My Agtergrond met plaasmoorde.
Plaasmoorde is een van die euwels van vandag waarmee hoeveel van ons al in moes deel. Mense word aangeval, vermoor, geskend vir die res van hulle lewe, met letsels in die gees en liggaamlik wat nooit sal genees nie.
Nou sit ons almal en wonder wanneer dit jou beurt gaan wees. Want soos ons hier op ‘n ou klein plattelandse dorpie bly met die enigste blanke bure so skuins oor die straat, en dan twee wat regoor mekaar bly ‘n huis van ons af. So dit is hoe dit by ons gaan, en loop niemand na sononder in die dorp rond nie, en is selfs ry gevaarlik. Al hoor jy groot trokke wat laat aand by van die winkels in die dorp stop en weet dit is goed wat iewers van ‘n vragmotor “afgeval” het, durf jy nie eers daaroor te praat nie.
Ek weet hoe dit voel om in die oggend op te staan met ‘n rumoer in die huis by my een dogter toe ek vir Hettie gaan haal het nadat sy by die dogter gewees het om te help na die dogter se laaste kind se geboorte. Toe ek in die sitkamer kom toe weet ek daar is fout, want almal is stil en die dogter vee trane af. Dit is toe dat ons hoor dat my ander dogter se skoonma vermoor is die Vrydagnag en haar skoonpa kritiek in die hospitaal is.
Wat dit nog erger gemaak het was dat hulle almal saam vakansie gehou het en die Donderdag terug gekom het en die twee kinders gaan foto’s uitruil het met haar skoonouers. Hulle is eers na twaalf daar weg en het amper oorgeslaap maar die kinders het besluit hulle wou eerder by die huis slaap want hulle het al twee baie werk gehad om in te haal na die week se vakansie in die bos.
So ek het eerstehandse ondervinding daarvan. Vandag sit hulle twee saam met al drie sy sussies in Australië en Pa het herstel en is weer getroud maar het besluit hy bly maar in Suid Afrika.
Wat kan ons doen?
Ek dink daar is soveel oplossings as wat daar mense is, want almal weet hoe en wat om te doen. Ek stem saam met baie van die aanbevelings aangesien ons wel voorbereid is, is daar tog tye is wat jy buitekant toe moet gaan in die donker, of wat jy na donker by die huis aankom. Daarvoor was daar vroeër jare die kommando stelsel wat gehelp het om vrede te hou op die afgeleë plekke, maar ook geleer is om in stedelike situasies op te tree. Ek weet. Ek was self ‘n Skiet Piet van Randburg kommando en ons taak was baie meer gerig op stedelike veiligheid. Maar helaas is die kommando stelsel afgestel sodat die bietjie teëstand wat daar was, ook weggeval het. Elke persoon moes maar sy weermag wapen terug handig aan die staat en dit het die ANC en later die EFF geleentheid gegee om plase aan te val want daar was nie meer ‘n wapen op elke plaas nie. Meeste boere het vrywillig by die kommando stelsel aangesluit maar toe is hulle sonder gewere gelos en weerbaar gemaak vir plaasaanvalle.
So nou is my eerste voorstel dat ons maar moet kyk hoe ons die stelsel kan vervang binne die grondwet met ons eie kommando stelsel. Ek weet dit is nie almal se smaak om vir twee ure of meer in die nag toegangspaaie dop te hou en grondpad te patrolleer nie, maar dit is bewys dat aanvalle en vee diefstal in sulke gebiede waar alreeds burgerlike organisasies bestaan, afgeneem het. Daar kan baie daaroor ook op uitgebrei word en is daar talle instansies wat hulle alreeds dit hul taak gemaak het om die boere te beveilig. Maar ongelukkig is daar nie veel wat jy kan doen wanneer jy een persoon in diens het wat deur hierdie moordenaars genader word om inligting te gee en deure oop te sluit voor hulle huis toe gaan nie. Baie van hierdie werkers word met die dood gedreig om dit te doen of om die eienaar te waarsku, so hulle kan nie dink dat hulle nie meer werk gaan he na so ‘n aanval nie. So ons kan nie alle aanvalle stuit nie want daar is altyd die kans dat iemand wat jy vertrou dalk die inligting aan die aanvallers gee, of selfs deel is van die aanvallers nie. Daar is baie keer tydelike werkers wat nodig is en is die boere is maar te bly dat hulle ekstra hulp kan kry om te help tydens die situasies.
