Wat is ‘n belofte, ooreenkoms, testament en verbond? Hoe onderskei ons die verskille in die Bybel.

Print Friendly, PDF & Email

 

Wat is die definisies, ooreenkomste en verskille tussen ‘n belofte, ‘n ooreenkoms, ‘n testament en ‘n verbond?

In die artikel wil ek eers graag elke deel definieer en dan kan ons kyk hoe dit in die Bybel gebruik is. Ek vind dit is nodig want daar is soveel verskillende sienings, dat indien jy nie bly by die werklike betekenis nie, die teks heeltemal buite enige verband gebruik kan word. Wanneer ons dan  ons verstaan gebruik, kry ons dan nuwe betekenisse vir die verklaring van die Bybel. Hierdie nuwe verklarings van die Bybel maak ons dan pas by ons manier van dink, terwyl wanneer ons die regte betekenis het, dit ‘n geheel anderste betekenis het. Ek dink dit is sovele kere deur teoloë gebruik om hul teologiese standpunte mee te anker, dat die oomblik wat jy die regte betekenis het, die teoloog se hele siening soos mis voor die son verdwyn, of soos ‘n kaartehuis inmekaar tuimel.

Die verbond is een van die onderwerpe wat seker die grootste verskille maak tussen verskillende groepe. Omdat min mense werklik die verbond verstaan, sit ons vandag met derduisende verskillende groepe, en mense wat hulle eie afleidings maak van hoe die Bybel inmekaar steek en pas. Wanneer ek na iemand luister of dalk net ‘n artikel lees en die persoon verstaan nie die verbond nie, dan staan dit uit soos ‘n seer duim aangesien die persoon sy onkunde onmiddellik bewys. Ek moet net hier vroeg u al laat verstaan dat al vier woorde wat hier gebruik word, almal dieselfde grondslag het, en dit is ‘n belofte. Maar meer daaroor later.

So ek sal begin deur eers die betekenis soos deur die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) te gebruik, of ander verklarende woordeboeke waar ons voorbeelde kry in die Bybel van so ‘n voorval of voorvalle, en dan hoe daar verdraaiings ingekom het om ‘n sekere sienswyse mee te bevestig. Ek wil net hier sommer in die begin al uitwys dat ek nie een sienswyse bo die ander sal stel nie, maar slegs die ware en onware voorbeelde sal uitwys. En net een ding moet u onthou. Ek sal nie huiwer om enige persoon se sienswyse oor te sien nie. So ek het nie soos wat die mense se uitdrukking is “heilige koeie” wat ek nie durf aanraak nie. So indien Luther dalk iets gedoen het wat hy nie moes nie, sal ek dit uitwys aangesien dit deel vorm van sy karakter en daarom ook deel van sy teologie en uitleg gaan bepaal.

So net nie te kwaad vir my word nie, ek moes ook maar jare navors en inligting soek voordat ek gedink het om iets te kan neerskryf en verstaan, en was ook nie altyd ‘n maklike saak is nie. En natuurlik kan van die mense nie hulleself vandag meer verdedig nie, maar indien hulle iets gedoen het of gesê het wat nie volgens die definisie reg is nie, glo ek dat ek die reg het om dit te kan uitwys, aangesien hulle aanhangers dit nog steeds as korrek interpreteer.

So na ‘n redelike lang voorwoord kan ons begin by dit wat die artikel oor gaan.

Belofte

Die WAT se verklaring van die woord:

belofte s.nw.
1 Wat belowe word; skriftelike of mondelinge toesegging: Jou belofte hou, nakom, vervul. ‘n Belofte aflê, breek, gestand doen. Iemand aan sy belofte hou.

2 Voorteken of aanduiding wat rede gee tot die verwagting van iets goeds of voordeligs: Die belofte van ons koringoes is vanjaar baie gunstig.

3 Plegtige verklaring sonder aflegging van ‘n eed: Doopsgesindes of ander persone wat gewetensbesware het teen die gebruik van die Here se naam, doen voor ‘n magistraat of regter slegs ‘n belofte.

UITDR.
Die land van belofte — sien LAND. Iemand met mooi beloftes wegstuur, afskeep, paai, hom allerhande mooi dinge belowe sonder om die beloftes na te kom. Belofte maak skuld, as jy iets belowe, moet jy jou belofte ook nakom — soms met die byvoeging: maar wie daarop wag, is gekuld; ook: wie dit glo, raak gekuld, of: wie daarop wag, het geduld.

Nou kan ons kyk na van die beloftes in die Bybel. Soos ons sal sien sal van die gedeeltes dalk as belofte en ooreenkoms en testament en in verbond gebruik kan word. Maar die manier wat dit gedoen word of die voorwaardes kan dalk heel anders wees.

Waar ‘n belofte tussen enige een van twee of meer partye gemaak kan word, kan ‘n belofte ook aan jouself gekoppel word soos om byvoorbeeld te sê ek sal nooit iets weer doen of sê nie. Gevolge wat kan volg omdat ‘n belofte gebreek is kan van geen tot ernstige gevolge hê, maar dit kan dalk net vir my groot hartseer ook tot gevolg bring. Een goeie voorbeeld vir my is Jesus wat vir Petrus sê dat Petrus Hom drie keer gaan verraai voor die haan die oggend gaan kraai. Petrus se reaksie was sy belofte dat dit sekerlik nie sal gebeur nie. Die res is geskiedenis. Petrus het sy belofte verbreek, en tog het Jesus hom nie verwerp nie. So wanneer ons na ‘n belofte kyk, is dit nogal maklik om te maak, en al het ek dit met Jesus gedoen, die gevolge van my nie nakoming daarvan nie, is dalk nie so ‘n groot probleem is as wat ek dink dit gaan wees nie.

