Die verklaring van lewende water in die Bybel.

Print Friendly, PDF & Email

Wat is lewende water?

Verduideliking van water en die gebruike van water

Het u al ooit gewonder oor die verklaring van lewende water in die Bybel? Daar word soveel keer na water verwys en waar water aangewend word dat ‘n mens partykeer nogal kan wonder oor die gebruike van water.

Jesus se woorde: Hy wat in My glo, strome van lewende water sal uit hom uitvloei.

Esegiël se water en tabernakel – water wat stadig begin maar dan al hoe meer word en dan selfs die dooie see lewendig maak. So ons is Sy tempel op aarde en dit is wat gebeur. Wanneer een iets doen is dit min, maar soos die effek op mense lewens begin wys, word al hoe meer mense daardeur beïnvloed en later net nog meer en meer.

Openbaring se water van die Nuwe Jerusalem wys dat water sal altyd vrug dra. So Sy Woord sal op die regte tyd aanhoudend vrugte dra, daar sal genesing in mense se lewens geskied.

Iets wat mense natuurlik nie verstaan nie is dat Jesus alreeds in die Hemelse Jerusalem regeer, en dit nie iets is wat op aarde gaan gebeur nie. Nou sien ons in Openbaring 22 dat vanuit die nuwe Jerusalem, dit is nou die een waar Jesus alreeds regeer : “En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. (Opn 22:1-2) Ek glo dit gebeur met elke persoon wat die ware evangelie verkondig, want anders moet daar siektes in die hemelse Jerusalem wees, want die water bring genesing vir die nasies. Hoe weet ek dat dit nou al gebeur? “ Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. (Mat 13: 52) So elke Christen is ‘n tempel van die HERE soos in Esegiël beskryf met die nuwe tempel, en volgens Johannes verduidelik in Openbaring 22. So ek en jy is deel van die Nuwe Jerusalem en sal ons strome van lewende water voortbring wat mense sal gesond maak van die een siekte wat net Jesus kan genees, en dit is die ewige dood. Dit is ook wat die gedeelte in Jesaja 53 vir ons beskryf. Ek kwoteer die hele hoofstuk sodat ons kan sien dat Jesus gesterf het om ons gesond te maak van die een siekte wat net deur Hom genees kan word, en dit is om van die ewige dood genees te word.

“Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.” (Jes 53:1-12)

En interessant dat Esegiël se tempel dieselfde sê as Opnebaring 22 se beskrywing van die Nuwe Jerusalem. “En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal ‘n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. Ook sal vissers daaraan staan, van Éngedi af tot by en Eglaim: ‘n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, ‘n menigte.” (Esg 47:8-10) So Jesus kom net Sy kinders haal en dan is dit klaar. Ons moet nou al lewende water vir mense gee, want Jesus het sy tempel binne ons kom bou. Jesus verklaar in Johannes as volg: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. (Joh 7:37-38) Dit is waarom Petrus die hoeksteun is, en ons moet bou met die stene van 2 Petrus 1. So leer wat die verbond is en vergeet van die dispensasies, wat niks anders as sensasies en leuens van die Antichris is nie.

Israel is as Kerk gekies want daar was alreeds ander volke saam met hulle toe hulle uit Egipte getrek het, (Eksodus 12) en in Abraham se tyd was Melgisedek ‘n priester van die HERE en verseker nie verbind aan Israel nie. En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.” (Gén 14:18-19) So Abram soos hy daadie tyd nog genoem is, het saam met Melgisédek nagmaal gevier, wat weer deur Jesus ingestel is voor Sy dood. Daaroor dat Hebreërs verklaar dat Jesus ‘n priester volgens die order van Melgisédek is. So gooi die interpretasie van Openbaring van die wegrapers by die venster uit en begin weer. Daniël se 70 weke is voltooi met die steniging van Stephanus, so Jesus en God die Vader is nie onkant gevang toe Israel Jesus verwerp het nie, Hulle het geweet dit gaan gebeur. Net so het hulle geweet dat Scofield wat ‘n skurk was, die evangelie van die antichris gaan begin, en daarom dat daar staan hy sal in die Kerk staan en voorgee dat hy God is. Want dit is wat die wegrapers doen. Gaan kyk maar hoeveel aanhangers het die voorbokke soos ‘n John Haggee en Kenneth Copeland. En hulle verkondig die leer van die Antichris, want deur fisiese Israel tesame met die Joodse geloof wat Jesus uitmaak as iemand wat in ontlasting gedompel is vir ewig en te ondersteun, ondersteun hulle dus die mense wat verklaar dat Jesus nie die Messias was nie. En Paulus stel dit baie duidelik in Romeine  as volg: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” (Rom 1:28-32)

Lees maar oor Daniël se 40 weke hier.

