Geregtigheid van Jesus – Die nuwe verbond

Print Friendly, PDF & Email

 

‘n Nuwe teologie bring ek vir julle

‘n Nuwe teologie bring ek vir julle. ‘n Eeu oue teologie van ‘n verbond met Abraham, van Jesus en van geregtigheid. Dit mag dalk vir u soos ‘n teenstrydigheid klink, maar ek wil graag die dilemma vir u verduidelik.

Ek het die afgelope twintig of meer jare spandeer om uit te vind wat die regte teologie is soos ek dit verstaan, en om uit te vind wat vir my die regte boodskap van hoop is wat die Bybel verkondig. Dit het my geneem van Calvinistiese gemeentes, na Pinksterkerke, Charismatiesekerke, huiskerke en alles tussen in. Party as lidmaat, ander as leraar, en ander as besoeker, en nog ander na hulle webtuistes.

Wat het ek gevind?

Ek glo aan ‘n HERE wat Sy woord gestand hou. Aan ‘n eeue ou verbond en belofte aan Abraham,  die vervulling deur Jesus Christus wat vir ons die baan weg na ‘n verbond van geregtigheid.

Die HERE het my op ‘n tog deur die Ou Testament geneem en daarom sal u ook agterkom dat ek baie van die Ou Testament gebruik om standpunte mee te verduidelik, maar daar is ‘n spesifieke rede daarvoor. Meeste kere wat Jesus met die mense gepraat het, en wat vir ons opgeteken is, het hy probeer verduidelik hoe die Koninkryk van God werk. Iets wat wel baie min van opgeteken is, is wat Jesus oor Homself gesê oor wat die profete en Moses oor Hom geleer het wanneer Hy en die dissipels alleen was. Tog vind ons in Lukas 24 drie gedeeltes, wat alles handel oor hierdie een waarheid wat ontsettend belangrik is, en waaruit ons baie kan leer.

Hier dan die drie gedeeltes: “En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie. En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het”. (Luk 24:24-27). “En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” (Luk 24:30-32). “En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.” (Luk 24:44-47)

Die laaste gedeelte wat ek graag aanhaal is wat Paulus vir ons hieroor geskryf het, en kom uit 2 Korintiërs 3: “Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; nie soos Moses nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (2Co 3:12-17)

Wat behels hierdie verbond?

Vir my moet ons begin by Abraham, die vader van alle gelowiges. Ons moet onthou Abraham het agt seuns gehad. Die oudste was Ismael, daarna Isak, en daarna nog ses seuns. “En Abraham het weer ‘n vrou geneem met die naam van Ketúra. En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar” . (Gen 25:1-2) Die Bybel leer ons oor een seun se toekoms waarmee die HERE ‘n spesiale verbond mee gesluit het, die van Isak. “Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.”(Gen 17:21) Ismael en die ander seuns leer ons nie van in die Bybel nie, maar tog was hulle uit die nageslag van Abraham.

Behoort net Israel as nasie dan aan die HERE? Nee. “Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.” (Gen 17:4-9)

In Efesiërs 2 leer ons die volgende: “Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees. (Eph 2:11-22)

In Genesis 14 leer ons ook van iemand anders. “En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” (Gen 14:18-20) So voor Isak was daar al ander nasies wat ook die HERE gedien het. Israel word vir ons as voorbeeld voorgehou soos in 1 Korintiërs 10 in die Bybel vir ons uitgelig word. “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”(1Kor 10:11)

Die eerste verbond met Abraham, is gevier met nagmaal tussen Abraham en Melgisedek, waar Melgisedek die wyn en die brood gebring het. Nou lees ons in Hebreërs die volgende: “So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; (Heb 5:5-10)

Wat beteken dit? Melgisedek was ‘n priester van die HERE en deur die HERE self aangestel. Hy het nie uit ‘n stam gekom wat priesters was soos die Leviete nie, om die waarheid te sê was hy nie eers enigsins aan Abraham verwant nie. Nou kom Jesus en word hy weer aangestel volgens die orde van Melgisedek, met ander woorde, deur die HERE self aangestel. Daarom ook dat Jesus weer die Nagmaal instel met brood en wyn, soos dit gevier is deur Abraham en Melgisedek. Verder was Melgisedek ook koning, en so word Jesus dus ook as koning van God se volk aangestel.

Maar wat is die verbond wat die Bybel van praat wat die HERE met Abraham aangegaan het? Kom ons kyk na ‘n opsomming van die verbond. Die eerste punt wat ek wil maak is dat daar voordele en nadele in ‘n verbond is. ‘n Verbond het altyd twee kante, die een kant leer ons wat sal gebeur indien ons by die verbond hou, en dan die anderkant wat sal gebeur indien ons dit nie doen nie. Ek wil dit graag verduidelik aan die hand van Deuteronomium 30 vanaf vers 15: “Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee. (Deu 30:15-20)

Die laaste gedeelte is vir my ontsettend belangrik. Ek moet kies om my kant van die verbond te hou, dan sal die HERE Sy kant hou. Die vermoë om te kies is al aan ons gegee in Genesis 3:22 “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.” Indien jou Bybel nie so sê nie, is dit omdat die vertalers dit verander het in die nuwe vertaling om by hulle dogma in te pas. En verder is dit die enigste vertaling wat dit so stel. Geen van die Engelse of ander vertalings stel dit soos dit in die nuwe verdwaling gestel is nie. Die mens het as deel van die sondeval die vermoê verkry om te weet wat is goed en wat is kwaad. So my hele lewe gaan dus oor keuses, keuses wat of goeie gevolge gaan hê, of wat kwade gevolge gaan hê.

Stappe van verbond

Nou, met die tweede punt wil ek graag kyk wat die stappe van ‘n verbond is. Dit word volledig vir ons beskryf met die uittog van Israel uit Egipte na die land Kanaän. Dit is immers wat die HERE vir Abraham beloof het waar sy nageslag hulle sal vestig. Dit is dan ook my rigtingwyser vir vandag, aangesien ek ook in Kanaän wil uitkom. Die enigste verskil is Israel het die fisiese tog gemaak, terwyl ons vandag die geestelike tog kan meemaak om by ons Kanaän uit te kom. Dit is die plek wat die HERE vir my bestem het. Ek sal eers beskryf wat Israel moes doen, en dan volg wat dit vir ons as Nuwe Verbondsgenote moet doen en wat dit beteken.

Maar hoekom het die HERE hulle uit Egipte laat trek? “En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken. (Exo 2:23-25) “En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete. En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.”(Exo 3:7-9)

1. Besnydenis

  • Verbond voor Christus: Besnydenis van die voorhuid. Dit moes hulle herinner dat hulle deel is van God se uitverkore volk. “Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. Maar elke slaaf wat ‘n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef”. (Exo 12:43-49)
  • Verbond met Christus as Lam: Besnydenis van die hart. Alle mense word in Egipte gebore, ‘n lewe sonder die HERE, ‘n lewe waar ek onder die gesag van Satan(Farao) staan. Soos Israel moet ek uitroep na die HERE om my te bevry van Egipte. So my optrede moet verander. Ek moet besef dat ek niks kan doen om myself te red nie. Ek moet glo dat Jesus alles gedoen het om die verhouding tussen my en die Vader te herstel. Ek moet besef dat ek ‘n sondaar is en dat ek verlore sal gaan as ek volhou om my eie lewe te lei. Ek moet tot bekering kom. Ek moet soos ‘n kind van die HERE optree. Ek moet die liefde van die HERE volgens 1 Johannes 3 begin uitleef op aarde. My optrede moet die bewys wees dat ek kind van God is. Geen uitwendige besnydenis is nodig nie. Maleagi 3:18: “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie”. Jer 31:33:  “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

“En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop—hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.” (Eze 11:19-21)

Kolossense 2:9 “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; 11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het”.