Ek kan iets noem wat skielik die afgelope paar jaar baie oor geskryf, praat en gepredik oor was is die gelofte wat die voortrekkers met die HERE aangegaan het. Al probeer ons dit nou ‘n gelofte noem, is dit en sal altyd ‘n belofte wees. En ja, almal wil nou skielik groot gevolge koppel omdat dit vir jare afgeskeep is, wonder ek tog partymaal of dit gaan oor wat die HERE die dag bewerkstellig het, of is dit dalk net ‘n platform om mense te laat skuldig voel, en so ook ‘n klomp volgelinge te kry. Ek wil nou nie politiek by sleep nie, maar dit is ongelukkig so dat dit al is wat daardie dag vir meeste mense wat dit as Geloftedag vier, oor handel. Die feit dat ons dit eintlik net as ‘n dag soos ‘n Sondag sou vier is nie die rede waaroor ons bymekaar kom nie. Vandag is dit ‘n preek van ‘n prediker en dan ‘n lang toespraak van een of ander politiese spreker wat die geleentheid misbruik om sy standpunt te verduidelik.  As kind het ek nie baie daarmee te doen gehad nie want my ouers was lede van die Verenigde Party, of sommer net as sappe bekend, en het hulle nie veel aan die Afrikaner bewind gesien nie, veral nie met die politieke kleur wat die dag aangeneem het. My Pa het selfs boekies van Beyers Naude gekry elke maand en ek onthou dat my Ma sommer kwaad geword het omdat hy so teen die nattes gekant was. Maar dan was hy een van die mans wat gedurende die tweede wêreld oorlog ‘n soldaat was en dalk net ‘n rede gehad het om so te voel. Daar het hy sy tweeling broer verloor, en is hy self baie geteister deur anders denkende Afrikaners wat daarop uit was om hom fisies aan te rand wanneer hy’n naweek huis toe gekom het na my ma en ouer broers en suster. So ek kan sy standpunt insien. Ek het maar persoonlik nie baie te doen gehad en geweet oor die apartheids voordele van die nattes, die broeder bond, en hulle kinders nie.

So ‘n belofte is nogal ‘n baie maklike item om te definieer en te beskryf. En daar is nie juis ‘n beperking oor waar jy ‘n belofte kan maak, of wat dit ook al behels nie. Seker een uitdrukking wat ‘n persoon gereeld hoor is ‘n belofte is gemaak om verbreek te word.

Dit is nogal een wat ek redelik gereeld hoor wanneer jy met mense onderhoude hou voor hulle in die huwelik bevestig word. Nou moet u weet ek is gelisensieer om huwelike te bevestig tussen heterogene Christene. Dit is wat in die stigting artikels opgeneem is en nie sal verander nie, anders breek ek natuurlik een van die stigting reels. Nou die mense wat ek gewoonlik trou is mense wat of heeltemal Kerk loos of kerklos is. Partykeer kry jy snaakse gevalle ook soos wanneer jy ‘n 7de dag Adventiste lidmaat met ‘n Rooms Katoliek in die huwelik bevestig want die dame se pastoor het so twee weke voor die troue kop uitgetrek toe hy hoor hierdie lidmaat wil met die Anrichris trou. Dan lag jy maar en gaan aan. Maar ongelukkig vind jy baie kere dat dit nie die eerste huwelik is nie, maar die tweede of meer kere is dat die persoon in die eg verbind gaan word. Dan is ‘n mens se vraag maar altyd, “wat het verkeerd gegaan?. En dit is waar jy uitvind dat beloftes nie in dade omskep is nie. Mense sal alles belowe maar wanneer dit by die uitvoer daarvan kom, dan gebeur dit nie altyd nie.

Wanneer ek ‘n gewone Christelike huwelik hou, lees ek altyd teen die einde die beloftes wat die een teenoor die ander persoon maak, en dit word so mooi saamgevat in 1 Korintiërs 13. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” (1Ko 13:4-7) En dan hang dit maar af hoe ek voel en watter persoon al die meeste kere genoem het hoe hulle vorige huwelike uitmekaar gerafel het oor beloftes, en dan gebruik ek die persoon se naam in die plek van die woord liefde. Die gedeelte skok gewoonlik meeste gaste wanneer hulle hoor dat indien hulle mekaar liefhet, dit die manier is wat jy dan in die huwelik moet optree. Soos jy die gedeelte lees, vervang die woord liefde met jou naam en kyk hoe maklik en hoeveel keer jy al hierdie beloftes gebreek het. Dan kan dit so klink indien ek die man se naam gebruik, en kom ons sê sy naam is Piet. Piet is lankmoedig en vriendelik; Piet is nie jaloers nie; Piet praat nie groot nie, Piet is nie opgeblase nie, Piet handel nie onwelvoeglik nie, Piet soek nie sy eie belang nie, Piet word nie verbitterd nie, Piet reken die kwaad nie toe nie, Piet is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar Piet is bly saam met die waarheid. Piet se optrede bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Dit is regtig baie maklik om aan sovele voorbeelde te dink, maar ek dink hierdie keuse van beloftes sal ons almal redelik maklik verstaan.

Nou wat daarvan as ons sedes so ‘n bietjie uitgerafel het en ons nou vind dat ons nie die Bybel as handleiding wil gebruik om veral ons seksuele lewe op te grondves nie? Wel, dan struikel jy oor die eerste hekkie van Christen wees, en kan jy maar jou tyd beter gebruik van maak deur nie verder te lees nie. Ek skryf vir mense wat regtig kinders van die HERE wil wees, en nie vir die wat aan hulle ore gestreel wil word nie. Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie. Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees; en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke— die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie, terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie. Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking. Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het, maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het met die stem van ‘n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder. Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword. Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.” (2Pe 2:1-22)

Seker die maklikste voorbeeld is skinder. Op ‘n groot dorp of stad kan jy dit maklik ignoreer en aangaan met jou lewe. Maar sodra jy op die platteland kom is dit ‘n heel ander storie. Dan hoor jy hoe jy goed die volgende week al glo sou kwytraak. Net die persone was natuurlik daar toe jy dit genoem het. So glo my, elke storie het maar net so ‘n klein stukkie of stertjie bygesit net om dit smaakliker te laat afgaan.