Water om te reinig

‘n Mens dink onwillekeurig aan die melaatses wat hulleself in water moes gaan was en aan die priesters vertoon dat hul melaatsheid afgewas is. So hier wys dit op ‘n beginsel wat baie gebruik word in die Bybel, en dit is om te reing. Maar waar vind ons die gebruik in die Ou Testament?

Ek dink die eerstekeer wat dit my aangegryp het was toe hulle reinegingswater moes maak om mense mee skoon te maak. Maar dit was nie gewone water nie, maar moes spesiaal gemaak word. “Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in ‘n pot op gooi; en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het. En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.” (Núm 19:17-19) Hierdie was basiese gesondheids reëls. Indien iemand dood is moes daar ‘n offer vir HERE gebring word en dan moes almal wat met die dooie persoon kontak gehad het, met hisopwater gereinig word. Dit het verhoed dat indien die persoon dalk ‘n aansteeklike siekte gehad het, sou die hisopwater die kieme dood, en so verhoed dat die siekte versprei.

Nou wil ek gou net ‘n ietsie oor hisop sê. Dit was blykbaar ‘n medisinale plant wat vryelik voorgekom het in daardie dae, maar vandag of uitgesterf het, of mense van sy bestaan nie meer bewus is nie. Die boom het ook op die muur van Jerigo voorgekom en sover bekend het sy wortels deur klippe gegroei, so dit het klippe of gebreek, of deur gegroei en dan anderkant die klip voeding gekry het. Maar dit is ook baie keer gebruik om nie net heilige water soos hierbo nie, maar ook ander reinigings werk gedoen. Die eerste wat ons daarvan lees is dat die Israeliete voor die doodsengel die nag deur Egipte getrek het, moes ‘n hisoptakkie vat en dan die bloed van die lam wat geslag is aan die deurposte smeer en dan het die dood verby hulle gegaan.

Hier net verse wat na hisop verwys in die Bybel.

Eks_12:22  En neem ‘n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.

Lev_14:4  moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.

Lev_14:6  Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.

Lev_14:49  Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,

Lev_14:51  Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

Lev_14:52  So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.

Núm_19:6  En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.

Núm_19:18  en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het.

1Kn_4:33  En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.

Psa_51:7  (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.

Heb_9:19  want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel.

Die een vers wat ook regtig vir my uitspring is dat Dawid vra dat die HERE hom sal ontsondig met hisop, so Hy moet vir Dawid rein verklaar.

Die volgende reiniging van water gaan natuurlik met die doop saam, waar ons daaraan herinner word dat ons sonde afgewas word in die doopwater en ons opstaan as iemand wat gereinig is na die doop. Ek dink self die punt word maar deur baie min mense gebruik of verstaan. Dat ons in die doopwater ingaan met die Farao (Satan) as koning, en ons anderkant uitkom, saam gesterf het met Jesus en nou Sy wil sal doen. Ons verander met ander woorde van Koning in die doopswater. Dit is hoe Paulus gedoop is: “En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor; want jy sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het. En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.” (Hnd 22:14-16) En dan Petrus se verduideliking: “Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.” (1Pe 3:18-22)

En dan Paulus se hele relaas in Romeine 6 : “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.” (Rom 6:3-10)

Dit is ook hoekom die wêreld die eerste keer met water gereinig is met die vloed tydens Noag, maar daarna kan dit nie weer gereing word deur water nie, maar sal dit deur vuur verwoes word. So die hele wêreld is gereinig deur die water en almal wat deel was van die sonde van daardie dae is dus gedood in die vloed wat ‘n heenwysing is na die doop, en dit is waarna Petrus ook hierbo verduidelik het. Nou het al in die profete se tyd die konings en die Israelietiese Kerk  beskuldig deur die HERE in die Ou Testament dat hulle hul kinders deur die vuur laat gaan het, want slegs metale word daardeur gereinig. “Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het. En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehiskía afgebreek het, en altare opgerig vir die Baäls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien; ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees. En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE. Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg. Hy het ook ‘n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.” (2Kr 33:1-7)

