Sy Kerk. Nou kan jy self sien of jou gemeente of van die lerings wat hulle huldig aan die vereistes voldoen. Nêrens lees ek in die Nuwe Verbond dat die HERE mense wat hul rug op Hom gekeer het weer ‘n geleentheid sal kry om Hom te sien vir wie Hy is nie. Dit beteken ook dat Hy nie Israel as ‘n spesiale volk verkies het nie, maar Israel as Kerk gekies het.

So daar bestaan nie iets soos vervangingsteologie nie. Of jy glo die waarheid en beërf die ewige lewe, of jy sterf die tweede dood. Ek en jy wat die HERE dien is deel van Sy Israel, soos vroeër genoem in die aanhaling uit Galasiërs. 6:16 “En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” So dit gaan alles oor Sy Kerk.

Ons moet onthou dat die eerste mense wat tot bekering gekom het Jode was. En hulle is ook Christene genoem. “En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk. Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen. En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het. En die hand van die Here was met hulle, en ‘n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer. En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë. Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly; want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring. Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring. En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.” (Hand 11:18-26)

So die mense was eerstens Jode, maar het toe bekend gestaan as Christene. So die wat praat oor vervangingingsteologie bewys net hulle onkunde, en hulle tekort aan kennis wat in die Bybel staan.

So daar sal nie ‘n wegraping wees om die Jode te kom red nie, want dan moet almal wat nie in Jesus glo ook ‘n tweede kans kry, en dan beteken die Bybel en Jesus niks nie. So hardloop weg van die mense voordat hulle jou saam met hulle in die afgrond trek. Dit is so dat daar pragtige mense is wat jy dalk voel ek nou aanvat, maar weet jy net mense wat glo in die volle boodskap van die Bybel sal gered word. Jesus het in elk geval vir hulle meegedeel dat hulle verwerp is: “Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.” (Mat 21:42-46) Hier gebruik Jesus ook die woord volk, want die ware Kerk, of Bruid, het nog nie bestaan nie, want Hy het nog gelewe. Die is die vervulling van die gedeelte in Jesaja 5. “Laat my tog sing van my Beminde; ‘n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel. En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring. Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd. Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring? Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word. En Ek sal dit ‘n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie. Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!” (Isa 5:1-7)

Die dat Openbaring daarop wys dat twee derdes van alle Christene verlore sal gaan, want hulle glo die boodskap van die Bybel, plus hulle interpretasie. Hulle sal veg dat hulle interpretasie reg is en verse kwoteer om jou te probeer oortuig, maar weet jy die duiwel het ook vir Jesus aangevat deur die Bybel te kwoteer, maar Jesus het hom elke keer op sy foute gewys. So ek wil net graag wys dat daar foute is in party van ons lerings, en ons moet self verantwoordelikheid neem vir ons eie lewe, en nie vertrou op mense nie. Dieselfde storie geld vir die tien maagde. Vyf het Hom verwag, en vyf het eers gewag vir die wegraping en al sy gevolge, en het die bruilof gemis.

“As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.” (1Ti 6:3-5)

Verder verklaar Paulus die volgende: “Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.”  (1Ti 1:5-11)

So indien iemand met jou wil redeneer oor die wet, weet dat hy volgens die vorige gedeelte praat asof hy dink jy is nie geregverdig nie, en dalk is hy nie geregverdig nie. Die wet is slegs ‘n tugmeester na die regverdigheid toe, en in sigself kan net die dood beteken. “Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.” (Gal 3:23-25)

So indien iemand jou wil dwing of “reg help” deur die wet te verkondig, weet dat die persoon nie die Bybel verstaan nie, en slegs sy interpretasie vir jou wil leer. So sal hulle jou probeer oortuig om kersfees te vermy, die paas naweek nie te vier en nog ‘n klomp ander dae nie, maar ons weet hulle probeer om jou weer onder die wet te plaas. Maar Paulus skryf as volg: “Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.” (Gal 4:21-31)

So die wat glo dat Jesus die Christus is en ons kom vrymaak het van die wet en Sy geregtigheid besit, is die Kerk van die HERE, en nie die volgens geslagsregisters en onderhouers van die wet nie. “Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie; maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het; en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ‘n engel van God, ja, as Christus Jesus.” (Gal 4:8-14)

So wie is Israel? Die wat die wil van die HERE doen om te deel in die Nuwe Verbond, en dit geld al van Moses se tyd af. So dié mense is Kerk.

 

 

Verbond van geregtigheid

Die verbond van geregtigheid.

Watter sekerheid het ek nou in my lewe dat ek die ewige sal lewe beërf die dag wanneer ek my laaste dag op aarde voltooi het?

Dit was ‘n vraag wat ek so twintig jaar gelede self gevra het nadat ek die verdoemende woorde gehoor het van “Jy het kanker en ons kon nie alles verwyder nie. Indien ons dit nie per abuis opgespoor het nie sou jy hoogstens nog ‘n jaar gelewe het, maar nou sal ons dit beveg met chemoterapie, alhoewel daar nog nie bewyse is dat chemoterapie op jou soort kanker effektief is nie”. Niemand is reg om op 43 jarige ouderdom daardie verdoemende woorde te hoor nie, veral nie as jy nog die vorige dag springlewendig was nie.

Na afloop van besprekings wat ek met ons eie predikant gehad het oor die onderwerp, hy het darem ‘n doktorsgraad in teologie gehad, kon ek nogsteeds nie daardie sekerheid verkry nie. So het ek ook ander skrywers en teoloë se boeke bestudeer en ook self tyd met van die persone spandeer om ‘n antwoord te kry wat my kon oortuig dat ek nou reeds die sekerheid van die ewige lewe kan ervaar, en het ek nogsteeds nie daardie oortuiging gehad nie.

Aangesien ek toe alreeds 20+ jaar gewerk het in die rekenaarwêreld waar ek stelselontleding moes doen vir kliënte en dan rekenaarstelsels moes ontwikkel wat hulle spesifieke behoeftes aan voldoen het, het ek besluit dat ek maar dieselfde tipe ontleding van die Bybel moes doen om vir my die sekerheid te kry wat ek gesoek het.

Nou na ‘n verdere 20 jaar, het ek uiteindelik by die punt gekom waar ek hierdie sekerheid wat ek verkry het, met ander persone wil deel. Ek het een oggend in die Bybel die volgende vers gelees: “So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;” (Jeremia 30:2). So ten spyte van die feit dat ek deesdae redelik swak is en nou al meer as drie jaar nie meer by magte is om te werk nie as gevolg van hierdie kanker nie, en waar ek verlede jaar ‘n lewensreddende operasie moes deurmaak, het ek tog tyd gekry om die opdrag te voltooi.

Die boek getiteld Die Verbond van Geregtigheid beskryf dan die pad wat die HERE met my gedeel het en beantwoord al die vrae wat ek gehad het. Verder beskryf die boek ook wat die gevolge is van die pad wat ek beskryf. Dit is gebaseer op die verbond wat die HERE met Abraham aangegaan het, dit wat Jesus kom doen het om die verbond te vervul, en hoe dit vir my as vreemdeling van Israel, die sekerheid kan gee wat ek so na gesoek het. Geen een van die boeke of skrywers waarmee ek kontak gehad het, het die pad vir my uitgelig nie. Dit is nie ‘n teologiese of filosofiese bespreking nie, maar ‘n boek wat by alle Christene aanklank sal vind.

Soos een leser dit uitgedruk het: “Hi Louwrens. Hierdie is ‘n baie interessante boekie van jou. Ek het voorwaar baie hieruit geleer. Gaan jy hom laat druk en publiseer? Of gaan jy hom op jou webwerf publiseer vir aflaai? Dit is tyd om opnuut weer na die verbond te gaan kyk deur terug te keer na die fundamentele wortels daarvan toe soos jy dit verstaan na al jou navorsing. Maar dit is ‘n baie goeie boekie wat jy hier saamgestel het en ek sal ook graag die eindproduk wil bekom! Jy sit dit goed uiteen en bou baie goed op jou verstaan. Ek is baie beindruk hiermee. Ons het sulke boeke nodig in Afrikaans.”

Die skakel na die boek is  HIER, en om meer van my te leer en ander boeke en DVD’s te sien wat alles as gevolg van die paadjie wat ek moes leef beskikbaar is, kan u net klik op die skakel:

en daar sal u toegang verkry van al die skrywes van my wat u gratis kan aflaai. Onthou net dat die boeke gewoonlik redelik lywig is en so by die 2 mb van jou data gaan vat per boek.

Die boek is ook in Engels beskikbaar onder dieselfde skakel maar kies net die Engelse skakel.

Afrikaanse videos

Ek het ook ‘n kanaal op Youtube waar baie van dit wat ek geskryf het, op video beskikbaar is. My adres is https://www.youtube.com/user/LouwErasmus

Verder het ek ook ‘n skakel na videos wat hier op my webtuiste gestoor word onder die kieslys by Oordenkings. Dit is ook die plek waar u net die klankbaan van die oordenkings na kan luister, en is huidiglik net in Afrikaans beskikbaar.

Ek glo dat u dit sal besoek en dat dit wat ek daar deel, wat nie noodwendig dieselfde is as wat geskryf is nie, u paadjie met die HERE drasties sal verander.

Van die videos kan u sommer hier vandaan kyk.

Die verbond van Geregtigheid

  • 9 videos
  • Last updated on 13 Jan 2016
In hierdie reeks doen ek soos Barnabas en Paulus die eerste bekeerlinge uit die Jode geleer het, deur te kyk na wat die fisiese stappe van die verbond was, en dan wat dit vir ons as nuwe testamentiese Christene beteken. Soos alles in die Bybel is …
YouTube Inleiding

17:01
Verbond van Geregtigheid – Inleiding

21:36
Verbond van Geregtigheid Stappe van verbond deel 1

27:34
Verbond van Geregtigheid – Stappe van verbond. Deel 2

43:36
Verbond van geregtigheid deel Stappe van Verbond deel 3

32:07
Verbond van Geregtigheid – Wat beteken ballingskap?

43:19
Wat is die gevolge van die Verbond van Geregtigheid vir Israel

11:37
Verbond van Geregtigheid – Die gevolge op die Calvinistiese leerstelling.

30:46
Verbond van Geregtigheid en die gevolge vir die wegraping, dispensasie en futurisme leerstellings

21:46

Kerk en Israel Ooreenkomste en verskille

  • 2 videos
  • Last updated on 11 Oct 2016

In die reeks kyk ek na die ooreenkomste en verskille tussen die Kerk en Israel. Kyk en geniet.

 

Kerk en Jood(Israel) Is daar ‘n verskil – Deel 1

1:19:30
Kerk en Jood(Israel). Is daar ‘n verskil – deel 2

35:0

Openbaring van die Openbaring van Johannes

My siening van die Openbaring van Johannes en waar kom Johannes aan die merk van die dier as 666.

Die merk van die dier. Die 666. Waar kom Johannes aan die nommer van die dier as 666? Wanneer ons na Openbaring kyk, sien ons dat die sesde oordeel altyd gaan oor die persone wat nie die HERE dien nie. Om dit te verstaan moet ons gaan kyk na die sesde seël, die sesde basuin, en dan die sesde skaal, en is dit as volg:

  1. Eerste 6 – “En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Open 6:12-17) So die eerste ses gaan oor die mense wat nie die HERE as hul HERE erken het nie, en sal saam met die fisiese aarde vergaan wat hier aangekondig word. En, daar is geen omdraai later nie. So geen wegraping of enige waarskuwing nie, net die einde van die wêreld soos ons dit ken vandag.
  2. Tweede 6 – “En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor. En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.” (Open 9:13-21) Dit is die mense wat ten spyte van die feit dat hulle deel van die verbond was, so hulle het die fisiese verwoesting van die aarde oorleef, maar hulle het nie geglo dat daar bekering moet plaasvind nie. So hulle het wel die Paradys gesien, maar nogsteeds geglo dat die HERE nie teenoor hulle ook sal optree nie.
  3. Die derde 6 – “En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.” (Open 16:12-16) Die mense wat naak bevind word is die wat glo dat jy geen werke hoef te doen as Christen nie, so hulle is naak. Ons lees eers later in Openbaring “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God”. (Open 19:7-9) Hulle is ook die mense wat agter leiers aanloop wat wonders doen, maar waar die wonders nie van die HERE afkomstig is nie.

So die eerste ses is wanneer die ongelowiges geoordeel word wanneer die fisiese aarde verwoes word, die tweede ses handel oor die wat deel is van die verbond maar met hulle sondes aangegaan het en nie heiligmaking gesoek het nie, en die derde ses die wat glo dat jy maar net kan aangaan met jou lewe, sonder om ‘n verskil in die wêreld te maak.

Die probleem waarmee ek sit is dat volgens Openbaring die aarde en die heelal soos ons dit vandag ken met die oopmaak van die sesde seël verwoes word. Nou indien die aarde dus nie meer bestaan nie, sê my logika vir my dan dat Rome ook nie meer kan bestaan nie, en dus val almal se argumente van daardie punt af vorentoe weg. As iets verwoes word kan dit mos nie meer verder bestaan nie. Dit is hoe my logika werk.

So met dit as ‘n gegewe, moes ek dus Openbaring en almal se sienings by die venster uitgooi en van vooraf begin. As iets nie sin maak nie, moet ek dit ondersoek totdat ek ‘n antwoord kry wat vir my logies verduidelik kan word.

So my hoof indelings is dat tot en met die vyfde seël verband hou met ons lewe op aarde, dan wat met ons in die Paradys gaan gebeur, aangesien Jesus se uitspraak ook is vir die een wat saam met Hom gekruisig is dat hy saam met Hom in die Paradys sal wees, so dit is waaroor die basuine gaan hoe ons as Christene van ons eie oortuigings geskei word om Jesus te sien vir wie Hy werklik is en met die sesde basuin die wat nogsteeds vashou aan hul geloofsoortuiging geskei word, en dan die sesde skaal wat al die ongelowiges verwoes.

Dit is wat ek bedoel met by die venster uitgooi, want die ander verklarings moet verkeerd wees want dit is onmoontlik dat Rome nog kan bestaan. Dit is hoe my logika werk.

Ek vergelyk Openbaring met Esegiël, en beide volg dieselfde volgorde, die een in Ou Testamentiese siening met ‘n nuwe tempel, en Openbaring met ‘n nuwe testamentiese siening, met ‘n nuwe Jerusalem.

So die eerste ses is wanneer die ongelowiges geoordeel word wanneer die fisiese aarde verwoes word, die tweede ses handel oor die wat deel is van die verbond maar met hulle sondes aangegaan het en nie heiligmaking gesoek het nie, en die derde ses die wat glo dat jy maar net kan aangaan met jou lewe, sonder om ‘n verskil in die wêreld te maak.

Ek weet dit klink snaaks en anders, maar dit is hoe ek dit sien. U kan my hele uiteensetting van Openbaring asook al die ander boeke wat ek geskryf het aflaai by:

Gratis Afrikaanse boeke

Geregtigheid van Jesus – Die nuwe verbond

 

‘n Nuwe teologie bring ek vir julle

‘n Nuwe teologie bring ek vir julle. ‘n Eeu oue teologie van ‘n verbond met Abraham, van Jesus en van geregtigheid. Dit mag dalk vir u soos ‘n teenstrydigheid klink, maar ek wil graag die dilemma vir u verduidelik.

Ek het die afgelope twintig of meer jare spandeer om uit te vind wat die regte teologie is soos ek dit verstaan, en om uit te vind wat vir my die regte boodskap van hoop is wat die Bybel verkondig. Dit het my geneem van Calvinistiese gemeentes, na Pinksterkerke, Charismatiesekerke, huiskerke en alles tussen in. Party as lidmaat, ander as leraar, en ander as besoeker, en nog ander na hulle webtuistes.