Ons almal beloof tog as Christene om ten alle tye die waarheid te praat en uit te leef, so dit is jou belofte, maar wanneer ons kom by die geleentheid om ‘n lekker draadjie aan ‘n storie te sit, dan doen ons dit en so verbreek ons die belofte wat ons gemaak het.

Ooreenkoms

Weereens eers die WAT se betekenis.

Ooreenkoms s.nw., ooreenkomste (behalwe in bet. 2 a).

1 a ) Formele afspraak, reëling, skikking of kontrak (KONTRAK 1 a) tussen twee of meer partye: ‘n Onderlinge, ongeskrewe, skriftelike, stilswyende ooreenkoms. ‘n Ooreenkoms aangaan, bereik, tref, verbreek. By ‘n ooreenkoms hou. ≈ Ons is agt boere met plase wat aanmekaar grens. Oor al agt plase is ‘n watervoor … Die ooreenkoms wat mondeling gemaak is, lui almal help die voor skoonmaak (Landbw., 10 Mrt. 1964, 57).  Die ooreenkoms (met ‘n oliemaatskappy) het hom verbind om net vir renspanne te jaag wat ‘n ooreenkoms met dieselfde oliemaatskappy gehad het (A. Marais: Blitse, 1966, 125).  Die Duitsers het (in 1890) ooreenkomste met die Herero’s … gesluit om hulle te help om die stamme … wat teen hulle in opstand sou kom, … te onderdruk (P.G. Visser: Suidwes-Voortr., 1940, 47).

1 b ) Verdrag: Die ooreenkoms waarop die (Volke)bond berus …, is ‘n ooreenstemming wat bereik is deur byna al die beskaafde state van die wêreld om beter internasionale verhoudings te skep (J. de V. Heese: Burgerkunde, 1933, 95).  State (gaan) … bilaterale verdrae (t.o.v. lugvervoer) met mekaar aan … Daar word gewoonlik na die bilaterale ooreenkomste verwys as “Bermuda-tipe ooreenkomste” (G.N. Barrie: Lugvaartreg, 1973, 17).

1 c ( Geskrif of dokument wat die bepalings van ‘n ooreenkoms (OOREENKOMS 1 a en b) bevat: ‘n Ooreenkoms opstel. ≈ ‘n Ooreenkoms is … onderteken ingevolge waarvan die Mielieraad 1 200 000 metrieke ton mielies binne ‘n tydperk van drie jaar aan die Republiek van China moet verkoop (Landbw., 6 Febr. 1973, G9).  Onderhandelinge … is … aangeknoop met die Departemente Vervoer … en Waterwese. Die gevolg daarvan was die ondertekening van ‘n ooreenkoms tussen … (die) partye (Boerd. S.A., Febr. 1972, 11).  Die somberste tyd in die (Vaal)rivier se geskiedenis was in 1902 toe dit as agtergrond moes dien vir die voorbereidings vir die ondertekening van die ooreenkoms van die Vrede van Vereeniging (J. Meintjes: Sasol, 1975, 4).

2 a (geen mv.) Ooreenstemming (OOREENSTEMMING 1 a): Die bou (struktuur) van die aarde toon ‘n mate van ooreenkoms met dié van ‘n ui, want dit bestaan uit konsentriese lae (A. Nel, e.a.: Fis. Aardr. Sen. 1966, 171).  Diegene wat in God … glo, … weet … dat die wetenskap ons niks meer en niks minder kan openbaar as die ooreenkoms tussen mens en dier nie (J.D. du Toit: Werke VI, 1961, 192).  Albei kinders is blond en blou-ogig, maar daar eindig ook alle verdere ooreenkoms (E. Vermeulen: Reënboog3, 1961, 63).  Reproduksie … kan … in die fynste besonderhede waargeneem word waar oorerwingsfaktore van chromosome … die ooreenkoms in gelaatstrekke … tussen ouers, grootouers en die kinders bepaal (H.A. Prozesky: Opvoedk.2, s.j., 31).  Die plaas … toon … ‘n goeie ooreenkoms met plase in … die bergagtige state van die V.S.A.. Dit is te afgeleë vir die produksie van vars melk, maar het goeie veld en ‘n gesonde klimaat (Landbw., 17 Okt. 1972, 23).

2 b)  Ooreenstemming (OOREENSTEMMING 1 b): ‘n Vergelyking van die Kaaps-Hollandse boukuns met die Curaçaose monumente lê … voor die hand … Ons … (wil) die aandag … vestig op die ooreenkomste en verskille met die Kaaps-Hollandse styl (G. v. Alphen in Hist., Des. 1960, 233).

3 (wiskunde) Afparing v.d. elemente van ‘n versameling m.d. elemente van ‘n tweede versameling.

Nou kan ons kyk na ooreenkomste in die Bybel.

Seker een van die maklikste ooreenkomste in die Bybel is die tussen Jacob en Esau. Daar was geen geskrewe ooreenkoms nie maar Kain wou so graag van sy aardse behoeftes bevredig dat hy sy eersgeboorte reg vir Abel gee. En dit sonder enige getuies behalwe die HERE nie. Maar die HERE maak seker dat daardie ooreenkoms nagekom word.