Wat sê Paulus oor ons as onbesnedenis na die vlees: “Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom 3:29-31) maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” (Rom 2:29)

2. Brood

  • Verbond voor Christus: Brood sonder suurdeeg moes geëet word. Suurdeeg was ‘n teken dat jy opgepof was en dat jy sonde gehad het. So hulle brood moes wys dat daar nie sonde was nie. Ons vind die volgende skrif in Korintiërs: “Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.” (1 Kor 5:6-8)
  • Verbond met Christus as Lam: Jesus is die brood van die lewe. Hy kon geen sonde hê nie, want Hy is ook God. “Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”(Joh 6:49-51) “En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.” (Mat 26:26)

3. Lam slag

  • Verbond voor Christus: Hulle moes ‘n lam slag en eet. “Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ‘n lam neem volgens die families, ‘n lam vir ‘n huisgesin. Maar as ‘n huisgesin te klein is vir ‘n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.” (Exo 12:3-6)
  • Verbond met Christus as Lam: “En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. (Open 5:6-10)

4. Bloed van die Lam

  • Verbond voor Christus: Hulle moes die bloed aan die deurposte smeer. Dit het beteken dat die dood by die huis verby gegaan het. Exo 12:12-13: “Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.”
  • Verbond met Christus as Lam: Ons moet onder die bloed van Jesus kom. “Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. (Mat 26:27-28) So indien ek nagmaal gebruik sal die doodsengel my nie kan aanraak nie, en verkry ek die ewige lewe.

5. Waar was die wet?

  • Verbond voor Christus: Wet op kliptafels geskryf soos opgeskrywe in Eksodus 20. Moses beskryf die gevolge ook daarvan verder: “En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen. En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ‘n eed beloof het. En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is. En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.” (Deu 6:22-25) So hul geregtigheid was uit onderhouding van die wet.
  • Verbond met Christus as Lam: Wet op die hart geskryf. Jer 31:33:  “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” Die Hebreërs skrywer druk dit as volg uit: “Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (Heb 8:10) “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. (Jer 23:5-6) So ons geregtigheid is Jesus as verlosser.

6. Op wie was dit van toepassing?

  • Verbond voor Christus: Beide Israel en buitelanders. Eks 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef. Eks 12:38  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee.”  So selfs in Moses se tyd was vreemdelinge deel van die verbondsvolk. Dit bevestig ook wat die HERE vir Abraham beloof het. “Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies”.
  • Verbond met Christus as Lam: Daar is geen verandering nie. Want dit is nie nodig nie. Daar was reeds vir ons voorsiening gemaak. Jesus het net dit kom volbring wat nodig was sodat Hy dit wat op Hom gewys het gedoen het en alle sonde op Hom kon neem en ons in die regte verhouding met die Vader geplaas. Dit geld vir elke persoon wat glo dat Jesus die Lam is, Israel en vreemdeling. Nou kan ons in die geregtigheid van Jesus lewe, want Hy is ons geregtigheid. Soos Jeremia dit stel: “In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. Jer 33:16 Wanneer ons Sy geregtigheid besit dan kan ons met vrymoedigheid na die HERE gaan : Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Heb 4:16.

Geregtigheid

Paulus beskryf Jesus se geregtigheid as volg: “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (Rom 10:3-10)

Wanneer word ek dus deel van die Verbond met Christus as Lam? Met Nagmaal, soos in Israel se tyd met die pasga. So dit beteken ook dat geen onbesnedene mag deel hê aan die nagmaal nie, aangesien die nagmaal die bewys is dat ek my lewe prys gegee het, en ‘n lewe kies wat ek in gehoorsaamheid aan die Vader sal leef.

Wat sê die Nuwe Testament daaroor? Wanneer sal ek oorwin en hoe oorwin ons? “En hulle het hom(Satan) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie”. Openbaring 12 vers 11.

Wat is die ooreenkoms met die verbond voor Christus?

  • Met die bloed van die Lam (Bloed aan die deurposte)
  • Woord van hulle getuienis (Besnyding)
  • En hulle het tot die dood hulle lewe nie liefgehad nie. Ons moet ons kruis elke dag opneem en sterf aan ons eie wil. “En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red” (Luk 9:23-24)

So is dit met ons as kinders van die HERE. Ons almal word deel van die verbond wanneer ons besluit om Hom te volg en ons lewe neer te lê. Ons almal wat die Bybel ken volg Israel en die pad wat hulle moes neem tot in Kanaän, omdat dit die voorbeeld is wat vir ons opgeskrywe is en wat ons stap vir stap kan navolg. Dit is ook die land wat aan Abraham as ‘n ewige besitting gegee is. Na ons dood gaan ons almal, al Abraham se nageslag, leer om die HERE te dien vir wie Hy is, en om eendag saam in die Nuwe Jerusalem te kan woon. “En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.”(Jes 2:3, Miga 4:2)

Dit is ook die eerste stap wat die Heilige Gees in elke persoon op aarde kom doen. “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11)

So alle persone het die vermoë om te kies aangesien die Bybel onomwonde bevestig dat die Heilige Gees gekom het om die wêreld te oortuig van sonde, en te leer wat geregtigheid is. So sal almal wat die lewe kies, gered word. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie”(Joh 3:16-18)

Ons moet dus glo dat Jesus die volmaakte offer vir sonde was, en dat ons slegs deur dit wat Hy gedoen het vir ons, die reg het om kinders van God genoem te word.

Indien u nie die HERE kies in hierdie lewe nie, so u glo nie dat die enigste weg na die Vader Jesus is nie, sal u skuldig staan by die wit troon oordeel. “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.”(Open 20:5). “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”(Open 20:11-15)

Wat beteken Jesus se verbond van geregtigheid dus?

Die definisie wat ek daaraan wil gee is as volg:

Die reg om voor God te staan sonder skuld, veroordeling en minderwaardigheid. Dit is om in die regte verhouding voor die Skepper te staan, skepsel teenoor Skepper. Dit kan ons slegs doen wanneer ons ‘n oorvloed van die gawe van geregtigheid ontvang. En dit is wat Jesus kom doen het.

Watter stappe volg dan na die verbond?

Ons moet uit Egipte trek, deur gedoop te word. Dit is waar die krag van Satan, in Israel se tyd, die Farao, gebreek word in jou lewe, en jy jou onder die heerskappy van die Vader plaas. Hier verlaat jy die gebied waaroor die Satan heers, en hoef jy nie meer bakstene te maak om Satan se koninkryk uit te brei nie. Na die doop het die sonde nie meer mag oor jou nie. “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” (Rom 6:11-16)

Soos Israel moet ons ook die doping in die Heilige Gees ontvang. “Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie. Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus—hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie—en hulle het in die laer geprofeteer. Toe hardloop ‘n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer. En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit! Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!” (Num 11:25-29)

Hoe het Jesus dit gestel: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” (Joh 7:37-39)

By Sinai gaan ons tyd spandeer om die wet van die HERE in ons harte te ontvang. Hierdie is die leer gedeelte van ons lewe waar ons sal uitvind wat is reg en wat is verkeerd vir die HERE, en dit is wat ons plaaslike leraar moet doen. Dit is wat met Israel by Sinai gebeur het. Gedurende die tyd sal die HERE Homself openbaar vir wie Hy is. Hy sal vir ons bonatuurlik sorg soos vir Israel van ouds met brood en vleis, kwartels en manna.

