Moses 4 vers 5 – Jode – Nasie of Kerkgroep?

Print Friendly, PDF & Email

Jode – Nasie of Kerkgroep?

Ek wil graag na die Joodse geloof van vandag kyk, en vir u as leser probeer wys dat die Jode van die Bybel nie ‘n nasie is soos vandag deur meeste mense verstaan word nie, maar in werklikheid, as die eerste Kerk gesien moet word.

Waarvan praat ek nou? Dat die Joodse geloof en mense in die Ou Verbond voor Jesus se koms, nie as ‘n nasie gesien moet word nie, maar dat deur al die eeue heen van voor Moses se dae af as Kerk van die HERE gesien word. Dit sal ook dan vir ons duidelik word dat die geveg wat deur sovele mense geveg word dat wanneer iemand praat van die Kerk versus die Joodse geloof, ons van vervangingsteologie praat, van alle waarheid gestroop word aangesien die Jode en Israel van die Ou Testament as die eerste Kerk gesien moet word. Dit is hoe die Bybel dit gestel het, en dit is hoe die mense van die Ou Testament dit gesien het.

Kom ons begin by die begin van die KERK. En dit begin met Abraham. Die HERE begin met Abram (Abraham) praat lank voor die verbond wat Hy met hom sluit. En Abram luister elke keer en doen wat die HERE vir hom sê om te doen. So wat leer ons hieruit? Daar is twee faktore wat ‘n massiewe rol speel. Eerstens glo Abram die HERE en dan is hy gehoorsaam. Dit is die kenmerke van mense wat in die Kerk van die HERE hoort. Ons moet geloof hê en glo wat Hy vir ons sê, en moet ons gehoorsaam wees en doen wat Hy verwag. Dit val saam met Hebreërs 6 vers 1: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,”. So Abram lê sy eie lewe neer, bekering, en dan glo hy die HERE, geloof, die tweede kenmerk.

Nou vind ons dat die verbond ingestel word met nagmaal, waar Melgisedek die brood en die wyn bring. “En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” (Gen 14:18-20)

So ons vind dat daar toe alreeds ander mense was wat die HERE aanbid het en as priesters opgetree het. So Abram was nie alleen nie, daar was ander volke wat toe alreeds aan die HERE behoort het.

Nou kom die HERE eers met die verbond. “Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.” (Gen 15:1-7)

Wat beteken hierdie twee eienskappe vir Abram. Dat dit vir hom as geregtigheid gereken is. Sonder geregtigheid is dit onmoontlik om deel van God se Kerk te wees. En nou vind ons hoe die HERE die verbond instel en Abram geen deel daaraan het nie. Hy moes net die diere voorsien. Hier lees ons dat Abram moes die vee middeldeur sny en teenoor mekaar lê. Die betekenis daarvan was dat indien enigeen die verbond sou verbreek, die ander persoon die reg gehad het om so met sy verbondsvennoot op te tree. Nou het God vir Abram, hy het eers later Abraham geword, gesê dat uit Isak sou sy nageslag kom. So vir Abraham was dit nie moeilik om die besluit te neem om Isak te offer toe God hom gevra het nie, want die Here moes weer vir Isak uit die dood opwek, want uit Isak sou Abraham se nageslag kom. God kan nie lieg nie. Indien God dit nie doen nie, kon Abram met God maak soos met die diere gemaak is, en hy het geweet dat God nie kan lieg nie, en dat dit onmoontlik is om God dood te maak.

Verder, as een van die partye van ‘n verbond iets van die ander een verwag het om te doen, moes die ander party dieselfde verwagting hê. Omdat God van Abram verwag het om sy seun te offer, het die HERE daar verklaar dat Hy vir Jesus sou stuur om te sterwe, want Jesus is Sy seun. Dit is hoekom Jesus moes kom, om die gedeelte van die eerste verbond te vervul. Dit is ook hoekom Jesus net een keer kon kom om vir ons sonde te sterwe.

Vir die wat wil lees oor wat die verbond van Geregtigheid beteken kan u hier  lees.

So na hierdie gedeelte vind ons 25 jaar later dat die HERE die besnydenis instel as teken van die verbond. Nou die interessante gedeelte is dat wanneer ons na die volgorde kyk vind ons dat Abram moes glo, dan nagmaal vier, en dan volg die besnydenis. Na Abraham vind ons hulle moes eers besny word, dan glo, en dan nagmaal vir. So hier vind ons dit in ‘n halwe omgekeerde volgorde maar met Jesus vind ons dat Hy dit weer instel volgens Abraham se volgorde, so eers glo, dan nagmaal, en dan eers vind besnydenis van die hart plaas. Daarom dat ons so baie stryery kry vandag onder teoloë, want die harte is nie besny nie, alhoewel hulle nagmaal gebruik, weier hulle dat die HERE hul harte kan besny, en wil hulle hul verkeerde lewenswyses en insigte afdwing op hul kerkgenootskap.