So ‘n ooreenkoms kan dalk hierdie klein dingetjie maar wees, maar dit kan die gang van die hele mensdom aanraak. Ons kan maar net kyk na wat die Bybel verklaar oor die geleentheid. “Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.” Hebr. 12:16-17. So vind ons ‘n voorbeeld waar twee baie goeie vriende van laerskool dae af twee plase wat direk langs mekaar geleë is koop, en alles mooi reg gaan totdat dit by die water regte kom. Die een vind toe uit dat sy plaas drie dae van die water se gebruik het, en dat sy vriend net twee dae het. Toe verstaan hy hoekom die vorige eienaar sulke groot damme gebou het sodat hy sy water kon stoor. Toe hulle na die water serwituut kyk wat saam met die titel akte geregistreer is, die ooreenkoms toe aangehaal word soos ek dit genoem het, maar dat dit toe al jare anders gebruik is aangesien die plaas wat toe reeds drie water beurte het, ook ‘n baie sterk boorgat het. So het die boere daardie tyd nie die nuwe gebruik laat registreer het nie. Maar die nuwe eienaar wou toe die water wat uit ‘n fontein sy bestaan het, gebruik en dit as vars gebottelde water verkoop.

Ek daar het die vriendskap tot ‘n einde gekom, die plaas is toe weer verkoop, en nou is almal maar ligvoets vir die ou wat nie eers sy jarelange vriend sal tegemoet kom om so nou en dan te help dat hy net water vir sy oeste kan kry. Maar dit is nou maar hoe die lewe is.

Nog ‘n voorbeeld uit die Bybel is dat die HERE vir Israel bevel gee om al die nasies dood te maak in die land wat die HERE hulle in Kanaän beloof het. Israel weet van beter en maak hulle die ander volke net ondergeskik aan die Israeliete en so verloor Israel dit wat die HERE vir hulle gegee het. So het hulle die ooreenkoms met die HERE verbreek, en ons weet uit die geskiedenis dat die volk of gemeente Israel die land Kanaän verloor het. Net die stamme van Israel wat afkomstig was van Benjamin, Juda en die Leviete kon nog roem daarop dat hulle nog kinders van Abraham in die fisiese was.

Testament

Soos gewoonlik, eers die betekenis. Die keer uit die HAT.

tes·ta·ment s.nw. [testamente]

1 verklaring, in ’n wettige vorm opgestel, waarin ’n persoon uiteensit/stipuleer wat ná sy/haar dood met sy/haar eiendom en bates moet gebeur; uiterste wil: ’n testament opstel/maak/herroepdie bindende krag van ’n testamentSorg dat jou testament korrek is volgens die wetlike voorskrifte.
2 (figuurlik) nagelate geskrif of oorgelewerde gedagtes waarin iemand se lewensfilosofie (wat deur volgelinge aangehang/voortgesit word) saamgevat is: die politieke testament van ’n groot staatsman/opvoedkundige/filosoof.
3 elk van die twee hoofdele waaruit die Bybel bestaan: Die Ou Testament en die Nuwe Testament.

Uitdrukkings

jou testament maar kan maak (sarkasties) in lewensgevaar verkeer.[Latyn testis getuie]

► testamentmaker   Ou Testament s.nw. [geen meervoud] die eerste 39 boeke van die Bybel as geheel.

Ons almal het al seker die uitdrukking gehoor dat iemand uit die graf regeer. Dit is hoe sterk die wet ‘n testament sien. Indien die persoon by sy volle verstand was en daar getuies was, is daardie testament geldig. Daar word elke nou en dan sake waar mense, en dit is nou familie, die testament teenstaan omdat daar nie verklaar is dat alle vorige testamente hiermee herroep word nie en so probeer mense om sekere gedeeltes te probeer omseil. Maar dit is so. Indien die testamentmaker daarin iets kwytgeraak het waarvan jy nie geweet het nie of nie gedink het die persoon sal sulke detail in die testament in te sluit nie, is daar verseker al baie mense heeltemal onkant gevang met ‘n testament.

Daar is altyd so ‘n paar wat dalk jou sal laat wonder waaroor dit so gebeur het, maar indien jy nie die geskiedenis ken nie, kan dit jou heeltemal onkant vang. So het ek gehoor dat daar twee boere was wat langs mekaar geboer het. Die een het ‘n mooi dogter gehad en die ander een die perfekte man. Maar hulle kon nie trou nie want oupa het besluit dat nooit in enige geslag die een familie met die ander verbind mag word nie. Gelukkig vir hulle het die wet so verander dat jy vandag in ‘n siviele ooreenkoms mag ingaan wat trou slegs met ‘n ander naam is, en so kon hulle die testament omseil, sonder enige probleme. Maar ek dink albei omies het seker rondgerol in hul grafte die dag toe die twee in die eg verbind is.

Maar ‘n testament is ‘n absolute noodsaaklike dokument sodat elke persoon weet wat presies met elke persoon gaan gebeur na die afsterwe van ‘n persoon. En hier kom ons by een van die grootste struikel blokke. Nou weet ons wat gaan gebeur na die afsterwe van ‘n persoon en nou probeer ons almal om in die testamentmaker se beste boekies te kom en bly.

Nou vind ons dat Jesus al die testament vir ons opgestel het met Abraham se geslag, en is ons benaming van die ou en nuwe testament in wese verkeerd, want nou kan baie goed interpreteer asof dit eers na Jesus se dood van krag is, maar omdat ons nie die verskil tussen ‘n testament en verbond ken nie, is ons teologie nie gebou op Jesus as hoeksteen nie. Dit is gebou op ons interpretasie van die verbond en testament soos ons Kerkverband of geloof siening dit gesien het.

