Die Paradys

Print Friendly, PDF & Email

Hoe lyk die Paradys? Indien ons in verbond met Jesus staan en Sy geregtigheid besit, kan ons kyk na watter gedeelte ons onsself in sal bevind in die Paradys. Die profete het dit gesien as oordele oor verskillende gebiede afhangende hoeveel van die stappe van die verbond hulle nagekom het. Nou kan ons uit die profete bepaal watter gebied ek myself in gaan bevind, en sal ons beide die oordele van Openbaring en die oordele wat die profete oor geskryf het verstaan. Ek wil net eers graag die gedeeltes soos deur die profete genoem identifiseer en redes voor verskaf wat gemaak het dat ons in verskillende gedeeltes gaan bevind, en sekere oordele net sekere mense sal beïnvloed. So die Paradys is deur die profete ook opgedeel in verskillende gebiede of lande en nasies.

Hulle het altyd oordele oor verskillende volke uitgespreek, alhoewel die volke nie deel van Israel was nie. Dit wys op die sewe ander seuns wat Abraham gehad het, wat alhoewel hulle seuns van Abraham was, hulle tog nie as deel van Israel gesien is nie. Ons vind by Abraham dat die eerste seun, Ismael, die menslike poging was en dus nie die HERE se antwoord was nie maar dat hy nogtans ‘n groot nasie geword het. So vind ons dit weer by Jakob en Esau, waar Esau sy eersgeboorte reg verkoop het en opgeëindig het as die vader van Edom as nasie. En aan Abraham is belowe dat hy die vader van baie nasies gaan wees. Dit wys ook na die gedeelte in Samuel waar Israel as volk hulle onder ‘n koning wou vestig. So jou koning gaan bepaal watter gedeelte jy jouself in die Paradys in bevind omdat jy jou geskaar het onder menslike konings, en nie net die HERE as Koning gedien het nie.

Ek het so ‘n vinnige opsomming gedoen van elke volk wat aandui waaroor hulle bekend sal wees, waar hul landsgebied sal wees in die Paradys en waarvoor hulle bekend sal wees.

Die hele stuk kan hier afgelaai word: http://www.shama.org.za/boeke/Die Paradys.pdf