Getuienis van Louwrens Erasmus

Ek het op ‘n dag voor die televisie gesit en wou graag uitvind watter programme die middag vertoon sou word aangesien dit ‘n vakansiedag was en ek nie seker was of die normale programme vertoon sou word nie. Dit was so net voor een in die middag net na middagete, en ek wou gou seker maak dat ek nie dalk ‘n goeie program mis voordat ek die middag se skottelgoed gaan was het nie. U sien in ons huishouding is daar niemand wat uitsluitlik sekere pligte het nie, en spring ons elkeen in om die ander persoon te help.

Daar was ‘n advertensie op vir ‘n Indiese program wat die volgende Sondag vertoon sou word, en daarna het hulle ‘n persoon gewys geklee met sy mooi rondekraag hemp met boortjie en al en in sy Sondagpak geklee met ‘n Bybel op die tafel voor hom. Hy het toe ‘n dame langs hom voorgestel en gevra dat sy haar getuienis vir die kykers sou gee, en het sy met die bekende woorde van “Voor ek Jesus geken het was my lewe heeltemal deurmekaar” haar getuienis begin. Hierdie woorde het my dadelik aangegryp en het ek toe die televisie onmiddelik afgesit en kombuis toe gegaan om my belofte aan my vrou na te kom. So tussen die skottelgoed was het ek skielik aan my eie getuienis en die van baie Bybelse figure begin dink.

Kom ek begin met ‘n getuienis waarvan ek die meeste weet, my eie. Ek is gebore uit ouers wat my elke Sondag na die plaaslike gemeente se diens toe gevat het, ek het katkisasie toe gegaan, op sestien belydenis van my geloof voor die gemeente afgelê, en op negentien diaken geword. Al die tekens was daar dat ek ‘n baie voorbeeldige lewe gely het. Tussen die jongmense was ek al op dertien penningmeester van ons gemeente se tak van die Jongeliede Vereeniging, en het ek die HERE gedien. So my lewe was verseker nie deurmekaar of ek uit die bose nie.

Ek en Hettie is getroud, op vier en twintig is ons seun gebore, en was ek maar soos gewoonlik deel van die diakonie in die gemeente. Dit was die patroon van ons lewe dat waar ons ons ookal bevind het, ons albei altyd ons deel gedoen het in die plaaslike gemeente. By een gemeente vroeg in ons lewe waar daar ‘n jong predikantspaar was, het ons elke Vrydagaand saam gekuier en vlugbal gespeel, aangesien ons en hulle kinders van dieselfde ouderdom gehad het.

So het die lewe maar aangegaan oor die jare. Op vyf en dertige jarige leeftyd het ek op ‘n dag uitgevind na ‘n ondersoek in die hospitaal dat ek kanker gehad het. Gelukkig kon die geneesheer alles verwyder het, maar het dit my baie gepla aangesien ek nie gedink het dat mense wat werklik vir die HERE lewe ook probleme kon kry nie. Ek het so by die HERE gesmeek dat ek net my kinders graag groot wou sien, aangesien ons jongste dogter toe maar net vier jaar oud was. Almal wat ek gedurende die tyd van geweet het wat kanker gehad het was toe alreeds dood, of op sterwe.

Gedurende die tyd en in die jare daarna, het ek al hoe meer probeer uitvind wie die HERE nou eintlik is, en of ek Hom regtig dien. So het ek en Hettie altyd ingeskakel by elke gemeente waar ons gekom het, (ons het so elke tweede jaar verhuis na ‘n ander plek), en was die predikant by die een gemeente so verbaas toe ons onsself kom aanmeld het aangesien hy gewoont was dat mense van ons ouderdom gesoek moes word indien hulle van gemeente verwissel het. By die gemeente het ek toe ook my eerste “Christelike kamp” bygewoon saam met vriende wat ons daar ontmoet het. Die kamp het verseker ‘n invloed op my lewe gehad, maar die invloed was dat ek net al hoe meer vrae gehad het.

Ons kinders is grootgemaak met Bybelstudie in die oggende sesuur by ma en pa op die bed, of onder die komberse in die winter, waar ek vir ons ‘n gedeelte sou lees, ‘n kort gedagte daaroor sou uitspreek, en ons ‘n paar liedere saam gesing het.

So het ons lewe maar aangegaan en het ons toe later na Pretoria verhuis waar ons weer nuwe mense ontmoet het, en saam met hulle het ons geleer hoe om die Jesusfilm te wys vir maksimum impak, hoe om ‘n goeie getuienis op te stel, hoe om Jesus met mense te deel, en het ons ook gevind dat ons ons eerste kerkverband “uitgegroei” het. Dieselfde tyd het ek ‘n rugoperasie gehad en moes ek vir veertien weke by die huis wees. Gedurende die tyd het ek gevind dat mense wat jy vroeër mee saam gedien het op die kerkraad, jou heeltemal kan verwerp as jy nie meer soos hulle dink nie.

Na ‘n paar jaar het ons weer verhuis na ‘n ander gedeelte van die stad, en het ek en Hettie albei ingeskryf om ‘n EE3 kurses by te woon, waar ons as werkers opgelei is. Sy het selfs gekwalifiseer as ‘n groepleier, maar tog het dinge in ons lewe nie altyd reg verloop nie. Ek is gedurende die tyd wat ons die kurses bygewoon het hospitaal toe vir ‘n nood blindederm operasie, en moes ek weereens verneem dat ek weer kanker het. ‘n Gewas van so om en by tien sentimeter is aan my dunderm gevind, en moes die dokters noodgedwonge ongeveer ‘n meter van my dunderm verwyder. Ek sou ook moes terug vir nog ‘n opvolg operasie aangesien daar nog kwaadaardige gewasse en kliere was wat hulle nie tydens die eerste operasie kon verwyder nie.

Die chirurg het my meegedeel dat hy en die narkotiseer aan die gesels geraak het tydens die eerste operasie, en hy het toe per abuis op die gewas afgekom. Dit was dan ook die rede vir die opvolg operasie sesweke later. Wat ek wel ondervind het in die tyd, was dat die HERE daar was en my gedra het voor, tydens en na die operasies.

Gedurende die tweede operasie is daar toe ‘n verdere vier en twintig limfkliere, almal kwaadaardig, verwyder, en is ek meegedeel dat daar ‘n gedeelte van die kanker gelos moes word aangesien ek my sou dood bloei as hulle dit ook verwyder, omrede dit aan ‘n bloedvat geheg was. Na die operasie het ek ‘n ondervinding gehad wat ek net as asemrowend kan verklaar. Ek het die oggend na die operasie wakker geword en buitengewone mooi koorsang gehoor. Ek het die ander persone in die saal gevra of hulle radios dalk aangeskakel was, maar almal was afgeskakel. Toe het ek ‘n gesig gesien van mense wat opruk na ‘n bergtop toe, almal in wit geklee, met sandale aan. Ek was in ‘n plek wat my herinner het aan ‘n wildsuitkyk, met twee persone saam met my. Die gesig het voor my afgespeel of ek in die bed was, in die bad of waar ookal. Hettie het selfs besluit die aand dat sy my maar huis toe sal gaan en my toelaat om te kyk na die gesig en te luister na hierdie engelekoor.

Nadat ek huis toe is vyf dae later, het ons predikant vir my gesê ek moet maar vergeet van die gesig en aangaan met my lewe, want hy het nie weet wat dit is nie. Ek het al hoe meer en meer gesoek in die Bybel vir antwoorde, en elke keer het ek net verdere vrae gehad. So het ons toe later besluit om na ‘n pinkstergemeente toe te gaan, en is ons as huisgesin gedoop, en ook met die Heilige Gees gedoop. Dit was vir ons opwindend om al hierdie nuwe waarhede in die Bybel te leer, iets wat ek in vier en veertig jaar nooit geleer is nie.

Tog was ons lewe nie soos mense vir ons probeer oortuig het dit moes wees nie. Volgens almal wat ons daar en vroeër in ons lewe ontmoet het, moes ‘n Christen se lewe ‘n lewe van vreugde en vrede en oorvloed wees, iets wat ons verseker nie ervaar het nie. Gedurende die tyd het ons finansies ‘n duik gevat as gevolg van die uitgawes om die kanker te bestry en moes ek noodgedwonge maar ons huis vir die bank teruggee, en moes ons maar weer van vooraf begin. Gedurende die tyd is ons oor na ‘n vernuwingsgemeente waar ons weereens ontsaglik baie geleer het. Maar soos tevore, was daar maar aanhoudend goed wat verkeerd geloop het, en het ons nooit hierdie vreugde en vrede ervaar nie.

’n Paar jaar later is ons Port Elizabeth toe nadat die firma waar ek werksaam was ‘n derde van hulle werknemers ontslae van moes raak, en moes ek as een van die ouer en duurder werknemers, maar gaan. Weereens het ons finansies in duie gestort, maar ons het aangegaan. Daar het ons by ‘n gemeente ‘n Bybelskool begin, ek het in die tussen tyd gestudeer en is as ‘n pastoor georden, maar weereens was dit nie sonder probleme nie. Ons is toe selfs deur van die gemeentelede gevra om ‘n nuwe gemeente te begin, maar voordat ons werklik aan die gang kon kom, moes ons verneem dat die groep uitmekaar gaan en dat ons maar weer alleen moes aangaan. Daar het ek ook begin skrywe aan ‘n boek wat ek die opdrag jare gelede voor van die HERE gekry het. Vandag is daar ‘n hele paar boeke wat min of meer my vrae wat ek gehad het, beantwoord, asook die vrae van ander persone. Hierdie boeke word teen so gemiddeld 160 afskrifte per maand van ons webtuiste afgelaai.

‘n Jaar later is ons terug na Pretoria, en na nog ‘n jaar van sukkel, het ons, ek en my seun, se besigheid aan die gang gekom en het ons gedink dat ons lot uiteindelik nou sou verander na dit wat ons soveel kere gehoor het van hoe ‘n Christen se lewe moes wees. ‘n Jaar later was dit terug na die vorige situasie toe alles wat ons aan gewerk het die vorige jaar in duie gestort het as gevolg van de feit dat ons kliënte ook hulle aankope en dienste van swart bemagtigings maatskappy moes verkry. Ons het ‘n heenkome by my jongste dogter gevind, en daar gebly vir byna ‘n jaar voordat ons weer op ons eie kon bly. Ek het weer ‘n werk gehad, en het ek besluit dat ek weereens my eie besigheid sou vestig, maar net die keer is dit deur goeie mense onder my uit gesteel.

Na die episode het ek ‘n aanbod aanvaar om weer in die rekenaarbedryf te werk. Weereens is ek deur Christene in die rug gesteek deurdat dit wat op skrif gestel is en dit wat werklik gebeur het, twee werelde uitmekaar was. So het ek uiteindelik die eindomsmark betree, en het dit redelik goed gegaan. Ons is op die ou einde na Sedgefield waar ons, ek en Hettie, sou begin het om weer ‘n nuwe lewe te lei. Na vier maande is ek weereens in die steek gelaat deur die eienaar wat net die tak toegemaak het sonder enige betalings of verduidelikings, en moes ons by vriende gaan bly om te verhoed dat ons as boemelaars of soos Hettie verkies, huisloses, op die pad sou eindig. Na ‘n paar weke is ons terug Pretoria toe en het ek ‘n betrekking aanvaar by ‘n finansiële dienste maatskappy wat afgetredenes met hul pensioen en beleggings help, en het ek gevind ek dat op hierdie gevorderde ouderdom ek weereens moet studeer aan die universiteit om my werk te kan behou.

Met die val van die markte aan die einde van 2008 het diè maatskappy se inkomste met vyftig persent gekrimp en moes ek maar weer aangaan, want daar was nie genoeg geld om salarisse te betaal nie. Ons het ‘n heenkome in Lady Grey deur vriende gevind, en het ek op sewe-en-vytige jarige leeftyd, begin om as onderwyser te werk, iets wat ek nooit gedink het sou gebeur nie.