Kom ek gooi gou gou ‘n voorbeeld in wat mense sommer dadelik oor sal laat wonder. Gedurende die reformasie was een van die beginsels wat veral in Duitsland grondgevat het, die sogenaamde Anabaptiste beweging was. Maar soos sovele van die mense vandag nog doen, hou ons daarvan om mense in groepe te klassifiseer. So het hulle skielik ook hulself in vyf groepe gevind, en moes hulle vlug vir hulle lewe want Calvyn wou hulle almal laat doodmaak. Hulle het nie saam met sy interpretasie gestem nie, en het Calvyn seker gemaak dat hy genoeg mense in hoë poste gehad sodat hulle dan in hegtenis geneem kon word en aangekla word dat hulle nie die staat se offisiële godsdiens gevolg het nie en dan ter dood veroordeel is en natuurlik het Calvyn niks daarmee te doen gehad nie. So het al die Anabaptiste vir hulle nuwe blyplek gesoek en het daar sekere van die state in Amerika hulle deure oopgemaak vir die mense en het hulle soontoe verhuis. Baie van die kinders se eerste taal is nogsteeds Duits, en gaan hulle slegs tot graad 8 skool want dan het hulle genoeg geleer om ‘n plaas te kan bedryf, en is dit wat van hulle verwag word. Nou iewers hier in 1918 rond, het hulle “Sinode” besluit dat hulle nie verder deel in nuwe tegnologie nie en is dit waar hulle vasgehaak het met hul klere, haarstyl, vervoer en alles wat almal oor lag vandag. So jy kan tegnologie van 1917 gebruik maar nie van 1919 nie. Nogal interessant.

Hoekom ek ook verskil oor wanneer ‘n testament begin en eindig, het die Vader met Abraham ‘n testament of ooreenkoms aangegaan dat Hy altyd hulle God sal wees, indien hulle Sy volk sal wees. Daarom al het Israel elke nou en dan afgedwaal, het hy in sy testament bepaal dat hulle Sy volk is, so Hy moes hulle dus aanhoor want dit was deel van die testament. Hoe het die HERE hierdie testament met Abraham gedeel? En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran. En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom. En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land. Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ‘n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.(Gén 12:1-7)

So hierdie klink vir my soos ‘n testament en nie ‘n verbond nie. Abraham het niks gedoen nie, en het geen iets moes doen om hierdie testament in vervulling laat gaan het nie. Hy was maar net daar, en moes net doen wat die HERE hom beveel het om te doen. So van die HERE se kant was dit sy testament met Abram en sonder enige verpligting van Abram af.

En nou die laaste gedeelte, die verbond.

Soos gewoonlik, eers die woordeboek betekenis.

ver·bond s.nw. [verbonde]

1 vereniging van ’n aantal persone/state/groepe/ens. om ’n bepaalde doel te bereik; alliansie; bond: ’n verbond sluit/aangaan • ’n offensiewe/defensiewe verbond.
2 ooreenkoms: ◊ Maar met jou sal Ek my verbond oprig (Gen. 6:18).| die Ou en die Nuwe Verbond die Ou en die Nuwe Testament van die Bybel.

Uitdrukkings

jou testament maar kan maak (sarkasties) in lewensgevaar verkeer.[Latyn testis getuie]

► testamentmaker   Ou Testament s.nw. [geen meervoud] die eerste 39 boeke van die Bybel as geheel.

Soos u sal sien is daar maar min geskryf in die verklarende woordeboeke, want ons as westerlinge verstaan nie die beginsel van ‘n verbond nie, en was daar selfs in die Grieks en ander ou tale waarin die Bybel oorspronklik opgeneem is, wat ook nie verskillende woorde gehad het vir die spesifieke beginsel en woord nie. Dit is ‘n ritueel wat deur die nabye Oosterlinge gebruik is, maar dit het verdwyn omdat die meeste Christene hier na die dood van Christus, na Europa toe gevlug het, en verseker nie by die mense van die nabye Ooste toe gevlug het nie.

Daar is een boek wat nogal redelik lig werp op die onderwerp en dit is geskryf deur Henry Clay Trumbell met die naam van “A Blood Covenant, a primitive rite and its bearings to Christians.”

Soos ons uit die naam kan aflei, het die persoon die boek geskryf omdat dit meer lig werp op die Christelike kant van die verbond. Verder vind ons ook dat baie teoloë verskillende interpretasies koppel aan die woord, en dit dan ook sommer die hele betekenis van die evangelie kan verander, En dit is maar wat ons ook kan laat lei op die pad wat die skrywer jou wil vat, of jou skielik sal laat wonder of jy dalk ‘n verkeerde interpretasie gemaak het. Ons hoor so baie van die Nuwe Verbond, maar verstaan ons wat dit beteken, of verstaan ons wat gebeur het? Volgens die Ou Verbond is daar elke jaar ingegaan na die Allerheiligste in die tempel om met bloed versoening te gaan doen vir ons sonde. Dit was dan ook die viering van die pasga, waar elke huisgesin ‘n lam sonder gebrek moes vat en eet. Die lam het dan versoening gebring tussen die volk en God.

So wat was die verbond en waaruit het dit bestaan? Ek haal die hele gedeelte uit Genesis aan: Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete en Hetiete en Feresiete en Refaïete en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.” (Gén 15:3-21)

So hier vind ons al die voorskrifte vir die verbond. Soos ons hier sien het Abraham nie juis ‘n rol gespeel in hierdie verbond nie, en moes hy maar slegs ‘n passiewe rol speel. Hy het self nie geweet wat rondom hom gebeur het nie. In die Nuwe Verbond vind ons dat Jesus die offer was, dat Hy die Lam geword het wat vir ons sonde gesterf het, en so vir ons vergifnis bewerk het. Al wat ons moet doen is glo dat Jesus die Christus (Verlosser, Messias) was en is, en as teken daarvan is die viering van die Nagmaal en dan ons laat doop om te verklaar dat ek saam met Jesus gesterf het, maar ook, dat ek saam met Hom opgestaan het. Dit beteken verder dat ek my grondgebied moet verander, deurdat ek Egipte, die plek waar die Farao(satan) heers moet verlaat deur gedoop te word, en my vestig onder die koningskap van die HERE.