Sodra ons opleiding verby is, sal ons ‘n roeping ervaar om in Kanaan te gaan. Dit is die tyd wanneer ons oorgaan van die sesde dag na die sewende dag van die HERE, wanneer ons besef dat niks wat ons kan doen ooit sal maak dat ons in die Koninkryk van God sal kan ingaan nie, maar slegs geloof in Jesus Christus. Dit is waarvan ons in die Hebreërs boek lees in hoofstuk drie en vier: “Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.” (Heb 4:1-11)

Onthou net dat ‘n persoon nie moet wag om in die HERE se rus in te gaan nie, want elke dag is vandag. Ek kan nie uitstel en sê ek sal dit more doen nie, want die Bybel sê duidelik vandag as jy My stem hoor. Ons almal het ‘n roeping, en dit is om mense dissipels te maak, om Jesus se beeld uit te straal. Sommige persone sal die oproep aanvaar en Kanaan ingaan, terwyl die res sal sterf in die woestyn. Dit is die verskil, die sesde dag is in die woestyn alhoewel jy gedoop is, maar die sewende dag is die rusdag en Kanaan, dit waar die HERE wil hê dat ek en jy moet ingaan.

Die meeste mense wat in Kanaan ingaan sal glo dat hulle ‘n koning moet dien soos Israel. (‘n Koning is iemand wat oor jou sal heers en mag ‘n geestelike vader wees of selfs jou kerkverband.) Die eerste boek van Samuel doen verslag as volg: “Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het—so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.” (1Sa 8:7-9)

Meeste van die mense wat in Kanaan ingaan, sal sterf terwyl hulle hierdie koning dien, terwyl ‘n oorblyfsel geroep sal word om in ballingskap te gaan. “En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood: hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom ‘n buit wees.”(Jer 21:8-9)

Ballingskap

Wat is dit dan met ballingskap? Kom ons kyk na ‘n paar verse en verklarings oor ballingskap. Die eerste is die fisiese ballingskap. In die Bybelse tyd is die verloorder in ‘n oorlog altyd in ballingskap weggevoer na die oorwinnaar se land toe. Die verloorder het al sy roerende bates verloor en moes die oorwinnaar se slaaf word. Wanneer iemand dus in ballingskap gegaan het, is sy hele huis se meubels, sy skoene, sy staf ensovoorts, na buite gedra en dan het die persoon vertrek. Al wat agter gebly het was sy huis. Wat is die betekenis vir ons vandag? Ek moet die oorlog teen die HERE verloor, sodat ek Sy slaaf kan word, en weggevoer kan word na Sy land, Sy Kanaän. Ek moet my hele vertroue in Hom plaas sodat ek soos ‘n slaaf ten volle van Hom afhanklik moet wees vir dit wat ek moet doen en dit wat ek nodig het om te oorleef. Hy moet soos in die tye van ouds vir my sorg vir huisvesting en vir die daaglikse voedsel. Hy het duur betaal vir my, met Sy bloed. U sien Hy het die dood wat vir my bestem was, oorwin, maar dit het Sy lewe gekos. So vir my beteken dit dat ek fisies my lewe by die kruis moet gaan neerlê, en my onderdanig aan Hom stel, sodat Hy vir my kan sorg. So sal ek dan tot die besef kom dat alles wat ek het, en alles wat ek is, net genade is en van die HERE afkomstig is.

Die tweede gedeelte, oor ons geestelike ballingskap, kom uit Jeremia 48 vanaf vers 11 : “Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.”  Hierdie gedeelte het my vir maande gepla, aangesien ek dit regtig nie kon uitpluis nie. Wat die HERE egter hier vir ons wil leer, is dat ons die mense probeer beïndruk met hoe skoon ons is, maar sodra iemand aan ons karring, kom al die onreinheid skielik te voorskyn. Ek moet dus toelaat dat die HERE eers nadat ek Sy slaaf geword het, my van vat na vat sal skei van dit wat vuil is in my lewe. Indien ek dit nie doen nie, verander my geur aanhoudend aangesien ek die afsaksel se geur aanneem. Ek moet my dus self ledig van alles wat my lewe vuil maak en my besmet.

Hierdie skoonmaak proses is ook nie iets wat skielik kan plaasvind nie, aangesien ek tyd moet toelaat vir die afsaksel om weer op die bodem te gaan lê voordat ek weer afgegooi kan word. Dit is ook nie ‘n proses wat op jou afgedwing word nie. Jy moet self besluit om deur hierdie proses te gaan om introspeksie te hou in jou lewe sodat alles wat nie reg is in jou lewe, verwyder kan word.

Daar was wel van die Israeliete wat gesê dat hulle in Jerusalem wou bly, want dit help nie om weg te hardloop nie, al was hulle beleër. Die antwoord wat die HERE vir hulle gehad het, was dat die wat in Jerusalem sou bly, sou sterf, of deur die hongersnood, of deur die pes, of deur die swaard. So as u wil weet of u in die groep val, is daar ‘n paar vrae wat vir u ‘n antwoord sal verskaf. Die eerste vraag is of u nog iets by u gemeente leer? Kan u ‘n nuwe bekeerling  leer aangaande al die vereistes wat daar is om te verseker dat hy ‘n kind van die HERE is? Weet u presies wat die leerstelling van handoplegging behels, hoe dit gebruik moet  word en of dit nog van pas is? Dit is wat gebeur wanneer ons tevrede raak met ons stand as Christene. Ons hou op om te leer, en sodoende sal ons sterf aan hongersnood. Wat het u die afgelope jaar geleer?

Die tweede vraag, en dit is die rede wat Jeremia vir die mense gee, is dat hulle sal sterf aan die pes. Hoe weet ek of ek die pes het? Die pes hier beteken vir ons dat ons verklaar dat ons groep alles reg doen en dat ons seker is dat almal wat aan ons groep behoort, die ewige lewe sal beërwe. U sien ons hou nie van introspeksie nie, want dit beteken dat ek die goed wat ek nie mee tevrede is in my lewe, weer in die oog moet kyk. Dit beteken ook dat ek die vraag moet vra of elke beginsel wat ek aan vashou, Bybels is.Hoeveel gewoontes en beginsels het u wat dalk nie in die Bybel gevind kan word nie? Ek besit ook die pes as ek verklaar dat die mense maar kan aangaan met al hulle waarskuwings en debatte, want hulle sal ook eendag “bykom”. My lewe is mos heel goed, en ons moet ook nie ‘n “te” by alles sit nie. Dit is die groep wat Jeremia verklaar sal sterf van die pes.

Die derde rede hoekom hulle sal sterf is deur die swaard. Wie is die groep dan? Dit is die groep wat besluit dat hulle nie in die eerste twee pas nie, en hulle dus onttrek van hulle gemeente en mede Christene. Hulle wil soos in Jeremia se tyd uit Jerusalem gaan en in die naburige dele gaan woon. Maar Esegiël het ook verklaar dat hulle sal sterf deur die swaard as hulle uit die stad uitgaan. Weet u ons kan nie sonder mede Christene klaar kom nie? Indien ons dit probeer doen is dit dan dat ons na die Bybel gryp en allerhande snaakse leerstellings mee kom, wat uiteindelik ons dood beteken. Die Woord van God is die swaard wat ons sal oordeel.

