Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Print Friendly, PDF & Email

In die boek kyk ek na hoe Jesaja vir ons vandag wys hoe die laaste dae sal wees. Dit beskou Jesaja as ‘n voorbeeld van hoe dit vir ons as Kerk vandag gebruik kan word, en lig ook die gebeure soos deur Johannes in Openbaring vertel vir ons uit.

Daar is sovele goed in die ou profete wat deur die moderne Kerk net vermy word want hulle wil nie in dieselfde gat val as wat Israel ingeval het nie, so bou hulle hul standpunte net op wat in die Nuwe Testament opgeteken is. Maar, die Nuwe Testament is net ‘n verduideliking van die Ou Verbond vir die gemeentes wat nie geweet het wat in die Ou Verbond gestaan het nie, en wat dit beteken het nie.

Gelukkig gee Paulus vir ons ‘n rede hoekom die Ou Verbond vir ons opgeteken is, en wat dit vir ons vandag beteken.

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” (1Kor 10:1-11)

Die boek kan direk hier afgelaai word.