Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.(Efesiërs 5:8-17)
Is daar ‘n hemel? En indien daar is, wat is die toegangs vereistes. Weet ons wat is nodig om daaraan te voldoen? Hoekom en waar moet Jesus Christus as Koning optree?
Het die profete van die Ou Testament iets geweet oor hierdie tydperk, en het hulle dit dalk beskryf? In die gedeelte wil ek graag kyk na die verskillende profete en hul siening van die toekoms. Ek is bewus daarvan dat baie van u dalk sal wonder hoekom spesifiek die Ou Testamentiese profete en hulle siening van die toekoms, maar was u bewus daarvan dat baie van die profete se woorde nog nie vervul is nie? Een so ‘n voorbeeld kom uit Jeremia 30:3 “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander en hulle sal terugbring om die land te besit wat Ek aan hulle voorvaders gegee het, sê die Here.” Meeste van die kommentare bevestig dat Israel as volk, met ander woorde al Jakob se nasate, nooit Kanaän in besit geneem het na die Babeloniese tydperk nie, aangesien die stamme wat weggevoer was slegs Benjamin en Juda se stamme was, en het hulle toe onder bevelvoerders gestaan wat deur hulle oorheersers aangestel is.
Ander profesië is soos die van Sagaria, wat gesien het hoe die nuwe aarde verskyn en sal lyk, en dan is daar Esegiël se tempel. Verder is daar ook nog ander skrifte soos in Jesaja wat verklaar dat Egipte die HERE sal dien, saam met Assirië, en nog sommer vele meer.
Ek wil dus graag kyk na hoekom die ou profete sekere gesigte gesien het, op wie dit van toepassing is, en wat dit beteken.
Inhoud van die boek
Moses 5 – Ontwaak Jy Wat Slaap Inleiding
Moses 5 vers 1: Is daar ‘n verskil tussen Israel en die Kerk?
Moses 5 vers 2: Wegraping of nie?
Moses 5 vers 3 – Aan watter volk behoort u?
Moses 5 vers 4: Die eindtyd soos gesien deur Esegiël
Moses 5 vers 5: Jesaja se siening van die eindtyd
U kan al die boeke wat ek geskryf het van ons winkel aflaai teen betaling, of gratis van hier:
http://www.shama.org.za/boeke/
Dit is al die boeke wat u gratis kan aflaai. Onthou net die volgende aanhaling uit die Bybel: “Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.” (1Ti 5:18). So daar is voorsiening gemaak ook in my winkel waar u net ‘n donasie kan maak vir ons bediening en te help met my stryd teen fase 4 kanker.