Wanneer ons die gebruike van die tyd bestudeer en ondersoek, vind ons dat daar verskeie kledingstukke en bewysstukke omgeruil was wat tekens van die verbond was. Kom ons kyk na wat moes die persone omruil wanneer hulle ‘n verbond aangegaan het, en wat is die betekenis daarvan vir vandag: Hulle moes hulle bokleed omruil. Vir ons beteken dit dat Hy Sy kleed vir ons gegee het sodat ons Sy natuur en karakter kan ontvang.

Hulle moes lyfbande omruil. Sy lyfband bied ons Sy krag en Sy Sterkte.

Hulle het hul polse gesny en die bloed vermeng. Die vermenging van die bloed beteken vir ons dat ons reiniging van sondes ontvang. Onthou net dat in alle verbonde die vermenging van bloed beteken alles wat ek het die ander persoon nou ook besit, maar ook dat alles wat die persoon het, nou ook myne word. Ek kan net noem dat dit ook die rede is dat die huwelik as ‘n verbond bekend staan, want ons is nou een nadat ons verbond “gesny” het. Wanneer ‘n vrou die eerste keer gemeenskap het verloor sy haar maagdelikheid en vloei daar bloed. So die twee persone het dus ‘n verbond aangegaan. Nou met ons nuwe lewensstyl van rondslaap en doen net wat ons wil, wonder ek hoeveel mense werklik besef waaroor dit gegaan het want hulle het met soveel ander persone gemeenskap gehad en nou loop jy met al daardie persoon se sondes en probleme rond. En natuurlik kan jy nie verstaan hoekom jy so deurmekaar is nie. Ek kan as kind onthou dat hier tot in die laat sestigs as ek reg is, kon jy aansoek doen om die huwelik nietig te laat verklaar indien die vrou kon bewys dat sy nogsteeds ‘n maagd was. So in so ‘n geval was dit asof jy nooit getrou het nie.

Alles wat myne was het die ander persoon s’n geword, insluitend hulle name. Ons vind dus dat ons naam verander, en daardeur ontvang ons Sy reputasie en outoriteit, terwyl Hy ons Sy litteken aanbied aan die kruis as ‘n teken van ‘n permanente verbintenis.

Besittings is verruil. Hy verruil ook ons besittings, en so ontvang ons die ewige lewe, en neem Hy ons dood op Hom. Die verbond is verseël met ‘n ete. By die Nagmaal eet ons as deelgenote saam die verbondsmaal, en word die verbond dus bevestig. Die laaste teken van die verbond, die gedenk paal, is die bloedbevlekte kruis op Golgota. Want as Hy nie gesterf het nie, sou ons nie die ewige lewe kon ontvang nie.

Die belangrikste betekenis van die verbond was dat die HERE daarmee verklaar het dat indien Hy enige van die voorwaardes verbreek het, Abraham dieselfde met Hom kon maak as wat Hy met die diere gemaak het. So indien die HERE dus die verbond met Abraham of enige persoon wat deel geword het van die verbond laat sterf, kan ons dus die HERE doodmaak soos Hy die bees dood gemaak het. Dit was ‘n algemene ooreenkoms en kan ons dit later in die Bybel sien afspeel waar Dawid en Jonathan ‘n verbond aangegaan het dat indien daar iets met Dawid of sy familie sal gebeur, Jonathan dan Dawid se kinders as sy eie sou grootmaak. Die omgekeerde het egter plaasgevind en was dit die rede hoekom Dawid vir Mefiboset grootgemaak het want Jonathan is gedood omdat hy Saul se seun was, en dit was hoe die gebruike daardie tyd was.

So kan ons dan verstaan dat toe die HERE vir Abraham vra om Isak te gaan offer hy nie getwyfel het nie. Die HERE het twee keuses gehad, Hy moes of vir Isak uit die dood opwek maar dit was bestem vir Jesus, of Hy moes ‘n alternatief verskaf, wat Hy wel gedoen het en dit was die offer wat Israel elke jaar moes herhaaldelik doen want dit het slegs vir ‘n jaar gegeld. Dit is dus ook die rede hoekom Jesus moes sterf, want die Vader het van Abraham verwag om sy seun te offer, en daarom moes Hy toe vir Jesus offer sodat hy sy gedeelte van die verbond kon nakom.

Maar natuurlik was daar ook groot voordele aan verbonde vir die persone wat gekies het om deel van die verbond te word. Maar hulle moes kies. Hulle was nie outomaties deel van die verbond nie. Lees gerus Esegiël 18 om te hoor wat met gelowige en ongelowige vaders en seuns gebeur.

Hoe word ek deel van die verbond? Die eerste keer wat ek nagmaal gebruik, waar ek verklaar dat net Hy my kan red. Dan kan ek deel aan Sy liggaam, die brood, en die wyn, die bloed van die Lam. Dan moet ek trek uit Egipte, om weg te kom van die heerskappy van die Farao(satan). Hoe doen ek dit? Deur die doop van die gelowige en die doping met die Heilige Gees wat die afsterwe van die ou mens, en die opstanding van die nuwe mens aandui. Want ek moet kies of ek deel wil word van die verbond. Nie my ouers, kerk of iemand kan vir my besluit nie. Ek moet my lewe gaan neerlê by die kruis. Johannes 3 vers 5 en 6: “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.”