Wat het ek gevind?

Ek glo aan ‘n HERE wat Sy woord gestand hou. Aan ‘n eeue ou verbond en belofte aan Abraham,  die vervulling deur Jesus Christus wat vir ons die baan weg na ‘n verbond van geregtigheid.

Die HERE het my op ‘n tog deur die Ou Testament geneem en daarom sal u ook agterkom dat ek baie van die Ou Testament gebruik om standpunte mee te verduidelik, maar daar is ‘n spesifieke rede daarvoor. Meeste kere wat Jesus met die mense gepraat het, en wat vir ons opgeteken is, het hy probeer verduidelik hoe die Koninkryk van God werk. Iets wat wel baie min van opgeteken is, is wat Jesus oor Homself gesê oor wat die profete en Moses oor Hom geleer het wanneer Hy en die dissipels alleen was. Tog vind ons in Lukas 24 drie gedeeltes, wat alles handel oor hierdie een waarheid wat ontsettend belangrik is, en waaruit ons baie kan leer.

Hier dan die drie gedeeltes: “En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie. En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het”. (Luk 24:24-27). “En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” (Luk 24:30-32). “En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.” (Luk 24:44-47)

Die laaste gedeelte wat ek graag aanhaal is wat Paulus vir ons hieroor geskryf het, en kom uit 2 Korintiërs 3: “Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; nie soos Moses nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (2Co 3:12-17)

Wat behels hierdie verbond?

Vir my moet ons begin by Abraham, die vader van alle gelowiges. Ons moet onthou Abraham het agt seuns gehad. Die oudste was Ismael, daarna Isak, en daarna nog ses seuns. “En Abraham het weer ‘n vrou geneem met die naam van Ketúra. En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar” . (Gen 25:1-2) Die Bybel leer ons oor een seun se toekoms waarmee die HERE ‘n spesiale verbond mee gesluit het, die van Isak. “Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.”(Gen 17:21) Ismael en die ander seuns leer ons nie van in die Bybel nie, maar tog was hulle uit die nageslag van Abraham.

Behoort net Israel as nasie dan aan die HERE? Nee. “Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.” (Gen 17:4-9)

In Efesiërs 2 leer ons die volgende: “Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees. (Eph 2:11-22)

In Genesis 14 leer ons ook van iemand anders. “En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” (Gen 14:18-20) So voor Isak was daar al ander nasies wat ook die HERE gedien het. Israel word vir ons as voorbeeld voorgehou soos in 1 Korintiërs 10 in die Bybel vir ons uitgelig word. “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”(1Kor 10:11)

Die eerste verbond met Abraham, is gevier met nagmaal tussen Abraham en Melgisedek, waar Melgisedek die wyn en die brood gebring het. Nou lees ons in Hebreërs die volgende: “So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; (Heb 5:5-10)

Wat beteken dit? Melgisedek was ‘n priester van die HERE en deur die HERE self aangestel. Hy het nie uit ‘n stam gekom wat priesters was soos die Leviete nie, om die waarheid te sê was hy nie eers enigsins aan Abraham verwant nie. Nou kom Jesus en word hy weer aangestel volgens die orde van Melgisedek, met ander woorde, deur die HERE self aangestel. Daarom ook dat Jesus weer die Nagmaal instel met brood en wyn, soos dit gevier is deur Abraham en Melgisedek. Verder was Melgisedek ook koning, en so word Jesus dus ook as koning van God se volk aangestel.

Maar wat is die verbond wat die Bybel van praat wat die HERE met Abraham aangegaan het? Kom ons kyk na ‘n opsomming van die verbond. Die eerste punt wat ek wil maak is dat daar voordele en nadele in ‘n verbond is. ‘n Verbond het altyd twee kante, die een kant leer ons wat sal gebeur indien ons by die verbond hou, en dan die anderkant wat sal gebeur indien ons dit nie doen nie. Ek wil dit graag verduidelik aan die hand van Deuteronomium 30 vanaf vers 15: “Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee. (Deu 30:15-20)

Die laaste gedeelte is vir my ontsettend belangrik. Ek moet kies om my kant van die verbond te hou, dan sal die HERE Sy kant hou. Die vermoë om te kies is al aan ons gegee in Genesis 3:22 “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.” Indien jou Bybel nie so sê nie, is dit omdat die vertalers dit verander het in die nuwe vertaling om by hulle dogma in te pas. En verder is dit die enigste vertaling wat dit so stel. Geen van die Engelse of ander vertalings stel dit soos dit in die nuwe verdwaling gestel is nie. Die mens het as deel van die sondeval die vermoê verkry om te weet wat is goed en wat is kwaad. So my hele lewe gaan dus oor keuses, keuses wat of goeie gevolge gaan hê, of wat kwade gevolge gaan hê.

Stappe van verbond

Nou, met die tweede punt wil ek graag kyk wat die stappe van ‘n verbond is. Dit word volledig vir ons beskryf met die uittog van Israel uit Egipte na die land Kanaän. Dit is immers wat die HERE vir Abraham beloof het waar sy nageslag hulle sal vestig. Dit is dan ook my rigtingwyser vir vandag, aangesien ek ook in Kanaän wil uitkom. Die enigste verskil is Israel het die fisiese tog gemaak, terwyl ons vandag die geestelike tog kan meemaak om by ons Kanaän uit te kom. Dit is die plek wat die HERE vir my bestem het. Ek sal eers beskryf wat Israel moes doen, en dan volg wat dit vir ons as Nuwe Verbondsgenote moet doen en wat dit beteken.

Maar hoekom het die HERE hulle uit Egipte laat trek? “En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken. (Exo 2:23-25) “En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete. En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.”(Exo 3:7-9)

1. Besnydenis

  • Verbond voor Christus: Besnydenis van die voorhuid. Dit moes hulle herinner dat hulle deel is van God se uitverkore volk. “Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. Maar elke slaaf wat ‘n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef”. (Exo 12:43-49)
  • Verbond met Christus as Lam: Besnydenis van die hart. Alle mense word in Egipte gebore, ‘n lewe sonder die HERE, ‘n lewe waar ek onder die gesag van Satan(Farao) staan. Soos Israel moet ek uitroep na die HERE om my te bevry van Egipte. So my optrede moet verander. Ek moet besef dat ek niks kan doen om myself te red nie. Ek moet glo dat Jesus alles gedoen het om die verhouding tussen my en die Vader te herstel. Ek moet besef dat ek ‘n sondaar is en dat ek verlore sal gaan as ek volhou om my eie lewe te lei. Ek moet tot bekering kom. Ek moet soos ‘n kind van die HERE optree. Ek moet die liefde van die HERE volgens 1 Johannes 3 begin uitleef op aarde. My optrede moet die bewys wees dat ek kind van God is. Geen uitwendige besnydenis is nodig nie. Maleagi 3:18: “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie”. Jer 31:33:  “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

“En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop—hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.” (Eze 11:19-21)

Kolossense 2:9 “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; 11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het”.

Wat sê Paulus oor ons as onbesnedenis na die vlees: “Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom 3:29-31) maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” (Rom 2:29)

2. Brood

  • Verbond voor Christus: Brood sonder suurdeeg moes geëet word. Suurdeeg was ‘n teken dat jy opgepof was en dat jy sonde gehad het. So hulle brood moes wys dat daar nie sonde was nie. Ons vind die volgende skrif in Korintiërs: “Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” (1 Kor 5:6-8)
  • Verbond met Christus as Lam: Jesus is die brood van die lewe. Hy kon geen sonde hê nie, want Hy is ook God. “Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”(Joh 6:49-51) “En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.” (Mat 26:26)

3. Lam slag

  • Verbond voor Christus: Hulle moes ‘n lam slag en eet. “Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ‘n lam neem volgens die families, ‘n lam vir ‘n huisgesin. Maar as ‘n huisgesin te klein is vir ‘n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.” (Exo 12:3-6)
  • Verbond met Christus as Lam: “En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. (Open 5:6-10)

4. Bloed van die Lam

  • Verbond voor Christus: Hulle moes die bloed aan die deurposte smeer. Dit het beteken dat die dood by die huis verby gegaan het. Exo 12:12-13: “Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.”
  • Verbond met Christus as Lam: Ons moet onder die bloed van Jesus kom. “Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. (Mat 26:27-28) So indien ek nagmaal gebruik sal die doodsengel my nie kan aanraak nie, en verkry ek die ewige lewe.

5. Waar was die wet?

  • Verbond voor Christus: Wet op kliptafels geskryf soos opgeskrywe in Eksodus 20. Moses beskryf die gevolge ook daarvan verder: “En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen. En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ‘n eed beloof het. En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is. En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.” (Deu 6:22-25) So hul geregtigheid was uit onderhouding van die wet.
  • Verbond met Christus as Lam: Wet op die hart geskryf. Jer 31:33:  “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” Die Hebreërs skrywer druk dit as volg uit: “Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (Heb 8:10) “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. (Jer 23:5-6) So ons geregtigheid is Jesus as verlosser.

6. Op wie was dit van toepassing?

  • Verbond voor Christus: Beide Israel en buitelanders. Eks 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef. Eks 12:38  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee.”  So selfs in Moses se tyd was vreemdelinge deel van die verbondsvolk. Dit bevestig ook wat die HERE vir Abraham beloof het. “Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies”.
  • Verbond met Christus as Lam: Daar is geen verandering nie. Want dit is nie nodig nie. Daar was reeds vir ons voorsiening gemaak. Jesus het net dit kom volbring wat nodig was sodat Hy dit wat op Hom gewys het gedoen het en alle sonde op Hom kon neem en ons in die regte verhouding met die Vader geplaas. Dit geld vir elke persoon wat glo dat Jesus die Lam is, Israel en vreemdeling. Nou kan ons in die geregtigheid van Jesus lewe, want Hy is ons geregtigheid. Soos Jeremia dit stel: “In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. Jer 33:16 Wanneer ons Sy geregtigheid besit dan kan ons met vrymoedigheid na die HERE gaan : Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Heb 4:16.

Geregtigheid

Paulus beskryf Jesus se geregtigheid as volg: “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (Rom 10:3-10)

Wanneer word ek dus deel van die Verbond met Christus as Lam? Met Nagmaal, soos in Israel se tyd met die pasga. So dit beteken ook dat geen onbesnedene mag deel hê aan die nagmaal nie, aangesien die nagmaal die bewys is dat ek my lewe prys gegee het, en ‘n lewe kies wat ek in gehoorsaamheid aan die Vader sal leef.

Wat sê die Nuwe Testament daaroor? Wanneer sal ek oorwin en hoe oorwin ons? “En hulle het hom(Satan) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie”. Openbaring 12 vers 11.

Wat is die ooreenkoms met die verbond voor Christus?

  • Met die bloed van die Lam (Bloed aan die deurposte)
  • Woord van hulle getuienis (Besnyding)
  • En hulle het tot die dood hulle lewe nie liefgehad nie. Ons moet ons kruis elke dag opneem en sterf aan ons eie wil. “En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red” (Luk 9:23-24)

So is dit met ons as kinders van die HERE. Ons almal word deel van die verbond wanneer ons besluit om Hom te volg en ons lewe neer te lê. Ons almal wat die Bybel ken volg Israel en die pad wat hulle moes neem tot in Kanaän, omdat dit die voorbeeld is wat vir ons opgeskrywe is en wat ons stap vir stap kan navolg. Dit is ook die land wat aan Abraham as ‘n ewige besitting gegee is. Na ons dood gaan ons almal, al Abraham se nageslag, leer om die HERE te dien vir wie Hy is, en om eendag saam in die Nuwe Jerusalem te kan woon. “En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.”(Jes 2:3, Miga 4:2)

Dit is ook die eerste stap wat die Heilige Gees in elke persoon op aarde kom doen. “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11)

So alle persone het die vermoë om te kies aangesien die Bybel onomwonde bevestig dat die Heilige Gees gekom het om die wêreld te oortuig van sonde, en te leer wat geregtigheid is. So sal almal wat die lewe kies, gered word. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie”(Joh 3:16-18)

Ons moet dus glo dat Jesus die volmaakte offer vir sonde was, en dat ons slegs deur dit wat Hy gedoen het vir ons, die reg het om kinders van God genoem te word.

Indien u nie die HERE kies in hierdie lewe nie, so u glo nie dat die enigste weg na die Vader Jesus is nie, sal u skuldig staan by die wit troon oordeel. “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.”(Open 20:5). “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”(Open 20:11-15)

Wat beteken Jesus se verbond van geregtigheid dus?

Die definisie wat ek daaraan wil gee is as volg:

Die reg om voor God te staan sonder skuld, veroordeling en minderwaardigheid. Dit is om in die regte verhouding voor die Skepper te staan, skepsel teenoor Skepper. Dit kan ons slegs doen wanneer ons ‘n oorvloed van die gawe van geregtigheid ontvang. En dit is wat Jesus kom doen het.

Watter stappe volg dan na die verbond?

Ons moet uit Egipte trek, deur gedoop te word. Dit is waar die krag van Satan, in Israel se tyd, die Farao, gebreek word in jou lewe, en jy jou onder die heerskappy van die Vader plaas. Hier verlaat jy die gebied waaroor die Satan heers, en hoef jy nie meer bakstene te maak om Satan se koninkryk uit te brei nie. Na die doop het die sonde nie meer mag oor jou nie. “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” (Rom 6:11-16)

Soos Israel moet ons ook die doping in die Heilige Gees ontvang. “Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie. Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus—hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie—en hulle het in die laer geprofeteer. Toe hardloop ‘n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer. En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit! Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!” (Num 11:25-29)

Hoe het Jesus dit gestel: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” (Joh 7:37-39)

By Sinai gaan ons tyd spandeer om die wet van die HERE in ons harte te ontvang. Hierdie is die leer gedeelte van ons lewe waar ons sal uitvind wat is reg en wat is verkeerd vir die HERE, en dit is wat ons plaaslike leraar moet doen. Dit is wat met Israel by Sinai gebeur het. Gedurende die tyd sal die HERE Homself openbaar vir wie Hy is. Hy sal vir ons bonatuurlik sorg soos vir Israel van ouds met brood en vleis, kwartels en manna.

Sodra ons opleiding verby is, sal ons ‘n roeping ervaar om in Kanaan te gaan. Dit is die tyd wanneer ons oorgaan van die sesde dag na die sewende dag van die HERE, wanneer ons besef dat niks wat ons kan doen ooit sal maak dat ons in die Koninkryk van God sal kan ingaan nie, maar slegs geloof in Jesus Christus. Dit is waarvan ons in die Hebreërs boek lees in hoofstuk drie en vier: “Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.” (Heb 4:1-11)

Onthou net dat ‘n persoon nie moet wag om in die HERE se rus in te gaan nie, want elke dag is vandag. Ek kan nie uitstel en sê ek sal dit more doen nie, want die Bybel sê duidelik vandag as jy My stem hoor. Ons almal het ‘n roeping, en dit is om mense dissipels te maak, om Jesus se beeld uit te straal. Sommige persone sal die oproep aanvaar en Kanaan ingaan, terwyl die res sal sterf in die woestyn. Dit is die verskil, die sesde dag is in die woestyn alhoewel jy gedoop is, maar die sewende dag is die rusdag en Kanaan, dit waar die HERE wil hê dat ek en jy moet ingaan.