‘n Jaar later het ek weer werk as finansieële adviseur gekry en is ons Port Elizabeth toe. Daar het ons so die seën van die HERE ervaar dat my inkomste in my eerste jaar daar sowat 4 keer meer was as wat ek as onderwyser gekry het, en die volgende jaar se belasbare inkomste so amper dubbel die van die vorige jaar se inkomste was. Ons het vroeg in 2012 ook verhuis na Jeffreysbaai om bietjie meer tyd te kan afstaan aan ons liefde vir die natuur, en is my eerste boek in die VSA gepubliseer en is ons nog elke dag verbyster oor die goedheid van die HERE.

Ek het my werk daar so ingerig dat ek nie nodig gaan hê om elke dag nuwe mense te moes sien nie, en toe gebeur dit weer. So tien dae voor my verjaarsdag verlede jaar (2013), het ek weer hierdie verskriklike pyn gekry. Na vele besoeke aan die hospitaal en verskeie toetse, is dit bevestig dat die klein stukkie kanker wat hulle 18 jaar tevore moes los, het gegroei tot ‘n gewas van 61x31x29mm. En dit is nogsteeds onmoontlik om te verwyder of kleiner te maak. Saam met die gewas is daar ook ‘n hele paar limfnodes wat almal kanker draend is. My jongste dogter en haar man het toe ‘n huisie vir ons gekoop op Steynsburg om nader aan hulle te wees. Die tipe kanker wat ek het, carcinoid, is maar baie skaars en die oorsaak is nog onbekend, en is dit kronies, so geen einde nie. Gelukkig weet ons wat meeste van die gevolge is, en moet ek erken dit is nie maklik nie. Gelukkig weet ek dat die HERE nogsteeds by my is, en in beheer van my lewe is.

In Oktober 2014 het ek gedink dit is my einde. Ek het so ‘n verskriklike pyn gehad en is op die ou einde in die hospitaal opgeneem, waar hulle uitgevind het dat die gewas beide dun en dikderm blokkeer het. Aangesien ek allergies is vir morfien was dit ‘n redelike moeilike operasie om die derms te omlyn om skoon gedeeltes te kry sodat die kos weer kon deurkom. Ek het dus twee gedeeltes dunderm, een van ongeveer 90 cm wat nie verstop is nie, en die res wat wel verstop is. Ongelukkig is die gedeelte ook waar die hoof bloedvate in die ingewande is en het die gewas dit alles omring en maak dat dit onmoontlik is om die gewas te verwyder. Gedurende die operasie het die dokters ook gevind dat die kanker na die lewer versprei het en het hulle ook ‘n gedeelte van die lewer verwyder. Dit was maar net weer ‘n geval waar die HERE ingegryp het aangesien oorlewing nadat dit na die lewer versprei het in maande gemeet word.

Dit is waar ons huidiglik is. Maar wat het dit met ‘n getuienis te doen? Net dit, dat die HERE ten spyte van al die omstandighede wat ons deurleef het, elke dag daar was vir ons. Dat ons elke dag genoeg kos gehad het om te eet, en ‘n slaapplek gehad het om ons hoofde op neer te lê. Een ding wat ek geleer het oor die jare, is dat ek nou die Bybel ken soos nooit te vore nie. Nie dat ek vir jou verse kan kwoteer nie, maar dat ek verseker weet wat die boodskap van die Bybel is. Dat ek nie nodig het vir iemand anders om die Woord vir my oop te breek nie, maar dat ek weet dat die HERE dit sal doen op Sy tyd. My getuienis is dat Hy jou op ‘n pad sal vat wat jou nader na Hom sal bring, en jou elke dag sal bystaan. Dit word so gestel in Hebreërs 13 verse 5 tot 9 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.”

Is ek seker van my feite? As ek in die Bybel gaan kyk hoe Hy met al die helde van die Bybel opgetree het vind ek maar dieselfde geskiedenis as my eie. Israel word verlos van die Egiptenare, maar vind hulself in ‘n woestyn, waar die HERE vir hulle moet sorg. Dawid, seker die persoon wat vir meeste mense die voorbeeld was van iemand wat die HERE geken het, moes in spelonke wegkruip vir Saul, voor Natan die profeet smeek vir vergifnis, en vir sy eie seun wegkruip omdat die hom wou doodmaak. Al die profete in die Ou Testament het soortgelyke ondervindings gehad en is Sagaria selfs in die tempel gedood. Mattues 23 vers 35 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.”

Soos ons hierbo kan sien, verklaar Jesus dat ons as Christene gehaat sal word ter wille van Hom. Petrus en Johannes is hoeveel keer vervolg, soveel so dat Petrus ook gekruisig is oor sy geloof, terwyl Paulus wat ook as goeie mens onder Gamaliël gestudeer het en goed gekwalifiseer was as Fariseer, in die tronke moes tyd spandeer, in boeie moes wees, en later gedood is vir sy getuienis as Christen.

Die skrywer van die Hebreërsboek skryf as volg: Heb12:5-8 “En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.”

Wat is die slotsom wat ek tot gekom het? Die meeste getuienisse wat ek gehoor het van mense, het geen verwysing na ‘n totale oorgawe of ‘n totale neerlegging van hulle lewe nie. Nee, dit lui gewoonlik “toe ek besluit het om die HERE te dien” of iets soortgelyks. Om die HERE te dien is nie ‘n besluit van myself nie, want dan is ek nog in beheer, maar ‘n totale oorgawe aan Hom wat by magte is om my lewe te neem, en my Sy lewe te gee. Ek moet by die Kruis van Jesus uitkom en my lewe daar gaan neerlê, en Sy lewe te kry, dit wat Hy vir my wil gee. Indien jy wil lewe sal dit jou dood by die kruis beteken, maar indien jy nie daar kom nie sal jy sterf sonder om Sy lewe te kry. Mat 16:25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Dit is my getuienis.

2017 Opdatering

Ek het die week Maandag 6 Maart gehoor dat ek weer onder die mes gaan deurloop want hulle wil kyk of hulle die gewas kan kleiner maak sodat ek ‘n bietjie beter kan lewe. En dan is daar uitsaaings na die lewer wat hulle weer moet verwyder. Ek sien nogal uit daarna om weer die horlosie so ‘n paar jaar terug te draai. Die enigste iets wat hulle nie mee kan help nie is “severe rhumatoid arthritus”. So ek sal seker teen die einde van die jaar in ‘n rolstoel beweeg. En dan het vroulief einde verlede jaar ‘n knop in die bors ontwikkel en het in Januarie ‘n bilaterale (beide) borste verwyder. Sy begin op 13 Maart met chemo vir die volgende 18 weke, eenmaal elke 3 weke, en dan volg bestraling vir ‘n maand lank elke dag. So ons het maar ‘n moeilike jaar wat voorlê.

My rede hoekom ek skryf en dan die onderwerpe waaroor ek skryf.

Almal vra my altyd hoekom ek baie keer aanhalings uit die Ou Testament gebruik om standpunte te stel of te debatteer, en nie juis Nuwe Testamentiese gedeeltes gebruik nie. Vir my was dit in die begin ook nogal moeilik, want alhoewel ek regtig eers hier in my laat dertigs begin het om werklik die Bybel te bestudeer en eers op vyftig begin skryf het en georden is as ‘n leraar, het ek gevind dat ek veral met die skrywery baie na die Ou Testament verwys het. Om die waarheid te sê het ek eendag vir Hettie gesê dat ek nie kan glo hoeveel waarhede daar in die Ou Testament is wat ek nie van geweet het nie. Ek het amper gevoel asof ek nie nodig het om na die Nuwe Testament te verwys nie, want alles wat ek nodig gehad het om mense in die regte verhouding met die Vader, Seun, en Heilige Gees te sit, kon ek uit die Ou Testament doen. Maar ek weet mense wil mos graag net weet wat Paulus en die ander apostels en dissipels gesê het, en dan is daar natuurlik Openbaring en Daniël wat alles altyd oorheers, veral in die Pinkster/Charismatiese kringe.

Ek wil graag net so ‘n ietsie oor myself en ons familie vir almal meedeel, soos wat ons agtergrond is, en wat met my gebeur het en my spesifiek op hierdie paadjie met die HERE geplaas het.

Ek en Hettie het maar altyd ingeskakel by ons plaaslike gemeente van die dae van ons huwelik in 1972 af, en voor dit, want ons het darem by die kerk ontmoet.  Sy het net eendag skielik van hierdie jong meisie na hierdie pragtige tiener verander, en moes ek inspring voor iemand anders dit dalk kon doen. So het ons lewe maar rondom die familie en kerk gedraai en het ek eenmaal die predikant by ons nuwe gemeente nogal ontkant gevang. Ds. Sakkie was baie verbaas toe ek hom voorkeer nadat ons van Amanzimtoti af terug Florida Glen toe is en ek met ons attestaat in die hand ons as huisgesin aan hom voorgestel het. Toe moes ek hom eers verduidelik dat ek die attes skriba was in die vorige gemeente, so dit was maklik om net die vorige predikant aan te sê om ons attestaat te teken. Hettie my gespot en gesê ek het ‘n twee jaar sindroom, aangesien ons redelik baie rondgetrek het en dit gewoonlik elke tweede jaar was. Dit het regtig so uitgewerk aangesien ons vir die eerste 28 jaar van getroude lewe regtig 14 keer verhuis het, maar nou moet ek by sê dat dit ook maar tussen verskeie dorpe soos Johannesburg omgewing, Pretoria, Suidkus van Natal, en toe later jare die Oos Kaap en Wes Kaapse see dorpe ook ingesluit het. Dan was daar ook maar plekke waar soos voor ons ons eerste huis laat bou het net ses maande lank in ‘n woonstel gebly het en dan na ‘n ander een getrek het vir ‘n verskeidenheid van redes soos bv. geen hysbak toe sy vir Barney verwag het en sy vier stelle trappe moes klim van die ondergrondse parkering na ons blyplek op die boonste vloer. Of soos met ons terugkeer van Natal waar ons net ses maande lank in ‘n huurhuis gebly het voordat ons weer ons eie huis gekoop het.

Maar terug na my oorspronklike skrywe. In Februarie 1982 het ek die eerstekeer in my lewe werklik gesien dat die HERE binne oomblikke omstandighede kan verander, en het dit ‘n blywende impak op my lewe gehad. Ek het op hoërskool terwyl ons geoefen het vir Republiekdag viering by die skool in gimnastiek my neus baie lelik gebreek deurdat ek op my tone beland het na ‘n dubbele tuimelslag en ek my neus teen my knieg gestamp het. In 1982 seker 15 jaar later, het ek besluit dat dit tyd is om my neus reg te kry dat ek ordentlik kon asemhaal en het die dokters ‘n baie goeie taak verrig en kan ek nogsteeds lekker asemhaal. Hulle het ‘n gedeelte van die kraakbeen uitgehaal sodat my neus weer reguit was, maar nou is die voorste kraakbeen gedeelte heeltemal los, en lag die kleinkinders nogsteeds wanneer ons daar kuier en hulle my vra om my neus teen my wang te druk. Maar daar was ook ‘n baie donkerkant die dag daarna gewees toe Hettie vir my die Saterdagoggend by die hospitaal kom kuier het en die bediende vir Barney en Esthee na een van Barney se maatjies toe gevat het sonder ma se toestemming. Met haar terugkeer het Hettie dadelik gesê dat Barney en Esthee moes terugkom, en oppad terug het Barney voor ‘n motorkar ingehardloop.