So die Kerk begin met Abraham, en almal wat glo en deel geword het van die verbond, was Kerk.

Nou kom ons eers by Israel uit. En hier vind ons die volgende beginsel is dat mense van alle volke hulle by die volk kon voeg voor hul trek uit Egipte begin het. “Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.” (Exo 12:48-49) Die Engelse vertalings stel vers 47 egter as ‘n gemeente (congregation), en dit is ook hoe die woord in Strongs se Hebreeus beskryf word. “Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.” (Lev 24:22)

So hier vind ons alreeds dat Israel nie ‘n spesifieke nasie is nie, maar almal wat besluit om die HERE as hul God te dien. So almal het dieselfde geloofsoortuiging gehad. So dit wys alreeds vir ons dat hulle eerder as Kerk funksioneer as volk. Dit sluit aan by die belofte wat die HERE aan Abraham gemaak het. “Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.” (Gen 17:1-9)

So hier vind ons nog voor en tydens die trek na Kanaän, dat Israel as Kerk funksioneer en nie net as nasie nie. Soos vroeër genoem in Eksodus 12 vers 47, word hulle as ‘n gemeente of vergadering beskryf en nie as a volk of nasie nie. Indien ons verder gaan soek in die Bybel, vind ons dat die woord vergadering wat na alle volgelinge van die HERE verwys, in 219 verse in die Ou Vertaling gebruik word. Die Engelse King James Version gee die volgende statistieke: “One further point to make here is that when we look at the first five books of the Bible, and especially those written by Moses, we find that the word congregation, referring to those people who left Egypt, is used 250 times in these books. This I believe is enough proof that even Moses and the LORD saw them as a Church, a congregation, and not as a nation.

If we include the rest of the Old Testament we find that they are referred to as a congregation 363 times in 330 verses.”

So ek neem aan die genoemde statistiek hierbo is voldoende bewys dat Israel deur die eeue na die vergadering van Israel verwys, en nie na Israel as nasie nie.

Dit is ook waaroor die hele boek van Hebreërs gaan.

Baie mense verstaan nie die boek in die Bybel nie, en daar is baie, soos selfs Martin Luther, wat voel dat die boek nie in die Bybel hoort nie. Dit is maar mense wat voel dat die boek juis aan Jode geskryf is en dat dit ons as Christene nie raak nie.

Maar, nou het ek ‘n probleem met die siening. Hoekom? Aangesien mense die Jode as volk sien en nie as Kerk nie. Dit is seker die grootste verskil wat ons vandag leer. Almal wil dat die boek slegs op die Jode van daardie tyd van toepassing was, maar wil of kan nie verstaan dat die sentrale punt van die boek gaan oor verbond nie.

So dit is nie net geskryf vir die Jode as nasie nie, maar aan die Jode as Kerk. Nou wat is die verskil? Ek wil dit graag verduidelik aan die hand van wat Paulus aan Korinte skryf, en wat Jesus vir Johannes openbaar in Openbaring. Paulus skryf die volgende: “En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. (1Kor 10:6-11)

Jesus se woorde in Openbaring is weer as volg: “Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.” Open 2:9. “Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.” Open 3:9.

So ek gaan eerstens bewys dat Israel as Kerk funksioneer het, en nie as volk nie. Maar, kom ons begin by die begin. Wie is alreeds, en wie gaan nog hemel toe. Die wat reeds in die hemel is, is mense soos Moses, Dawid, Samuel, en nog baie ander persone van die Ou Testament. As ons na Nuwe Testamentiese mense soek is dit seker mense soos Petrus, Paulus en Johannes. Wat u dalk mag opval is dat ek slegs name van mense noem wat uit Israel afkomstig is. Die rede hiervoor is om vir u te wys dat hulle sekerlik daar is, omdat hulle aan die volk en Kerk van die HERE, Israel behoort het. Wat ek leer uit die Ou Testament is dat slegs persone wat die HERE behaag het en in Hom geglo het die ewige lewe beërwe het en nie alle Israeliete nie. Daarom dat ons lees dat die HERE in die meeste van hulle geen behae gehad het nie en hulle neergevel is in die woestyn, en so in die hel opgeëindig het. “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.” (1Kor 10:5)

Die HERE spreek die volgende woorde uit oor Israel: “Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deu 7:6-9) Hierdie gedeelte klink vir my eerder as ‘n belofte aan ‘n Kerk, as ‘n belofte aan ‘n spesifieke volk.