So dit is hoekom die Israelitiese Kerk geval het, die wat deur die Fariseers en Sudduseers oorgeneem is, maar die Kerk soos deur die Apostels en dissipels aangehou het. Hulle het net Jesus as die volmaakte offer vir sonde gesien en verstaan, en so geweet dat dit nie meer nodig is om daagliks te offer nie, maar dat jou lewe ‘n lewe moet wees wat gewy word om lewende water voort te bring.

Dan is daar ook die bekende geval van die water waar die engel die water kom roer het en mense dan genees is. Ons vind dit in Johannes: “En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort ‘n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word. Daarin het ‘n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het. Want ‘n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het. En ‘n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het. Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ‘n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word? Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ‘n ander een voor my in. Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop. En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat“. (Joh 5:2-9)

In hierdie gedeelte vind ons weereens dat water ‘n baie groot rol gespeel het in die herstel van mense se lewens.

So wanneer ons na die rol van water kyk in die Bybel, vind ons nie net direkte gebruike daarvan wat sekere effekte gehad het, maar ook geestelike betekinisse wat in ons lewens vandag nog groot invloed het.

Een aspek wat baie duidelik uitstaan van die dele wat ek bespreek het, is dat vlees deur water skoon gemaak en gereinig word, maar metale deur vuur gereinig word. So dit was Manassa se probleem. Hy het sy seuns deur vuur laat gaan om hulle te reinig, maar nie soos voorgeskryf deur water te heilig nie.

So dit is die betekenis van water. Vir ons as Christene verander ons van eienaar in die doopwater, waar ons Egipte verlaat en ons onself bevind onder die heerskappy van die HERE. Dan kan ons enige gedeelte van die Bybel neem, die kruis daarby sit en dan sal dit lewendige water word soos by Mara, waar Moses ‘n paal moes vat en in die water gooi om die water gesond te maak.

Dan sal ons eers besef dat die twaalf fonteine waar hulle gekamp het en Moses die oudstes uitgeneem het en die Gees wat op hom was, op die oudstes gekom het, diedoping in die Heilige Gees verteenwoordig. Dan sal ons nie net lewende water vorrt bring nie, maar sal ons ook kan profeteer, soos wat daar gebeur het. En ons moet onthou dat profesie nie waarsê is nie, maar mense weer leer om te kies tussen lewe en dood. So ons kan vir almal wys wat fout is, maar deur die lewende water wat ons voortbring, sal mense genees word soos beskryf in Jesaja, Esegiël en Openbaring. Dit is ons roeping as Christene vandag, dat ons weer mense sal terug bring by die kruis van Jesus, sodat hulle kan kies om Hom te volg. Daar kan hulle ontslae raak van die Farao se houvas op hul lewens, en hulle onder die heerskappy van die Vader plaas. Dan, al word jy nog aangeval en deur die slang gepik terwyl jy nog leer, weet jy dat jy net kan opkyk na die HERE, soos Israel moes opkyk na die goue slang op ‘n paal in die woestyn, en jy sal lewe. Want Jesus het vir ons sonde geword en dit is wat die slang voorgestel het, maar sodra ek sien dat Jesus reeds my sonde aan die kruis voor betaal het, kan ek lewe.

Maar die tog begin met water in die doop waar ek van eienaar verander. So, dit is maar ‘n kort kykie na wat water vir ons as Christene beteken en verteenwoordig. Hoe lyk jou water wat jy voortbring? Is dit bitter soos by Mara, of is dit strome van lewende water soos Jesus verklaar. Onthou net jy is ‘n tempel van die HERE, en dit wat jy voortbring mag dalk net ‘n kort en klein boodskap wees, maar soos die boodskap uitgaan, sal dit soos die profeet s’n al hoe dieper en wyer word. En Johannes bevestig dit dat daar nie net genesing sal geskied nie, maar dat elke boom elke maand vrugte sal dra.

En dit is my wens en begeerte vir u as leser, dat u die Woord sal ondersoek en vrugte dra op die tyd soos deur die Vader bepaal is.

Mooiloop.