Hy het skeudelbreuk opgedoen, en amper sy linkervoet ook verloor aangesien die voet onderstebo tussen die band en die pad beland het en hy toe saam met die kar gesleep is vir ‘n hele ent. Daar was geen vleis of enige iets oor nie behalwe wit beentjies wat bo op die voetsool gelê het. Ek is toe dadelik ontslaan en is hy die Saterdag oorgeplaas na ‘n hospitaal met hoësorg afdeling aangesien daar bloeding op die brein was, en hy bewusteloos was. Hy was op die ou einde amper drie maande in die hospitaal en het toe ook twee veloorplantings gehad plus nog vele operasies om die voet te red. Maar wat my gevang het was die Woensdagoggend meer as ‘n week na die operasie waar ek onder in die kar seker die moeilikste gebed in my lewe gebid het. Ek kon dit nie vat om te sien hoe hy net lê sonder dat hy bewus is van enigiets om hom nie. Dit het ook veroorsaak dat hulle nie aan sy voet kon werk nie maar al wat hulle kon doen was om die voet skoon te hou om so te keer dat daar infeksie ontstaan het. Ek het die oggend in die kar die HERE gevra dat Hy hom of sou terug gee vir ons, of as dit sy wil was, om hom te kom haal want ek kon nie toesien hoe hierdie kind van my verder ly nie.

Toe ek bo in die hospitaal kom 7 uur die oggend het die suster vir my gesê daar is geen verandering nie, maar tot almal se verbasing het Barney die oomblik toe ek sy hand vat en vir hom groet, hy vir my gesê het “Môre pappa”. Weet jy al die verpleeg personeel het saam met my die oggend gehuil toe hy sy bewussyn herwin het en sy oë oopgemaak het en ek hulle vertel het van my gebed voor ek in die hospitaal ingegaan het.

Dit was die eerstekeer.

Die tweedekeer was net na my eerste operasie vir kanker in 1986 toe die HERE my volle aandag gekry het, veral toe ek Hom gevra het dat Hy my sal spaar om net ons jongste dogter te sien grootword aangesien ek nie wou hê dat sy en die ander kinders sonder ‘n vader figuur moes groot word nie, en ek nogsteeds hier is om selfs haar kinders te sien wat al baie groter en ouer is as wat sy daardie tyd was. Su-Hannie was toe nog nie eers vyf jaar oud nie. Daardie tyd het ek nie eers gedink dat die laaste kind eerste sal wees nie en dat Esthee eers amper 8 jaar na Su-Hannie se laaste baba haar eerste baba sou hê nie. Die gebeurtenis het regtig ‘n baie groot impak gehad want ek glo nie iemand is reg om op 34 jarige ouderdom al te sterf aan kanker nie. Gelukkig kon hulle alles verwyder wat hulle gesien het in die blaas en na driejaar is ek uiteindelik “skoon” verklaar, net om agt jaar later weer deur die storie te moes begin werk het, net die keer sit ek nou al met hierdie ander tipe kanker vir die afgelope 22 jaar wat ons van weet, maar dit was al heel moontlik daar voor die eerste operasie in 1986, en kon ek dit al selfs as kind gehad het. Dit sal baie van my onverklaarbare episodes van my kinderdae oplos waar ek baie seer in die buik gehad het, en ek gereeld soos ‘n sak aartappels induie gestort het soos wanneer jy die bodem afgesny het en die sak opgetel het. En dan het die dokter my maar ondersoek maar nooit iets fout gekry nie. Ek het dit later jare soort van ontgroei, en kon dit makliker bestuur want ek het geweet wanneer dit sou gebeur aangesien ek geweet het wat die simptome was wat aanleiding gegee het tot so ‘n gebeurlikheid.

Ons het gedurende daardie tyd na my eerste kanker operasie en vir baie jare daarna elke oggend begin met huisgodsdiens in die bed in ons kamer. Die kinders het onder gesit en in die winter hulle toegemaak met of hulle eie duvet’s wat hulle saam gebring het, of net onder pa en ma s’n gesit by die voetenend van die bed. Dit het my nogal half gedwing om regtig die Bybel te begin deurlees sodat ek elke oggend iets kon deel met die res van die huisgesin.

Dit was vir my nogal baie snaaks dat ek so baie keer gedeeltes gekry het in die Ou Testament, en dan was dit nie altyd net verhale soos Simson of Dawid of Salomo nie, maar baie keer gedeeltes uit die profete of Psalms wat ‘n spesifieke onderwerk aangeraak het. So met verloop van tyd het die kinders self hulle eie tyd spandeer in die Bybel en het hulle nie meer lus gehad om saam met Sonja Herholdt uit die rooi boekie (Jeugsangbundel) te sing nie, want hulle het darem nou al te groot geword daarvoor. Dit was nou tenspyte van die feit dat ons daardie jare nog in die Gereformeerde Kerk was, en eers na die kinders in die hoërskool was ‘n kort tydjie, seker maar twee jaar lank, in die NG Kerk was voordat ons oorgegaan het na wat oorspronklik Corpus Christi gemeente van die AGS in Brooklyn Pretoria was, en gedurende ons tyd daar begin is met Doxa Deo gemeente met meer as een kampus, maar wat tog as een gemeente gesien word. Gedurende die jare het ek en Hettie ook saam met mense gewerk om die Jesus film by verskeie plekke te wys, en het ek vandag nog my VHS weergawe plus masjien om dit nog te wys.

Die derdekeer was gedurende Augustus 1995 toe ek wakker geword het met ‘n baie groot pyn in my regter sy. Ek is uiteindelik dokter toe na werk, en is ek toe dadelik hospitaal toe gestuur vir ‘n nood blindederm operasie. Ek is die aand laat eers geopereer en gedurende die operasie het selfs die chirurg erken dat die HERE daar was tydens die operasie. Volgens die chirurg kon hy nie ‘n lekker houvas op die blindederm kry nie en moes hy noodgedwonge die snit groter maak, en toe ‘n gedeelte van die dunderm uitryg om plek te maak om te werk. Volgens hom kon hy vroeër al gestop het maar het hy skielik iets in sy hand gevoel wat groter was en daar het hy toe op die eerste gewas afgekom van so om en by die 10cm lank. Toe hy afkyk het hy geweet dit wat hy gesien het was kanker, en toe hy die blindederm verwyder het hy gesien daar was ook ‘n gewas binne die blindederm. Dit is een van die plekke wat bekend is onder medici waar Carcinoid die meeste ontstaan. So, soos hy my toe meegedeel het dat indien hy gestop het toe hy genoeg plek gehad het, sou hulle nooit die gewas opgespoor het nie en sou my familie heel moontlik in 1996 ‘n begrafnis diens moes hou. Hy het toe ook gesê dat ek so twee maande later in Oktober moes terug kom vir nog ‘n operasie om te kyk hoeveel nodes daar was wat alreeds hierdie snaakse Carcinoid kanker gehad het. So dit was so amper 22 jaar gelede, maar die chirurg het my meegedeel na die opvolg besoek dat hy alles binne sy vermoë gedoen het om die kanker te verwyder, maar daar was tog ‘n gedeelte wat hy moes los aangesien dit onmoontlik is om chirurgies te verwyder. Wat hy my wel meegedeel het is dat hy glo dat die HERE my wel kan genees, maar dat ek nogsteeds vir chemo moes gaan.

Na die tweede operasie in 1995 wat ek vir kanker gehad het, het ek ‘n baie snaakse ondervinding gehad. Ek het die oggend wakker geword en die pragtigste koorsang gehoor wat ek nog ooit in my lewe gehoor het. Ek het elke persoon se radio by sy bed gaan kyk of die sang daarvandaan gekom het, maar almal se radios was af. Verder het ek skielik net hierdie gesig gesien afspeel hier voor my waar ek op ‘n platform gestaan het soos wat jy by baie wildsplase kry sodat jy rustig oor die landskap na die dierelewe kon kyk, maar al wat ek gesien het was mense in wit klere wat gestap het na ‘n heuwel in die verte. Wat vir my baie snaaks was, was dat al hierdie mense wit klere aangehad het en jy net hierdie massas mense gesien het. Daar was nie een plek waar jy ‘n gaping tussen die mense gehad het nie. Hettie het later die oggend kom kuier en is na ‘n kort rukkie weer terug huis toe want ek was nie juis goeie geselskap nie. Ek het net heeltyd geluister na die musiek en my verkyk na die massas mense. En die beeld het afgespeel half in my kop, want ek kon my oë toemaak en nogsteeds die beeld sien, of my kop teen die muur druk en dan het ek nogsteeds hierdie beeld gesien. Daar was twee persone saam met my op hierdie platform, maar ek het nie met hulle gepraat nie. Ek het net geweet die een persoon was Moses.

Dit was ook een van die bydraende faktore hoekom ons toe uit die NG Kerk bedank het aangesien ek een van ons predikante gevra het wat hy dink dit kon beteken, en sy antwoord basies was dat ek dit moet vergeet en aangaan met my lewe want dit sal my nog van my kop laat afgaan. ‘n Mooi manier om te sê dit sal my nog in Weskoppies (‘n hospitaal vir mense met geestelike probleme) laat opeindig. Ek was nogal geskok met sy antwoord aangesien ek regtig gedink het hy dalk ‘n antwoord sou hê aangesien hy ‘n doktorsgraad in teologie gehad het.

So dit is maar waar my paadjie met die HERE ‘n drastiese verandering tot gevolg gehad het. Ek het toe regtig begin om meer uit te vind wat gaan eendag maak dat ek weet ek in die hemel gaan wees, en waarvoor ek moet oppas dat dit my nie van my bestemming beroof nie. Gedurende die tyd het ons saam met vriende in die week by ‘n bekende evangelis gaan leer, en het hy eendag vir my gesê hy sien dat wanneer hy na my kyk ek nogal hoë standaarde stel om te onderskei tussen Christene en nie-Christene. Hy het dieselfde dag ook vir Hettie gesê dat hy sien dat sy ‘n baie diep verhouding met die HERE het en dat Hy baie tevrede met haar is. Vir iemand wat nog nooit so iets ondervind het nie weet ek dit is moeilik om te verstaan of te begryp.

Ek weet hoe ek die eerste keer wat iemand so iets vir my gesê het amper my melk weg geskrik het. Ek moes die Sondagaand ‘n leesdiens hou aangesien die proffie wat ek gereël het om by ons te preek die dag my die Donderdag net laat weet het hy dit nie kon maak nie, en ek en oom HT besluit het om maar preke voor te lees, iets wat verseker nie in die gemeente die gewoonte was nie. Die aand na die diens het almal in die konsistorie my gevra hoekom ek nie vir predikant gaan studeer het nie of sommer nou begin nie aangesien hulle nie kon agterkom dat ek die preek voorgelees het nie. My antwoord was maar dat dit moeilik is om op 39 jarige leeftyd eers te begin en ek drie kinders op skool gehad het, en verseker nie die geldelike vermoë gehad het om dit te doen nie.

‘n Paar weke na die episode is ek en Hettie uitgenooi om saam met ander mense net ‘n aand na hulle kleuterskool te gaan om net ‘n bietjie saam te bid en te sing. Die vrou wat die begeleiding gedoen het die aand, het so halfpad skielik ophou klavierspeel en reguit na my gekyk en gesê sy ervaar dat die HERE nog baie deur my gaan werk en dat Hy my wil gebruik. Dit was toe dat ek amper my melk weg geskrik het, want ek het nog nooit so iets beleef nie.

Terug na die tydperk na my operasies in 1995. Daar het ek toe skielik begin om sekere gedeeltes raak te lees en gevoel ek kon iets daaroor skryf, of net met mense deel. Van dit het dan ook vir my gevoel soos opdragte wat ek uit die Bybel ondervind het wat die HERE vir my gegee het. Ek weet dit klink dalk snaaks maar dit is maar hoe my paadjie met die HERE gewerk het, en was die eerste gedeelte wat Hy my ‘n opdrag gegee het gekom het op 16 April 1996. Ek het nog die boek waarin ek dit neergeskryf het, maar die opdrag was dat ek die verlossingsboodskap moes verkondig, en dat ek ook herders daarop moet wys dat hulle nie die skape wat die HERE aan hulle toevertrou het nie, opgepas het nie. (Esegiël 34) Dan was die laaste gedeelte van die opdrag dat ek ook diegene moet uitwys  wys wat ander Christene verdruk. Die vorige dag het die HERE ‘n gedeelte wat ek nogsteeds vandag ervaar gegee, en dit was uit Jeremia 45, waar Hy sê dat ek my lewe sal behou.

Vir iemand wat net ses maande vroeër gehoor het dat ek seker nog net ‘n paar jaar oor het voor my einde sal kom was en is dié woorde nogsteeds iets wat ek elke dag aan vashou.