Maar waaroor het hierdie verbond gegaan en hoekom praat ons asof ons as nie Israeliete ook deel het daarvan? So wil ek graag bewys wat Jesus kom doen het, hoekom Hy dit kom doen het, en wat die gevolge daarvan op ons as kinders van die verbond is.

So ek sal eers ‘n vergelyking doen tussen die twee verbonde wat ons geleer word as die Ou Verbond en dan ons wat dan deel is van die Nuwe Verbond. Ek noem dit eerder die verbond voor Christus, en dan die verbond met Christus as Lam.

Stappe van verbond

Nou, met die tweede punt wil ek graag kyk wat die stappe van ‘n verbond is. Dit word volledig vir ons beskryf met die uittog van Israel uit Egipte na die land Kanaän. Dit is immers wat die HERE vir Abraham beloof het waar sy nageslag hulle sal vestig. Dit is dan ook my rigtingwyser vir vandag, aangesien ek ook in Kanaän wil uitkom. Die enigste verskil is Israel het die fisiese tog gemaak, terwyl ons vandag die geestelike tog kan meemaak om by ons Kanaän uit te kom. Dit is die plek wat die HERE vir my bestem het. Ek sal eers beskryf wat Israel moes doen, en dan volg wat dit vir ons as Nuwe Verbondsgenote moet doen en wat dit beteken.

Maar hoekom het die HERE hulle uit Egipte laat trek? “En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.” (Exo 2:23-25) “En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete. En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.”(Eks 3:7-9)

Verder gee die HERE vir ons die rol van elkeen van die rolspelers in hierdie verhaal. “En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek. En Ék sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig. Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei. Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei. Moses en Aäron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.” (Eks 7:1-6). So in die hele verhaal verteenwoordig Moses dus die HERE, Farao die Satan en Aäron die profeet en dus die spreekbuis van die HERE.

Nou kan ons kyk na wat Israel moes doen om uit Egipte te trek, en wat Moses vir hulle voorgeskryf het.

1. Besnydenis

  • Verbond voor Christus: Besnydenis van die voorhuid. Dit moes hulle herinner dat hulle deel is van God se uitverkore volk. “Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. Maar elke slaaf wat ‘n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef”. (Eks12:43-49) “As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het? dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei. En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen. En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ‘n eed beloof het.” (Deu 6:20-23)
  • Verbond met Christus as Lam: Besnydenis van die hart. Alle mense word in Egipte gebore, ‘n lewe sonder die HERE, ‘n lewe waar ek onder die gesag van Satan(Farao) staan. Soos Israel moet ek uitroep na die HERE om my te bevry van Egipte. So my optrede moet verander. Ek moet besef dat ek niks kan doen om myself te red nie. Ek moet glo dat Jesus alles gedoen het om die verhouding tussen my en die Vader te herstel. Ek moet besef dat ek ‘n sondaar is en dat ek verlore sal gaan as ek volhou om my eie lewe te lei. Ek moet tot bekering kom. Ek moet soos ‘n kind van die HERE optree. Ek moet die liefde van die HERE volgens 1 Johannes 3 begin uitleef op aarde. My optrede moet die bewys wees dat ek kind van God is. Geen uitwendige besnydenis is nodig nie. Maleagi 3:18: “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie”. Jer 31:33: “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees”.

“En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop—hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.” (Eseg 11:19-21)

“Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het“.  (Kol 2:9-12)

Wat sê Paulus oor ons as onbesnedenes na die vlees: “Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom 3:29-31) maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” (Rom 2:29)

Weet u daar is sulke pragtige stukke geskryf of liedere geskryf wat ons almal na aan die hart lê wat se woorde tog heeltemal verkeerd is en nie by die boodskap van verlossing inpas nie. Ek het so ‘n paar sinne aangehaal net om my punt te bewys. Ons as Afrikaans sprekendes ken dit maar te goed. “Elke afdraai paadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het u my iewers kom haal. Maak dit Heer, die laaste maal”. Ons almal ken die lied van Koos Du Plessis maar verstaan ons dat ons die HERE vra dat ons nie weer sal afdwaal soos in die verlede nie. Ek dag die eerste teken van die verbond is dat ek sal wegvlug van die verkeerde, maar hier voel ek amper of ons die HERE blameer dat ons verkeerde besluite neem. Hier vra die skrywer dat die HERE hom weer moet gaan haal waar die persoon alweer die verkeerde besluit geneem het. So ek doen nie verkeerd nie, want die HERE laat my dit doen en dan moet Hy my nog kom haal wanneer ek verkeerd optree. Die hele redenasie maak nie sin met wat ons leer van bekering nie. Ek wil net weer die gedeelte uit Romeine 2 aanhaal: maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. (Rom 2:29) So ek moet pa staan vir my verkeerde dade. Maar dit is ongelukkig so dat dit die leer  is wat Calvyn beskryf het, en met die oor grootste meerderheid mense in Suid Afrika as Calviniste, is dit maar ‘n moeilike gedeelte want die HERE het klaar besluit wat met my sal gebeur. Ek het geen invloed op wat met my in die toekoms sal gebeur nie.