So ons sal nooit alles kan stop nie.
Maar met my agtergrond as iemand wat dink hy verstaan die Bybel en hoe om dit te interpreteer, en alreeds baie boeke daaroor geskryf het wat so in totaal meer as 1,000 kopieë per maand afgelaai word, het ek ‘n heel ander benadering en siening wat meeste van ons Suid Afrikaners nooit oor dink nie.
Ek het in een van my boeke, Oor Struikelblokke en die Hoeksteen, so ‘n bietjie gaan rondkrap in die geskiedenis van die Kerk, die reformasie en rolspelers, veral Luther en Calvyn, en dan ook oor die herlewing in die negentiende eeu in beide Amerika en Engeland.
Maar wat my nogal gevang het, was wat van die skrywers en teoloë wat Calvyn se leerstellings probeer verduidelik het, geskryf het. Nou moet ons onthou dat meeste van die mense wat na Suid Afrika toe gekom het en ons bestaan gevestig het, uit Europa gevlug het om weg te kom van Roomse vervolging, en dus Calviniste was. Later met die groot trek het meeste getrek oor onderdrukking en het uitgesien na hoe hulle hul geloof kon uitleef. Dit het dan ook gelei tot die stigting van die Gereformeerde en Hervormde Kerkgroepe, maar tog was daar mense wat vasgehou het aan die NG Kerk. Tot vandag toe is daar twee groepe binne die Kerkgroep, met die Vrystaat en ou Transvaal gemeentes wat nie altyd deel en ooreenstem met die Kapenaars nie. Ons moet maar net na die Boesak belydenis te kyk.
Maar wat my nogal geskok het terwyl ek navorsing gedoen het vir my boek oor struikelblokke ek op twee teoloë se skrywes afgekom het wat baie goed verklaar het. Ek was besig om te kyk na die doop van babas, waar dit vandaan gekom het en wat die redes daaragter was. Nou moet ek net byvoeg ek is gebore in ‘n Gereformeerde huis, so gedoop op 7 Oktober 1951 binne 6 weke na my geboorte, was diaken, later ouderling, skriba en voorsitter van die ouderlinge voor my veertigste verjaarsdag. Daar was selfs mense wat wou dat ek Potch toe mos gaan om te studeer en my te laat kwalifiseer as predikant, veral nadat ek ‘n leesdiens moes hou nadat die proffie wat ek gereël het vir die Paasnaweek net die Woensdag laat weet het hy kom nie meer nie. Gelukkig kon ek op een van ons afgetrede predikante se knoppie druk en het hy toe die Vrydag diens gehou, en ek en oom HT die Sondag dienste. Almal het gesê hulle kon nie glo dat ek dit gelees het nie, maar wat hulle nie geweet het nie, is dat ek gereeld voor topbestuur en kliënte aanbiedings gedoen het in my beroep as bemarkingsbestuurder, rekenaar (hoofraam) en sagteware verkope (smous), en moes programmerings klasse aanbied van my vroeë twintigs in die rekenaar bedryf. So vir my om voor mense op te tree was niks nuut nie.