Vandag weet ek ook hoekom ek nie vroeër teologie moes gaan studeer het nie, want ek het toe eers geleer dat baie van dit wat ek toe wel geleer het deur die Bybelskool wat ek by studeer het, maar dun gesaai is oor wat in die Bybel staan. Dit gaan meer oor hoe die spesifieke groep glo, hoe om ‘n gemeente te bestuur, oor Grieks en Hebreeus te leer, en nog baie ander onderwerpe soos wat die verskillende uitkyke is van verskillende genootskappe en hul interpretasies van die Bybel. So het ek toe na my studies uiteindelik my eie Bybelskool by ‘n gemeente begin wat vinnig na ‘n nuwe gemeente gelei het, en hoe alles baie vinnig induie gestort het. Maar ek het daaruit geleer dat ek maar moet fokus op dit wat my opdrag was, en dit was maar om neer te skryf wat ek by Hom geleer het, Jeremia 30:2  “So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;” en dan het alles half vanself gekom.

Wat toe vir my baie snaaks was is dat die HERE my op ‘n tog deur die Ou Testament gevat het en soos ek in die begin gesê het, het ek meeste van dit wat ek antwoorde op gesoek het, in die Ou Testament die antwoorde gekry, en dan eers het ek die bevestiging in die Nuwe Testament gekry. Daar is wel gedeeltes wat ek nie in die Nuwe Testament voor antwoorde vind nie, maar wel partykeer bevestiging van Ou Testamentiese leerstellings in wat vandag bekend staan as die Apokriewe boeke, gekry.

Maar gelukkig het die HERE ook deur ander mense en dan ook deur Jesus self ook baie keer vir my antwoorde laat kry deur wat hulle gespreek het. Die eerste gedeelte wat ek gekry het in my soeke hoekom ek altyd in die Ou Testament opgeëindig het, was woorde wat Jesus self geopper het. Ons almal ken die gelykenis van Lasarus en die ryk jongman, waar die ryk jongman vra dat iemand na sy broers gestuur word om hulle te waarsku sodat hulle nie eindig waar hy was nie. Jesus voltooi vir ons die verhaal as volg: “Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (Luk 16:25-31)

Die twee gedeeltes wat ek beklemtoon het is nogal baie treffend. Jesus verwys ook daarna dat ons net Moses en die Profete nodig het, so net die Ou Testament, om te verstaan hoe om kind van God te word, en dan voltooi Hy dit deur te na Homself te verwys wat uit die dode sou opstaan en tog het die Jode Hom nie geglo nie.

Dan het Paulus ook ‘n gedeelte vir ons opgeteken in die eerste brief aan die gemeente in Korinte. “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” (1Ko 10:1-11)

En dan is daar natuurlik die hele boek aan die Hebreërs wat juis gebruik kan word om soos Paulus hier bo genoem het, vir ons sovele vrae kan beantwoord indien ons weet hoe die Jode geglo het. Die boek beskryf juis hoe Christus groter is as enige ander skepsel van die HERE, en dat Hy deur die Hemelse tabernakel gegaan het met Sy eie bloed om vir ons sondes te betaal.

Die naam van my eerste boek is dan ook Die Boek van Moses. Dit is beide omdat ek maar baie uit die Ou Testament verwys, asook ‘n ander baie persoonlike rede. In ons ouerhuis het ons altyd as iemand iets gesê het wat hy nie dadelik aan die Bybel kon koppel nie, gesê dit staan in Moses X ver X. So was Moses 3 vers 3 altyd “Moenie worry nie”, so die x’se is dan met nommers vervang.

Die boek bring my juis by ‘n ander persoon uit, naamlik Markus. Dit is nou die persoon wat die eerste evangelie geskryf het alhoewel dit nie die eerste boek in die Nuwe Testament is nie. Markus het saam met Barnabas en Paulus gewerk in die eerste volle gemeente nadat Barnabas vir Paulus gaan soek het om hom te kom help het om die gemeente op die been te bring. Dit was ook waar Paulus se bediening begin het. Barnabas en Paulus het toe later van mekaar geskei: “En ‘n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan. En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem. Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie. Daar het toe ‘n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil. Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.” (Hnd 15:36-40)

Markus beskryf die gedeelte in die Handelinge van Barnabas as volg. Die aanhaling is in Engels aangesien ek nie ‘n Afrikaanse kopie het nie, en dit self nog wil vertaal in Afrikaans: And I found Paul in bed in Antioch from the toil of the journey, who also seeing me, was exceedingly grieved on account of my delaying in Pamphylia. And Barnabas coming, encouraged him, and tasted bread, and he took a little of it. And they preached the word of the Lord, and enlightened many of the Jews and Greeks. And I only attended to them, and was afraid of Paul to come near him, both because he held me as having spent much time in Pamphylia, and because he was quite enraged against me. And I gave repentance on my knees upon the earth to Paul, and he would not endure it. And when I remained for three Sabbaths in entreaty and prayer on my knees, I was unable to prevail upon him about myself; for his great grievance against me was on account of my keeping several parchments in Pamphylia.

And when it came to pass that they finished teaching in Antioch, on the first of the week they took counsel together to set out for the places of the East, and after that to go into Cyprus, and oversee all the churches in which they had spoken the word of God. And Barnabas entreated Paul to go first to Cyprus, and oversee his own in his village; and Lucius entreated him to take the oversight of his city Cyrene. And a vision was seen by Paul in sleep, that he should hasten to Jerusalem, because the brethren expected him there. But Barnabas urged that they should go to Cyprus, and pass the winter, and then that they should go to Jerusalem at the feast. Great contention, therefore, arose between them. And Barnabas urged me also to accompany them, on account of my being their servant from the beginning, and on account of my having served them in all Cyprus until they came to Perga of Pamphylia; and I there had remained many days. But Paul cried out against Barnabas, saying: It is impossible for him to go with us. And those who were with us there urged me also to accompany them, because there was a vow upon me to follow them to the end. So that Paul said to Barnabas: If you want to take John who also is surnamed Mark with you, go another road; for he shall not come with us. And Barnabas coming to himself, said: The grace of God does not desert him who has once served the Gospel and journeyed with us. If, therefore, this be agreeable to you, Father Paul, I take him and go. And he said: Go you in the grace of Christ, and we in the power of the Spirit.

Therefore, bending their knees, they prayed to God. And Paul, groaning aloud, wept, and in like manner also Barnabas, saying to one another: It would have been good for us, as at first, so also at last, to work in common among men; but since it has thus seemed good to you, Father Paul, pray for me that my labour may be made perfect to commendation: for you know how I have served you also to the grace of Christ that has been given to you. For I go to Cyprus, and hasten to be made perfect; for I know that I shall no more see your face, O Father Paul. And failing on the ground at his feet, he wept long. And Paul said to him: The Lord stood by me also this night, saying, Do not force Barnabas not to go to Cyprus, for there it has been prepared for him to enlighten many; and do you also, in the grace that has been given to you, go to Jerusalem to worship in the holy place, and there it shall be shown you where your martyrdom has been prepared. And we saluted one another, and Barnabas took me to himself.

Na hierdie episode lees ons nooit weer in die Bybel oor Markus of Barnabas nie. Maar hoekom wil ek nou juis Markus uitsonder. Ons leer dat daar baie persone is wat die laaste paar verse van Markus nie aanvaar nie aangesien dit nie in sommige geskrifte voorkom nie. Dit het my ook gepla totdat ek maar na my eie skrywes gekyk het. Dit is so dat van die artikels en boeke wat ek geskryf het verskillende weergawes is, aangesien ek maar elke nou en dan iets nuuts raak lees of vir my oopgaan en ek dan die gedeelte by plaas of verander. Nou neem ek maar aan dat Markus na die episode wat Paulus gehad het toe die adder hom gebyt het, dit self by sy opname van sy evangelie gevoeg het, want hy het dit immers eerstehands beleef. So dalk was daar al ander afskrifte wat nie die gedeelte gehad het toe alreeds in omloop tussen die verskillende gemeentes.

Wanneer ek na die Hebreërs boek kyk, kan ek nie ophou wonder of dit nie dalk ook deur Markus geskryf is nie, aangesien daar nie eenstemmigheid is oor wie dit geskryf het nie. Party mense sê dit was Paulus, ander weer Barnabas, maar beide van hulle het Markus as skrywer gebruik. Lukas het toe saam met Paulus gewerk na hulle elkeen, Paulus en Barnabas, hulle eie pad gevat het en het Lukas toe sy eie weergawe van die evangelie geskryf en ook die boek van Handelinge.

Maar wat Markus aanbetref vind ons tog twee verdere boeke wat ook as apokrief bekend staan wat deur hom geskryf is. Die een is die Handelinge van Barnabas wat beskryf hoe hulle van Paulus geskei het, wat ek hierbo ‘n gedeelte van aangehaal het, en dan beskryf hoe hulle in Ciprus gewerk het en hoe Barnabas aan sy einde gekom het deurdat hy deur die Jode verbrand was, en dan die brief van Barnabas, waar hy die Ou Testament se letterlike gebeure gebruik en dan die geestelike waarde daaraan koppel. Die Brief van Barnabas moet nie met die Evangelie van Barnabas verwar word nie wat duidelik eers na 1600 jaar na Christus geskryf is en deel maak van die boeke wat die Moslems aanhang. Ek moet erken dat die Brief van Barnabas soveel van my eie interpretasies bevestig het, dat ek dit persoonlik glad nie as apokrief sien nie, aangesien dit juis doen wat Paulus vir ons in die gedeelte wat ek aangehaal het, gedoen het, naamlik om die voorbeeld van Israel voor te hou en dan die geestelike betekenis daarvan uitlê. Verder is dit juis geskryf aan persone wat met die Ou Testament bekend was, aangesien dit juis die gedeeltes vir ons verklaar. Dit stem ook ooreen met wat Lukas geskryf het in Handelinge dat Paulus en Barnabas altyd eers na die plaaslike sinagoge toe gegaan het en daar die skrifte vir die mense verklaar het. So die persone het dus reeds die Ou Testament geken en kon dus doen wat ons vind in Handelinge 17: “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.” (Hnd 17:10-12)

So dit wil vir my voorkom asof ek tog dalk nie alleen staan deur die Ou Testament te gebruik nie, aangesien die eerste apostels dit ook gedoen het. Hier volg so ‘n paar aanhalings uit Handelinge wat wys waar Paulus en Barnabas en al die ander Christene eerste die evangelie van Jesus aan die Jode verkondig het.

“En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk. Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen. En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het. En die hand van die Here was met hulle, en ‘n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer. En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë. Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly; want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring. Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring. En hulle het ‘n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ‘n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.” (Hand 11:18-26)

Hand 13:14  “Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.”

Hand 13:42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. Hand 13:43  En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.”

Hand 14:1  “En op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat ‘n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.”

Hand 16:1-3 “En hy het in Derbe en Listre aangekom; en daar was ‘n dissipel met die naam van Timótheüs, seun van ‘n gelowige Joodse vrou, maar van ‘n Griekse vader. Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium. Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader ‘n Griek was.

Hand 17:1  “Toe het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en in Thessaloníka gekom, waar ‘n sinagoge van die Jode was. Hand 17:2  En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte  Hand 17:3  en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”

Hand 17:10  “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.

Hand 17:16  “En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was. Hand 17:17  Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom. ”

Hand 18:1  “En daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in Korinthe gekom. Hand 18:4  En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.

Hand 18:19  “En hy het in Éfese aan kom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.