Maar hoe nou gemaak met ander mense van ander nasies?

Ek wil begin by die begin. Nou mag jy dink dat as ek na Openbaring verwys, ek aan die einde begin, maar Christus is aan die woord, en Hy was van die begin van die aarde al daar. Openbaring 3 vers 9: “Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg”. Hier sien ons dat Jesus aan die gemeente skryf en sê dat sommige voorgee dat hulle Jode is maar lieg. Die gemeente is in Filedelfia, verseker nie in Israel nie. Dit is ook ‘n bevestiging van Openbaring 2 vers 9: “Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.” So hier gee Jesus vir ons ‘n belangrike stukkie inligting. Slegs ware Jode sal gered word. Dit stem saam met wat Moses meedeel in Deuteronomium 7 verse 6 en 7: “Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke”.

Sodra ons besef dat God nooit Sy beloftes sal verander nie, sal ons besef dat daar iets is wat nie pluis is nie. Hoe kan God ons as heidene dan ook red as Sy Woord verklaar dat slegs Jode gered word? Die antwoord kom uit Handelinge 10 vers 34 en 35 :” En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.” Hier sien ons dat as ons Hom vrees en geregtigheid doen, ons Hom welgevallig is. Dit los egter nog nie die probleem van Openbaring op nie, want ons is nog nie Jode nie. Die antwoord moet ons gaan soek in Israel se geskiedenis met die uittog uit Egipte. Hier gee die HERE vir die Israeliete ‘n wet wat hulle moet gehoorsaam. Numeri 15 vers 15 en 16: “Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ‘n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.  Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.”  Eksodus 12 vers 48 gee die finale antwoord vir ons: “En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

In Israel se geskiedenis sien ons dat wanneer iemand uit ‘n ander volk hom of haar verbind het met die Israeliete, hulle as volksgenote, of deel van die Kerk geag is. ‘n Baie goeie voorbeeld vir ons is Rut. Alhoewel sy die reg gehad het om na haar mense terug te gaan na haar man se dood, het sy gekies om saam met Naomi na haar land te gaan. Die woorde wat Rut ook gespreek het, ontsluit die waarheid verder. Rut 1:16 “Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God. 17  Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen–net die dood sal skeiding maak tussen my en u.” Hier gee sy te kenne dat sy kies om deel te word van Naomi se volk, en saam met Naomi haar God sal aanbid. Wie was Rut? Dawid se grootouma. Waar kom Jesus vandaan? Uit Dawid se geslag.

Nou hoe pas al hierdie stukke in mekaar? Die HERE het Israel uitgekies as Sy Kerk. Ons, as heidene moet dus kies om by die Kerk van die HERE gevoeg te word. Hoe doen ons dit? Deur deel te word van die verbond met die HERE. Dit is om Christus se geregtigheid te besit. So ons moet weet wat Jesus kom doen het op aarde, en dit is om die Ou Verbond te vervul deur aan al die voorwaardes te voldoen. Dan gee dit ons die geleentheid om deel te word van die Israel van die HERE, soos Paulus vir ons in Galasiërs dit opgeteken het. “Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” (Gal 6:15-16) So hierdie gedeelte klink vir my baie meer as beleidenis skrifte van ’n Kerk, as beloftes aan ‘n spesifieke volk. So Israel is nie as volk uitverkies nie, maar as Kerk want slegs die wat deel was van die verbond en geglo het dat slegs die HERE hulle God was, het die ewige lewe verkry.

Waar vind ons die eerste afval van die Kerk? Met die onderverdeling van Kanaän. Die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het besluit om nie hulle erfdeel in Kanaän in besit te neem nie. Hulle wou hulle eie kop volg en buite die beloofde land hul erfenis ontvang. So hulle het gekies om nie dit wat die HERE vir hulle wou gee nie, te aanvaar nie. So hier sien ons die eerste afval. Wanneer ons in die geskiedenis van Israel gaan kyk, sien ons dat hulle geen invloed later op die geskiedenis van Israel gehad het nie. Dit is presies wat vandag gebeur. Mense besluit om die Kerk te verlaat en kan nie as gelowiges getel word nie, want slegs mense wat Jesus as hul verlosser bely en lewe soos kinders van die HERE vorm deel van die werklike Kerk. Dit is hoe Hebreërs 6 dit stel : “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6) Dit is ook wat in de Ou Verbond gebeur het. Saul raadpleeg die heks van Endor en sterf as ongelowige. Wanneer Israel gesondig het is hulle gestraf om hulle terug te bring na die HERE toe, maar wanneer hulle nie meer aan die HERE vasgehou het nie, vind ons hulle nie verder in die Bybel nie. Alreeds net na Dawid skeur die koninkryk in twee, en sien ons nooit weer die ander stamme in die geskiedenis nie. So die ander het hul eie “kerk: begin, en is deur die HERE verstoot. Jesus praat ook nie met die mense van die “kerk” nie, behalwe om hulle teen mekaar op te sweep. Dit is wat Hy elke keer met die Fariseërs en Saduseërs gedoen het. En hulle was die “kerk”.