Maar terug na wat ek agter gekom het. Die skrywer en Eerste minister van Nederland, Adriaan Kuiper, wat se skrywes in die Kerkorde opgeneem is en neergepen is deur Kuyper, is die siening oor wat ‘wedergeboorte’ is. Hy stel dit as volg: “C. Veenhof in sy boek ‘Predik het Woord’ analiseer Kuyper se doopsbeskouing, en toon duidelik aan hoedat hy die grond vir die kinderdoop sien in die ‘veronderstelde wedergeboorte’. Kuyper se siening oor ‘wedergeboorte’ is bekend. Die wedergeboorte is volgens hom die inplanting van ‘n ‘geloofskiem’, die geloofshebbelikheid of geloof vermoë in die hart van die kind in sy vroegste bestaan oomblikke. Dit vind plaas deur ‘n direkte werking van die Heilige Gees. Hierdie ‘kiem’ kan sluimerend lê vir jare, en dan, deur die Woordverkondiging, ontkiem en as ‘geloofsvermoë en die latere geloofswerksaamheid. Nou sê Kuyper: Die moontlikheid van so ‘n genadewerk van God in die siel van ons kind, moet by al ons kinders aangeneem word. Wanneer nou die ouers werklik in die verbond lewe, dan is dit hulle plig om elkeen van hulle kinders wat vir hulle gebore word ‘in de onderstelling dat het genade werk Gods reeds in hen plaats greep, in den Naam van God Drie enig te laten doopen”.5 (A. Kuyper: E Voto lll pag. 10, 11, 12). So hoe beskryf hulle hierdie wedergeboorte? Die wedergeboorte is volgens hulle die inplanting van ‘n ‘geloofskiem’, die geloofshebbelikheid of geloofsvermoë in die hart van die kind in sy vroegste bestaansoomblikke.
Ek wil net weer herhaal wat Kuyper sê oor wedergeboorte: “Die moontlikheid van so ‘n genadewerk van God in die siel van ons kind, moet by al ons kinders aangeneem word. Wanneer nou die ouers werklik in die verbond lewe, dan is dit hulle plig om elkeen van hulle kinders wat vir hulle gebore word “in de onderstelling dat het genadewerk Gods reeds in hen plaats greep, in den Naam van God Drie enig te laten doopen”.5 (A. Kuyper: E Voto lll pag. 10, 11, 12).
Eerste keer dat ek hoor dat die Heilige Gees na verwys word as ‘n kiem. Ek dog altyd ‘n kiem is iets wat jy nie wil hê nie, want dit is hoe siektes versprei. Maar ons weet dat die Bybel verklaar dat dit die eerste werking van die Heilige Gees is, en dit is by alle mense, nie net die mense wat hierdie “kiem” ontvang het nie. (Die uitverkorenes volgens Calvyn). Dit is die Heilige Gees wat ons gaan lei na belydenis van ons sondes, soos beskryf deur die Apostel Johannes: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh. 16:7-11)
So wat en wie is die Heilige Gees? Hy is die Trooster waarvan Jesus praat wat ons oortuig van ons sonde, ons die pad wys wat na die saligheid lei, en die een wat ons alles gaan leer. Hy is die Een wat die Bybel vir jou gaan oopmaak sodat jy kan verstaan wie die Vader is, hoekom Jesus moes kom, en wat jou gaan lei om by ‘n punt in jou lewe uit te kom waar jy op jou knieë gaan neerval en uitroep “Wees my as armoedige sondaar genadig en red my van die dood”. HY is die een wat jou gaan oortuig van sonde. En dit is die eerste stap vir my as Christen. Baba doop beteken niks. Toe Israel in die woestyn was en die verspieders uitgestuur het na Kanaän en hulle nie Kanaän wou in gaan nie, was Moses se antwoord as volg: “Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen. Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het. Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.” (Num 14:28-30) So die HERE het nie die kinders gestraf nie, maar verwag dat hulle teen ouderdom twintig vir hulle self besluit het of hulle Hom wou dien of nie.
“Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ‘n eed beloof het om jou te gee—groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie—en jy eet en versadig word, neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.” (Deu 6:5-12) So wanneer verlaat jy die gebied waar die Satan oor heers? Na jy twintig is dan sal jy eers Egipte verlaat. Tot daardie ouderdom sal jou vader vir jou moet verantwoordelikheid aanvaar. Daaroor dat daar so baie egskeidings is, want die Satan weet dat hy dan die plan van die HERE kan ondermyn, want dan kan die pa nie sien wat die kinders aanvang nie.