Die meeste mense wat in Kanaan ingaan sal glo dat hulle ‘n koning moet dien soos Israel. (‘n Koning is iemand wat oor jou sal heers en mag ‘n geestelike vader wees of selfs jou kerkverband.) Die eerste boek van Samuel doen verslag as volg: “Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het—so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.” (1Sa 8:7-9)

Meeste van die mense wat in Kanaan ingaan, sal sterf terwyl hulle hierdie koning dien, terwyl ‘n oorblyfsel geroep sal word om in ballingskap te gaan. “En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood: hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom ‘n buit wees.”(Jer 21:8-9)

Ballingskap

Wat is dit dan met ballingskap? Kom ons kyk na ‘n paar verse en verklarings oor ballingskap. Die eerste is die fisiese ballingskap. In die Bybelse tyd is die verloorder in ‘n oorlog altyd in ballingskap weggevoer na die oorwinnaar se land toe. Die verloorder het al sy roerende bates verloor en moes die oorwinnaar se slaaf word. Wanneer iemand dus in ballingskap gegaan het, is sy hele huis se meubels, sy skoene, sy staf ensovoorts, na buite gedra en dan het die persoon vertrek. Al wat agter gebly het was sy huis. Wat is die betekenis vir ons vandag? Ek moet die oorlog teen die HERE verloor, sodat ek Sy slaaf kan word, en weggevoer kan word na Sy land, Sy Kanaän. Ek moet my hele vertroue in Hom plaas sodat ek soos ‘n slaaf ten volle van Hom afhanklik moet wees vir dit wat ek moet doen en dit wat ek nodig het om te oorleef. Hy moet soos in die tye van ouds vir my sorg vir huisvesting en vir die daaglikse voedsel. Hy het duur betaal vir my, met Sy bloed. U sien Hy het die dood wat vir my bestem was, oorwin, maar dit het Sy lewe gekos. So vir my beteken dit dat ek fisies my lewe by die kruis moet gaan neerlê, en my onderdanig aan Hom stel, sodat Hy vir my kan sorg. So sal ek dan tot die besef kom dat alles wat ek het, en alles wat ek is, net genade is en van die HERE afkomstig is.

Die tweede gedeelte, oor ons geestelike ballingskap, kom uit Jeremia 48 vanaf vers 11 : “Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.”  Hierdie gedeelte het my vir maande gepla, aangesien ek dit regtig nie kon uitpluis nie. Wat die HERE egter hier vir ons wil leer, is dat ons die mense probeer beïndruk met hoe skoon ons is, maar sodra iemand aan ons karring, kom al die onreinheid skielik te voorskyn. Ek moet dus toelaat dat die HERE eers nadat ek Sy slaaf geword het, my van vat na vat sal skei van dit wat vuil is in my lewe. Indien ek dit nie doen nie, verander my geur aanhoudend aangesien ek die afsaksel se geur aanneem. Ek moet my dus self ledig van alles wat my lewe vuil maak en my besmet.

Hierdie skoonmaak proses is ook nie iets wat skielik kan plaasvind nie, aangesien ek tyd moet toelaat vir die afsaksel om weer op die bodem te gaan lê voordat ek weer afgegooi kan word. Dit is ook nie ‘n proses wat op jou afgedwing word nie. Jy moet self besluit om deur hierdie proses te gaan om introspeksie te hou in jou lewe sodat alles wat nie reg is in jou lewe, verwyder kan word.

Daar was wel van die Israeliete wat gesê dat hulle in Jerusalem wou bly, want dit help nie om weg te hardloop nie, al was hulle beleër. Die antwoord wat die HERE vir hulle gehad het, was dat die wat in Jerusalem sou bly, sou sterf, of deur die hongersnood, of deur die pes, of deur die swaard. So as u wil weet of u in die groep val, is daar ‘n paar vrae wat vir u ‘n antwoord sal verskaf. Die eerste vraag is of u nog iets by u gemeente leer? Kan u ‘n nuwe bekeerling  leer aangaande al die vereistes wat daar is om te verseker dat hy ‘n kind van die HERE is? Weet u presies wat die leerstelling van handoplegging behels, hoe dit gebruik moet  word en of dit nog van pas is? Dit is wat gebeur wanneer ons tevrede raak met ons stand as Christene. Ons hou op om te leer, en sodoende sal ons sterf aan hongersnood. Wat het u die afgelope jaar geleer?

Die tweede vraag, en dit is die rede wat Jeremia vir die mense gee, is dat hulle sal sterf aan die pes. Hoe weet ek of ek die pes het? Die pes hier beteken vir ons dat ons verklaar dat ons groep alles reg doen en dat ons seker is dat almal wat aan ons groep behoort, die ewige lewe sal beërwe. U sien ons hou nie van introspeksie nie, want dit beteken dat ek die goed wat ek nie mee tevrede is in my lewe, weer in die oog moet kyk. Dit beteken ook dat ek die vraag moet vra of elke beginsel wat ek aan vashou, Bybels is.Hoeveel gewoontes en beginsels het u wat dalk nie in die Bybel gevind kan word nie? Ek besit ook die pes as ek verklaar dat die mense maar kan aangaan met al hulle waarskuwings en debatte, want hulle sal ook eendag “bykom”. My lewe is mos heel goed, en ons moet ook nie ‘n “te” by alles sit nie. Dit is die groep wat Jeremia verklaar sal sterf van die pes.

Die derde rede hoekom hulle sal sterf is deur die swaard. Wie is die groep dan? Dit is die groep wat besluit dat hulle nie in die eerste twee pas nie, en hulle dus onttrek van hulle gemeente en mede Christene. Hulle wil soos in Jeremia se tyd uit Jerusalem gaan en in die naburige dele gaan woon. Maar Esegiël het ook verklaar dat hulle sal sterf deur die swaard as hulle uit die stad uitgaan. Weet u ons kan nie sonder mede Christene klaar kom nie? Indien ons dit probeer doen is dit dan dat ons na die Bybel gryp en allerhande snaakse leerstellings mee kom, wat uiteindelik ons dood beteken. Die Woord van God is die swaard wat ons sal oordeel.

Dan is daar ook die mense wat aangedring het om na Egipte terug te keer. In die geskiedenis het hulle Jeremia saam met hulle terug geneem, maar weet u, hulle het nooit weer die geleentheid gekry om terug te keer na Jerusalem nie. “Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei. En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal ‘n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word. En Ek sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes; sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie.”(Jer 44:11-14) Die enkele vlugtelinge wat wel kon terugkeer was Jeremia en Barug se mense aangesien hulle gedwing was om na Egipte te gaan. Hulle is later deur Nebukadnésar na Babilon geneem toe hy Egipte beset het. So ek kan nie terugkeer na my vorige lewe van Egipte nie, want dan sal ek die tweede dood van Openbaring sterf. Dit is hoe ons dit in Hebreërs lees: “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6)

U sien die HERE vra ons om uit te kom onder die heerskappy van ons aardse “koning”, of in ons geval ons gemeente of kerk groep, en dat ons nie moet vertrou op ons lidmaatskap van ‘n gemeente om sodoende die ewige lewe te beërf nie. Nee, ons moet ons losmaak van die gedagte dat lidmaatskap ons kan red, en ons skaar by die Kerk wat Jesus bou. U sien Hy is nie besig om ‘n klomp bruide voor te berei nie, nee Hy wil een bruid hê, maar sy moet skoon en heilig voor Hom kan staan. Dit beteken nie dat ek my lidmaatskap van my gemeente moet opsê en nou kerkloos rond te loop nie. Nee, ek moet my vertroue alleen op die HERE stel, dit is wat gevra word. Verder word van ons verwag om soos ‘n Daniël en sy vriende die regering tee te staan as hulle allerhande verkeerde norme op ons wil afdwing. Daniël het nie gehuiwer om in die openbaar te bid nie. Hy het geweet dat die aardse gesag nie die opperste gesag is nie, maar dat slegs die HERE enige gesag mag afdwing.

Die gelowiges van die groep verwag nie net herlewing nie, maar ware hervorming, of ballingskap. Wat is die verskil tussen die twee begrippe? Herlewing vir my beteken dat ek net moet gaan soek na dit wat lewe bring, en dit dan verkondig. Indien daar lewe was by iemand, sal dit weer die lewe laat vlam vat. Hervorming aan die ander kant beteken dat ek ontslae raak van dit wat nie van die HERE is nie, en ‘n nuwe lewe begin. Dit is dan ook hoekom die HERE die term van ballingskap gebruik, want ek moet van my afsaksel geskei word.

Hoe weet ek dit is waar? Dieselfde vraag as die een in Jeremia word in Openbaring gevra. Openbaring 18:4 “En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie”.

U sien as u nie in ballingskap gaan nie, is u besig met godsdiens. En godsdiens is dieselfde as hoerery, en dan is ons deel van die hoer van Openbaring 18. Ek weet ek wil, en ek is seker u wil, deel wees van die Bruid van Christus, daarom moet ek in ballingskap gaan.

Sodra die mense hulle tyd in ballingskap volbring het, sal hulle terugkeer na Jerusalem, die gelowiges, en die ware tempel van die HERE (die Kerk) herstel.

Dit dan ‘n kort oorsig van die eeu oue verbond en wat dit vir ons vandag beteken.

Wat is die gevolge van die verbond op ons huidige teologiese standpunte?

Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Israel

Wat dan van Israel as nasie vandag? Hulle moet ook deel word van die verbond wat met Jesus bekragtig is. Soos ons vroeër al gesien het  moet alle mense deel word van die verbond. Die volk Israel van vandag en die land Israel van vandag het NIKS met die Bybel te doen nie. Jesus het self verklaar dat hulle verwerp is, omdat hulle Hom verwerp het. In Matteus kom die volgende gelykenis voor: “Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig. Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak. Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak. Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen? Hulle antwoord Hom: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee. Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.” (Mat 21:33-46)

Lukas het weer ‘n ander gedeelte opgeteken: “En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie. (Luk 19:41-44)

Dit bewys weereens vir ons dat Israel en sy bewoners, en almal wat die Joodse geloof aanhang wêreldwyd, moet deel word van die verbond met Jesus, om die ewige lewe te beërf. Jesus is die weg en die lewe, Hy alleen. Dit is wat Paulus, Barnabas en al die Apostels verkondig het. Daar is nie ‘n ander plan vir hulle nie.

Wanneer ons na die boek van Handelinge kyk, vind ons dat beide Paulus en Barnabas, wat baie mense dink net die heidene bedien het, elke keer wanneer hulle in ‘n gebied aangekom het na die Joodse sinagoge toe gegaan het om daar te leer.

Hier dan ‘n verkorte lys van die gebeure:

Hand 13:14  “Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.”

Hand 13:42 “En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. Hand 13:43  En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.”

Hand 14:1  “En op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ‘n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.”

Hand 17:1  “Toe het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en in Thessaloníka gekom, waar ‘n sinagoge van die Jode was. Hand 17:2  En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte  Hand 17:3  en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”

Hand 17:10  “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. ”

Hand 17:16  “En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was. Hand 17:17  Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom. ”

Hand 18:1  “En daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in Korinthe gekom. Hand 18:4  En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. ”

Hand 18:19  “En hy het in Éfese aan kom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.”

Hand 11:25 “Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring. Hand 11:26  En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.”

So indien Paulus dus ‘n geheimenis gehad het dat daar ‘n verskil tussen Israel en die Kerk (Christene) is en daar dus ‘n wegraping moet wees sodat Christus weer fisies die koning van die Jode moes word het hy mos sy tyd gemors om elke keer na die sinagoge toe te gaan en vir die Jode te probeer oortuig dat Jesus die Christus is. Hulle, die bekeerde Jode en Grieke, het dan reeds as Kerk(Christene) bekend gestaan in Paulus se tyd. Dit is ook hierdie selfde Jode wat Paulus gestenig het en gelos het vir dood, en Barnabas van ‘n tempel in Cyprus geneem het en hom aan sy nek opgehang het en terwyl hy nog lewend was, hom verbrand het. Om nou te probeer bewys dat die HERE weer vir Christus sal stuur om hierdie mense wat dieselfde stand as enige ander nie gelowige het, te kom red is waansinnigheid en in stryd met die gebeure in die Bybel.

Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Calvinisme

En wat van Calvyn se uitverkiesings leer? My persoonlike siening is dat sy leer aanklank vind by die persone wat filosofie verkies. Dan kan hulle baie filosofeer oor die saak, en by allerhande slotsomme kom sonder om enigsins by die Bybelse antwoord uit te kom. En dan het Calvyn, soos sovele ander, die voorbeeld van Israel verwerp, want hulle is bang dat die HERE met hulle ook sal doen soos Hy met Israel gedoen het. Ek was eendag teenwoordig toe ‘n dominee juis oor Israel as voorbeeld gepreek het, en is hy onmiddelik na die diens aangevat deur van die ouderlinge wat hom summier wou skors uit die gemeente omdat hy dit durf waag het om ‘n parallel te trek tussen Israel en gelowiges. So Calvyn het sy hele filosofie en geloofstelsel gebou op slegs die Nuwe Testament en dele wat hy uit die Ou Testament kon gebruik om sy punt mee te bewys. Dit is wat gebeur as jy jou hele leerstellings bou op slegs die nuwe testament, soos die Katolieke, Luther met sy eie gesegdes en haat teenoor die Jode, en sommer ‘n hele klomp ander bewegings ook. Onthou net dat beide Luther en Calvyn uit die Rooms Katolieke kerk gekom het, en slegs die gedeeltes van hulle standpunte verander het waarmee hulle nie saamgestem het nie. Die feit dat die apostels en dissipels net die Ou Verbond gehad het om met mense te deel en onderig, is blykbaar nie belangrik nie. Handelinge 17 leer ons juis die volgende: “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.(Hand 17:10-12).” Ek neem aan die enigste skrifte wat hulle kon ondersoek was die wet en die profete. Wat Calvyn se leer nog verder negeer, is dat hy persoonlik nie juis aan Hebreërs se voorskrifte voldoen nie. Heb 13:7 “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.” Calvyn se eie uitspraak is as volg: “Honour, glory, and riches shall be the reward of your pains; but above all, do not fail to rid the country of those scoundrels, who stir up the people to revolt against us. Such monsters should be exterminated, as I have exterminated Michael Servetus the Spaniard.” Calvyn aanvaar hier dat hy moord gepleeg het, en ek wil sekerlik nie iemand volg wat ‘n self verklaarde moordenaar is en ander aanmoedig om te moor nie. Jesus het ook oor hierdie mense gewaarsku. “Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie. Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was”. (Joh 16:1-4)

En dan wil hulle nie glo dat jy eers moet besef dat jy ‘n verlosser nodig het voordat kan dink om jou lewe neer te lê by die kruis en deel te word van die verbond nie. Met die uittog uit Egipte het die HERE nie die kinders gestraf omdat hulle vaders nie in die beloofde land gegaan het nie. Nee, die Bybel stel dit so: Num 14:29  Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.” So die kinders moet eers mondig wees voordat hulle uit Egipte kan trek en self verantwoordelikheid neem vir hulle lewe. Baba doop het geen invloed op jou lewe nie en bly jy in Egipte. Dit is hoekom die Calviniste so maklik swig vir versoekings, want hulle staan nog onder die koningskap van die Farao. En omdat hulle nog onder die heerskappy van die Farao staan maak hulle bakstene vir hom, en bou hulle sy ryk uit. Hulle is wel deel van die verbond, maar dit is een rede waarom hulle nog na die dood eers sal moet leer wie die HERE werklik is. “En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.”(Zec 14:17-19) Hoekom die huttefees? Want dit is die fees wat Israel moes vier om hulle te herinner aan die uittog uit Egipte. “Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE. Op die eerste dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie. Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe; behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee. Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees. En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (Lev 23:34-43)

Kinders wat nog nie mondig is nie moet die vader van die huis voor verantwoordelikheid doen by die HERE. “Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.” (Gal 4:1-2)

‘n Verdere probleem wat ek met Calvyn se standpunt het is dat Jesus nie vir alle mense gestref het nie, maar slegs vir die wat Hy uitverkies het. en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;” (Joh 16:8-9) Volgens die gedeelte is dit juis die eerste rede waarom die Heilige Gees gekom het, om die wêreld, nie net die sogenaamde “uitverkiestes”, te oortuig van sonde sodat niemand met die oordeelsdag kan kla dat hulle nie geweet het nie. So dit vir my negeer Calvyn se standpunt.