So uit die gedeeltes sien ek nie dat hulle nuwe leerstellings gebring het nie, maar slegs dat hulle die Profete en Moses verklaar het deur te wys wat Jesus moes kom doen. En dit is waar ek gewoonlik verskil van baie mense, aangesien ek voel dat indien die eerste Apostels net Jesus verklaar het uit die Ou Testament, ons nie nou nuwe leerstellings kan bou op wat Petrus of Paulus geskryf het nie. My standpunt is maar dat die Israeliete en Jode wat geglo het, die eerste Kerk was en dit geld al van Abraham se tyd. Indien die mense die HERE verwerp het, vind ons nie dat hulle later in die Ou Testament weer genoem word as deel van Israel nie, so dit sê dus dat hulle nie deel is en sal wees van die mense wat saam met Jesus in die hemel sal wees nie.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is wat Paulus self ook noem in 1 Korintiërs 10. “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.” (1Ko 10:1-6)

Dan is daar ook die verhaal in Jeremia waar die wat in Jerusalem agtergebly het na Egipte toe terug gegaan het. “Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei. En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal ‘n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word. En Ek sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes; sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie. (Jer 44:11-14) Die enkeles wat wel terug gekeer het was Jeremia en sy mense, asook Barug en sy mense. Barug was die persoon wat as skrywer vir Jeremia opgetree het, en is hulle gedwing om saam terug Egipte toe te gaan.

So wat kan ek nog sê oor my skrywes en standpunte? Nie veel nie, behalwe dat die gedeelte wat ek vroeër uit Jeremia gekwoteer het, ek eers weer baie jare later na gekyk het nadat ek seker meeste van die Boek van Moses, my eerste boek, klaar geskryf het. Die gedeelte bevestig maar waarom ek so glo dat Israel ons voorbeeld in alles is: “So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het; want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.” (Jer 30:2-3) So die gedeelte verklaar vir my dat ons as Christene ook eendag ons eie Kanaän, die Nuwe Jerusalem sal beërf, en ons net Israel se voorbeeld kan volg hoe hulle in Kanaän gekom het. Al hulle foute word vir ons uitgewys, so dit is vir ons dus baie maklik om te verseker dat ons nie hulle foute begaan nie. So ons het nie al hierdie geskrifte nodig om te onderhou of aan te glo nie, aangesien ons net deur Israel se voorbeeld te volg, ons die ewige lewe kan beërwe. Meeste van die persone wat kommentare geskryf het oor elke vers in die Bybel, is dit eens dat die gedeelte nog nie nooit vervul is nie. Ek haal hier vir John Gill aan, en wat sy kommentaar daaroor is. “which cannot be understood of their return from the Babylonish captivity; for, as Kimchi rightly observes, only Judah and Benjamin returned from thence; and though there were some few of the other tribes that came with them, especially of the tribe of Levi, yet not sufficient to answer to so great a prophecy as this, which refers to the same time as that in Hos_3:5; as appears by comparing that with Jer_30:9; and when, as the Apostle Paul says, “all Israel shall be saved”, Rom_11:25;”

Dit sluit aan by vers 9 waar Jeremia die volgende sê en verwys na Jesus wat as Koning sal regeer: “Jer 30:9  Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.” Gelukkig lewe ek nie gedurende die reformasie tydperk nie, want dan sou meeste van die Kerkvaders my verseker op die brandstapel laat omkom het met my verduidelikings en sienings, ten spyte van die feit dat Jeremia en al die ander aanhalings juis verwys na Israel as voorbeeld vir ons. En dit sluit al ons doen en late in, maar dan moet ons van die gebruike binne konteks lees en verstaan. Want die einste Jeremia vaar ook maar goed uit teen die volk se gebruike, veral in hoofstuk 7 is daar twee gedeeltes: “So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek. Vertrou nie op bedrieglike woorde nie—wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit! Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar; vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie— dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu. Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.” (Jer 7:3-8) en dan die tweede gedeelte uit die hoofstuk: “So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis. Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie. Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.” (Jer 7:21-23), en dan volg hoofstuk 21 waar die HERE vir die volk sê dat Hy self teen hulle sal oorlog voer. “So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel. En Ek self sal teen julle oorlog voer met ‘n uitgestrekte hand en ‘n sterke arm, ja, in toorn en in grimmigheid en in groot gramskap. En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee—aan ‘n groot pes sal hulle sterwe. En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedekía, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk—die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood—oorgee in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie. En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood: hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom ‘n buit wees. Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.” (Jer 21:4-10)

So dit is wat my lewe gevorm het en waaroor ek skryf en nog elke dag bestudeer. Een iets wat ek uitgevind het is dat daar is seker nie ‘n dag wat verloop in my lewe waar ek nie iets nuut leer of dit hoe ek glo skielik bevestig word deur ‘n ander gedeelte in die Bybel nie.

Daarom kom my eie leuse uit Mattheus 13:52  “Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”

En dan seker die grootste waarheid wat daar is in die Bybel en dit is om gehoorsaam te wees. Dit is dan ook waar my bediening se naam, Shama, vandaan kom, want die betekenis van die woord is:

H8085 שָׁמַע shâmaʻ, shaw-mah’; a primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively, to tell, etc.):—× attentively, call (gather) together, × carefully, × certainly, consent, consider, be content, declare, × diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear(-ken, tell), ×indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim(-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, × surely, tell, understand, whosoever (heareth), witness.

So dit is my storie en wat ek elke dag probeer uitleef.

Posted in Uncategorized

Free downloads/Gratis boeke – Who are we/Wie is ons

Shama Ministries is an independent ministry registered in South Africa. We are ordained pastors with a love for the LORD and His Church. We do not have a local congregation, but minister on a itinerant basis.

We have designed this website to provide Christians the world over to have access to free teaching resources that we also use in our Bible School to equip pastors.

Link to all our English books: http://shamaministries.org.za/wp/download-links/

You can also search our site if you are looking for a spesific subject as all books are also available as individual articles, and some subjects are only available as individual articles. In order to save the individual article you can use the print friendly button and save the file to your computer/tab/phone.

Shama Ministries is mense wat ‘n liefde het vir die HERE en Sy Kerk. Ons is nie in diens van ‘n gemeente nie, maar is beskikbaar om op versoek by gemeentes op te tree.

Hierdie webtuiste is opgestel om Christene wêreldwyd toegang te gee tot gratis opleidingslektuur wat ons ook in ons Bybelskool gebruik om pastore mee toe te rus.

Skakel na Afrikaanse boeke: http://shamaministries.org.za/wp/gratis-boeke/

U kan ook die soek funksie op ons webtuiste gebruik indien u ‘n spesifieke onderwerp het wat u inligting oor wil bekom aangesien meeste van die boeke ook as individueële artikels op die webtuiste beskikbaar is. Verder is daar ook artikels wat nie in die boeke opgeneem is nie, maar net as aparte artikels verskyn. Die artikel kan dan na ‘n pdf gedruk word om dit op u rekenaar/tablet/foon te “save”. Een so ‘n voorbeeld is my troupreek wat seker by 20 preke per maand afgelaai word.

Email/epos louwrens at shama dot org dot za

Posted in Uncategorized

Hoe beoordeel ek as Christen die dinge van die dag?

Daar het soveel dinge gebeur die afgelope paar jaar. As ek terug dink daaraan, het dit begin met die National Geographic Society se vrystelling van die Evangelie van Thomas. Die program het baie mense laat wonder of hulle nog in Jesus kon glo, want daar is dan soveel teenstrydighede. Kort op die program se hake kom die Da Vinci Code se rolprent. Weereens word ons as Christene aangevat, maar die enigste verdedinging wat ons aanbied is dat daar ‘n paar webtuistes opgaan wat die skrywer aanvat, en siniese opmerkings in koerante dat die skrywer maar net ‘n paar Dollars of Ponde in die sak wou kry en dat hy nie regtig ernstig opgeneem kan word nie. Die tydsberekening was nogal interesant. Al die gebeure speel af tussen die kruisiging en die hemelvaart van Jesus. Was dit maar net toeval, of was dit dalk haarfyn beplan?

Ek glo dat dit alles haarfyn beplan is deur die vyand, die duiwel, om ons as Christene aan te vat, want hy weet dat ons boodskap van liefde alleen sonder opoffering vinnig sal oorwaai, terwyl hy wel ‘n groot hoeveelheid mense laat twyfel het. En dit is maar die begin. Kom ons kyk ‘n bietjie na die verskillende organisasies.

Eerstens kry ons die National Geographic Society. ‘n Organisasie wat deur baie mense ondersteun word omrede hulle vir ons as kykers neem na plekke wat ons nooit self kan besoek nie. Maar met die vrystelling van die Evangelie van Thomas, het hulle hul werklike kleure gewys, en dit is om ‘n alternatiewe denkrigting te vestig wat Christendom teenstaan, en daarmee saam hulle vere as godsdienstige organisasie gewys. Al wat hulle in die verlede gedoen het, was om vrae te vra oor die ontstaan van die heelal, en te verklaar dat alles maar net uit dinge van vroeër ontwikkel het, of soos ons dit vandag ken as die evolusieleer. Ongelukkig vir ons is daar maar min Christene wat hulle aangevat het, en so is die saadjie van twyfel by baie mense geplant. Nie dat ek persoonlik as Christen aldag van hulle verskil nie. Ons leer in Genesis dat die HERE die hemel en aarde en alles geskape het in sewe dae, en toe gerus het. In die Openbaring van Henog, die eerste persoon wat lewend in die hemel opgeneem is, lees ons dat die HERE vir Henog ook die agste dag gewys het, ‘n dag sonder begin of einde, ‘n ewige dag. In dieselfde boek lees ons dat die HERE die engele op die derde dag geskape het, en dat Satan ook op die derde dag gerebeleer het teen die HERE en uit die hemel uit neergewerp is. So wil dit dan vir my lyk of daar nie gepraat kan word van ‘n vier-en-twintig uur dag nie, aangesien die sterre ook op die derde dag eers gemaak is, en die son en die maan nog nie vooraf bestaan het nie. So kan ek dus saamstem dat daar lang tydperke kon wees waar daar baie vreemde wesens op die aarde geleef het voordat ons as mens eers op die sesde dag gemaak is. Maar ek weet ook dat ons nou in die sewende dag leef, die dag wat die HERE rus van Sy werk, om te sien hoe ons sal optree. Die dag het begin met Adam en Eva, en duur vandag nog voort, sesduisend jaar later. Die grootste verskil met die National Geographic Society is dat ons as Christene weet dat alles deur die HERE geskape is, en niks maar net per toeval gebeur het nie.

Indien ons na die Da Vinci Code kyk, sal ons vinnig agterkom dat die skrywer probeer om nasate van Christus te skep om sodoende ‘n “super” geslag te vestig, en dan ook die vroeëkerk uit te maak as leuenaars. Dit is niks nuuts nie, aangesien die Brits-Joodse geloof ook soortgelyke bewerings maak. Wat wel verskil, as dat daar geleerdes in die kerk is wat sulke bewerings goed praat, en dit selfs wil bevorder. Maar wat probeer ek nou te doen? Ek wil net die aandag daarop vestig dat dit nie help om na elke aanval aan verskonings te dink of jou standpunt as gelowige te verdedig nie, aangesien dit ons as Christene niks in die sak sal bring nie. Wat wel ‘n verskil sal maak is wanneer ons weer as Christene begin te leef volgens dit wat die HERE bepaal het.

Die geskiedenis is maar ‘n snaakse ding, en het die gewoonte om homself te herhaal. Wanneer ons terug kyk na die sogenaamde donker ure van die middeleeue, vind ons dat dit werklik donker was. Niks het gebeur wat regtig ‘n verskil in mense se lewens gemaak het nie. Toe het die industrieële rewolusie begin en met dit het daar ‘n oplewing in die mensdom gekom wat ook na die geloofsvlak uitgebrei het. Ons het mense soos Calvyn en Luther gekry wat weer nuwe lewe gebring het, en so het die mensdom baie gegroei. Net so het daar in die laat vyftigerjare het daar weereens ‘n oplewing in die samelewing gekom, met almal wat na beter lewensstandaarde gesoek het, vroue het vir die eerste keer met alle mag begin toetree tot die arbeidsmark, en daar het beide goeie en slegte dinge in die samelewing begin gebeur. Kinders het hulle opvoeding begin bevraagteken, en so het ons begin om ‘n geslag ouers daar te vestig wat hulle kinders sonder morele en sosiale waardes begin grootmaak het. Die kerk het maar saam gepraat, want die persone wat aan beheer van sake gestaan het, was nie die geleerdes nie, maar was dié wat die fondse verskaf het. So het hierdie soeke na beter lewensomstandighede gemaak dat ons nie meer die ware boodskap van naaste liefde begin uitleef het nie, maar het ons begin leef om te kyk hoeveel ons van ons naaste, ons eie kon maak. Morele verval het gevolg, en die kerk het heeltemal stilgebly. Van hierdie ouers het teoloë geword, en so het hulle die evangelie begin aanpas sodat dit nie meer mense sou aanspreek oor hulle goddeloosheid en sonde nie, maar het die boodskap van die eie ek in die kerk sy verskyning gemaak. Ons almal is bewus daarvan dat die kerk nie meer enige invloed in enige nasie het nie, en dat dit slegs gebruik word om ‘n boodskap van voorspoed te verkondig. Dieselfde oordeel wat die HERE oor ons uitspreek, het in Jeremia se tyd na vore gekom.