So die doop is baie belangrik. Maar meer belangrik is wanneer en hoekom dit geskied. Eers wanneer jy self verantwoordelikheid vir jou lewe aanvaar. Dit is waaroor mondigwording so ‘n groot rol in die verlede gespeel het.
Maar nou is daar ‘n gedeelte wat werklik nie sin maak nie, en dit is waar plaasmoorde so ‘n groot houvas het op die Calviniste. Kuiper gaan voort: “Selfs die mens se sondige handelinge kan slegs gebeur met sy toestemming en met die krag wat Hy sy skepsel gee. Aangesien Hy gewillig, en nie onwillig nie, toelaat, moet alles wat gebeur – insluitend ons sondige dade en die mens se uiteindelike lot – in die een of ander sin in ooreenstemming wees met wat Hy in die ewigheid bepaal en beveel het. In verhouding met die mate waartoe dit ontken word, word God uitgesluit uit die regering van die wêreld, en het ons slegs ‘n eindige God. Natuurlik ontstaan daar sekere probleme wat ons met ons huidige kennis nie volledig kan verklaar nie. Dit is egter nie ‘n voldoende rede om dit wat deur die Skrif en die duidelike voorskrifte van die rede bevestig word, te verwerp nie.” So hier maak ons God die outeur van sonde. So alles wat in jou lewe gebeur en gaan gebeur is al lankal oor besluit, en jy kan niks verander nie. Verder beteken dit dat die HERE ook die plaasmoorde goedkeur want niks gebeur sonder Sy toestemming nie.
So ek wil graag dat jy die paragraaf weer lees en dit by jou insink. Die feit dat jou man of vrou rondslaap weet die HERE van en Hy keur dit goed, want dit moet gebeur. Die feit dat daar drie of vier terroriste jou op jou plaas aanval en vermoor kan ons niks aan doen nie want die HERE het dit reeds goedgekeur.
Dit is wat Calvinisme ons in die sak bring, want dit is die persoon se geloof beskouing wat jy aanhang. So dit help nie dat jy bid nie, die HERE sal mos nie na jou luister nie want jy glo in Calvyn se leerstellings. Nou gelukkig weet baie mense nie hiervan nie en het van hulle pragtige verhoudings met die HERE ten spyte van hul Calvinistiese sienswyse. En daarvoor is ek innig en opreg dankbaar voor.
Maar vergeet van jou baba doop en Calvyn, want nie een van daardie twee gaan jou in Jerusalem in die Hemel bring nie. Jou beste kans is Egipte in die Hemel. Dit is wat ek leer uit Sagaria nadat hy die einde van hierdie wêreld gesien het. “En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees. En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een. Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning. En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon. En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander. En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid. En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is. En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.” (Sag 14:6-19) Waar sal die mense wees? In Egipte, want hulle het nooit Egipte verlaat deur gedoop te word nie. En hoekom die huttefees? Dit was die fees wat Israel elke jaar moes vier om te herdenk dat die HERE hulle uit Egipte gelei het. Onthou net een ding. Hierdie is die Hemelse Jerusalem en Egipte waarvan gepraat word, nie die aardse Jerusalem en Egipte nie. Die Jerusalem waar Jesus reeds as Koning regeer.
So kom en volg die Bybel se riglyne en staan op teen hierdie leerstellings wat teen die HERE as God staan, en glo dat alle mense het keuses om onder elke omstandigheid te maak. Dan sal ons lot verander en ons weet dat alles gebeur oor wat mense besluit, en natuur rampe God se manier is om met ons te praat of net skoon wetenskaplike feite is. Dan mag ons lot verander. Tot dan kan ons in miljoene saamkom en ‘n weinige, amper geen, verandering sien nie.