Nou moet ek ook erken dat daar tog baie van die leerstellings van die Calviniste baie goed gemotiveerd en Bybels beantwoord word. Oor die eeue heen het daar soos met enige ander begrip ook maar interpretasies gekom wat nie altyd is soos wat beide Calvyn en Luther dit bedoel het nie.

Dan wil ek ook net noem dat vanaf die 1983 vertaling van die Bybel, die teoloë en vertalers, wat ek aanneem meeste met ‘n Calvinistiese agtergrond, die begrip van en die woord geregtigheid heeltemal afgewater het of soos in die 2008 vertaling heeltemal verwyder het. Die woord geregtigheid kom 322 keer voor in 305 verse in die 1953 vertaling, en slegs 40 keer voor in die 1983 vertaling.

Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Dispensasionelisme

Hierdie klomp mense probeer so hard om die Bybel by hulle geloof aan te pas dat hulle met baie snaakse voorbeelde kom, en dan ook uitsprake van Jesus verwerp. Aan die kruis het Jesus gesê Dit is volbring”. Maar hulle glo dat Jesus weer fisies moet kom om Israel te herstel, nadat Jesus alreeds vir hulle vertel het toe Hy op aarde was dat Hy hulle koningkryk weg geneem het. Soos ek vroeër ook aangehaal het: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het”. Die gelykenis gaan nie verder om te kenne te gee dat die Jode weer herstel sal word nie. En ons moet onthou dat dit Jesus is wat aan die woord is, so Hy sou sekerlik dit vir hulle gesê het as dit so beplan was, want Hy is darem God en weet alles.

Dit is juis wat Israel in Jesus se tyd verwag het, hulle het ‘n fisiese koning verwag, en nou maak hierdie mense dieselfde fout deur ‘n fisiese koninkryk te verwag op aarde.

Ek wil graag ‘n gedeelte aanhaal van wat ‘n leraar van hierdie leer op hulle webtuiste gepubliseer het na aanleiding van hulle leerstellings. “Maar om bloot op grond van die feit dat Daniël 9 nie praat van 2000 jaar tussen twee verse nie, en dat Sagaria 9 nie praat van 2000 jaar tussen vers 9 en 10 nie, en dat Jesaja 9 nie praat van 2000 jaar en Miga 5 nie praat van 2000 jaar tussen verse 1 en 3 nie, maak sekerlik en gewis nog nie dat die twee dele van die profesie in een en dieselfde tyd moet afspeel nie. Die sleutel is DIE VERBORGENHEID”. Volgens hulle is iemand wat nie die gedeelte glo nie, die behoort glo nie aan die HERE nie, want ons verstaan mos glo nie die verborgenheid nie. Die feit dat Jesus en Paulus presies vir ons vertel wat die verborgenheid is, dat die evangelie aan die ganse mensdom verkondig sal word, is glo nie die verborgenheid nie. “waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” (Col 1:25-27)

En dan wil hulle ook nie glo dat Jesus die skeiding tussen Israel en Kerk afgebreek het nie.  Maar die verbond bewys geheel en al dat alle mense wat deel van die verbond word, Sy volk is. Paulus verklaar dat dit die geheimenis is wat wat die profete nie van geweet het nie, soos ek hierbo aangehaal het. Ai tog, as hulle maar net die Bybel en Jesus se uitsprake wil glo. As hierdie mense net die Bybel se uitsprake as die enigste leeringe aanvaar, en nie die leerstellings van mense nie. Net om die gedeelte weer te bevestig is die volgende in Eksodus vir ons opgeteken: “Eks 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef. Eks 12:38  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee.”  So selfs in Moses se tyd is nie-Jode ook as verbondsgenote gereken. Hierdie mense maak dieselfde fout as die Moslems, Mormone en sovele ander mense deur vas te hou aan die leerstellings van mense. Ek wil graag net weer herhaal wat Paulus gesê het en wat ek vroeër aangehaal het oor die Kerk en Israel: In Efesiërs 2 leer ons die volgende: “Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees. (Eph 2:11-22)

Dan leer hulle ook dat daar ‘n geheime wegraping sal plaasvind met die eerste koms van Jesus. (Volgens hulle sal Jesus nie net eenkeer terug kom aarde toe nie). Nou wonder ek net of een van hulle eie verse wat hulle aanhang om hulle leer mee te staaf, dit kan bevestig of weerlê. Dit is wat die Bybel sê: “1Th 4:16-17  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” Nou wonder ek net hoe dit ‘n geheim sal wees as dit met basuin geklank aangekondig gaan word?

“En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is”. Skynbaar is hierdie vers ook nie op hulle van toepassing nie. Hulle kan mos sommer net ‘n kort gebedjie doen saam met iemand, of sommer namens iemand, en dan is die persoon gered. Die feit dat slegs die HERE mense in Sy koninkryk kan byvoeg dra geen gewig by hulle nie. “Almal wat ‘n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” (Gal 6:12-16) (Sien besnydenis vroeër in hierdie boek.) Die laaste reel is baie interesant. Dit is nie die God van Israel nie, maar die Israel van God, so nie die fisiese Israel nie, maar die nuwe Israel, die wat kies om Hom te dien en deel word van die verbond.

Gevolge van die verbond van geregtigheid op die Wegraping leerstelling

Hierdie mense kry jy onder baie verskillende teologiese opvattings, van Calviniste tot Pinkster, Israelvisie, Brits-Joods, Charismatiese lidmate en sommer ‘n hele klomp tussen in. Hulle hoofrede is dat hulle glo dat Daniel 9 se laaste verse nog nie vervul is nie, en dat dit eers in die sewejarige verdrukking en daarna vervul sal word. Volgens hulle sal ons as “nie Jode” in die hemel wees en Christus sal op aarde saam met die Jode wees vir ‘n duisend jaar. Volgens hulle is daar vyf of ses goed wat Jesus nog moet kom doen op aarde. So hulle glo nie Jesus se uitspraak aan die kruis volgens Johannes nie: “Joh 19:30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas”.

Die leer is gegrond op die feit dat ons nou in ‘n genade tyd leef, dat Jesus sal kom om die Kerk voor, gedurende of na die verdrukking weg te vat, dat die HERE dan vir Israel sal herstel, en dat Jesus dan weer sal kom om finaal die wêreld te oordeel. Die aanhangers van die leer beweer dat daar ‘n verskil tussen die Kerk en Israel is, en dan verwys hulle na die geheimenis waarvan Paulus praat wat aan hom toevertrou is. Nou word daar beweer dat daar sekere gedeeltes in die Bybel is wat net sekere persone insae oor het, en dit handel oor die feit dat die HERE verskillend gaan optree teenoor die Kerk, as ons dit vergelyk met die Jode. Hulle grootste bewys wat gebruik word, is die gedeelte in Daniël 9 waar die 70 weke bespreek word, en word daar geleer dat die laaste week nog nie aangebreek het nie, en dat dit deel is van die geheimenis waarna Paulus verwys. Die feit dat Jesus en Paulus presies vir ons vertel dat die verborgenheid is, dat die evangelie aan die ganse mensdom verkondig sal word, is glo nie die verborgenheid nie. “waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” (Col 1:25-27)

Maar ons het so pas bewys dat daar nie ‘n verskil tussen Israel en die Kerk is nie. So hoe bewys ek dan dat gedeeltes soos Daniël se sewentig weke reeds vervul is? Ek is bewus daarvan dat baie boeke al oor die wegraping geskryf is en dat persone al hul doktorsgrade verwerf het deur hieroor te skryf. Maar is hierdie leerstelling korrek?

Die wegraping is seker ook een van die leerstellings wat baie Christene gerus maak omdat hulle nie hoef bang te wees dat hulle deur die verdrukking hoef te gaan nie, want die verdrukking is mos net vir Israel en die ongelowiges, of dit is hoe die mense geleer word. Indien ons besef dat ons as Kerk nou Israel geword het, sit ons dus met die probleem dat ons dan ook die verdrukking sal moet deurgaan, en dan raak dinge ‘n bietjie moeilik.

Die hele leer van die wegraping is gebaseer op ’n lering dat ons nou in ‘n genade tyd leef wat inpas tussen weke 69 en 70 van Daniël. Daar is al baie boeke geskryf oor Daniel se sewentig weke, en hoe dit geïnterpreteer moet word. Oor die eerste 69 weke is almal dit min of meer een dat dit al verby is en dat dit dui op die tydperk van die terugkeer uit ballingskap tot en met die koms van Jesus. En dan is daar ook die fiksie skrywers met hulle Left Behind reeks wat baie mense as die waarheid glo, alhoewel hulle self verklaar en pryse ontvang het as fiksie skrywers.

Die laaste week is die een wat skielik so 160 jaar gelede deur ‘n sekere Darby nuwe betekenis aan gegee is, en nou hardloop almal wat nie sterk is in die geloof nie, agter hom aan. Voor hom was daar geen lering oor ‘n wegraping ooit deur die Kerk verkondig nie. Hy was ook die eerste persoon wat weer onderskeid tussen Israel en die Kerk gemaak het. Die lering het gemaak dat mense vandag duisende rande spandeer om na Israel te gaan en vir die Jode probeer namaak deur weer Shabbat te hou net sodat hulle gesien kan word dat hulle deel wil wees van die beweging om weer die tempel in Jerusalem te vestig, en weer allerhande offers in te stel aangesien Jesus nie geslaag het om diereoffers af te stel nie. Die feit dat meeste van vandag se Jode nie kan bewys dat hulle uit die oorspronklike Israel gekoppel kan word nie, word ook deur die mense ontken. Ons lees egter in die geskiedenis van Europa dat seker 90% van vandag se Jode, Ashkenazi Jode is en uit Europa afstam. So hulle is Europeërs en nie gebore Jode of Israeliete nie. Dit is ook hierdie Jode wat Hitler vermoor het, en die wat Luther in sy boek, “On the Jews and their lies”, beskryf het dat die Duitsers hulle sinagoges moet afbrand en ‘n hele klomp ander goed wat nie in hierdie dokument pas nie, en nooit deur enige teoloog aan sy gemeente sal voorhou nie.

Wat baie van die mense nie weet wat in die wegraping glo, is dat die enigste rede dat daar nou skielik 2000+ jaar as genade tyd gegee is, gebaseer is op ‘n lering dat God die Vader en Jesus Christus nie geweet het dat die Jode vir Christus sou verwerp nie. Daar is hoevele geskrifte wat hierdie standpunt huldig. Nou moet ek ook erken dat dit baie moeilik is om vas te stel wat die leer van die wegraping eintlik is, aangesien daar seker net soveel verklarings is as wat daar mense is wat die lering aanhang. Elke leraar van die leer het sy eie interpretasie, en maak baie geld daarmee.

Maar hoe lui Daniël se profesie oor die sewentigste week? “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” (Dan 9:27) Hier profeteer Daniël dat in die laaste week, wat eintlik jare is, daar ‘n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en ‘n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en ‘n half jaar, soos Daniël dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Daniël dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie. Daarna sal Jerusalem verwoes word. Dit word verder bespreek hieronder.

Kom ons behandel die gedeeltes kronologies soos deur Daniël geskryf. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy Seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self gesê het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. So het Hy die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word.  Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE ‘n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf en opstaan uit die dood om as eersteling die vloek van Egipte te verwyder.

Die volgende is ‘n kort opsomming van Daniël se gesig en profesie wat hy van Gabriël ontvang het.

“By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.” Daniël 9:23.

1 – “Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal,” (Sien ook Lev 25:9 “Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is”). So die sewentig sewe talle is dus 490 weke waar een week getel word vir elke jaar.

2 – “om die goddeloosheid te voleindig” Dat gedurende die tyd die goddeloosheid van die HERE se volk sal verdwyn na die uitstorting van die Heilige Gees, waar almal wat die Heilige Gees ontvang ‘n hart van vlees ontvang sodat hulle nie meer goddeloos sal optree nie. Verder sal hulle dus deur die bloed van Jesus vrygekoop word aangesien Hy reeds vir ons sondes gesterf het.

3 – “en om die maat van die sondes vol te maak”. Dat daar ‘n einde sal kom aan die tydperk waar sonde heers oor God se kinders deur die wet, en Jesus die volmaakte offer vir sonde sal wees.

4 – “en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring” Dit is waarvoor Jesus gekom het; om versoening te bring sodat ons Sy geregtigheid kan ontvang wat ons sin word as deel van die Nuwe Verbond, waar ons nie meer gesien word deur ons sonde nie, maar onder die Bloed van Jesus, en dus sonder sonde voor die genadetroon van die Vader kan verskyn.

5 – “en om gesig en profeet te beseël” Om ‘n einde te bring aan al die profesië rondom die eerste koms van Jesus as verlosser.

6 – “en om wat hoogheilig is, te salf.” Jesus moes dus ook gedurende die tydperk gesalf word as Koning, Verlosser, en Profeet.

So dit is alles wat gedurende die 490 weke moes gebeur. Nou begin Gabriël eers met ‘n uiteensetting van wat sal gedurende watter tydperk gebeur.

  • Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle;” maw 49 jaar voor die tempel herstel is.
  •  “en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid”. So na die herstel tot en met Jesus sal dit dus 434 jaar wees.(62 x 7)
  • “En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word”, (so gedurende die 70 ste week) “maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings” Nou gee Gabriël hier te kenne dat Jesus gedurende die sewentigste week uitgeroei sal word, soos vroeër genoem, in die middel van die week sonder dat dit enige voordeel vir Homself inhou en dan ook wat met Jerusalem sal gebeur. Jerusalem sal deur ‘n vors wat sal kom, met ander woorde ‘n vors wat nie gedurende Daniël se tyd ‘n vors was nie, verwoes word, en Jerusalem se einde sal wees soos dit gebeur het, met die leërs wat soos ‘n vloed sal inkom en Jerusalem sal verwoes. Verwys maar gerus na Daniël 11:22, 26 en 40 waar soldate na as ‘n vloed verwys word. “en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings”.  Dit is vasbeslote verwoestings wat nooit sal ophou nie, dit is waarom daar tot vandag toe nog aanhoudende oorlog in, oor en om Jerusalem is.
  • Dan 9:27 “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” Hier profeteer Daniël dat in die laaste week daar ‘n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en ‘n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en ‘n half jaar, soos Daniël dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Daniël dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy Seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self gesê het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” So is die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word. Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE ‘n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf as eersteling om die vloek van Egipte te verwyder, alle offers te beëindig, en ook die wette rondom die Leviete te volbring. So ons het nie meer nodig om tiendes aan iemand te betaal om namens ons offers aan die HERE te bring nie. Soos die val deur een persoon, Adam, veroorsaak is, so moes dit deur een persoon, Jesus Christus, weer voor betaal word sodat elkeen wat glo vrygespreek kan word. Een voorbeeld wat ons reg deur die Bybel kry, is dat die eerste, of menslike besluit, altyd verwerping bewerk het, terwyl die tweede altyd die Goddelike oplossing wys. Soos genoem het, die eerste Adam het die val bewerkstellig, en Christus as die tweede Adam, die verlossing bring. So sien ons dit tussen Kain en Abel, Ismael en Isak, Esau en Jacob, die eerste tablette met die wet wat slegs vir Israel was maar deur hulle verbreek is deur afgodery, en dus die tweede tablette vir ons almal sal geld. So is Saul ook as eerste koning gesalf en aangestel omdat Israel die HERE verwerp het en het hy ook verkeerd gedoen en is deur die HERE onttroon terwyl Dawid as tweede koning gesalf en aangestel is en wat vriend van die HERE was. Al die ander konings na Dawid is deur mense aangestel en nie gesalf en nie een van die hulle is weer deur die HERE gesalf nie. So geld dit ook vir Israel en Kerk vandag, met Israel wat eersteling was en deur die HERE as Sy gesalfde volk geleef het maar Christus verwerp het, en ons as Kerk wat as die volmaakte oplossing van die Vader daar gestel is sodat elkeen wat glo in Christus, gered is en sal word. Die eerste geregtigheid was verkry deur die onderhouding van die wet (En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het. Deut 6:25) en die tweede geregtigheid, Jesus Christus as verbondsoffer. “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. (Rom 10:3-5) Jer 23:6  “In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.”