Dan is daar ook die mense wat aangedring het om na Egipte terug te keer. In die geskiedenis het hulle Jeremia saam met hulle terug geneem, maar weet u, hulle het nooit weer die geleentheid gekry om terug te keer na Jerusalem nie. “Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei. En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal ‘n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word. En Ek sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes; sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie.”(Jer 44:11-14) Die enkele vlugtelinge wat wel kon terugkeer was Jeremia en Barug se mense aangesien hulle gedwing was om na Egipte te gaan. Hulle is later deur Nebukadnésar na Babilon geneem toe hy Egipte beset het. So ek kan nie terugkeer na my vorige lewe van Egipte nie, want dan sal ek die tweede dood van Openbaring sterf. Dit is hoe ons dit in Hebreërs lees: “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6)

U sien die HERE vra ons om uit te kom onder die heerskappy van ons aardse “koning”, of in ons geval ons gemeente of kerk groep, en dat ons nie moet vertrou op ons lidmaatskap van ‘n gemeente om sodoende die ewige lewe te beërf nie. Nee, ons moet ons losmaak van die gedagte dat lidmaatskap ons kan red, en ons skaar by die Kerk wat Jesus bou. U sien Hy is nie besig om ‘n klomp bruide voor te berei nie, nee Hy wil een bruid hê, maar sy moet skoon en heilig voor Hom kan staan. Dit beteken nie dat ek my lidmaatskap van my gemeente moet opsê en nou kerkloos rond te loop nie. Nee, ek moet my vertroue alleen op die HERE stel, dit is wat gevra word. Verder word van ons verwag om soos ‘n Daniël en sy vriende die regering tee te staan as hulle allerhande verkeerde norme op ons wil afdwing. Daniël het nie gehuiwer om in die openbaar te bid nie. Hy het geweet dat die aardse gesag nie die opperste gesag is nie, maar dat slegs die HERE enige gesag mag afdwing.

Die gelowiges van die groep verwag nie net herlewing nie, maar ware hervorming, of ballingskap. Wat is die verskil tussen die twee begrippe? Herlewing vir my beteken dat ek net moet gaan soek na dit wat lewe bring, en dit dan verkondig. Indien daar lewe was by iemand, sal dit weer die lewe laat vlam vat. Hervorming aan die ander kant beteken dat ek ontslae raak van dit wat nie van die HERE is nie, en ‘n nuwe lewe begin. Dit is dan ook hoekom die HERE die term van ballingskap gebruik, want ek moet van my afsaksel geskei word.

Hoe weet ek dit is waar? Dieselfde vraag as die een in Jeremia word in Openbaring gevra. Openbaring 18:4 “En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie”.

U sien as u nie in ballingskap gaan nie, is u besig met godsdiens. En godsdiens is dieselfde as hoerery, en dan is ons deel van die hoer van Openbaring 18. Ek weet ek wil, en ek is seker u wil, deel wees van die Bruid van Christus, daarom moet ek in ballingskap gaan.

Sodra die mense hulle tyd in ballingskap volbring het, sal hulle terugkeer na Jerusalem, die gelowiges, en die ware tempel van die HERE (die Kerk) herstel.

Dit dan ‘n kort oorsig van die eeu oue verbond en wat dit vir ons vandag beteken.

Wat is die gevolge van die verbond op ons huidige teologiese standpunte?

Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Israel

Wat dan van Israel as nasie vandag? Hulle moet ook deel word van die verbond wat met Jesus bekragtig is. Soos ons vroeër al gesien het  moet alle mense deel word van die verbond. Die volk Israel van vandag en die land Israel van vandag het NIKS met die Bybel te doen nie. Jesus het self verklaar dat hulle verwerp is, omdat hulle Hom verwerp het. In Matteus kom die volgende gelykenis voor: “Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig. Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak. Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak. Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen? Hulle antwoord Hom: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee. Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.” (Mat 21:33-46)

Lukas het weer ‘n ander gedeelte opgeteken: “En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie. (Luk 19:41-44)

Dit bewys weereens vir ons dat Israel en sy bewoners, en almal wat die Joodse geloof aanhang wêreldwyd, moet deel word van die verbond met Jesus, om die ewige lewe te beërf. Jesus is die weg en die lewe, Hy alleen. Dit is wat Paulus, Barnabas en al die Apostels verkondig het. Daar is nie ‘n ander plan vir hulle nie.

Wanneer ons na die boek van Handelinge kyk, vind ons dat beide Paulus en Barnabas, wat baie mense dink net die heidene bedien het, elke keer wanneer hulle in ‘n gebied aangekom het na die Joodse sinagoge toe gegaan het om daar te leer.

Hier dan ‘n verkorte lys van die gebeure:

Hand 13:14  “Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.”

Hand 13:42 “En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. Hand 13:43  En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.”

Hand 14:1  “En op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ‘n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.”

Hand 17:1  “Toe het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en in Thessaloníka gekom, waar ‘n sinagoge van die Jode was. Hand 17:2  En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte  Hand 17:3  en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”

Hand 17:10  “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. ”

Hand 17:16  “En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was. Hand 17:17  Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom. ”

Hand 18:1  “En daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in Korinthe gekom. Hand 18:4  En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. ”

Hand 18:19  “En hy het in Éfese aan kom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.”

Hand 11:25 “Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring. Hand 11:26  En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.”

So indien Paulus dus ‘n geheimenis gehad het dat daar ‘n verskil tussen Israel en die Kerk (Christene) is en daar dus ‘n wegraping moet wees sodat Christus weer fisies die koning van die Jode moes word het hy mos sy tyd gemors om elke keer na die sinagoge toe te gaan en vir die Jode te probeer oortuig dat Jesus die Christus is. Hulle, die bekeerde Jode en Grieke, het dan reeds as Kerk(Christene) bekend gestaan in Paulus se tyd. Dit is ook hierdie selfde Jode wat Paulus gestenig het en gelos het vir dood, en Barnabas van ‘n tempel in Cyprus geneem het en hom aan sy nek opgehang het en terwyl hy nog lewend was, hom verbrand het. Om nou te probeer bewys dat die HERE weer vir Christus sal stuur om hierdie mense wat dieselfde stand as enige ander nie gelowige het, te kom red is waansinnigheid en in stryd met die gebeure in die Bybel.

Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Calvinisme

En wat van Calvyn se uitverkiesings leer? My persoonlike siening is dat sy leer aanklank vind by die persone wat filosofie verkies. Dan kan hulle baie filosofeer oor die saak, en by allerhande slotsomme kom sonder om enigsins by die Bybelse antwoord uit te kom. En dan het Calvyn, soos sovele ander, die voorbeeld van Israel verwerp, want hulle is bang dat die HERE met hulle ook sal doen soos Hy met Israel gedoen het. Ek was eendag teenwoordig toe ‘n dominee juis oor Israel as voorbeeld gepreek het, en is hy onmiddelik na die diens aangevat deur van die ouderlinge wat hom summier wou skors uit die gemeente omdat hy dit durf waag het om ‘n parallel te trek tussen Israel en gelowiges. So Calvyn het sy hele filosofie en geloofstelsel gebou op slegs die Nuwe Testament en dele wat hy uit die Ou Testament kon gebruik om sy punt mee te bewys. Dit is wat gebeur as jy jou hele leerstellings bou op slegs die nuwe testament, soos die Katolieke, Luther met sy eie gesegdes en haat teenoor die Jode, en sommer ‘n hele klomp ander bewegings ook. Onthou net dat beide Luther en Calvyn uit die Rooms Katolieke kerk gekom het, en slegs die gedeeltes van hulle standpunte verander het waarmee hulle nie saamgestem het nie. Die feit dat die apostels en dissipels net die Ou Verbond gehad het om met mense te deel en onderig, is blykbaar nie belangrik nie. Handelinge 17 leer ons juis die volgende: “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.(Hand 17:10-12).” Ek neem aan die enigste skrifte wat hulle kon ondersoek was die wet en die profete. Wat Calvyn se leer nog verder negeer, is dat hy persoonlik nie juis aan Hebreërs se voorskrifte voldoen nie. Heb 13:7 “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.” Calvyn se eie uitspraak is as volg: “Honour, glory, and riches shall be the reward of your pains; but above all, do not fail to rid the country of those scoundrels, who stir up the people to revolt against us. Such monsters should be exterminated, as I have exterminated Michael Servetus the Spaniard.” Calvyn aanvaar hier dat hy moord gepleeg het, en ek wil sekerlik nie iemand volg wat ‘n self verklaarde moordenaar is en ander aanmoedig om te moor nie. Jesus het ook oor hierdie mense gewaarsku. “Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie. Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was”. (Joh 16:1-4)

En dan wil hulle nie glo dat jy eers moet besef dat jy ‘n verlosser nodig het voordat kan dink om jou lewe neer te lê by die kruis en deel te word van die verbond nie. Met die uittog uit Egipte het die HERE nie die kinders gestraf omdat hulle vaders nie in die beloofde land gegaan het nie. Nee, die Bybel stel dit so: Num 14:29  Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.” So die kinders moet eers mondig wees voordat hulle uit Egipte kan trek en self verantwoordelikheid neem vir hulle lewe. Baba doop het geen invloed op jou lewe nie en bly jy in Egipte. Dit is hoekom die Calviniste so maklik swig vir versoekings, want hulle staan nog onder die koningskap van die Farao. En omdat hulle nog onder die heerskappy van die Farao staan maak hulle bakstene vir hom, en bou hulle sy ryk uit. Hulle is wel deel van die verbond, maar dit is een rede waarom hulle nog na die dood eers sal moet leer wie die HERE werklik is. “En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.”(Zec 14:17-19) Hoekom die huttefees? Want dit is die fees wat Israel moes vier om hulle te herinner aan die uittog uit Egipte. “Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE. Op die eerste dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie. Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe; behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee. Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees. En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (Lev 23:34-43)

Kinders wat nog nie mondig is nie moet die vader van die huis voor verantwoordelikheid doen by die HERE. “Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.” (Gal 4:1-2)

‘n Verdere probleem wat ek met Calvyn se standpunt het is dat Jesus nie vir alle mense gestref het nie, maar slegs vir die wat Hy uitverkies het. en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;” (Joh 16:8-9) Volgens die gedeelte is dit juis die eerste rede waarom die Heilige Gees gekom het, om die wêreld, nie net die sogenaamde “uitverkiestes”, te oortuig van sonde sodat niemand met die oordeelsdag kan kla dat hulle nie geweet het nie. So dit vir my negeer Calvyn se standpunt.

Nou moet ek ook erken dat daar tog baie van die leerstellings van die Calviniste baie goed gemotiveerd en Bybels beantwoord word. Oor die eeue heen het daar soos met enige ander begrip ook maar interpretasies gekom wat nie altyd is soos wat beide Calvyn en Luther dit bedoel het nie.

Dan wil ek ook net noem dat vanaf die 1983 vertaling van die Bybel, die teoloë en vertalers, wat ek aanneem meeste met ‘n Calvinistiese agtergrond, die begrip van en die woord geregtigheid heeltemal afgewater het of soos in die 2008 vertaling heeltemal verwyder het. Die woord geregtigheid kom 322 keer voor in 305 verse in die 1953 vertaling, en slegs 40 keer voor in die 1983 vertaling.

Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Dispensasionelisme

Hierdie klomp mense probeer so hard om die Bybel by hulle geloof aan te pas dat hulle met baie snaakse voorbeelde kom, en dan ook uitsprake van Jesus verwerp. Aan die kruis het Jesus gesê Dit is volbring”. Maar hulle glo dat Jesus weer fisies moet kom om Israel te herstel, nadat Jesus alreeds vir hulle vertel het toe Hy op aarde was dat Hy hulle koningkryk weg geneem het. Soos ek vroeër ook aangehaal het: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het”. Die gelykenis gaan nie verder om te kenne te gee dat die Jode weer herstel sal word nie. En ons moet onthou dat dit Jesus is wat aan die woord is, so Hy sou sekerlik dit vir hulle gesê het as dit so beplan was, want Hy is darem God en weet alles.

Dit is juis wat Israel in Jesus se tyd verwag het, hulle het ‘n fisiese koning verwag, en nou maak hierdie mense dieselfde fout deur ‘n fisiese koninkryk te verwag op aarde.

Ek wil graag ‘n gedeelte aanhaal van wat ‘n leraar van hierdie leer op hulle webtuiste gepubliseer het na aanleiding van hulle leerstellings. “Maar om bloot op grond van die feit dat Daniël 9 nie praat van 2000 jaar tussen twee verse nie, en dat Sagaria 9 nie praat van 2000 jaar tussen vers 9 en 10 nie, en dat Jesaja 9 nie praat van 2000 jaar en Miga 5 nie praat van 2000 jaar tussen verse 1 en 3 nie, maak sekerlik en gewis nog nie dat die twee dele van die profesie in een en dieselfde tyd moet afspeel nie. Die sleutel is DIE VERBORGENHEID”. Volgens hulle is iemand wat nie die gedeelte glo nie, die behoort glo nie aan die HERE nie, want ons verstaan mos glo nie die verborgenheid nie. Die feit dat Jesus en Paulus presies vir ons vertel wat die verborgenheid is, dat die evangelie aan die ganse mensdom verkondig sal word, is glo nie die verborgenheid nie. “waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” (Col 1:25-27)

En dan wil hulle ook nie glo dat Jesus die skeiding tussen Israel en Kerk afgebreek het nie.  Maar die verbond bewys geheel en al dat alle mense wat deel van die verbond word, Sy volk is. Paulus verklaar dat dit die geheimenis is wat wat die profete nie van geweet het nie, soos ek hierbo aangehaal het. Ai tog, as hulle maar net die Bybel en Jesus se uitsprake wil glo. As hierdie mense net die Bybel se uitsprake as die enigste leeringe aanvaar, en nie die leerstellings van mense nie. Net om die gedeelte weer te bevestig is die volgende in Eksodus vir ons opgeteken: “Eks 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef. Eks 12:38  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee.”  So selfs in Moses se tyd is nie-Jode ook as verbondsgenote gereken. Hierdie mense maak dieselfde fout as die Moslems, Mormone en sovele ander mense deur vas te hou aan die leerstellings van mense. Ek wil graag net weer herhaal wat Paulus gesê het en wat ek vroeër aangehaal het oor die Kerk en Israel: In Efesiërs 2 leer ons die volgende: “Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees. (Eph 2:11-22)

Dan leer hulle ook dat daar ‘n geheime wegraping sal plaasvind met die eerste koms van Jesus. (Volgens hulle sal Jesus nie net eenkeer terug kom aarde toe nie). Nou wonder ek net of een van hulle eie verse wat hulle aanhang om hulle leer mee te staaf, dit kan bevestig of weerlê. Dit is wat die Bybel sê: “1Th 4:16-17  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” Nou wonder ek net hoe dit ‘n geheim sal wees as dit met basuin geklank aangekondig gaan word?

