Die doelgerigte lewe en die gevolge van die Antichris lering op ons as Christene van vandag

Print Friendly, PDF & Email

In die boek kyk ek na die gevolge wanneer ons na die verduideliking van die verbond soos deur die antichris weergegee word, konsentreer en dan die doelgerigte lewe na te volg.

Ek het so ‘n breek gevat van alle skryfwerk en net gekonsentreer om bietjie meer tyd met Hettie te spandeer, asook net so ‘n bietjie meer tyd aan van my ander stokpertjies, soos rose groei, en dan die lekkerste een, om vir so lank as moontlik so min as moontlik te doen.

So terwyl ek gou die rose natgegooi het kom die HERE en krap al my kaarte deurmekaar. Skielik vind ek dat daar ‘n onderwerp is wat ek al maande gelede op die een forum oor standpunte gevra het, wat toe skielik kop uitsteek, en nou sit ek maar en begin weer te skryf. So van dit wat ek gedink het ek is klaar van, het toe skielik die grootste prioriteit geword. Maar dit is maar hoe ek die HERE ken. Die een oomblik het jy niks, en dan skielik is daar ‘n fontein wat binne jou oopgemaak word en kan jy nie vinnig genoeg daarmee begin nie.

Ons kan so vinnig deur nuwe insigte saamgesleur word, en dan skielik te laat uitvind dat jy toegelaat het dat ander jou verhouding met die HERE bepaal.

So ek moes to nogal redelik baie navorsing doen om seker te maak dat ek nie onkant gevang word terwyl ek skryf nie, en ook dat buitestanders die probleem verstaan, en hulle kan sien hoekom hierdie vir my regtig ‘n probleem is.

Daar is ‘n boek uitgegee baie jare gelede wat ek oorspronklik as voorgeskrewe werk gehad het by UNISA terwyl ek my MDP program daar gedoen het, en die boek het oral baie aandag gekry. Om die waarheid te se is dit eintlik vir ‘n onderneming goed om te weet wat jou fokus area is en hoe almal kan saamwerk om hierdie fokus area mee te kan bereik.

Maar wanneer ons by die Bybel kom is ons fokus net op die HERE en hoe om te verseker dat ek die ewige lewe gaan beërwe.

So in die boek is dit maar die hooftema om te verseker dat ek nie deur “slim” mense met ‘n slap riem gevang word nie.

U kan die boek hier aflaai.