Op ‘n drafstap deur Romeine

Print Friendly, PDF & Email

Ek het probeer om ‘n onpartydige interpretasie van Romeine te doen. Dit is nie te sê dat ek nie verkeerde interpretasies uitlos nie, maar gee ek spesiaal aan die gedeeltes baie aandag, want ons vind dat groot stromings van beide Calvyn en Darby die boek heeltemal anders interpreteer. Dat hulle selfs twee verskillende denkrigtingsdaarmee kon vestig. En dit doen elkeen tot sy eie voordeel. So ek probeer egter net duidelik maak wat Paulus se siening was, en waarom hy die brief geskryf het. Dan kan ons ook die brief gebruik om die hele evangelie van Jesus te verduidelik,vir beide die Jood en die nie-Jood.

Die brief is oor die jare deur baie mense gebruik om hulle eksklusiewe standpunte mee te verduidelik, en so ver gaan dat indien jy vrae vra oor hoe dit dan eintlik werk, hulle opkom met verduidelings soos: “Aangesien Hy gewillig, en nie onwillig nie, toelaat, moet alles wat gebeur – insluitend ons sondige dade en die mens se uiteindelike lot – in die een of ander sin in ooreenstemming wees met wat Hy in die ewigheid bepaal en beveel het. In verhouding met die mate waartoe dit ontken word, word God uitgesluit uit die regering van die wêreld, en het ons slegs ‘n eindige God. Natuurlik ontstaan daar sekere probleme wat ons met ons huidige kennis nie volledig kan verklaar nie. Dit is egter nie ‘n voldoende rede om dit wat deur die Skrif en die duidelike voorskrifte van die rede bevestig word, te verwerp nie.

So word erfsonde ook gepredik, alhoewel dit glad nie van toepassing is nie volgens Esegiël 18:20 “Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.”

Dan vind ons aan die anderkant van die skaal die wat predik dat daar ‘n oorblyfsel Jode is wat met die “wegraping” na vore sal kom. Maar wat sê Paulus eintlik? Rom 11:5  “Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.” Daar word glad nie gesê dat daar altyd, deur alle geslagte heen, ‘n oorblyfsel sal wees nie, maar dat na die verwoesting van Jerusalem in 70NC, daar ‘n oorblyfsel was wat die evangelie kon uitdra na al die nasies.

Ek hoop dat u dit ook so sal aanvaar. Die boek kan afgelaai word by http://www.shamaministries.org.za/boeke/Op ‘n drafstap deur Romeine.pdf