“En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is”. Skynbaar is hierdie vers ook nie op hulle van toepassing nie. Hulle kan mos sommer net ‘n kort gebedjie doen saam met iemand, of sommer namens iemand, en dan is die persoon gered. Die feit dat slegs die HERE mense in Sy koninkryk kan byvoeg dra geen gewig by hulle nie. “Almal wat ‘n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” (Gal 6:12-16) (Sien besnydenis vroeër in hierdie boek.) Die laaste reel is baie interesant. Dit is nie die God van Israel nie, maar die Israel van God, so nie die fisiese Israel nie, maar die nuwe Israel, die wat kies om Hom te dien en deel word van die verbond.

Gevolge van die verbond van geregtigheid op die Wegraping leerstelling

Hierdie mense kry jy onder baie verskillende teologiese opvattings, van Calviniste tot Pinkster, Israelvisie, Brits-Joods, Charismatiese lidmate en sommer ‘n hele klomp tussen in. Hulle hoofrede is dat hulle glo dat Daniel 9 se laaste verse nog nie vervul is nie, en dat dit eers in die sewejarige verdrukking en daarna vervul sal word. Volgens hulle sal ons as “nie Jode” in die hemel wees en Christus sal op aarde saam met die Jode wees vir ‘n duisend jaar. Volgens hulle is daar vyf of ses goed wat Jesus nog moet kom doen op aarde. So hulle glo nie Jesus se uitspraak aan die kruis volgens Johannes nie: “Joh 19:30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas”.

Die leer is gegrond op die feit dat ons nou in ‘n genade tyd leef, dat Jesus sal kom om die Kerk voor, gedurende of na die verdrukking weg te vat, dat die HERE dan vir Israel sal herstel, en dat Jesus dan weer sal kom om finaal die wêreld te oordeel. Die aanhangers van die leer beweer dat daar ‘n verskil tussen die Kerk en Israel is, en dan verwys hulle na die geheimenis waarvan Paulus praat wat aan hom toevertrou is. Nou word daar beweer dat daar sekere gedeeltes in die Bybel is wat net sekere persone insae oor het, en dit handel oor die feit dat die HERE verskillend gaan optree teenoor die Kerk, as ons dit vergelyk met die Jode. Hulle grootste bewys wat gebruik word, is die gedeelte in Daniël 9 waar die 70 weke bespreek word, en word daar geleer dat die laaste week nog nie aangebreek het nie, en dat dit deel is van die geheimenis waarna Paulus verwys. Die feit dat Jesus en Paulus presies vir ons vertel dat die verborgenheid is, dat die evangelie aan die ganse mensdom verkondig sal word, is glo nie die verborgenheid nie. “waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” (Col 1:25-27)

Maar ons het so pas bewys dat daar nie ‘n verskil tussen Israel en die Kerk is nie. So hoe bewys ek dan dat gedeeltes soos Daniël se sewentig weke reeds vervul is? Ek is bewus daarvan dat baie boeke al oor die wegraping geskryf is en dat persone al hul doktorsgrade verwerf het deur hieroor te skryf. Maar is hierdie leerstelling korrek?

Die wegraping is seker ook een van die leerstellings wat baie Christene gerus maak omdat hulle nie hoef bang te wees dat hulle deur die verdrukking hoef te gaan nie, want die verdrukking is mos net vir Israel en die ongelowiges, of dit is hoe die mense geleer word. Indien ons besef dat ons as Kerk nou Israel geword het, sit ons dus met die probleem dat ons dan ook die verdrukking sal moet deurgaan, en dan raak dinge ‘n bietjie moeilik.

Die hele leer van die wegraping is gebaseer op ’n lering dat ons nou in ‘n genade tyd leef wat inpas tussen weke 69 en 70 van Daniël. Daar is al baie boeke geskryf oor Daniel se sewentig weke, en hoe dit geïnterpreteer moet word. Oor die eerste 69 weke is almal dit min of meer een dat dit al verby is en dat dit dui op die tydperk van die terugkeer uit ballingskap tot en met die koms van Jesus. En dan is daar ook die fiksie skrywers met hulle Left Behind reeks wat baie mense as die waarheid glo, alhoewel hulle self verklaar en pryse ontvang het as fiksie skrywers.

Die laaste week is die een wat skielik so 160 jaar gelede deur ‘n sekere Darby nuwe betekenis aan gegee is, en nou hardloop almal wat nie sterk is in die geloof nie, agter hom aan. Voor hom was daar geen lering oor ‘n wegraping ooit deur die Kerk verkondig nie. Hy was ook die eerste persoon wat weer onderskeid tussen Israel en die Kerk gemaak het. Die lering het gemaak dat mense vandag duisende rande spandeer om na Israel te gaan en vir die Jode probeer namaak deur weer Shabbat te hou net sodat hulle gesien kan word dat hulle deel wil wees van die beweging om weer die tempel in Jerusalem te vestig, en weer allerhande offers in te stel aangesien Jesus nie geslaag het om diereoffers af te stel nie. Die feit dat meeste van vandag se Jode nie kan bewys dat hulle uit die oorspronklike Israel gekoppel kan word nie, word ook deur die mense ontken. Ons lees egter in die geskiedenis van Europa dat seker 90% van vandag se Jode, Ashkenazi Jode is en uit Europa afstam. So hulle is Europeërs en nie gebore Jode of Israeliete nie. Dit is ook hierdie Jode wat Hitler vermoor het, en die wat Luther in sy boek, “On the Jews and their lies”, beskryf het dat die Duitsers hulle sinagoges moet afbrand en ‘n hele klomp ander goed wat nie in hierdie dokument pas nie, en nooit deur enige teoloog aan sy gemeente sal voorhou nie.

Wat baie van die mense nie weet wat in die wegraping glo, is dat die enigste rede dat daar nou skielik 2000+ jaar as genade tyd gegee is, gebaseer is op ‘n lering dat God die Vader en Jesus Christus nie geweet het dat die Jode vir Christus sou verwerp nie. Daar is hoevele geskrifte wat hierdie standpunt huldig. Nou moet ek ook erken dat dit baie moeilik is om vas te stel wat die leer van die wegraping eintlik is, aangesien daar seker net soveel verklarings is as wat daar mense is wat die lering aanhang. Elke leraar van die leer het sy eie interpretasie, en maak baie geld daarmee.

Maar hoe lui Daniël se profesie oor die sewentigste week? “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” (Dan 9:27) Hier profeteer Daniël dat in die laaste week, wat eintlik jare is, daar ‘n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en ‘n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en ‘n half jaar, soos Daniël dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Daniël dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie. Daarna sal Jerusalem verwoes word. Dit word verder bespreek hieronder.

Kom ons behandel die gedeeltes kronologies soos deur Daniël geskryf. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy Seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self gesê het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. So het Hy die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word.  Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE ‘n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf en opstaan uit die dood om as eersteling die vloek van Egipte te verwyder.