Baie van die aanhangers van die leer oor die wegraping, wys daarop dat die daaglikse offer eers met die verwoesting van die tempel opgehou het, en dat ons dit eintlik nie kan gebruik as maatstaf nie. Wat hulle vergeet, is dat indien Jesus die Christus was, was dit nie meer nodig om te offer na Sy dood nie, want Hy was die volmaakte offer vir alle offers wat deur Moses voorgeskryf is. Geen offers was meer nodig daarna nie. So indien hulle die verklaring so wil gebruik, verklaar hulle dus dat Jesus nie die Christus was nie, en dat die HERE nog steeds die offers in die tempel aanvaar het.

Daar is ook ‘n ander gedeelte wat vir ons verklaar hoekom Jesus geoffer kon word, en hoekom die Vader spesifiek Jesus se offer raakgesien het en nie die offer wat deur die hoëpriester gebring is die dag van Jesus se kruisiging nie. Toe Jesus deur die hoëpriester ondervra is, het die volgende verhaal hom afgespeel. “Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!” (Mat 26:61-65) Die klere van die hoëpriester moes van een stuk materiaal gemaak word, sonder dat daar nate aan was. Die klere van die hoë priester moes van ‘n enkele stuk materiaal gemaak word. “En dit is die klere wat hulle moet maak: ‘n borstas en ‘n skouerkleed en ‘n mantel en ‘n kunstig bewerkte rok, ‘n tulband en ‘n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem. En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk. Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word. En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.” (Exo 28:4-8) Die hoëpriester kon dus nie met gelapte klere in die tempel gaan om te offer die volgende dag nie, want sy klere was geskeur. So daar was geen manier wat hy voor die HERE kon verskyn sonder om sy klere weer reg te maak nie, maar dit sou nog steeds nate gehad het. Dus kon die Vader nie sy offer aanneem nie omdat hy nie aan die voorskrifte van Moses voldoen het nie, en daarom is Jesus se offer aangeneem, en het die daaglikse offer opgehou. Daaroor ook dat Sy klere nie verdeel is nie, maar dat hulle die lot daaroor gewerp het.

U moet onthou dat Jesus aan die kruis gehang het van die tyd dat die oggend offer geoffer moes word, tot die tyd dat die aandoffer gedoen moes word, of van nege uur in die oggend tot drie uur die middag. Hy is ook buite die laer gekruisig, sodat Hy ook diè offer kon volbring. “Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie; want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra” (Heb 13:10-13) So het Jesus dus ‘n einde gebring aan alle offers wat deur die hoëpriester en ander Leviete gebring moes word. Hy het dit ook nie in die aardse tempel gedoen nie maar in die hemelse tabernakel. “Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.” (Heb 9:23-28).

Daarom ook dat die voorhangsel van die tempel geskeur het met Sy dood want ons het nou vrye toegang na die Vader. Dit was dus die einde van die eerste helfte van die sewentigste week, met Jesus se bediening op aarde wat drie en ‘n half jaar geduur het, wat in Daniël se profesie ‘n halwe week was.

Die laaste gedeelte van die week was die tydperk tot en met die gesig wat Petrus gesien het van die onrein diere wat op ‘n laken neergedaal het. “En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.”(Hand 10:9-15) Dit was weereens drie en ‘n half jaar na Jesus se kruisiging. Gedurende die tyd het die Jode tyd gekry om hulle te bekeer en te erken dat Jesus die Christus was. Met die dood van Stephanus, het die tydperk opgehou, en het die evangelie na ons as heidene gekom. So is Daniël se profesie dus vervul, en het ons as heidene wat glo dat Jesus die Seun van God is  en deel van die verbond van geregtigheid geword het, deel van Sy verbondsvolk geword. Ons moet onthou dat die Jode ‘n fisiese koning verwag het om te regeer soos in die dae van Dawid en Saul, maar het nie onthou dat die konings oor hulle geheers het omdat hulle Hom verwerp het nie. 1Sa 8:7: “Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”

Daniël wys verder dat daar ‘n verwoester sal kom op die vleuels of vlerke van gruwels, en dit sal tot die einde duur. Hier het die Satan as verwoester opgestaan om teen alle vlees oorlog te voer en sodoende te probeer om sy koningkryk uit te brei. Die werke van Satan sal duur tot die einde van die aarde toe.

So het die sewentigste week begin met Jesus se bediening op aarde, en het geëindig met die uit dra van die evangelie aan die heidene. Dit dan die interpretasie van Daniël se sewentigste week asook die bewys dat daar geen wegraping is of sal wees soos dit deur baie persone verkondig word nie. Jesus het self male sonder tal gewaarsku dat ons moet volhard tot die einde toe, en nie verwag om nie deur foltering te gaan nie. In Paulus se tyd was daar ook persone wat nie verstaan het waaroor die evangelie gaan nie. Paulus skryf aan Timótheüs die volgende: “Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. (1Ti 1:3-7)

So om saam te vat. Die verbond wat Jesus kom vestig het, was die sterk verbond waarvan Daniël geskryf het, want dit het die vloek van die dood van die eerstelinge verwyder, asook alle offers wat die volk moes bring. Verder het Hy al ons sondeskuld betaal sodat ons vlekkeloos in geregtigheid voor die Vader kan verskyn. So Hy is ons geregtigheid, wat vir ons beteken die reg om voor God te staan sonder skuld, veroordeling en minderwaardigheid. Dit is om in die regte verhouding voor die Skepper te staan, skepsel teenoor Skepper. Dit kan ons slegs doen wanneer ons ‘n oorvloed van die gawe van geregtigheid ontvang. En dit is wat Jesus kom doen het.

‘n Regtige groot probleem wat ek het met die hele leer rondom die wegraping en die wat daarin glo, is dat hulle leer hulle deel maak van die antichris. Die enigste persoon in die Bybel wat direk verwys na die antichris vind ons in die briewe van Johannes. Sy definisie wat ek graag gebruik is as volg: 2Jn 1:7 Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel”. Die Jode glo nie dat Jesus die Messias was nie, en dit maak hulle volgens Johannes dus deel van die antichris. Die wegrapers deur hul ondersteuning van die Jode, skaar hulle by die Jode en dus by die antichris.

Slotsom

So my standpunt is dat alle mense een maal lewe, en dan sterf. Die wat deel is van die verbond met Jesus en Sy geregtigheid besit, sal in die duisendjarige vrederyk leer hoe om die HERE te dien en ontslae te raak van ons seining van wie gered word, en wie nie. Na die oorwinning oor Satan en sy magte, Gog en Magog, vind die wit troon oordeel plaas, en sal die persone wat oorwin het, saam in die Nuwe Jerusalem lewe.

Ek wil net ter afsluiting uitwys dat alle mense wat nagmaal gebruik, wel deel word van die verbond aangesien dit die verbondsmaal is. Waar ons almal ons sal bevind na die dood, is ‘n perd van ‘n heel ander kleur.

 

Vir meer oor die onderwerp kan u na my webtuiste gaan by www.shama.org.za en van my boeke en DVD’s bestel:

Ander boeke beskikbaar op my webtuiste en by boekwinkels se webtuistes wat ek geskryf het:

  • Die boek van Moses. Die boek neem u stap vir stap deur die hele proses wat ek hier in kort verduidelik het. Verder beantwoord dit ook baie ander vrae wat ek as Christen elke dag het. So is die boek ingedeel in hoofde wat handel oor die beginsels waarop ons geloof gebaseer is, wat beteken bekering, geloof, doop, liefde ens. Verder kyk ek ook na meer algemene vrae soos hoe maak ek my kinders volgens die Bybel se standaarde en riglyne groot, oor my finansies en die Kerk, oor seksualisme, Vigs ens. Dan is daar ook ‘n gedeelte wat ek kyk na wie of wat Kerk is, hoe ek as lidmaat ‘n leraar kan beoordeel en sommer nog baie ander vrae. Die laaste gedeelte kyk ek na hoe die hemel daarna uitsien, gebaseer op dit wat ek in die boek vinnig aangeraak het.
  • Is Egipte in die Hemel? Die boek is gebaseer op my lewe, wat ek ervaar het die eerste keer wat ek ‘n baie groot operasie gehad het om kanker te verwyder, en is deels waar, en dan so ‘n bietjie fiksie om te verduidelik wat ons in die hemel kan verwag.
  • Ontwaak jy wat slaap. Die boek kyk na die uitverkiesingsleer, en dan wat die gevolge daarvan is. Dit is ook die ingesluit in die Boek van Moses as ‘n aparte gedeelte, maar is ook afsonderlik te koop.
  • Kenmerke van ‘n Christen. Hoe moet my optrede as Christen wees. Moet die wêreld kan sien dat ek ‘n Christen is? Wat is die invloed van die HERE op my daaglikse lewens wandel.
  • Die Verbond van Geregtigheid. Die boek beskryf vir ons volledig wat die verbond vir ons as Christene beteken. Jesus het gesê dat Hy gekom het om te vervul, en nie om nuwe lerings te bring nie. Die boek neem u stap vir stap deur die proses van wat Jesus kom doen het om die verbond te vervul, asook wat die uitwerking daarvan op ons huidige groeperings binne Christendom beteken. Glo my, na u die boek gelees het en besef wat Jesus kom doen het, sal u lewe nooit weer dieselfde wees nie.
  • DVD’s Daar is ook ‘n hele paar van die boeke wat ek as DVD’s opgeneem het, en wat gebaseer is op die eboek met dieselfde naam, maar waar addisionele inligting ook beskikbaar is. Die DVD’s is self opgeneem en is beskikbaar in volledige HD (high definition) formaat.

Moses 1 vers 1: Wat leer die Bybel ons oor hoe jy ‘n kind van die HERE word en dus die land Kanaän, wat die HERE beloof het, in besit neem?

Moses 1 vers 1: Wat leer die Bybel ons oor hoe jy ‘n kind van die HERE word en dus die land Kanaän, wat die HERE beloof het, in besit neem?

Die is seker een van die grootste kwelvrae wat vandag beantwoord moet word, aangesien die tyd van die wederkoms naby is, en baie mense verlore sal gaan omdat hulle nie aan die Bybel gehoor gee nie.

Daar is verskillende standpunte, afhangende van watter Kerkgroep ‘n persoon aan behoort, maar ek wil graag Israel as voorbeeld gebruik oor hoe hulle in die beloofde land ingekom het.  Dit sal dan ook vir ons as riglyn dien oor hoe ons vandag in ons Kanaän kan uitkom, want die HERE het aan Jeremia in hoofstuk 30 gesê dat Hy Sy volk sal terugbring na die land wat Hy aan hulle voorvaders gegee het, en hulle dit in besit sal neem.  Ek weet dat dit is wat die HERE vir elkeen van ons in gedagte het, want dit is wat die Bybel verklaar.  So het Paulus en Petrus en die ander Apostels ook nie die Nuwe Testament gehad om die evangelie te verkondig nie, want hulle het dit nog geleef en geskryf, en het hulle ook die wet en profete uitgelê.

Maar hoekom dink ek dat Moses vir ons die antwoord sal gee?  Die antwoord kom uit Eksodus: “En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.” (Exo 7:1) Reg deur die Bybel bevestig die HERE dat Hy altyd deur Sy profete met ons spreek.  Hier sê Hy egter dat Hy vir Moses aanstel om Sy verteenwoordiger te wees, en dat Aäron as Moses se profeet sal optree.  Dit beteken dat Hy vir Farao, wat ook vir ons wys na Satan, die koning van die verderf, wil wys dat Hy alle gesag besit, en dat Hy Sy volk uit Egipte, of in ons taal, ons sondige lewe, sal verlos.  Dit is wat die hele uittog uit Egipte beteken.  Ons moet as sondige mense besef dat ons uit Egipte kan trek, en dat al wat ons moet doen, is om Israel se voorbeeld te volg en deel te word van die verbond. Aangesien almal as Egiptenare (sondaars) gebore word, moet jy jou as vreemdeling skaar by Israel soos dit vir ons beskryf word in Eksodus.  Dan kan ons almal begin op ons tog na Kanaän.  Hierdie gedeelte beantwoord ook ‘n ander vraag wat u dalk mag hê, en dit is hoekom Moses dan nooit in Kanaän ingegaan het nie.  Die rede is dat indien hy dit sou doen, hy die volmaakte weg sou wys en daar dus geen rede was vir Jesus om te kom nie.  Daar is soveel verse wat elke kerkgroep aanhang wat hulle sienswyse handhaaf en het hulle tientalle boeke geskryf oor hoe jy Sy kind word, maar hier vind ons in die Ou Testamentdat die hele pad vir ons aangedui word.  ‘n Ander vraag wat vir ons beantwoord word is wat is Esau se rol in die geskiedenis van Israel.  Esau was die eersgeborene in die vlees, maar het sy reg verruil en so het Jacob die erflating gekry.  So is Israel dan ook die eersteling, maar omdat hulle Jesus verwerp het, het die Kerk, die erfgenaam geword en kan ons dus kyk hoe die HERE met Israel gewerk het, en leer uit hulle voorbeeld, sonder om hulle foute te begaan.  Hoekom het niemand nog dit voorheen gebruik nie?  Die antwoord kom uit 2 Korintiërs 3; “Maar hulle sinne is verhard.  Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.” (2Co 3:14)

Kanaän gedefinieer

Maar eers, hoe lyk Kanaän fisies?  Kom ons kyk na ‘n paar verse wat dit beskryf.  Numeri 13:23 “Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar ‘n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan ‘n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.” Numeri 13:27 “En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte”.  Numeri 14:8 “As die HERE ‘n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.” En ons geestelike Kanaän?  Psalm 1 verse 1 tot 3 gee vir ons die antwoord.  “1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.  3 En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” So, om in Kanaän te wees, sien ons dat ons altyd vrugte sal dra, en dat alles wat ons doen, voorspoedig sal wees.

Kanaän beteken ook vir ons in die lig van Jeremia 30, die plek waar die HERE ons heen wil vat met die wederkoms.  Dit is die plek wat ons in besit moet neem as Christene.  Ons kan nie verwag om daar in te gaan as ons nie aan die voorskrifte oor hoe om daar te kom, voldoen het nie.  Dit is die plek waar ek vertrou u heen sal kan gaan wanneer u gedoen het wat die HERE van u verwag op aarde.

Hoe het Israel in Kanaän gekom, en hoekom is spesifiek Israel deur die HERE gekies?

