Die “Purpose driven” verbond en effek op ons as Christene.

Print Friendly, PDF & Email

Ek weet nie of u al die Purpose Driven Life van Rick Warren gelees het nie, maar in die skrywe wil ek graag na die boek en sy uitwerking op ons as Christene het, kyk.

Ek het so ‘n breek gevat van alle skryfwerk en net gekonsentreer om bietjie meer tyd met Hettie te spandeer, asook net so ‘n bietjie meer tyd aan van my ander stokpertjies, soos rose groei, en dan die lekkerste een, om vir so lank as moontlik so min as moontlik te doen.

Dan moet ek by sê dat ek nogal hard gewerk het aan drie verskillende kalenders wat ek wou uitgee vir volgende jaar vir verskeie groepe, soos ons 50 jarige reunie van ons matriekjaar, wat ek ongelukkig nie by kon woon nie behalwe deur die fotos te gebruik en so het dit allerhande gedagtes weer herlewe, een vir Hettie wat ek aan Cansa gestuur het vir borskanker pasiënte, en dan een vir ons NET kanker groepe oor die wêreld.
Ek het al in Augustus besluit om my blog wat oor my geveg met NET kanker handel te eindig, maar nou het ek soveel mense gehad wat gevra het wat nou aangaan so die tweede weergawe sal eersdaags begin, en het ek aangeneem dat ek nou tyd het om die eerste weergawe te verwerk in boek vorm in Engels sodat dit moed en verwysings ook kan gee vir mense wat maar dieselfde paadjie as ek loop, asook vir onkoloë om te sien waar daar ander areas is waar miskien ook navorsing oor kan gedoen word.

Ek het verseker geweet my dae van skryf oor teolgiese sake is op ‘n einde want ek het gereken dat ek meeste sake bespreek het, en dat ek nou nie juis aan ‘n onderwerp kan dink wat ek onaangeraak gelaat het. Dit was nou tot so drie dae gelede. Skielik so terwyl ons net van Pretoria af teruggekom het by die huis na ons al ons biometriese inligting moes gaan afhandel vir ons visums na Australië om by ons een dogter, haar man en kleinkind te gaan kuier en ons ook die geleentheid wou gebruik om te sien of ek so ‘n vlug redelik sal kan aandurf, het ek skielik uitgevind ek is nog nie naby klaar nie. Wat die kuier aanbetref het is dat ek uit gevind het sy sal maar by ons moet kom kuier want ek glo nie ek sien kans vir so ‘n lang vliegrit nie, en het ek sommer al gevoel ek het nie eers nodig om op die vliegtuig te klim na ‘n drie ure rit om in Bloemfontein te kom nie, en dan is dit maar ‘n vlug van minder as ‘n uur na Johannesburg. En daar is nogal spesiaale aandag aan my gegee, so ek het met ‘n spesiaale voertuig by Johanesburg hanteer en oral met ‘n rystoel rondgevat. Net jammer dat ek nogsteeds in Johannesburg hande vier voete rondgeloop nadat ek nie ‘n randsteen gesien het nie.
So terwyl ek gou die rose natgegooi het kom die HERE en krap al my kaarte deurmekaar. Skielik vind ek dat daar ‘n onderwerp is wat ek al maande gelede op die een forum oor standpunte gevra het, wat toe skielik kop uitsteek, en nou sit ek maar en begin weer te skryf. So van dit wat ek gedink het ek is klaar van, het toe skielik die grootste prioriteit geword. Maar dit is maar hoe ek die HERE ken. Die een oomblik het jy niks, en dan skielik is daar ‘n fontein wat binne jou oopgemaak word en kan jy nie vinnig genoeg daarmee begin nie. U kan die boek hier aflaai.