Die volgende is ‘n kort opsomming van Daniël se gesig en profesie wat hy van Gabriël ontvang het.

“By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.” Daniël 9:23.

1 – “Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal,” (Sien ook Lev 25:9 “Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is”). So die sewentig sewe talle is dus 490 weke waar een week getel word vir elke jaar.

2 – “om die goddeloosheid te voleindig” Dat gedurende die tyd die goddeloosheid van die HERE se volk sal verdwyn na die uitstorting van die Heilige Gees, waar almal wat die Heilige Gees ontvang ‘n hart van vlees ontvang sodat hulle nie meer goddeloos sal optree nie. Verder sal hulle dus deur die bloed van Jesus vrygekoop word aangesien Hy reeds vir ons sondes gesterf het.

3 – “en om die maat van die sondes vol te maak”. Dat daar ‘n einde sal kom aan die tydperk waar sonde heers oor God se kinders deur die wet, en Jesus die volmaakte offer vir sonde sal wees.

4 – “en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring” Dit is waarvoor Jesus gekom het; om versoening te bring sodat ons Sy geregtigheid kan ontvang wat ons sin word as deel van die Nuwe Verbond, waar ons nie meer gesien word deur ons sonde nie, maar onder die Bloed van Jesus, en dus sonder sonde voor die genadetroon van die Vader kan verskyn.

5 – “en om gesig en profeet te beseël” Om ‘n einde te bring aan al die profesië rondom die eerste koms van Jesus as verlosser.

6 – “en om wat hoogheilig is, te salf.” Jesus moes dus ook gedurende die tydperk gesalf word as Koning, Verlosser, en Profeet.

So dit is alles wat gedurende die 490 weke moes gebeur. Nou begin Gabriël eers met ‘n uiteensetting van wat sal gedurende watter tydperk gebeur.

  • Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle;” maw 49 jaar voor die tempel herstel is.
  •  “en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid”. So na die herstel tot en met Jesus sal dit dus 434 jaar wees.(62 x 7)
  • “En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word”, (so gedurende die 70 ste week) “maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings” Nou gee Gabriël hier te kenne dat Jesus gedurende die sewentigste week uitgeroei sal word, soos vroeër genoem, in die middel van die week sonder dat dit enige voordeel vir Homself inhou en dan ook wat met Jerusalem sal gebeur. Jerusalem sal deur ‘n vors wat sal kom, met ander woorde ‘n vors wat nie gedurende Daniël se tyd ‘n vors was nie, verwoes word, en Jerusalem se einde sal wees soos dit gebeur het, met die leërs wat soos ‘n vloed sal inkom en Jerusalem sal verwoes. Verwys maar gerus na Daniël 11:22, 26 en 40 waar soldate na as ‘n vloed verwys word. “en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings”.  Dit is vasbeslote verwoestings wat nooit sal ophou nie, dit is waarom daar tot vandag toe nog aanhoudende oorlog in, oor en om Jerusalem is.
  • Dan 9:27 “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” Hier profeteer Daniël dat in die laaste week daar ‘n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en ‘n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en ‘n half jaar, soos Daniël dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Daniël dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy Seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self gesê het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” So is die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word. Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE ‘n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf as eersteling om die vloek van Egipte te verwyder, alle offers te beëindig, en ook die wette rondom die Leviete te volbring. So ons het nie meer nodig om tiendes aan iemand te betaal om namens ons offers aan die HERE te bring nie. Soos die val deur een persoon, Adam, veroorsaak is, so moes dit deur een persoon, Jesus Christus, weer voor betaal word sodat elkeen wat glo vrygespreek kan word. Een voorbeeld wat ons reg deur die Bybel kry, is dat die eerste, of menslike besluit, altyd verwerping bewerk het, terwyl die tweede altyd die Goddelike oplossing wys. Soos genoem het, die eerste Adam het die val bewerkstellig, en Christus as die tweede Adam, die verlossing bring. So sien ons dit tussen Kain en Abel, Ismael en Isak, Esau en Jacob, die eerste tablette met die wet wat slegs vir Israel was maar deur hulle verbreek is deur afgodery, en dus die tweede tablette vir ons almal sal geld. So is Saul ook as eerste koning gesalf en aangestel omdat Israel die HERE verwerp het en het hy ook verkeerd gedoen en is deur die HERE onttroon terwyl Dawid as tweede koning gesalf en aangestel is en wat vriend van die HERE was. Al die ander konings na Dawid is deur mense aangestel en nie gesalf en nie een van die hulle is weer deur die HERE gesalf nie. So geld dit ook vir Israel en Kerk vandag, met Israel wat eersteling was en deur die HERE as Sy gesalfde volk geleef het maar Christus verwerp het, en ons as Kerk wat as die volmaakte oplossing van die Vader daar gestel is sodat elkeen wat glo in Christus, gered is en sal word. Die eerste geregtigheid was verkry deur die onderhouding van die wet (En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het. Deut 6:25) en die tweede geregtigheid, Jesus Christus as verbondsoffer. “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. (Rom 10:3-5) Jer 23:6  “In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.”

Baie van die aanhangers van die leer oor die wegraping, wys daarop dat die daaglikse offer eers met die verwoesting van die tempel opgehou het, en dat ons dit eintlik nie kan gebruik as maatstaf nie. Wat hulle vergeet, is dat indien Jesus die Christus was, was dit nie meer nodig om te offer na Sy dood nie, want Hy was die volmaakte offer vir alle offers wat deur Moses voorgeskryf is. Geen offers was meer nodig daarna nie. So indien hulle die verklaring so wil gebruik, verklaar hulle dus dat Jesus nie die Christus was nie, en dat die HERE nog steeds die offers in die tempel aanvaar het.

Daar is ook ‘n ander gedeelte wat vir ons verklaar hoekom Jesus geoffer kon word, en hoekom die Vader spesifiek Jesus se offer raakgesien het en nie die offer wat deur die hoëpriester gebring is die dag van Jesus se kruisiging nie. Toe Jesus deur die hoëpriester ondervra is, het die volgende verhaal hom afgespeel. “Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!” (Mat 26:61-65) Die klere van die hoëpriester moes van een stuk materiaal gemaak word, sonder dat daar nate aan was. Die klere van die hoë priester moes van ‘n enkele stuk materiaal gemaak word. “En dit is die klere wat hulle moet maak: ‘n borstas en ‘n skouerkleed en ‘n mantel en ‘n kunstig bewerkte rok, ‘n tulband en ‘n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem. En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk. Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word. En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.” (Exo 28:4-8) Die hoëpriester kon dus nie met gelapte klere in die tempel gaan om te offer die volgende dag nie, want sy klere was geskeur. So daar was geen manier wat hy voor die HERE kon verskyn sonder om sy klere weer reg te maak nie, maar dit sou nog steeds nate gehad het. Dus kon die Vader nie sy offer aanneem nie omdat hy nie aan die voorskrifte van Moses voldoen het nie, en daarom is Jesus se offer aangeneem, en het die daaglikse offer opgehou. Daaroor ook dat Sy klere nie verdeel is nie, maar dat hulle die lot daaroor gewerp het.