Die Bybel leer ons dat Josef na Egipte weggevoer is, dat sy broers later in Egipte kom kos soek het, en so is Jakob se familie weer verenig.  Oor die jare het hulle nasate ‘n sterk volk geword, en het hulle ‘n eie nasie geword.  So het Israel as volk ontstaan en is Israel as volk deur die HERE uitverkies om Sy volk te wees.  Ons moet onthou dat Esau ook een van Jakob se seuns was, en dat hy en sy nageslagte nie saam met Josef en Jakob na Egipte vertrek het nie.  So hoekom is Israel uitgesonder deur die HERE?  Moses gee vir ons die antwoord in Deuteronomium 7:7.  “Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.” Omdat Israel hulle verneder het deur slawe van die Egiptenare te word, het die HERE hulle uitgekies om Sy volk te wees. Dan is hulle ook die afstammelinge van Abraham. “Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.” (Gen 17:4-9)

Ek wil dit ook graag baie duidelik stel dat dit nie vir my gaan of uitverkiesing reg of verkeerd is nie, maar oor wie uitverkies is.  (Sien die vraag oor uitverkiesing in Moses 2).  Die vers uit Deuteronomium dien vir my as riglyn daaroor.  Die HERE het die volk Israel in die Ou Testament uitgekies vir hom as volk.  Dit beteken dus dat die Israeliete die HERE se uitverkore volk was.  Maar wat nou van al die ander nasies?  Ons lees dat selfs in Israel se tyd ander persone hulle by die Israeliete kon voeg.  Eksodus 12:48-49 “En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees.  Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.  Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.” So in die Ou Testament kon persone van ander nasies hulle by Israel skaar.  Dit het ook beteken dat hulle deel van die verbond geword het, want die pasga was slegs vir verbondsgenote, en die besnydenis die teken van die verbond.

Nuwe Testamentiese siening.

Ons leef nie meer onder die Ou Testament(verbond) se reëls en wette nie, so wat van die Nuwe Testament?  Wanneer ons na die Nuwe Testament kyk word die HERE se volk uitgebrei in Handelinge 10 as volg: 10:34 ” En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is”.  Paulus bespreek dit in Efesiërs 2, as volg: “11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.  13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.  14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.”

In hierdie gedeelte sien ons dat die HERE Sy volk uitbrei na elke persoon wat Hom vrees en Sy geregtigheid doen.  So dit gaan nie meer oor die Jode of die Israeliete nie, maar oor elkeen wat die HERE vrees en doen wat Hy beveel.  So, ek en jy kan dus ook deel van God se volk word, en is daar alreeds ook in Eksodus voorsiening vir ons gemaak.  Dit is ook wat Paulus vir ons bevestig in Efesiërs 1:4 “soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees”.  So ons moet in Christus deel word van God se volk.  Toe Israel in die woestyn was, is dit die tyd toe Moses vir hulle gesê het dat Hy, dit is God, hulle vir Hom uitgekies het.  Deuteronomium 4:37 ” En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het.” So vir ons as persone wat ons graag by die volk van God wil voeg, moet ons gaan kyk wat en hoe die volk moes optree om die HERE se volk te wees en wil ek graag teruggaan na hoe Israel uit Egipte uit is, wat die betekenis daarvan vir ons vandag is, en hoe hulle in die land Kanaän gekom het.

Waar begin ons?

Eerstens moet ons leer dat die volk in Egipte was voordat Moses hulle uitgelei het.  Dit is ‘n lewe waar hulle as slawe deur die Egiptenare gebruik is, maar dat dit die plek is waar die HERE vir hulle uitkoms gegee het.  Ons moet ook besef dat die HERE nie uit Sy eie besluit het dat Israel uit Egipte moes kom nie, maar die Israeliete moes eers uitroep tot die HERE.  Eksodus 2 vers 23: ” En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe.  En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny.  En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.  24 En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.  25 En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.” Een aspek wat my hier opval is dat die Bybel ook verklaar dat dit ‘n lang tyd was.  Hoeveel keer vra ons vir die HERE uitkoms en raak ons opgewerk as die antwoord nie die volgende dag daar is nie.  Hier sien ons dat Moses vir byna 40 jaar in die woestyn was, en Israel moes maar wag totdat God geweet het dat dit nou die tyd is om verlossing te bring.  Wat is die eerste stap?

So ek moet besef dat ek in Egipte is en dan uitroep na die HERE vir verlossing.  Maar hoe weet ek dat ek in Egipte is?  Wat sê Jesus hoe sal ons weet dat ons nog in sonde is?  Jesus het dieselfde probleem gehad toe hy die Jode aangespreek het in Mattheus 5 vanaf vers 17.  Hier het Hy met mense te doen gehad wat elke wet noukeurig nagekom het.  Ons moet onthou dat die skrifgeleerdes en Fariseërs elke wet in onderafdelings opgedeel het, en elke deel moes nagekom word.  Indien hulle dit nie sou doen nie, was hulle bevrees dat die HERE hulle weer sou laat wegvoer na Babel of een of ander land toe soos Hy met Israel vroeër gedoen het.  So, hoe het Jesus dit gedoen?  Deur vir hulle te bewys dat dit nie gaan oor wat jy doen nie, maar oor hoe jou ingesteldheid is.  Jesus moes vir hulle sê dat dit nie gaan oor wie reg of verkeerd is in ‘n saak nie, maar oor jou stand in Christus, of jy deel is van die verbond of nie.  Hoe stel Jesus dit in vers 20 “Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.” Ons vind verder dat Jesus die gedeelte afsluit in vers 48 met ‘n versoek wat vir ons as mense, onmoontlik klink: “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.”

Wat wou Jesus hier vir die Fariseërs leer?  Dit, dat dit nie moontlik is om die ewige lewe te beërwe deur wetsonderhouding nie.  Dit maak nie saak hoe hard ek probeer deur mooi te lewe en nie te sondig nie.  Die probleem is nie om op te hou sondig nie, want al dink ek ek sondig nie meer nie, is selfs my gedagtes sondig.  Nee, ek moet besef dat my natuur verkeerd is.  Ek moet leer dat ek verander moet word.  Maar hoe?  Kyk wat sê die profeet Esegiël in hoofstuk 11:19 “En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, en weer in Esegiël 36:26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee”.  So die probleem lê by die hart.  Ek moet van hart verander, en dit geskied met wedergeboorte, soos Jesus dit vir Nikodemus in Johannes 3:5 stel: “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

So wat moet ek doen.  Ek moet van hart (nasie) verander.  Ek moet besluit om van Egiptenaar (sondaar) na Israeliet (uitverkorene) te verander.  Ek moet besef dat ek nie voort kan gaan as Egiptenaar en so die koninkryk van God beërwe nie, maar dat ek deel van Sy volk moet word.  Hoe word dit gedoen?  Deur te glo dat Jesus die mag het om my te wederbaar in Sy volk in.  Ek moet soos die Israeliete van ouds, onder die bloed van die Lam kom.  Dan kan die doodsengel my nie aanraak nie.  Ek moet dus bely dat Jesus se bloed my kan reinig van al my ongeregtighede.  Ek moet glo dat Hy ‘n volmaakte weg gebaan het vir my.  Ek moet glo dat die verbond wat Hy namens my verwerk het, die antwoord is.  Vers 20 van Mattheus 5 het vir ons die sleutel: “Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.”

So wat is die probleem?

Geregtigheid. Ek staan in die pad van myself om die ewige lewe te beërwe. Deur wetsonderhouding sal ek nooit daar uitkom nie.  Want dit is nog steeds wat ek probeer doen.  Ek is nog steeds vas gevang in sonde.  Ek moet eers besef dat ek sondig is.  Ek moet besef dat my wese verkeerd is.  Dit kan ek leer uit die gedeelte in Mattheus.  Al dink ek net verkeerd, pleeg ek alreeds sonde.  Ek moet sterf.  Ek moet by die kruis uitkom, en my lewe gaan neerlê.

Sodra ek besef dat ek in Egipte is, dan kan ek voortgaan.  Indien ek nie besef dat ek in Egipte is nie, sal ek later altyd wil teruggaan na my vorige lewe toe.  Indien ek nie besef dat ek in Egipte is nie gaan dit met ‘n persoon soos wat Charles Finney in Revival Fire beskryf : “I have already intimated that pains enough had not been taken to search the heart and thoroughly detect and expose the sinner’s depravity, so as to make him see the need of the gospel remedy.  If I am not mistaken, there has been, in many cases, an error committed in urging sinners to submission before they are prepared to understand what true submission is.  They have been urged to repent, before they have really understood the nature and dessert of sin; to believe, before they have understood their need of Christ; to resolve to serve God, before they have at all understood what the service of God is.  They have been pressed to make up their minds to enter immediately upon the service of God, and have been taught that they needed only to make a resolution to obey the Lord.  Hence their religion, after all, has been only a religion of resolutions, instead of a religion of faith, and love, and of a broken heart.  In short, it appears to me that, in many instances, the true idea of what constitutes pure religion has not been developed in the mind, and that consequently spurious conversions have been distressingly numerous.  I have been more and more surprised from year to year, to find how very numerous those professors of religion are who manifestly have not the true ideal of pure religion before their minds.  It seems that, in many instances, the idea that love is the essence and the whole of religion, is left almost, if not entirely, out of view.”

Oplossing vir die probleem.

So ek moet besef hoe ver ek weg is van die HERE, voordat ek kan dink aan die oplossing.  Dan kan ek eers besef dat ek vergifnis verlang, sodat ek weergebore kan word.  So wat dan?  Ek moet aanvaar wat God vir my alreeds gedoen het.  Dan kan ek die HERE nader vir vergifnis.  Dan kan ek my hart leeg maak voor die HERE.  Dawid skryf vir ons in Psalm 51 hoe ons die HERE kan nader vir vergifnis toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.

Wanneer ek die Psalm lees dan besef ek opnuut hoe na Dawid aan die HERE gewandel het.  Dan besef ek weereens dat die HERE wil nie weet van my grootheid nie.  Hy wil dat ek in verslaenheid en nederigheid Hom sal nader, sodat Hy my kan rein was van my sonde.  ‘n Baie interessante waarneming is die dat Dawid vra dat die HERE hom moet ontsondig deur hisop.  Hoekom juis hisop?  Daar is ‘n paar redes.  Hisop is gebruik deur die Israeliete om die bloed van die lam aan hulle deurposte te smeer met die uittog uit Egipte.  Verder in die Bybel sien ons dat oral waar iets rein gemaak moes word, is hisop gebruik.  Selfs toe Jesus aan die kruis gehang het, is die spons met asyn wat al die bitterheid van die lewe weerspieël het, op ‘n hisop tak aan Jesus gegee, en so is Hy ook rein verklaar.  Nogal snaaks as ons daaraan dink dat die soldate eers vir Jesus moes rein verklaar voordat Hy gesterf het.  Direk daarna het Hy gesterf.  Maar, hoekom juis hisop?  Hisop is ‘n medisinale kruie plant wat gebruik is om ‘n persoon se longe en asemhaling mee te behandel.  So, die HERE wil dat soos Hy in die tuin van Eden Sy asem in die mens geblaas het, weer ons asem reinig van die asem van satan.  Hy wil weer Sy asem, Sy Gees in ons plaas.  Dit is die een rede.  Die plant is ook bekend vir sy sterk wortelstelsel wat selfs binne in klippe kan gaan, en lees ons dat dit voorgekom het op die mure wat om die stede gebou is.  So moet ons leer dat ons so aan Hom, die Rots, gekoppel moet word dat ons wortels binne in Homself sal wees, sodat wanneer ons van die Rots verwyder word, ons nie kan bestaan nie, want al ons wortels sal saam met die Rots verwyder word.  Geen plant kan bestaan as sy wortels verwyder word nie.  Die Rots is ons enigste vesting.

Terug na vergifnis.

Hoe het die HERE vergifnis bewerkstellig?  Deur die nuwe verbond.  Maar wat beteken die nuwe verbond vir my ?

Dat God die mens se verbondsvennoot is, en dat Hy, ter wille van die verbond wat God met Jesus Christus as God se offer vir sonde gesny het, nie meer die sonde van die mens wat in Jesus glo, teen hom hou nie.  God het Sy volmaakte Seun, Jesus Christus aangewys om die plek van die mens in die verbond in te neem, as hoëpriester eens en vir altyd en tot in ewigheid, sodat die belofte wat deur eedswering gemaak is, sonder ‘n skaduwee van twyfel aan hulle wat glo, sal toekom.  Om die wet te verbreek was om die verbond te verbreek, en dit was strafbaar met die dood.  God het met Jesus gehandel volgens ons verdienstes.  In onderhoud van die wet kon die mens nooit verseker wees dat hy God behaag nie.  Jesus se geregtigheid is dus die reg om voor God te staan sonder skuld, veroordeling en minderwaardigheid.  Dit is om die regte verhouding voor die Skepper te staan, skepsel teenoor Skepper.  Sodra ons die verbond van geregtigheid ontvang en daarin wandel, dan heers ons vanuit die gunstige posisie van die ewige lewe deur Jesus Christus.  (Sien die vraag, Wat is Jesus se geregtigheid?, vir ‘n volledige bespreking oor die verbond.) Die verbond beantwoord ook die stelling wat Jesus gemaak het dat ons volmaak moet wees soos ons Vader in die Hemel volmaak is.

Nou kan ek glo dat Jesus my waarlik gered het van die verderf.  Nou kan ek glo dat Hy my verlosser is.  Maar wat is geloof?  Ons almal ken Hebreërs 11 vers 1 wat dit as volg stel: “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie”.  Waarom is geloof noodsaaklik?  Heb 11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek”.  Geloof het altyd die versekering van die eedswering van God aan die gelowige, so ek moet verseker weet dat wat God gedoen het, volmaak is.  (Vir ‘n volledige bespreking oor geloof, verwys na die vraag oor: Wat is Geloof?)

In die geskiedenis leer ons dat daar plae gekom het wat Egipte getref het.  So maak die HERE met ons sodra ons ons by Sy volk skaar.  Ons vind al hierdie goed wat verkeerd gaan.  Maar dit raak ons nie.  So probeer die HERE ons wys dat ons net op Hom moet vertrou wanneer ons ons rit begin na Kanaän.  Vir die mense in die wêreld is dit net teëspoed, maar vir ons is dit ‘n bewys dat Hy in beheer is van alles op aarde.

Die Israeliete moes soos ons, onder die bloed van Die Lam kom.  Dit was deel van die ou verbond, maar ons het so pas geleer wat die nuwe verbond vir ons beteken.  Omdat ek nou glo dat Jesus vir my gesterf het, moet ek nou my lewe aflê, en onder die bloed van Jesus kom.  Dit kan ek doen deur te vra dat Hy my sal wederbaar deur Sy bloed.  Dan word ek deel van die nuwe verbond.  Dan kan die doodsengel my nie meer laat sterwe nie, maar leef ek vir ewig saam met Christus.  Dan kan ek saam met Paulus uitroep: Galasiërs 2:20 ” Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my.  En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het”.  Hoe moet my gebed dan wees?  “HERE Jesus ek kan myself nie red nie, ek vertrou U daarvoor.  Daaroor lê ek nou my lewe voor U neer, en ontvang ek U gawe.  Dankie dat U my red”.

Wat was die pasga?

Die volgende wat die Israeliete moes doen, wat saamval met die bloed van die Lam, was om die pasga te vier.  Vir ons vandag is dit die Nagmaal.  Maar wat beteken dit vir my?  Die Israeliete moes alle suurdeeg uit hulle huise verwyder, en net ongesuurde brode eet.  Hoekom?  Omrede ‘n klein bietjie suurdeeg deur die hele deeg trek.  Net so doen ‘n klein sondetjie in ons lewe met ons.  Al is dit net ‘n verkeerde ou gedagtetjie, dit maak dat jy heeltemal onrein is vir God.  So, ek moet breek met alles wat verkeerd is in my lewe, en my totaal onderwerp aan Christus.  So elke maal wat ek die Nagmaal vier, moet ek weer besef waar ek was, en dat slegs die Lam, Jesus Christus, my kon verlos uit die kloue van Egipte, die sonde en sondige natuur wat ek moes afsterf.  Daaroor moet ek van die brood eet, moet ek my vul met Jesus se liggaam, en moet ek die beker drink, my weer rein was met die bloed van Jesus.