Nou kan ons maar deur Israel se geskiedenis sien hoe meeste van die stamme afvallig word, afgode aanbid en hulle voeg by die nasies wat hulle veronderstel was om uit te roei. Vandag vind ons dat mense sê dat Jesus moet nou eers die mense van die verlore stamme moet kom red, maar hulle het reeds hulle keuses gemaak en besluit om nie deel van die HERE se Kerk te wees nie. Die HERE het nie ‘n spesifieke volk gekies nie, maar ‘n spesifieke groep mense wat in Hom glo as hulle God. Dit is waaroor al die profete gepraat het. Al hul geskrifte is eintlik herlewings boodskappe wat hulle vir die mense gebring het. Almal het vir hulle voorgehou wat hulle moes doen, en dit was om terug te keer na die HERE toe. Daar was wel ook van die boodskappe wat hulle gebring het wat gewys het op Jesus en Sy verlossing wat Hy kom bring het. Maar dit was nogsteeds boodskappe om mense nader aan die HERE te bring. So al hierdie boodskappe gaan oor wat van ons as Kerk verwag word, en nie boodskappe aan ‘n volk nie.

Verder vind ons net soos vandag dat lidmaatskap aan ‘n Kerk groep nie beteken dat jy die ewige lewe gaan beërf nie, maar slegs geloof in Jesus Christus as verlosser.

So Israel was die Kerk onder die Ou Verbond, en ons vorm deel van die Kerk onder die Nuwe Verbond. So daar bestaan nie iets soos vervangings teologie nie, maar slegs boodskappe aan die Kerk van die HERE. En dit het al begin met Moses wat die volgende keuse aan die mense gee: “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee. (Deu 30:11-20)

So Israel moes kies om die HERE te volg, en dit klink soos iemand wat moet kies vandag om kind van die HERE te word, en nie ‘n blanko uitspraak dat al Israel se mense die ewige lewe sal ontvang nie. Nee, slegs mense wat Hom gekies het, sal Sy kinders of volk wees.

So om terug te keer na die boek aan die Hebreërs, sien ons dat die boek handel oor die verskillende standpunte in die verskillende Kerke. Daar is eerstens die wat glo dat Jesus alles volbring het en dat slegs deur geloof in Hom ons as Kerk kan funksioneer. Dan is die tweede groep die wat glo dat Jesus die verlosser is, maar tog nog sekere van die Ou Testamentiese werke aan wil vashou om verlossing te kry, en dan die wat nog in die Ou Verbond vashou as die enigste manier om God se kinders gereken te word. En dit is wat die skrywer probeer bespreek, om te wys daarop dat Jesus al die voorskrifte aan voldoen het, en dat slegs volle oorgawe aan Hom en volle vertroue in Hom, die ewige lewe vir ons as mense kan verkry. Geen werke kan maak dat ons as Kerk gereken kan word nie.

So die skrywer wys daarop dat geen werke of nakoming van die Ou Verbond se voorskrifte vir ons die ewige lewe kan gee nie, aangesien Jesus ‘n einde daaraan gemaak het toe hy deur die hemelse tabernakel gegaan het. Dit is wat Hebreërs 3 en 4 oor gaan. Dat ons geloof moet hê dat Jesus die Christus is en dat dit onmoontlik is om in Sy rus te gaan daarsonder. Dit is die betekenis van die Sabbat, dat ons oorgaan van ‘n werke godsdiens na ‘n geloofs godsdiens.

Dit is waarom die nuwe voorskrifte in Hebreërs 13 opgeteken is, en wat dit vir ons beteken. Dit is vir ons al die vereistes om aan te voldoen.