Jer 25:1-11  “Die woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda—dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel— waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het:  Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag—nou drie en twintig jaar lank—het die woord van die HERE tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.  Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat—maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie—  met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die HERE aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu; en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie. Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE—om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade. Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie, laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak ‘n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope. En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp. En hierdie hele land sal ‘n puinhoop, ‘n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.” Ons weet almal dat die boodskap in vervulling gegaan het, en dat Israel na Babel in ballingskap weggevoer is. Daar was ook diegene wat nie wou luister nie, maar hulle einde was of hongersnood, die pes, of dood deur die swaard. Gelukkig het die HERE ook ‘n verdere boodskap vir Jeremia gegee. Jer 30 1-3  “Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het. So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het; want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.”

Israel het as volk nooit weer Israel in besit geneem nie, want met hulle terugkeer uit Babel het hulle onder ander regerings gestaan, en het nooit weer Israel vir hulleself gehad nie. Vandag vind ons dat almal net wil probeer om weer Israel veilig te maak vir die Jode sodat hierdie woorde van Jeremia in vervulling kan gaan, maar ongelukkig verstaan ons nie die HERE nie.

U sien ons as kinders van die HERE is almal Jode, of ek nou in Suid Afrika, Europa, Amerika of waar ookal is. Ons wat kies om die HERE te dien, word met wedergeboorte Jode en so ook deel van Sy volk. Maar meer nog, met wedergeboorte kom woon Sy Gees in ons, en word ons Sy kinders, Sy eie bloed familie, dit wat die Da Vinci Code se ondersteuners nie kan en sal verstaan nie. Maar wat dan van die gebore Jode? Hulle was die eersgeborene na die vlees, maar het soos Esau hulle eersgebore reg verkoop deurdat hulle Jesus verwerp het. Hulle oordeel is dieselfde oordeel wat deur die hele Bybel oor Edom uitgespreek word. Israel as staat het niks te doen met die Israel van die profete nie. U sien, ons as wedergebore Christene het Israel geword. en sal dus ‘n ewige lewe erf in die nuwe Israel saam met Jesus en die Vader, en dit is die Israel wat Jeremia oor praat. Sodra ons dit besef, sal ons ook besef dat die Da Vinci Code net ‘n set is van die vyand om ons aandag te probeer aftrek van dit wat ons erfdeel is, ‘n ewigheid saam met die Vader en die Seun.

Nou sal u ook besef dat om in Kanaän uit te kom, is daar sekere voorskrifte en ‘n weg is om te volg. Geen drie of vier lyntjie gebed sal maak dat ek die Vader se arm kan draai om my te wederbaar nie, maar slegs ‘n lewe neergelê by die kruis van Jesus en die volg van die weg soos in die Bybel vir ons uitgewys, sal maak dat ons die agste dag saam met die HERE sal deurbring. Dit is die boodskap wat ons aan ons medegelowiges in die KERK moet verkondig. Dan sal ons ware dissipels maak, en nie mense wat elke Sondag die kerkbanke warm sit nie, maar mense wat ‘n verskil in die wereld sal maak. Mense wat die regering sal aanvat oor aborsie, oor hulle stand oor homoseksueele verhoudings, oor behuising vir die armes, oor korrupsie, oor hulle eie uitbuiting van hulle ondersteuners, oor hulle leuens. Dit is wat ware Christene doen.

Om te verklaar dat ons net alle mense met liefde moet benader, is die verklaring van ‘n verkeerde liefde. U sien wanneer ons mense aanspreek oor hulle sondes en die verkeerde in hulle lewens, doen ons dit juis omdat ons hulle liefhet, omdat ons nie wil hê dat hulle ‘n ewigheid saam meet die duiwel moet spandeer nie. In Hebreërs verklaar die skrywer as volg: Heb 12:7-17  “As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word. Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.”

Dit is die boodskap van ons as Christene. Om weer soos in die dae van Moses die HERE te volg. Gedurende die tyd moes Israel ook die vyand aanvat, en moes hulle die oorlog begin. Ons weet van hoe Aäron en Hur Moses se hande waarin die staf, die Heilige Gees was, omhoog moes hou sodat hulle die oorlog kon wen. So moet ons ons ook bewapen met die Heilige Gees en die vyand aanvat, sodat organisasies soos die National Geographic Society en Brown van die Da Vinci Code, nie kan oorwin nie.

Sal hierdie aantygings ooit eindig? Ek glo nie, om die waarheid te sê ek hoop nie so nie. Die Bybel leer ons dat in die laaste dae mense, en dit sluit teoloë in, boodskappe sal verkondig wat tot die uitverkorenes sal kan verlei. So oppas vir die persoon op jou preekstoel, en toets of hy die ware evangelie verkondig, of ‘n tandlose evangelie. Van hierdie tandlose evangelies sluit in die lering oor die wegraping, want die HERE sal nou mos nie Sy bloedtjies laat swaarkry nie. Ek het nuus vir hulle. Slegs die persone wat volhard tot die einde toe sal oorwin. Moet nooit jou prys as oorwinnaar in boet vir ‘n tandlose evangelie nie.

 

Posted in Uncategorized

Begrawe of veras?

Ek het twee weke gelede myself voorberei om een van my kliënte te sien oor sy aftrede, maar moes toe verneem die Saterdagoggend dat hy my nie die naweek kon sien nie aangesien sy skoonmoeder oorlede is die oggend, en hy besig sou wees met familie en reëlings vir die begrafnis die naweek. So gedurende die gesprek het hy genoem dat sy langs haar man begrawe wou word en dat hy dit makliker sou vind om haar te veras.

Die gebeure het my kop aan die gang gesit oor wat nou eintlik Bybels is. By my skoonsus se huis het daar toe juis ‘n artikel rondgelê wat deur een van die hoë teoloë geskryf is oor die aangeleentheid, en die mense aangemoedig het om hul plekkie in die muur van herinnering te koop. Ek het nog nooit werklik ‘n streng standpunt gehuldig oor die aangeleentheid nie want almal weet ek wil graag begrawe word, al is die daar iewers in die bos of in die veld.

Terug by die huis het hierdie vraagstuk aanhoudend in my kop rondgemaal, en het ek selfs die Bybelvers onthou wat die teoloog gebruik het om sy standpunt te stel, asook sy interpretasie van die vers.

Die gedeelte wat die teoloog aangehaal het lyk op die oog af nogal reg. “Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het ‘n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is. En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe. En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee—dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!” (Amos 6:8-10). Sy interpretasie van die gedeelte is dat dit ‘n gewoonte was wat Israel beoefen het, en daarom mag ons dit ook doen. Volgens hom was dit maar net ‘n bevestiging dat Israel se normale wyse van begrafnis, verassing was. Wat hy egter uit die oog verloor, is waaroor die gedeelte gaan. Die hele boek van Amos handel oor wat die HERE verkeerd vind met Israel. Hier word ‘n oordeel uitgespreek dat hulle sal sterf deur die pes en dat almal sal sterf. Soveel so, dat hulle die mense se bene sal verbrand om van die lyke ontslae te word voordat die pes verder versprei. Dit is wat voor die vers staan: “daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is. En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.” Moenie die vers in isolasie sien nie. Nee, lees die hele boek of gedeelte, en doen dan jou interpretasie, en kyk tog wat in die algemene kommentare oor die gedeelte geskryf is.

Israel was juis bekend daarvoor dat hulle die enigste volk was wat nie hulle dooies verbrand het nie want hulle het, soos ons, geglo in die opstanding van die dooies. Ek het gaan kyk na al die kommentare wat ek kon vind, en almal is dit eens dat dit of die pes was, of een of twee ander het gesê dat dit dalk met die groot aardbewing was dat daar soveel mense dood is dat hulle die mense moes verbrand om te voorkom dat siektes die res van die volk sou uitroei. Meeste is dit egter eens dat dit die pes was want slegs hulle bene het oorgebly, so het die mense weggekwyn en vermaar. Om dit nou te gebruik om verassing mee goed te praat, is soos die meeste ander vreemde leerstellings wat vandag verkondig word, totaal van alle waarheid ontbloot.

Indien ek reg onthou van die Heidelbergse geloofsbeleidenis, (Twaalf Artikels van die Christelike Geloof), verklaar die laaste twee artikels juis dat ons glo in die opstanding van die vlees, en die ewige lewe. Dit maak nie sin dat ons daarin kan glo as ons onsself laat verbrand en ons assies oor die klowe of in die wind strooi nie. Hierdie is maar net weer ‘n bewys dat die algemene Christen nie belang stel in wat die Bybel leer nie, want almal glo die persoon wat in ‘n hoë posisie is en sy denke op almal afpers. G’n wonder Jesus het ook nie na die Fariseërs en Sadusseërs gegaan en hulle gebruik om Sy dissipels te word nie. Hy het selfs vir die dissipels gesê : “Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein. Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” (Mat 15:11-14) So maak seker die person wat jy as jou geestelike leier wil gebruik nie ‘n blinde is nie.

Daar is ook ‘n ander gedeelte in die boek van Amos wat die mense glad nie raak sien of wil raaksien nie. Dit is sommer in hoofstuk 2. So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.” Amos 2 vers 1. Hier verklaar die HERE juis dat Hy Moab gaan straf omdat hulle mense veras het, maar dit lyk vir my word nie raak gelees nie. Niemand gaan nou mos die teoloog aanvat nie want hulle self lees nooit die Bybel om te weet wat daar staan nie. Nee, ons gaan maar na ons plaaslike dienste toe om te hoor wat hierdie geleerde en belese persoon kwyt raak, al is dit absoluut bog.

Ek wil regtig net vra dat die mense tog sal gaan ondersoek instel na wat die Bybel en kommentare en ander geskrifte oor ‘n onderwerp verklaar voordat hulle die nuutste inligting van die preekstoel of van ons hoogere teoloë sal aanvaar. Ek het al op hoevele forums gesien dat teologiese studente en dominees nie ‘n clue het waaroor die boodskap van die Bybel gaan nie, en selfs vra dat die mense tog vir hulle moet wys waar sekere standpunte in die Bybel staan, want hulle weet nie daarvan nie. Een voorbeeld waar daar vir my gevra is oor wat ‘n Christen as basiese inligting moet kan meedeel met ander, was wat in Hebreërs 6 verse 1 en 2 uitgespel word, naamlik die ses basiese leerstellings van Christenskap. Die teoloog het nie geweet dat dit in die Bybel staan nie. So weereens, wees versigting vir wat jy hoor of lees.

Ten slotte wil ek net die volgende kwyraak. Ek verstaan daar is nie meer baie plek op aarde om mense te begrawe nie, en dat die ou familie begraafplaas nou juis daar is waar dit van die vrugbare grond van die plaas wegvat. My teen argument is maar net hoeveel gewasse sou jy op die plekkie kon groei, of hoeveel wyding vat dit van die plaas weg. As dit dan wel in jou pad is, graaf hulle op en gaan begrawe die bene waar dit niemand gaan pla nie. Of as jy dalk vind dat dit ‘n vermorsing van spasie is in die stad, skuif dan die begraafplaas na waar dit nie meer sal plek in die dorp opneem nie. As jy voel dis ‘n vermorsing van geld, gaan soek vir jou ‘n boer wat sal toestemming gee dat jy daar begrawe mag word. Daar is geen rede vir verassing nie, en dit word nêrens in die Bybel goedgekeur nie.