U moet onthou dat Jesus aan die kruis gehang het van die tyd dat die oggend offer geoffer moes word, tot die tyd dat die aandoffer gedoen moes word, of van nege uur in die oggend tot drie uur die middag. Hy is ook buite die laer gekruisig, sodat Hy ook diè offer kon volbring. “Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie; want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra” (Heb 13:10-13) So het Jesus dus ‘n einde gebring aan alle offers wat deur die hoëpriester en ander Leviete gebring moes word. Hy het dit ook nie in die aardse tempel gedoen nie maar in die hemelse tabernakel. “Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.” (Heb 9:23-28).

Daarom ook dat die voorhangsel van die tempel geskeur het met Sy dood want ons het nou vrye toegang na die Vader. Dit was dus die einde van die eerste helfte van die sewentigste week, met Jesus se bediening op aarde wat drie en ‘n half jaar geduur het, wat in Daniël se profesie ‘n halwe week was.

Die laaste gedeelte van die week was die tydperk tot en met die gesig wat Petrus gesien het van die onrein diere wat op ‘n laken neergedaal het. “En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.”(Hand 10:9-15) Dit was weereens drie en ‘n half jaar na Jesus se kruisiging. Gedurende die tyd het die Jode tyd gekry om hulle te bekeer en te erken dat Jesus die Christus was. Met die dood van Stephanus, het die tydperk opgehou, en het die evangelie na ons as heidene gekom. So is Daniël se profesie dus vervul, en het ons as heidene wat glo dat Jesus die Seun van God is  en deel van die verbond van geregtigheid geword het, deel van Sy verbondsvolk geword. Ons moet onthou dat die Jode ‘n fisiese koning verwag het om te regeer soos in die dae van Dawid en Saul, maar het nie onthou dat die konings oor hulle geheers het omdat hulle Hom verwerp het nie. 1Sa 8:7: “Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”

Daniël wys verder dat daar ‘n verwoester sal kom op die vleuels of vlerke van gruwels, en dit sal tot die einde duur. Hier het die Satan as verwoester opgestaan om teen alle vlees oorlog te voer en sodoende te probeer om sy koningkryk uit te brei. Die werke van Satan sal duur tot die einde van die aarde toe.

So het die sewentigste week begin met Jesus se bediening op aarde, en het geëindig met die uit dra van die evangelie aan die heidene. Dit dan die interpretasie van Daniël se sewentigste week asook die bewys dat daar geen wegraping is of sal wees soos dit deur baie persone verkondig word nie. Jesus het self male sonder tal gewaarsku dat ons moet volhard tot die einde toe, en nie verwag om nie deur foltering te gaan nie. In Paulus se tyd was daar ook persone wat nie verstaan het waaroor die evangelie gaan nie. Paulus skryf aan Timótheüs die volgende: “Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. (1Ti 1:3-7)

So om saam te vat. Die verbond wat Jesus kom vestig het, was die sterk verbond waarvan Daniël geskryf het, want dit het die vloek van die dood van die eerstelinge verwyder, asook alle offers wat die volk moes bring. Verder het Hy al ons sondeskuld betaal sodat ons vlekkeloos in geregtigheid voor die Vader kan verskyn. So Hy is ons geregtigheid, wat vir ons beteken die reg om voor God te staan sonder skuld, veroordeling en minderwaardigheid. Dit is om in die regte verhouding voor die Skepper te staan, skepsel teenoor Skepper. Dit kan ons slegs doen wanneer ons ‘n oorvloed van die gawe van geregtigheid ontvang. En dit is wat Jesus kom doen het.

‘n Regtige groot probleem wat ek het met die hele leer rondom die wegraping en die wat daarin glo, is dat hulle leer hulle deel maak van die antichris. Die enigste persoon in die Bybel wat direk verwys na die antichris vind ons in die briewe van Johannes. Sy definisie wat ek graag gebruik is as volg: 2Jn 1:7 Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel”. Die Jode glo nie dat Jesus die Messias was nie, en dit maak hulle volgens Johannes dus deel van die antichris. Die wegrapers deur hul ondersteuning van die Jode, skaar hulle by die Jode en dus by die antichris.

Slotsom

So my standpunt is dat alle mense een maal lewe, en dan sterf. Die wat deel is van die verbond met Jesus en Sy geregtigheid besit, sal in die duisendjarige vrederyk leer hoe om die HERE te dien en ontslae te raak van ons seining van wie gered word, en wie nie. Na die oorwinning oor Satan en sy magte, Gog en Magog, vind die wit troon oordeel plaas, en sal die persone wat oorwin het, saam in die Nuwe Jerusalem lewe.

Ek wil net ter afsluiting uitwys dat alle mense wat nagmaal gebruik, wel deel word van die verbond aangesien dit die verbondsmaal is. Waar ons almal ons sal bevind na die dood, is ‘n perd van ‘n heel ander kleur.

 

Vir meer oor die onderwerp kan u na my webtuiste gaan by www.shama.org.za en van my boeke en DVD’s bestel:

Ander boeke beskikbaar op my webtuiste en by boekwinkels se webtuistes wat ek geskryf het:

  • Die boek van Moses. Die boek neem u stap vir stap deur die hele proses wat ek hier in kort verduidelik het. Verder beantwoord dit ook baie ander vrae wat ek as Christen elke dag het. So is die boek ingedeel in hoofde wat handel oor die beginsels waarop ons geloof gebaseer is, wat beteken bekering, geloof, doop, liefde ens. Verder kyk ek ook na meer algemene vrae soos hoe maak ek my kinders volgens die Bybel se standaarde en riglyne groot, oor my finansies en die Kerk, oor seksualisme, Vigs ens. Dan is daar ook ‘n gedeelte wat ek kyk na wie of wat Kerk is, hoe ek as lidmaat ‘n leraar kan beoordeel en sommer nog baie ander vrae. Die laaste gedeelte kyk ek na hoe die hemel daarna uitsien, gebaseer op dit wat ek in die boek vinnig aangeraak het.
  • Is Egipte in die Hemel? Die boek is gebaseer op my lewe, wat ek ervaar het die eerste keer wat ek ‘n baie groot operasie gehad het om kanker te verwyder, en is deels waar, en dan so ‘n bietjie fiksie om te verduidelik wat ons in die hemel kan verwag.
  • Ontwaak jy wat slaap. Die boek kyk na die uitverkiesingsleer, en dan wat die gevolge daarvan is. Dit is ook die ingesluit in die Boek van Moses as ‘n aparte gedeelte, maar is ook afsonderlik te koop.
  • Kenmerke van ‘n Christen. Hoe moet my optrede as Christen wees. Moet die wêreld kan sien dat ek ‘n Christen is? Wat is die invloed van die HERE op my daaglikse lewens wandel.
  • Die Verbond van Geregtigheid. Die boek beskryf vir ons volledig wat die verbond vir ons as Christene beteken. Jesus het gesê dat Hy gekom het om te vervul, en nie om nuwe lerings te bring nie. Die boek neem u stap vir stap deur die proses van wat Jesus kom doen het om die verbond te vervul, asook wat die uitwerking daarvan op ons huidige groeperings binne Christendom beteken. Glo my, na u die boek gelees het en besef wat Jesus kom doen het, sal u lewe nooit weer dieselfde wees nie.
  • DVD’s Daar is ook ‘n hele paar van die boeke wat ek as DVD’s opgeneem het, en wat gebaseer is op die eboek met dieselfde naam, maar waar addisionele inligting ook beskikbaar is. Die DVD’s is self opgeneem en is beskikbaar in volledige HD (high definition) formaat.