2. Brood

  • Verbond voor Christus: Brood sonder suurdeeg moes geëet word. Suurdeeg was ‘n teken dat jy opgepof was en dat jy sonde gehad het. So hulle brood moes wys dat daar nie sonde was nie. Ons vind die volgende skrif in Korintiërs: Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” (1 Kor 5:6-8)
  • Verbond met Christus as Lam: Jesus is die brood van die lewe. Hy kon geen sonde hê nie, want Hy is ook God. “Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”(Joh 6:49-51) “En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.” (Mat 26:26)

3. Lam slag

  • Verbond voor Christus: Hulle moes ‘n lam slag en eet. “Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ‘n lam neem volgens die families, ‘n lam vir ‘n huisgesin. Maar as ‘n huisgesin te klein is vir ‘n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.” (Exo 12:3-6)
  • Verbond met Christus as Lam: “En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. (Open 5:6-10) Ek moet by die kruis van Jesus uitkom, waar ek besef wat dit beteken om te sterf. Dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons kan lewe. Tot vandag toe voor ek enige vleis kan eet, moes die dier wat ek gaan eet sy lewe opgegee het sodat ek kan lewe, en dit is wat Jesus kom doen het. Hy het Sy lewe opgegee sodat ek en jy Sy lewe kan kry, ‘n lewe waar die dood geen mag oor het nie. Selfs by Adam en Eva leer ons dat hulle vyeblare geneem het om hulle skuld mee te bedek, maar die HERE slag ‘n bok om vir hulle klere te maak om hulle naaktheid mee te bedek. Maar ook hier moes daar bloed vloei om vergifnis vir die sonde te bewerk.

4. Bloed van die Lam

  • Verbond voor Christus: Hulle moes die bloed aan die deurposte smeer. Dit het beteken dat die dood by die huis verby gegaan het. “Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.”Eks 12:12-13)
  • Verbond met Christus as Lam: Ons moet onder die bloed van Jesus kom. “Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (Mat 26:27-28) So indien ek nagmaal gebruik sal die doodsengel my nie kan aanraak nie, en verkry ek die ewige lewe.

5. Waar was die wet?

  • Verbond voor Christus: Wet op kliptafels geskryf soos opgeskrywe in Eksodus 20. Moses beskryf die gevolge ook daarvan verder: “En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen. En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ‘n eed beloof het. En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is. En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.” (Deu 6:22-25) So hul geregtigheid was uit onderhouding van die wet.
  • Verbond met Christus as Lam: Wet op die hart geskryf. Jer 31:33: “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” Die Hebreërs skrywer druk dit as volg uit: Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (Heb 8:10) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID”. (Jer 23:5-6) So ons geregtigheid is Jesus as verlosser.

6. Op wie was dit van toepassing?

  • Verbond voor Christus: Beide Israel en buitelanders. “Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef”. (Eks 12:49) En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee.” So selfs in Moses se tyd was vreemdelinge deel van die verbondsvolk. Maar dit was ook die eerste gemeente op aarde. Moses gebruik hier die woord vergadering van Israel om na hulle te verwys. Wanneer ons die benaming van gemeente of vergadering van Israel na soek in die Ou Vertaling word dit 80 keer gebruik om na die kinders van die HERE te verwys. In die Engelse King James Version van die Bybel word die woord “congregation” 363 keer gebruik in 350 verse om na Israel as “congregation” of in Afrikaans gemeente, te verwys. Dit bevestig ook wat die HERE vir Abraham beloof het. “Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies”.
  • Verbond met Christus as Lam: Daar is geen verandering nie. Want dit is nie nodig nie. Daar was reeds vir ons voorsiening gemaak. Jesus het net dit kom volbring wat nodig was sodat Hy dit wat op Hom gewys het gedoen het en alle sonde op Hom kon neem en ons in die regte verhouding met die Vader geplaas. Dit geld vir elke persoon wat glo dat Jesus die Lam is, Israel en vreemdeling. Nou kan ons in die geregtigheid van Jesus lewe, want Hy is ons geregtigheid. Soos Jeremia dit stel: “In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.” Jer 33:16 Wanneer ons Sy geregtigheid besit dan kan ons met vrymoedigheid na die HERE gaan : “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Heb 4:16.

Wanneer ons na die Boek van Hebreërs kyk, sien ons hoe die skrywer wat ek aanneem Markus was aangesien hy saam met Barnabas en Paulus vir ‘n jaar lank tussen die Jode en Grieke in Cyprus in die eerste gemeente gewerk het, en ook saam met hulle gereis het waar hulle ook al gegaan het, altyd verwys na wat Jesus kom doen het. Hy het altyd bewys dat alles wat Jesus kom doen het, beter was as wat enige van die voorgangers was. So het hy Jesus vergelyk met tot engele, maar tog is Jesus bevind as beter as engele was. Dan volg Hebreërs 5 en 6, wat presies aansluit by wat Israel moes doen met die uittrek uit Egipte. Kyk na die ses stappe waarvan die eerste vier reeds voltooi is, en net die laaste twee nog in vervulling moet gaan. “(Heb 6:1-3)

Die laaste twee stappe, die ewige lewe en ewige dood, is natuurlik wat Jesus bespreek in Mattheus 25, Johannes in Openbaring 6 as volg: “En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Opn 6:12-17)

So ons sien hier dat die stappe van die verbond soos ek aan die gedeelte in Hebreërs uitgelig het, presies deur die onderwerpe vanaf ‘n belofte tot verbond bespreek. So Jesus het nie ‘n belofte kom maak nie, maar ‘n verbond met ons aangegaan, en dit is wat dit beteken. So ons verkry die ewige lewe wanneer ons in verbond met die HERE gaan, en die stappe word vir ons hier uitgespel, en bevat natuurlik ook die laaste twee stappe van die gedeelte van Hebreërs. So indien ons dit aanvaar en deel word in die volgorde soos uiteen gesit, is die ewige lewe jou eindpunt, terwyl indien jy dit nie glo nie, jy dalk in Egipte gaan op eindig, of dalk die plek waar nie een van ons in wil opeindig nie.

Ek weet waar ek wil eindig. Wat is u keuse?

Opsomming.

So nou weet ons wat die verskil tussen die verskillende uitdrukkings in die Bybel is, het ons al die inligting om te kan weet wat die verskille is tussen beloftes, ooreenkomste, testamente en verbond om ons besluit te kan neem om deel van die verbond te word.

Dit is die enigste manier om in die hemel te kom, so dit is nogal belangrik om te weet in jou lewe.