“Die broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het. Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie. Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie; want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige. Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely. Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers. Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ‘n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel. Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word. Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom t6ot in alle ewigheid! Amen. En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe. Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom. Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle. Die genade sy met julle almal! Amen.” (Heb 13:1-25)

So dit is die voorskrifte vir Sy Kerk. Nou kan jy self sien of jou gemeente of van die lerings wat hulle huldig aan die vereistes voldoen. Nêrens lees ek in die Nuwe Verbond dat die HERE mense wat hul rug op Hom gekeer het weer ‘n geleentheid sal kry om Hom te sien vir wie Hy is nie. Dit beteken ook dat Hy nie Israel as ‘n spesiale volk verkies het nie, maar Israel as Kerk gekies het.

So daar bestaan nie iets soos vervangingsteologie nie. Of jy glo die waarheid en beërf die ewige lewe, of jy sterf die tweede dood. Ek en jy wat die HERE dien is deel van Sy Israel, soos vroeër genoem in die aanhaling uit Galasiërs. 6:16 “En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” So dit gaan alles oor Sy Kerk.

Ons moet onthou dat die eerste mense wat tot bekering gekom het Jode was. En hulle is ook Christene genoem. “En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk. Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen. En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het. En die hand van die Here was met hulle, en ‘n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer. En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë. Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly; want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring. Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring. En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.” (Hand 11:18-26)

So die mense was eerstens Jode, maar het toe bekend gestaan as Christene. So die wat praat oor vervangingingsteologie bewys net hulle onkunde, en hulle tekort aan kennis wat in die Bybel staan.

So daar sal nie ‘n wegraping wees om die Jode te kom red nie, want dan moet almal wat nie in Jesus glo ook ‘n tweede kans kry, en dan beteken die Bybel en Jesus niks nie. So hardloop weg van die mense voordat hulle jou saam met hulle in die afgrond trek. Dit is so dat daar pragtige mense is wat jy dalk voel ek nou aanvat, maar weet jy net mense wat glo in die volle boodskap van die Bybel sal gered word. Jesus het in elk geval vir hulle meegedeel dat hulle verwerp is: “Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.” (Mat 21:42-46) Hier gebruik Jesus ook die woord volk, want die ware Kerk, of Bruid, het nog nie bestaan nie, want Hy het nog gelewe. Die is die vervulling van die gedeelte in Jesaja 5. “Laat my tog sing van my Beminde; ‘n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel. En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring. Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd. Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring? Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word. En Ek sal dit ‘n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie. Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!” (Isa 5:1-7)

Die dat Openbaring daarop wys dat twee derdes van alle Christene verlore sal gaan, want hulle glo die boodskap van die Bybel, plus hulle interpretasie. Hulle sal veg dat hulle interpretasie reg is en verse kwoteer om jou te probeer oortuig, maar weet jy die duiwel het ook vir Jesus aangevat deur die Bybel te kwoteer, maar Jesus het hom elke keer op sy foute gewys. So ek wil net graag wys dat daar foute is in party van ons lerings, en ons moet self verantwoordelikheid neem vir ons eie lewe, en nie vertrou op mense nie. Dieselfde storie geld vir die tien maagde. Vyf het Hom verwag, en vyf het eers gewag vir die wegraping en al sy gevolge, en het die bruilof gemis.

“As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.” (1Ti 6:3-5)

Verder verklaar Paulus die volgende: “Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.”  (1Ti 1:5-11)

So indien iemand met jou wil redeneer oor die wet, weet dat hy volgens die vorige gedeelte praat asof hy dink jy is nie geregverdig nie, en dalk is hy nie geregverdig nie. Die wet is slegs ‘n tugmeester na die regverdigheid toe, en in sigself kan net die dood beteken. “Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.” (Gal 3:23-25)

So indien iemand jou wil dwing of “reg help” deur die wet te verkondig, weet dat die persoon nie die Bybel verstaan nie, en slegs sy interpretasie vir jou wil leer. So sal hulle jou probeer oortuig om kersfees te vermy, die paas naweek nie te vier en nog ‘n klomp ander dae nie, maar ons weet hulle probeer om jou weer onder die wet te plaas. Maar Paulus skryf as volg: “Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.” (Gal 4:21-31)

So die wat glo dat Jesus die Christus is en ons kom vrymaak het van die wet en Sy geregtigheid besit, is die Kerk van die HERE, en nie die volgens geslagsregisters en onderhouers van die wet nie. “Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie; maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het; en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ‘n engel van God, ja, as Christus Jesus.” (Gal 4:8-14)

So wie is Israel? Die wat die wil van die HERE doen om te deel in die Nuwe Verbond, en dit geld al van Moses se tyd af. So dié mense is Kerk.