Ons lees in 1 Korintiërs 11 die volgende: “Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.  Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.  Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.  Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.  Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie.  Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.” Nie net vind ons in die gedeelte die rede hoekom ons Nagmaal moet hou nie, maar ook wat dit beteken om jouself te toets.  Paulus gee hier te kenne dat ons eintlik vir die HERE vra om ons te toets as ons Nagmaal gebruik sodat ons kan sien of daar nog onbelyde sondes in ons lewe is.  Indien ons wel getugtig word deur die HERE, sal ons dan weet dat daar nog sondes is wat ons moet bely, maar andersins sal ons niks oorkom nie.  Hy vertel ook dus hier vir die mense in Korinte dat dit die rede is dat daar siekes en selfs mense al dood is in hulle gemeente.  Dit alles gebeur sodat ons nie saam met die heidene geoordeel sal word nie, maar dan moet ons deel wees van die verbond.

Eerste vrugte.

Een aspek wat die HERE alreeds hier vir die Israeliete wou tuis bring, is dat hulle Hom moet liefhê en eer.  Daaroor, in dieselfde gedeelte as die instelling van die pasga, vind ons dat Moses met die Israeliete praat oor die reëling van die eerste vrugte.  Hier alreeds laat die HERE hulle weet dat wanneer hulle in Kanaän kom, hulle die HERE moet vereer met hulle eerste vrugte, of dit nou kind of dier is, die eerste vrugte behoort aan die HERE.  Eksodus 13 leer ons as volg: 11 ” En as die HERE jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ‘n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee, 12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê–wat manlik is, behoort aan die HERE.  13 Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop.  En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek.  Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.  14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit?  dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei”.  Wat beteken die gedeelte?  Die HERE gee hier te kenne dat alles wat die eersteling is, sal die vloek van Egipte op wees dat dit sal sterf.  Die enigste manier om dit te voorkom, is deur dit aan die HERE te offer.  So elke vrug van die grond en elke dier se eersteling moes aan die HERE geoffer word.  Offers in die tyd het beteken dat hulle dit na die tempel toe moes neem en die priester vra om dit te offer, want slegs priesters kon offer.  Die priester was dan, afhangende van die tipe offer, geregtig op ‘n gedeelte van die offer om vir hom en sy huisgesin as kos te dien.  Die res van die offer is deur die persoon wat die offer bring, en sy huisgesin geëet.  Seuns moes dan besny word om vry te kom van die vloek wat oor die eersgeborene geplaas is.  Verder moes alle ander manspersone ook besny word as teken van die verbond.  Nou lees ons verder in Esegiël dat eerste vrugte nie in sy tempel van toepassing is nie, omrede Jesus as eersgeborene van die VADER die prys betaal het en die vloek van die eersgeborene volbring het.  So dit leer ons dat die wet volbring is soos Jesus verklaar het, en tesame met die offers wat nie meer nodig is vir sonde nie, eerste vrugte ook nie meer nodig is om te betaal nie.  Op hierdie manier het ons dus vrygekom van die wet van eerste vrugte en van besnydenis.  Vir ‘n volledige bespreking van finansies en offers, sien die vraag “So wat nou van my finansies?”.

Die trek uit Egipte begin.

Na die pasga begin die trek.  Dié nag moes die Israeliete trek om deur die Rooi See te gaan.  Maar ons leer dat hulle nie direk getrek het nie, maar met ‘n ompad, sodat hulle nie dadelik in ‘n oorlog betrokke raak en dalk wou omdraai na Egipte toe nie.  Die HERE wil dat ons hier nie weer moet teruggaan na dit wat Hy ons van vry gemaak het nie, want Hy weet ons sal weer in die versoeking val, en terugkeer na ons sondige lewe.  So maak die HERE ook met ons, en beskerm Hy ons voor die doopwater, deur ons van aanvalle van die Satan te beskerm.  Eksodus 13 vers 17:”Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.  18 Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe.  En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek”.  Maar, hoekom juis in die nag?  Dit is juis wanneer alles donker om jou is en jy nie weet watter kant toe nie, dat God tot jou redding kom.  Hoekom moes hulle deur die Rooisee trek?  Soos die HERE die Egiptenare daarin laat verdrink het, so wil Hy my van al die sondes wat my wil volg, ontslae raak deur dit in die doopwater te laat verdrink.  So, vir ons beteken die Rooisee dat ons moet deur die doopwater gaan.  Hy wil dat ek skoon en sonder sonde en sondige begeertes anderkant uitkom sodat ek my oë net op Hom kan hou.  Wat sê Paulus in Romeine 6 vir ons?  Dat die doop juis dui op ‘n begrafnis.  Nie net sterf my sondes nie, maar my hele sondige natuur sterf, en staan ek op uit die doopwater as ‘n nuwe persoon.  Net so seker as wat Jesus opgestaan het, net so seker word ek saam met Hom opgewek uit die dood om in ‘n nuwe lewe te wandel.  Romeine 6 wys ons presies wat met die doop gebeur.  Lees die gedeelte maar gerus.

Kyk ook wat skryf Paulus in Kolossense 2:9 “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; 11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het”.

So, sodra ek deur die doopwater gaan, sterf ek vir die sonde, en kan ek sonder sonde voor die Vader gaan staan op grond van die bloed van Jesus.  1 Johannes 3 vers 8 en 9 leer ons as volg:8 “Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.  Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.  9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore”.  Ek het dus saam met Jesus gesterf, en daaroor kan ek nou saam met Hom lewe.  Soos die Israeliete bevry was van die Egiptenare, so word ek dus ook bevry van my sondige natuur.  Net soos die Farao in die see verdrink het, so word die mag van Satan in my lewe gedood. Maar, ons moet onthou dat die Israeliete ook nog steeds gesondig het nadat hulle deur die Rooi See gegaan het.  Hulle het nog steeds ‘n begeerte gehad na die vleispotte van Egipte.  So ek en jy sal ook nog faal.  Maar dit beteken nie dat ek weer myself terug vind in Egipte nie.  Nee, ek kan bely dat ek gesondig het, en so weer die skeidsmuur tussen my en God afbreek volgens 1 Johannes 1 vers 8 en 9: 8 “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.  9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig”.

Iets wat ons ook leer uit dié geskiedenis, is dat ek eers moet glo, voordat doop kan geskied.  Dit help nie dat ek my laat doop voordat ek glo in die verlossingswerk van Christus nie, want ek moet eers besef dat ek in Egipte is, en verlore is voordat ek kan uittrek uit Egipte.  Indien ek my laat doop voordat ek glo en besef dat ek Christus as verlosser nodig het, het ek basies vir ‘n swem in die Rooisee gegaan, want ek is weer terug in Egipte na die swem.  Ek het nog nie getrek nie.  Ek het nog nie besef dat ek van nasie moet verander nie.  Eers wanneer ek dit besef, kan ek op my tog uit Egipte begin.  Eers dan kan ek soos Israel uitroep tot die HERE.  Alles voor dit is nutteloos en verniet.  Die volgorde sluit aan by wat Petrus die skare beveel het na die uitstorting van die Heilige gees.  Op ‘n vraag oor hoe hulle gered kan word was Petrus se antwoord: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

Hoe geskied doop?

Deur onderdompeling.  Dit is hoe Jesus gedoop is.  As ons ook kyk na die Bybel verklaar die HERE dat indien Israel iets buitmaak van die vyand, moet dit gereinig word voordat dit gebruik mag word, anders bly dit onrein.  Indien dit deur vuur kon gaan, soos met metale wat gesmelt kan word, moes dit deur die vuur gaan om gesuiwer en gereinig te word.  Indien dit nie deur die vuur kon gaan nie, moes dit deur water gereinig word.  Daarom is die doop ingestel om deur water, in Israel se tyd reinigings water, iets te reinig, maar vandag word ons gereinig deur die aksie om deur die doop bad te gaan.  Die woord in Grieks wat vir doop gebruik word, is baptismo.  As ons na die betekenis van die woord gaan kyk waar dit buite die Bybel gebruik is in Bybelse tyd, vind ons dat dit byvoorbeeld in ‘n resep vir vleis gebruik word.  In die resep word ‘n sous gemaak, en die vleis word oornag daarin geweek, sodat die vleis die sous se smaak aanneem.  Dit beteken ons neem ook Jesus se geur, sy persoonlikheid aan terwyl ons onder die doopwater gaan.  Die gebruik van besprenkeling het sy oorsprong in die Roomse Kerk, wat dieselfde tyd bepaal het dat tot dooies gedoop kan word.  Vir ‘n volledige bespreking oor doop, lees die vraag “Doop, hoekom, waar, en hoe?” Vir ‘n bespreking oor kinderdoop, lees die vraag “Wat nou van my kinders?”

Doping in die Heilige Gees

Die volgende gebeurtenis wat die Israeliete tref, is die water by Mara.  Hierdie water is bitter, en hulle kan dit nie drink nie.  Maar God kom met ‘n oplossing.  Moses moes ‘n stuk hout in die water gooi, sodat die water drinkbaar kan word.  Eksodus 15:25 “En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ‘n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword”.  Wanneer ons water, in ons geval die doopwater, vat, en die kruis van Jesus (stuk hout) byvoeg, kry ons water om te drink, net die verskil is dit is lewende water.  Maar wat is lewende water?  Johannes 7 vers 37 “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!  38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.  39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie”. Jesus verwys ook na lewende water in die gedeelte in Johannes 4 vanaf vers 10 waar Hy met die Samaritaanse vrou in gesprek is.  Hier vertel Hy haar dat Hy vir haar lewende water sal gee sodat sy nooit weer dors sal kry nie.  So wanneer ons die Heilige Gees ontvang, dan sal al ons woorde en dade lewend maak, en nie dood nie.  Dit sal soos strome uit ons binneste vloei.  Dit sal nie nodig wees om mense te vra om iets vir die gemeente te doen nie, die persone sal self die werk doen, nog voordat daar vir hulle gevra word.  So na die doop, moet ek die HERE vra om my te verander sodat lewende water uit my kan vloei.  Ek moet dus die Heilige Gees ontvang, of anders gestel, ek moet die doping van die Heilige Gees ontvang.

Maar hoe geskied dit?  Handelinge 2:38 ” En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang”.  Hoe weet ek dat ek die Heilige Gees ontvang het?  Handelinge 19 gee vir ons die antwoord: vers 4 ” Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.  5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die HERE Jesus.  6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer”.  Soos wat Paulus in Handelinge 19 die persone gedoop het en hulle hande opgelê het, wil die HERE dat ons ook so die Heilige Gees kan ontvang.  Ons lees hier wat die tekens is wanneer ons die doping in die Heilige Gees ontvang het, naamlik om in tale(klanke) te praat, en te profeteer.

Maar hoe rym dit met wat in Israel se tyd gebeur het?  As ons na vers 27 van Eksodus 15 in die Bybel kyk, sien ons dat hulle laer opgeslaan het by Elim, ‘n plek waar daar 12 fonteine en 70 palmbome was.  Is dit toeval?  Of wys dit op die 12 stamme van Israel, sodat elke stam sy eie fontein het.  En sewentig, wat weer verwys na die 70 oudstes wat Moses moes aanwys en die HERE Sy Gees op hulle laat kom het in Num 15:24 “Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.  25 Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê.  En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.” So, ook in die Israel se tyd was die teken van die Gees van die HERE, dat die persone geprofeteer het.  Dieselfde geld vandag nog.  Maar wat nou as ek nie in tale kan praat nie, of dalk ook nie kan profeteer nie?  Jesus het verklaar dat strome van lewende water uit jou binneste sal vloei, met of sonder enigeen van die twee uiterlike kenmerke.  So, as ek optree sodat ek die beeld van Jesus in alles wat ek doen uitstraal, is ek besig om lewende water uit te gee, en is ek met die Heilige Gees gedoop.  Paulus het ook vir ons opgeteken wat ‘n persoon sal doen en hoe ‘n persoon sal optree wat met die Heilige Gees gedoop is.  1 Kor.  12 verse 7 tot 11 : “Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil”.

Genesing

Iets wat ook hier gebeur het, is dat die HERE verklaar dat as Israel bly by wat die HERE hulle beveel het, hy geen een van die siektes van Egipte op hulle sal laat kom nie, want Hy is die HERE wat hulle gesond maak.  “Daar het Hy vir hulle ‘n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef 26 en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.” Hier sien ons dat die HERE Sy hand oor die volk gehou het, sodat hulle nie siek geword het nie.  Was jy bewus daarvan dat die Israeliete se klere nie verweer het, en dat die HERE hulle gesond gehou het die hele tyd?  Dit is Sy wil.  Om uit te vind wat die HERE se wil is rondom genesing, kyk na die vraag, Is genesing nog steeds God se wil vir ons?

Alleen in die woestyn

Baie maal voel ons en wonder ons of die HERE nog by ons is.  Dit is nie vreemd nie.  Die Israeliete het dit ook gedoen.  Die Israeliete het deur die woestyn Sin getrek.  Hulle het met ander woorde deur die woestyn van Sonde getrek.  Daar het hulle gemurmureer met Moses deur aan hom te sê dat die HERE nie by hulle is nie, want hulle het nie water nie.  Hoeveel keer het ek en jy al die HERE versoek?  Maar die HERE het hulle versoek toegestaan.  Eksodus 17; 6 “Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink.  En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel 7 en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?” So, wanneer ek en jy vra of die HERE nog met ons is, weet dat Hy jou nooit sal verlaat nie, en altyd daar vir jou sal wees.

Oorlogvoering

Die HERE wil ons al vroeg in ons lewe leer om oorlog te voer.  Selfs die Israeliete het dit geleer.  Hulle is nie aangeval nie.  Nee.  Hulle moes die aanval loots teen die Amalekiete.  Hier het Israel geleer dat met die HERE aan hulle kant is die oorwinning verseker.  Hier moes Aäron en Hur Moses se arms met die staf van die HERE, in Moses se geval die Heilige Gees, omhoog hou om die oorwinning te verseker.  Net so wil die HERE hê dat ons die Heilige Gees sal gebruik in ons oorlogvoering teen Satan en sy trawante.  Maar as ek dit in eie krag gaan aandurf, gaan ek verloor.  In die krag van die Heilige Gees, is die oorwinning myne.

Verbreekte verhoudings

‘n Volgende keerpunt in die geskiedenis van Israel, is die besoek van Jetro aan Moses.  Hier omhels Moses en Jetro mekaar en ontvang Moses ook raad van sy skoonpa.  Male sonder tal herstel die HERE weer verhoudings wat ons gedink het bestaan nie meer nie.  Dit gebeur ook maar in ons woestyn tyd.

Voorsiening

Maar weet jy, net so gou as ons dink alles is nou oor, vind ons soos Israel van ouds dat ons nog nie in die beloofde land is nie, maar in die woestyn.  Nou besef ons eers dat die HERE ons wil begin leer soos vir Israel van ouds.  Ons moet leer soos hulle om totaal afhanklik van Hom te wees.  Hy wil vir ons sorg, soos vir Israel met manna en kwartels.  Hy wil vir ons voorsien van water, maar ons moet leer om op Hom te vertrou.  Het jy geweet dat Jesus self ook na die manna verwys het?  In Johannes 6 van vers 47 verklaar Jesus self die volgende: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. 48 Ek is die brood van die lewe.  49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.  50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.  51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het.  As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid.  En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.” Moses het ook vir Aäron beveel om ‘n houer met van die manna in die tempel by die ark neer te plaas, wat ook beteken dat Jesus was die hele tyd saam met Israel teenwoordig in die tabernakel.  Al ooit gewonder of God Drie-enig daar was?  Die staf van Moses is weer verteenwoordigend van die Heilige Gees, aangesien al die wonders wat Moses gedoen het, die Staf voor gebruik moes word.  So, die Vader het saam met hulle getrek in die wolkkolom bedags en die vuurkolom in die nag, terwyl Jesus in die ark was en Moses met die Heilige Gees in sy hand gewandel het.