Posted in Uncategorized

Wat is my doel as Christen?

Het u al gewonder wat moet ’n Christen onderskei van enige ander persoon op aarde? En dan wat daarop volg is vrae soos, wat is my doel, en moet ek ’n verskil maak? Die ding wat my opval, is dat elke persoon sy eie manier van glo, of sy kerkgenootskap se siening, probeer handhaaf, of hoe die Bybel nou eintlik interpreteer word, watter dag nou watter dag is en moet ek net die Hebreeuse name vir die HERE gebruik en soortgelyke onderwerpe. En dan volg die vrae nog van mense wat glad nie glo in die Bybel nie, net om dit nog ’n bietjie lastiger te maak.

Maleagi gee wel vir ons ’n uitspraak oor of daar verskille moet wees tussen Christen en nie Christen: “Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel? En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry! Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is ‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer. En hulle sal My tot ‘n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos ‘n man medelyde het met sy seun wat hom dien. Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.” (Mal 3:14-18) Hier sien ons dat dit maar dieselfde gaan in ons lewens vandag. So baie mense ken of dien nie die HERE nie, maar hulle word gebou en daar is nie einde aan hulle rykdom nie, terwyl die wat baie keer in oorgawe lewe, dit moeilik het. Gelukkig verklaar die profeet wel dat die wat Hom vrees, se naam in die boek van die lewe geskryf is. So dit maak nie saak van hoe dit lyk vir die wêreld nie, daar moet verskille wees tussen die wat Hom dien en die wat hom nie dien nie.

Maar wat behoort hierdie verskille te wees? Moet ek ’n sekere leefstyl handhaaf? Moet ek elke diens by ’n gemeente bywoon, of kan ek maar my eie ding doen? Hoeveel moet ek gee vir die kerk, moet ek gedoop word as gelowige? Daar is soveel vrae wat gevra word daagliks, wat net laat blyk dat die mense soek vir antwoorde, maar hulle kry nie antwoorde op die plekke waar hulle soek nie. Hierdie antwoorde moet natuurlik deur die ware Kerk verskaf word, maar dit is die laaste ding wat jy sal leer. Jy het mos kategese toe gegaan en daar alles geleer, nou is jy mos reg. Maar hoekom het jy dan nou vrae?

Kom ons kyk eers wat die plig van ons as gelowiges is en dan wat die Kerk moet doen. Die aanhaling kom uit Efesiërs hoofstuk vier: “Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede”.(Eph 4:1-3) En dan gaan Paulus aan in vers 11:”En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;” (Eph 4:11-13) Paulus lig hier iets uit wat meeste mense nie weet nie en baie dink hulle weet maar eintlik weet hulle nie, en dit is dat elkeen van ons geroep is, vers een, om vir die HERE te werk, en dan dat elkeen sy of haar eie roeping het, vers 12. Die plig van die wat weet, is om my toe te rus vir my dienswerk, sodat ek weer ander kan toerus vir hul dienswerk en so gaan ons aan.

In die lewe skryf elkeen hopelik net een keer matriek en hoef ons nie elke jaar terug te gaan om weer geleer te word nie, maar by Christenskap leer ons nooit wat ons moet leer nie en gaan ons dus jaar vir jaar terug na ons gemeente in die hoop dat die pennie eendag sal “drop” voordat ek “drop”. Paulus vertel ons nogal wat ons moet leer ook: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.”(Heb 6:1-2)

Nou mag jy vra wat is my storie nou, want ek het jare terug al tot bekering gekom, glo, is gedoop en ken die Bybel. My vraag is: Regtig? Kan jy iemand oplei in al ses hierdie beginsels, sonder jou gemeente se hulp en interpretasie? Israel het ook gevoel dat hulle Sy kinders is, alles reg doen, maar tog het Hy hulle verby gegaan toe hy op aarde was. Hulle het ’n aardse koninkryk verwag, nie een wat eers in die duisendjarige vrederyk gevestig gaan word nie. Eers aan die einde van die duisendjarige vrederyk sal Jesus Sy koninkryk oorhandig aan die Vader in die Nuwe Jerusalem. (1 Kor 15:24).
Kom ons lig net gou die ses beginsels uit:
1. van die bekering uit dooie werke
2. van die geloof in God
3. van die leer van die doop
4. die handoplegging
5. van die opstanding van die dode
6. van die ewige oordeel.

Kom ons kyk ’n bietjie wat met Israel verkeerd was, die eerste beginsel, waarvan hulle tot bekering moes kom. U sien hulle het soos ons vandag gedink hulle is reg, hulle is besny volgens die wet, hulle bring hulle offers, hulle oortree nie die wet nie, so hulle is mos reg. Hoekom het Jesus dan ons as heidene gekies? Daar was fout by hulle. Nou kan ons kyk wat reg en verkeerd was by hulle, sodat ons nie ook onkant betrap word nie. Ek sal eers Dawid en die profete aanhaal en dan wat Jesus se woorde was.

Dawid gee vir ons eers riglyne wat ons behoort te doen in Psalms: “‘n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie”. (Psa 15:1-5) So Dawid lig al vir ons uit dat dit gaan oor hoe ek optree en nie oor my godsdienstige dade nie.

Uit Jesaja sal ek net twee gedeeltes aanhaal, maar daar is baie meer verwysings. Hoofstuk een: “Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie. As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om my voorhowe te vertrap? Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek. Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars! Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water. Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie. Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande! En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.”(Isa 1:11-25)

Dan volg hoofstuk 58: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes. Wel soek hulle My dag vir dag en het ‘n behae in die kennis van my weë! Soos ‘n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het ‘n behae in die toenadering tot God. Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? —Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan. Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie. Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos ‘n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en ‘n dag wat die HERE welgevallig is? Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?” (Isa 58:1-7)

Jeremia borduur verder in hoofstuk sewe: “So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek. Vertrou nie op bedrieglike woorde nie—wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit! Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar; vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie— dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu. Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.” (Jer 7:3-8) Hy gaan verder in die hoofstuk met die woorde: “So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis. Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie. Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan. Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie”. (Jer 7:21-24)

Esegiël stel dit so: “Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen; nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie, en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek; nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man; in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.” (Eze 18:4-9)

Amos gaan aan met dieselfde klagtes: “Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie. Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom. Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel”, (Amo 5:21-25)

Miga stel dit so: “Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Sal die HERE ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Mic 6:6-8)

Sagaria stel dit so: “Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het? Daarop het die woord van die HERE van die leërskare tot my gekom en gesê: Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas? En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie júlle wat eet en júlle wat drink nie? Is dit nie so met die woorde wat die HERE deur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ook die Suidland en die Laeveld nog bewoond was? Verder het die woord van die HERE tot Sagaría gekom en gesê: So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.” (Zec 7:3-10)

Dit dan so ’n vinnige reis deur die profete. Almal is dit eens, dat die HERE nie van ons verwag om elke wet so stiptelik na te kom dat ek nie eers mag lewe nie, nee, Hy wil dat ek aan alle Christene wat oor my pad kom en hulp nodig het, hulp sal verleen. Dit is my roeping as Christen.

Dit is ook die boodskap wat Jesus gebring het. Ek sluit hier die hele gedeelte in wat Jesus gespreek het, sodat ons sal verstaan watter Christene die ewige lewe sal verkry en watter die ewige duisternis. Onthou net, Jesus het hier met Jode gepraat, so Hy praat vandag met ons as Christene, nie met mense van die wêreld nie. “En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sovêr julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.” (Mat 25:31-46)

Nou mag jy my vra maar wat van wedergeboorte en van al hierdie ander goeters wat ons elke dag geleer word. Ja, dit gaan ’n verskil maak, maar eers as ek tot die besef gekom het dat alles, selfs my mooi werke vir die kerk, nie ’n verskil aan my eindbestemming gaan maak nie, maar net dit wat ek as Christen aan my medemens doen, dan het ek eers tot werklike bekering gekom. Dan sal ek besef dat alles wat ek as Christen is en het, van Hom af kom en dat ek niks kan doen om my in ‘n beter verhouding met Hom te plaas nie, behalwe om my naaste soos myself lief te hê. En dit sluit my familie in, of hulle nou armlastig is of nie, dit maak nie saak nie, hulle is nog my naaste.

Hoe druk Johannes dit uit: “Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.” (1Jn 3:14-24) Johannes beskryf hier en in die volgende hoofstuk vir ons wat liefde is, en dit is wat Jesus kom doen het. Hy het Sy beste, Sy lewe, vir ons gegee, sonder dat ons gevra het of dit verdien het. So moet ek dus ook my beste, my alles gee vir ander sonder dat hulle dit verdien, of vra. Dit maak nie saak watter liefde jy van praat nie, want die definisie geld vir alle vorme van liefde. Selfs tussen man en vrou, ouer en kind.

Hieruit sien ons dat ons by ’n doen Christenskap moet uitkom. Dit maak nie saak aan watter kerk jy behoort nie, en of jy watter dag ook al as rusdag gebruik nie, nee, dit hang af of jy bereid is om so na jou mede gelowige om te sien soos jy na jouself omsien. Geen veroordeling nie. Ek weet dit is moeilik, maar Christenskap is nie vir sissies nie. Jy moet die daad by die woord sit, en dit vat aan ’n mens.

Dit is wat ons as die eerste beginsel by ons gemeente moet leer. Nou moet ek byvoeg dat ek nie glo dat ek al ooit in my bestaan van by die sestig jaar, al in ’n gemeente was waar dit geleer is nie. Dit is mos die diakonie se werk, of die en daardie omgeegroep, of die een of ander kommissie se werk om na die mindergegoedes om te sien. Nee, dit is die eerste stap om as Christen gereken te word. Dit is ons roeping as Christene. Net so tussen ons, ek was al by almal van die Doppers tot die Apostolies en die Charismate en almal tussenin. As jy nog nie hier is nie, help dit nie eers om oor geloof te praat nie, want dan weet jy nog nie wat dit beteken nie. Ek praat nie van wat al die voorspoed teoloë soos Kenneth Copeland en die vir jou voorhou nie. Hulle weet in elk geval nie wat liefde teenoor jou naaste is nie, want hulle vat van die weduwee en die wat nie het nie, om hulle self te verryk. Vra my, ek moes al met stukkende mense werk wat alles wat hulle gehad het gegee het vir hierdie mense sodat die HERE hulle weer kan seën. En hulle wag nog steeds.

Is ek seker van my saak? Ek het ook oor die saak gewonder, tot op ’n dag wat ek en my vrou besluit het om appels in die Langkloof te gaan haal wat die boere vir ons geskenk het , dit was die na oes appels, en dit uit te deel in ’n gebied hier in die Baai met die naam van Cradock Place. Nou die voorstad is seker bekend as een van die armste oorheersend blanke gemeenskappe by ons. Ons het die Saterdagoggend onder in die eerste straat begin en vir elke huis ’n sak met so 10 tot 15 appels gegee. Sommige van die mense was baie verbaas, ander weer omgekrap, want hulle wou weet of hulle nou weer na ons kerk toe moes kom. Van die gebeure het ’n ewige indruk op my gelaat, soos die Moslem vrou wat wou weet of ek haar of haar man of die kinders ken, want hoekom doen ek dit. Daar moet ’n rede wees. So kon ek met haar deel wat dit beteken om kind van die HERE te wees. ’n Ander geval was by bejaarde mense, waar die oompie my om die nek geval het en in trane uitgebars het, want hy het gesit en moes besluit of hy die geldjie wat hy het moes gebruik om vleis vir die naweek te koop, of ’n sakkie appels wat hy al so lank begeer. Ek het maar saam met hom getjank. En die ander geval waar my vrou amper bang was dat ek daar moes ingaan, want toe ons aangestap kom, ek het die eenkant van die straat en sy die anderkant behartig, wou sy met alle geweld my keer want die vrou wat daar ingestap het se kortbroek was so kort dat jy gewonder het of dit nie dalk ’n kraag is nie. Toe ek instap het sy begin huil, want in die agterplaas was mense wat saam met my daar aangekom het, en het sy nie geweet wat om vir hulle te gee nie, want kos was daar nie. Sy het toe sommer nog twee sakke gekry. In al hierdie gevalle kon ek vir hulle verduidelik dat dit is wat Christenskap beteken en glo ek het ons ’n verskil gemaak.