Israel het ook maar nog probeer om die HERE te toets in alles, soos wanneer hulle manna moes optel, het die een baie opgetel, en die ander een weer minder.  Die merkwaardigste van dit alles is dat wanneer hulle die mate afmeet om seker te maak hulle het nie ‘n tekort of oorskot nie sê die Bybel as volg: Eks 16:18 ” Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie.  Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel”.  Die een vraagstuk waarmee die kerk vandag nog sukkel is armoede van sy lidmate.  Tog het Jesus vir die Fariseërs as volg gesê :Matteus 23:23 ” Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou.  Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat”.  Ons moet hier onthou dat die Fariseërs het so hard probeer om te verseker dat hulle elke wet nagekom het, dat hulle selfs hulle tiendes van kruie gebring het, maar Jesus sê vir hulle dat hulle nie die belangrikste doen nie, en dit is om na hulle medemens om te sien.  Ek moet met my finansies ook leer dat wat ek oor het, vir barmhartigheid gebruik moet word, want dit is wat die HERE wil, en nie vir myself om ryk te word nie. Hebreërs 13:5 “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees.  Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie”.  Het jy geweet dat daar ongeveer 3,5 miljoen mense en diere deur die woestyn getrek het?  Gaan kyk maar in jou Bybel.  En tog het God vir elkeen gesorg.  Het Hy elkeen gesond gehou.  Het Hy vir hulle met die wolkkolom in die dag en die vuurkolom in die nag hulle gelei na waar hulle moes gaan.  En dit is nie net Israel wat hulle in die woestyn bevind het nie.  Jesus moes self ook woestyn toe om deur die Satan versoek te word Matteus 4: 1 “Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel”.  Paulus is na sy Damaskuspad ondervinding vir drie jaar woestyn toe.  Galasiërs 1vers 17: “maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.  18 Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly”; Nou kan ek myself begin toerus om ‘n nuwe lewe te leef, want soos Paulus geskryf het, Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my.

Praat die HERE nog met my?

Drie maande nadat Israel uit Egipte getrek het en God vir Israel mooi geleer het oor voorsiening, bevind Israel hulle by die berg Sinai.  Nou wil die HERE dat jy met Hom persoonlik sal kommunikeer.  Ons het nie nodig dat iemand anders by die HERE hoor en dan vir my laat weet wat die HERE wil hê dat ek moet doen nie.  Nee, Hy wil met my persoonlik verkeer.  Hy wil bo-op die berg sit en met my aan Sy voete wil Hy met my praat.  Wat sê die HERE vir Moses: Eksodus 19: “So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig: 4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.  5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.  6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees”.  As priesters wil die HERE dat ons persoonlik aan Hom offers sal bring, dat ons met Hom kan kommunikeer.  Die belofte is dan ook dat ons ‘n heilige nasie vir Hom sal wees.  Daarna het die HERE vir Moses die wet gegee, maar weet jy wat was Israel se antwoord daarop?  Eksodus 20:18 “En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan.  19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons”.  Dit is wat ons ook baie maal doen.  Ons vra die HERE dat Hy eerder deur iemand anders met ons sal spreek, deur die predikant of dominee of pastor, omrede dit so angswekkend is vir ons.  Ons deins terug en kan nie glo dat so ‘n almagtige God, met Sy maaksel wil praat nie.  Maar, deur dit te doen, kan ek dit ook gebruik as ‘n skuiwergat later in my lewe.  Nou hoef ek nie te aanvaar dat dit wat Hy van my verwag, regtig nodig is nie, want Hy het dit nie vir my persoonlik gesê nie.  Is dit hoe jy optree?

Sinai – Besnydenis van die hart

Hier by Sinai in die woestyn, moes die HERE met Moses al die wette deel wat ons opgeteken vind in Eksodus, Levitikus, Numeri en in Deuteronomium.  Hy moes hulle nie net opskryf nie, maar moes die volk onderrig aangaande alles.  Hier het hulle gekamp vir meer as ‘n jaar lank.  Verder moes hulle die tabernakel en die ark bou, en daarmee saam al die instellings van priesters en owerstes oor tien, vyftig, honderd en duisend man moes aangewys word.  Vir ons vandag is dit ‘n tyd waar die HERE ons toets, en Sy Woord op ons harte skryf.  Die hele tyd word ons bewus van ’n roeping wat die HERE vir ons het, maar Sy instellings moet eers gevestig word voordat ons daarin kan wandel.  Hoeveel mense het ek al gesien wat dink dat dit hulle bestemming is, maar nie besef dat dit slegs ‘n tyd van onderwerping en toetsing is nie.  Dan sien ons mense wat verkeerde gewoontes het, en vir jou sal sê dat die HERE nog nie vir hulle gesê het dat hulle die gewoonte moet los nie.  My antwoord is maar die standaard antwoord.  As jy my die gewoonte of gebruik in die Bybel kan wys waar dit as aanvaarbaar verklaar word, dan sal ek die Bybelse uitspraak aanvaar.  Maar indien nie, dan kan die gewoonte of gebruik nie van die HERE af kom nie.  Dan moet ek daarmee breek, en hoef ek nie te wag totdat die HERE vir my persoonlik sê dat dit verkeerd is nie, want die Bybel is Sy Woord.  Hoekom wil jy langer tyd as nodig by Sinai in jou lewe spandeer?  Breek met wat nie van God is nie en gaan voort.  Die doel is nie om Sinai jou tuiste te maak nie.  Die doel is om in Kanaän te kom.

Selfs hier het die HERE alreeds gewys dat Israel die verbond sal verbreek. Terwyl Moses op die berg was het die volk die goue kalf gemaak. Toe die HERE vir Moses afgestuur het na die volk toe, het Moses die wet wat die HERE self op die kliptafels geskryf het stukkend gegooi. Die gedeelte word ook later in die evangelie van Barnabas na verwys dat die verbond met Israel verbreek sou word en dat daar ‘n tweede volk sal kom wat die HERE se volk sal wees. Moses moes weer terug berg toe om weer nuwe kliptafels te kry waarop die HERE weer die wet geskryf het.

Maar hoe lyk Kanaän nou weer?  “Psalm 1 :1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.  3 En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit”.  Dit is Kanaän.  Dit is wat vir my en jou beskore is.  Dit is wat die HERE se plan vir my en jou is.  As jy dit nie wil aanvaar nie, moet jy dalk ook soos Israel vir nog ‘n vêrdere 40 jaar woestyn toe gaan.  Het jy geweet dat al die Israeliete oor 20 jaar oud, nooit die beloofde land ingegaan het nie, behalwe Josua en Kaleb?  Numeri 14: 28 “Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.  29 Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.  30 Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun”.  Hulle het dit nooit gesien nie omrede hulle getwyfel het dat die HERE die oorwinning vir hulle sou gee.  Moenie dat jy nooit bereik wat die HERE vir jou beoog het nie.  Glo Hom.  Glo in Sy Woord.  Moenie jou oortuigings bou op die oorlewering van mense nie.  Paulus het daarin gespesialiseer.  Maar toe ontmoet hy Jesus.  Ek vertrou dat jy Kanaän toe wil gaan.

Een antwoord wat die Woord hier vir ons gee, is vir ‘n vraag wat baie mense oor wonder.  As ons sê dat ‘n persoon eers moet glo voordat hy gedoop word, wat word van die wat nooit gedoop is nie.  Die HERE het nie die persone van onder twintig jaar laat sterf nie, want Hy verwag nie dat hulle al ‘n keuse gemaak het nie.  Hy wil seker maak dat jy weet dat jy Hom nodig het voordat jy gedoop word.  Eers na twintigjarige ouderdom, verwag die HERE dat jy ‘n keuse moet maak, en sal jy volgens jou keuse beoordeel word.  Ons lees ook verder in Josua 1 en 2 dat die Israeliete wat uiteindelik in Kanaän ingegaan het, ook eers deur die Jordaan moes gaan, wat ook op ‘n doop wys.

Die Tabernakel.

Nog iets wat in die woestyn gebeur het is dat die HERE vir Moses gevra het om die tabernakel te bou.  Wat het die tabernakel na verwys?  Dit was ‘n plek waar slegs priesters kon offer, (intree), vir die sondes van Israel.  Maar daar was ook ‘n plek, die allerheiligste, waar die HERE fisies gemanifesteer het by die verbondsark.  Onthou dat die eerste verbond was ingestel met besnydenis van die mens se kant, en ‘n ark waar die HERE gewees het.  Die hoëpriester kon slegs eenmaal per jaar daar ingaan om vergifnis te vra vir die sondes van Israel.  Hy kon ook slegs daar ingaan met bloed.  Onthou ook dat die tabernakel ingestel is saam met die gee van die wet op Sinai.  Voor die tyd het die HERE gesê dat Hy ‘n nasie van priesters wou hê.  Met Korag, Datan en Abiram se oproer het die HERE besluit dat slegs die Leviete aan Hom kon offer.  Dit is die rede hoekom Jesus gesê het dat Hy die tempel in drie dae sou afbreek en weer opbou, want die HERE wil ‘n tabernakel in elke persoon se hart bou.  Dit sal maak dat ek en jy presies sal weet hoe om die HERE te nader, maar ook hoe om teenoor Hom op te tree.  Dit is dan ook die rede hoekom Jesus gesê het dat Hy die wet kom vervul het, wat beteken het dat Hy weer die verhouding wat die HERE met Israel voor die gee van die wet, wou herstel.  In die tyd kon enige persoon aan die HERE offer.

Wat is die doel van die tabernakel dan vandag?

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het die gordyn wat die heiligste van die allerheiligste geskei het, van bo na onder geskeur.  Dit is vir ons ‘n teken dat God self die skeiding wat daar tussen ons en Hom was verwyder het, aangesien die gordyn van bo na onder geskeur het.  Jesus het toe ingegaan en met Sy bloed eens en vir altyd ‘n aanvaarbare offer vir sonde gegee.  Ons kan dus nou onsself onder die bloed van Jesus plaas en met vrymoedigheid na God toe gaan, sonder dat iemand vir ons moet optree as tussenganger.  Ons hoef ook nie net eenmaal per jaar toegang na God toe te verkry nie, aangesien Jesus elke oomblik vir ons intree.  Ons kan nou ook soos wat Samuel dit gedoen het in Eli se tyd al, onder die verbondsark slaap.  Dit beteken ons kan ons lewe in die teenwoordigheid van God deurbring, en so nooit hoef te twyfel of ons die reg het om kinders van God genoem te word nie.  Maar, dit beteken ook dat as ek tyd afstaan en altyd in Sy teenwoordigheid deur bring, ek ook die salwing van ‘n hoëpriester soos Samuel of ‘n Josua sal hê.

Kanaän, of terug woestyn toe

Die Israeliete was ook bly toe hulle uiteindelik by Kanaän aankom, en het verspieders uitgestuur om die land deur te gaan en verslag aan hulle te kom gee.  Die verslag wat hulle gehoor het, het hulle nie van gehou nie, want daar was nie geloof nie.  Hulle het nie geglo dat die HERE die vyand in hulle hand sal gee nie, maar wou ‘n nuwe leier aanstel om hulle terug te vat na Egipte.  Hier het hulle getoon dat hulle nie die HERE geglo het wat Hy kan doen nie.  Hoeveel keer hoor ek nog vandag dat al hierdie wonders wat in die Bybel bespreek word, net vir daardie tyd was.  Die mense vergeet die gedeelte dat Jesus gesê het dat ons nog groter wonders as Hy sal doen.  Maar daar is ‘n voorbehoud.  Ons moet glo.  Ons moet glo dat die HERE aan ons kant is.  Ons moet glo dat Sy beloftes wat Hy in Sy Woord vir ons gee, waar is.  Hoeveel keer het die HERE al met jou gepraat en gesê dat Hy ‘n groot bediening vir jou het, maar deur ongeloof kom jy nie daar nie.  Of hoeveel keer het jy al mense se drome verpletter deur te sê dat jy nie glo dat die HERE hulle kan gebruik nie.  Al hierdie faktore moet ons in ag neem as ons deur die Jordaan wil gaan om Kanaän in besit te neem.  As ons twyfel, is ons nog steeds in die woestyn, en sal ons nooit in Kanaän uitkom nie.  Weet u dat al die verspieders wat die boodskap van twyfel gebring het, daar gesterf het.  Nie een van hulle het eers 40 jaar in die woestyn deurgebring nie.  So moet asseblief nie ‘n boodskap van twyfel bring deur die Woord van die HERE in twyfel te trek nie. Soos ek vroeër in die boek ook gemeld het, ons moet glo dat Jesus die Christus is. Ons moet oorgaan van die sesde dag na die sewende dag van die HERE, om Sy rusdag in te gaan. “Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.” (Heb 4:1-11)

Kanaän – Uiteindelik!!!!!

Een aspek wat ons ook in die oog moet hou is dat toe die Israeliete in Kanaän aangekom het, is dit ook die tyd gewees dat die HERE Sy bo-natuurlike voorsiening gestop het.  Toe die Israeliete die oggend opstaan nadat hulle die eerste keer van die opbrengs van die land geëet het, was daar geen manna meer nie.  Hoekom?  Nou sal die HERE seën wat ons doen.  Al wat Hy verwag, is gehoorsaamheid.  Deuteronomium 11 vertel ons presies wat die HERE gaan doen.  Waar ons vroeër self moes werk om te kan voorsien, sê die HERE Hy sal sorg vir die groei, ons moet net plant en oes.  Vers 11 en 12 stel dit so: “11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ‘n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink; 12 ‘n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.” Nou kan ons ook verstaan waarvan Salomo in Psalm 127 van praat: “1 ‘n Bedevaartslied.  Van Salomo.  As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet–net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!” So, in Kanaän sal die HERE alles wat ek doen seën, solank ek my hou by wat Hy van my verwag om Hom te dien, en nie afdwaal na vreemde gode nie.

Waarvoor moet ons oppas?

Tog moet ons ook nog die volgende in ag neem.  Selfs in Israel se tyd is nie al die Israeliete gered nie.  Al die Israeliete is besny as teken van die verbond.  Dit was vir hulle ‘n seël dat hulle aan die verbondsvolk van die HERE behoort het.  Maar tog vind ons dat die profete in Israel se tyd die volk aanspreek deur te praat oor bekering.  Esegiël, in hoofstuk 18 doen ‘n beroep op die Israeliete om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë, want indien hulle dit nie doen nie, het die HERE geen keuse as om hulle oor te gee aan die dood nie.  Die dood hier is nie ‘n fisiese dood nie, maar ‘n ewige dood.  Hier word ook vir ons ‘n riglyn deur gegee dat ons nie kan roem oor ons ouers of wie ook al en daarom verwag om gered te word nie, maar dat elke persoon self moet kies waar hy die ewigheid wil spandeer.  Dit word duidelik gestel in vers 20 en vers 30: “Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.  30 Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die HERE HERE.  Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.” Soos ek vroeër gesê het, nie al die Israeliete is gered nie.  Dit beteken ook vandag vir ons dat ek nie daarop kan aanspraak maak dat indien ek eenmaal die HERE as my verlosser aangeneem het, ek die ewige lewe beërwe nie, maar dat ek my verlossing kan verloor.  Die bogenoemde gedeelte bewys dit vir ons.  Dit word ook bevestig in Esegiël 3 waar Esegiël as volg skryf: “20 En as ‘n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek ‘n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.” Dít klink altyd vir my soos kwaai woorde, daarom wil ek die hoofstuk afsluit met ‘n vraag vir jou.

My vraag vir jou

Nou bly daar nog een vraag oor wat ek graag wil vra.  Die vraag kom uit Deuteronomium 30 vanaf vers 15 “Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.  16 Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem .17 Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien ,18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie.  19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou.  Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,20 deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee”.

My gebed vir jou is dat jy, Dié Weg, sal kies.