Die een ding wat ek uit die ondervinding geleer het, is dat ék meer geseënd was as seker enige van die persone wat ons die dag kon help. Solank ons gee om te ontvang, sal ons nooit by die punt uitkom nie. Dit is bekering. Dat ek sal ophou om aan myself te dink en te dink oor hoe ek ’n verskil in mense se lewens kan maak. En die Bybel is baie spesifiek oor watter mense ek moet help, naamlik eerstens ons mede gelowiges wat dit nie altyd so maklik het as wat ons dit het nie en dan aan nie gelowiges, want dit gee my ’n geleentheid om die evangelie van Jesus met hulle te deel. Maar hoe kan ek met hulle deel as ek self nie weet wat die ses beginsels van die Christelike geloof is nie, of hoe om dit te verduidelik nie? Dit is wat ek moet leer en sodra ek dit weet moet ek dit kan gebruik, om dit uit te leef en ander weer te oplei.

So, as jy vrae het oor hoekom dinge nie reg is in jou lewe nie, of hoekom moet jy deur hierdie en daardie beproewing gaan, is die antwoord dalk voor die handliggend: Of jy moet leer om dit wat jy het te deel met ander, of jy moet leer om te ontvang van ander. Die laaste gedeelte is seker die moeilikste gedeelte, om tot die besef te kom dat jy nie meer self alles kan doen of in alles voorsien nie, en jou lewe oop te stel sodat ander jou kan help.

Dit is my boodskap vir vandag: Kom ons leer wat werklike liefde is, kom werklik tot bekering en dan sal baie van my vrae verdwyn en sal die HERE my leer wat dit is om geloof in Hom te hê, en nie geloof in my geloof nie. Daarna sal ek eers kan leer wat doop en die daaropvolgende beginsels beteken.

Posted in Uncategorized

Hoe gemaak met mense wat hulle self as Christene uitgee, maar tog ander Christene uitbuit?

So ‘n paar maande gelede was ek en Hettie by vriende van ons op Lady Grey, daar ver in die noorde van die Oos Kaap. Ons het een aand aan die gesels geraak oor hoe een Christen ‘n ander Christen kan uitbuit. Die vriend van ons, Dries,  het toe vertel hoe hy by verskeie veilige verblyfplekke vir mense wat alles verloor het in die lewe, dienste gehou het op Woensdagaande en Sondae. Dit wat ek gehoor het wat daar aangaan, het my hare laat regop staan.

Dries vertel my van ‘n persoon wat gehoor het dat hy ‘n elektrisiën is, en hom gevra het of hy nie weet van iemand wat ‘n elektrisiën soek nie, want die persoon is ook een. Die persoon wou weer graag met sy lewe aangaan, maar hy kon niks doen by die plek nie, behalwe dat hy geforseer word om met ‘n blikkie op die straathoeke te gaan staan en bedel vir die instansie wat hom huisves. Indien Dries iets sou hoor, moes hy hom ‘n briefie in die hand stop wanneer hulle groet want indien die mense uitvind dat Dries vir hom werk soek, sou Dries onmiddelik verbied word om verder dienste daar te hou en sou die persoon en sy gesin uitgesit word op straat.

Hoe hulle gewerk het by die plek is dat die hoeveelheid kos wat jy vir jou gesin gekry het afgehang het van hoeveel geld jy die dag ingebring het. So het hulle dan verhoed dat die mense vir onderhoude kon gaan, maar het die eienaar seker gemaak dat hy ‘n inkomste verkry het.

So weet ek ook van Christenbedienings wat dienste aanbied vir Christene, maar indien jy nie kan betaal vir die dienste nie, moet jy maar suffer of iets verkoop om te betaal vir die dienste. Indien hulle nie die resultate behaal waarvoor jy betaal het nie, is dit in elk geval nie hulle probleem nie en word jou geld nie vir jou terug betaal nie, want die fout lê verseker nie by hulle nie.

Hierdie geld ook vir Christen mense wat hulle uitgee om vir jou, veral blanke mans in die nuwe Suid Afrika, te help om ‘n ambag te bekom sodat jy jou eie besigheid kan begin. Hulle vra jou om te betaal, en dan vind jy uit dat hulle jou net die basiese leer, en indien jy jou wettiglik wil bekwaam, jy maar weer sal moet betaal, want van die 48 krediete wat jy nodig het, het jy slegs 3 verdien. En natuurlik het jy nog geen krediete vir praktiese werk verwerf nie. ‘n Persoon wat by ons Bybelskool is, het die stel afgetrap.

Maar dit is nie die enigste probleem nie. Baie maal wil ons as Christene ook nie betaal vir dienste nie, want soos die een persoon dit uitgedruk het, die Bybel verklaar dat jy het dit verniet ontvang, en daarom moet jy dit verniet uitgee. Van dié een het ek self ‘n paar voorbeelde. Ons het ‘n webtuiste waar ons die boeke wat ek geskryf het, verniet laat aflaai. Oorspronklik het ons probeer dat mense R20.00 moes betaal per boek. Na ses maande en geen boeke wat afgelaai is nie, het ek besluit om dit gratis te maak, maar vir die mense te vra dat hulle vir ons ‘n donasie sou inbetaal by die bank. Al ons besonderhede is by elke boek beskikbaar. Sover, oor die afgelope 3 jaar tot en met middel 2012, is daar net so oor die 16000 boeke afgelaai, sover met een inbetaling in ons rekening. En die boeke word nog steeds teen so 150 per maand afgelaai. Die feit dat dit my sewe jaar geneem het om dit te skryf en na te vors het natuurlik geen koste gehad nie.

Op dieselfde webtuiste het ons ‘n forum gehad waar mense hulle drome kon beskryf en dan het ek en Hettie die drome vir die mense uitgelê. Van die mense het sommer kwaad geword as ons langer as ‘n paar dae gevat het om die uitleg van hulle droom te pos, alhoewel die diens gratis verskaf was. Toe ek vroeër vanjaar van die mense wat gereeld drome gepos het genader het om te help om die koste van die webtuiste te betaal, was die antwoord wat ek gekry het, net stilte. So het ons toe besluit om die forum te sluit.

So om saam te vat, is die probleme wat baie van ons as Christene mee sukkel die volgende:

  • In die eerste plek kry ons Christene wat ander Christene uitbuit in die naam van die HERE;
  • En dan is daar die Christene wat alles verniet wil hê sonder om die persoon wat die diens lewer, in ag te neem.

Hoe kry ons nou antwoorde op die twee vraagstukke?

Ek wil graag aan die hand van Jesaja en ander skrywers probeer om die vrae te beantwoord. Die eerste gedeelte kom uit Jesaja hoofstuk 58: “Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees. Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord, en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag. En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie. En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.”

Die gedeelte verklaar vir my wat ware geloof en ware naaste diens beteken. So punts gewys is dit as volg;

  • Dat ons losmaak die bande van goddeloosheid. So ons moet breek met dit wat nie van die HERE is nie. Ek moet self breek, maar ek moet ook ander mense kan help om al die bande wat ons vashou, te breek.
  • Dat ons die stroppe en juk van mense sal afhaal. So ons sal mense se probleme oplos en hulle vrymaak van dit wat hulle bind in die lewe. Hierdie bindinge kan wees dat ons mense sal help om vry te kom van verslawings, sondes, hulle leer, en hulle op ‘n pad sit waar hulle weer vry kan wees.
  • Verder sal ons sorg vir die wat tekorte het, of dit voedsel, behuising of wat ook al is.

Dit is die eerste paar goed wat ons as Christene moet doen. So dit is reg dat ons as Christene vir ander Christene moet help. Die gevolg hiervan sal wees dat ons lig sal deurbreek soos die son in die oggend opkom,  vir jouself sal jy genesing ontvang, en sal die mense sien dat die HERE se hand op jou is want Sy heerlikheid sal skyn deur dit wat jy doen. Dan sal die HERE ook doen alles wat jy van hom vra,  selfs wanneer jy in die nood is sal Hy jou antwoord en help.

Maar daar is ook ‘n voorwaarde aan verbonde.  “As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord, en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.” So ons mag nie mense verdruk nie, so ons moet nie hulle las erger maak as wat dit reeds is nie. Indien hulle nie kan betaal vir ons dienste nie, kan ons nie ons dienste weier nie. Verder mag ons nie mense blameer vir hulle omstandighede nie, en ook nie vir hulle dreig nie. So ek mag nie vir die huislose sê dat ek hom gaan wegjaag as hy nie geld inbring nie, maar ek moet hom help om weer op sy eie voete te kom. Ons mag ook nie vir mense stories vertel oor hoe goed ons bediening is sodat ons daardeur bevoordeel word nie. Die resultaat indien ons regverdig optree sal wees dat ons lig sal skyn sodat almal dit kan sien. Verder sal die HERE jou regtig sterk maak in alle opsigte, en die wat jy help sal self ander kan help.

Maar nou wat van die finansies? Die gedeelte uit Jesaja hanteer die gedrag van ‘n Christen, maar verklaar nie vir ons oor hoe ons dan ons finansies moet hanteer as ons in bediening staan, of hoe ek as Christen moet betaal vir dienste wat deur ander Christene aangeb ied word nie. Die gedeeltes kry ons in die Nuwe Testament. Laat ek gou ‘n paar kwoteer;

  • “Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer? Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word. As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai? As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie. Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.” (1 Kor 9 9-14) Hierdie gedeelte verklaar onomwonde dat indien ek ‘n diens lewer ek geregtig is om betaling daarvoor te ontvang. So indien ek huisvesting verskaf vir huisloses, is ek geregtig om betaal te word, maar ek mag nie mense verdruk of hulle las swaarder maak nie. Dit sal my diskwalifiseer om as Christen te funksioeneer. Verder mag ek nie valse verwagtinge by mense skep met dit wat ek aanbied nie.
    • “Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.” (Gal 6:6)  Die gedeelte verklaar dat indien ek mense leer om beter of anders op te tree as wat hulle in die verlede opgetree het, ek geregtig is daarop dat ek dieselfde lewensstyl en voordele as hulle mag geniet. So dit maak nie saak wat jy doen nie, of jy skryf, drome uitlê, berading doen, of wat ook al nie, die persoon wat die diens lewer is geregtig om dieselfde lewensvlak as ek te geniet.
    • Die laaste gedeelte kom uit 2Kor. 8: 12-15. “Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie. Want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle verdrukking nie, maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd hulle gebrek kan aanvul, sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en daar gelykheid kan wees. Soos geskrywe is: Hy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.” Die gedeelte is vir my deurslaggewend. Hier verklaar Paulus dat ek nie ‘n las op mense mag sit wat dit nie kan bekostig nie. So ek kan nie mense wegwys op grond van hulle finansies nie, maar ek moet hulle juis help as ek by magte is om dit te doen, sodat almal gehelp kan word.

So wat is die antwoord op die vrae wat ek vroeër gevra het?

  • Wat maak ons met mense wat ander uitbuit in die naam van die HERE? Ek glo dat die persone dit meeste kere doen sonder dat hulle weet hoe hulle moet optree, maar dit is nie ‘n verskoning nie. Ek glo dat die Heilige Gees ons leer in elke omstandigheid, en dat van die mense gedryf word deur gulsigheid, en dus eendag die gevolge van hulle optgrede sal moet verdra.
  • Die tweede groep is die wat alles verniet wil kry. Wat nou van hulle? Vir die groep is die Woord die een wat hulle sal oordeel, aangesien hulle ‘n geloof wil lewe wat hulle niks kos nie, en soos ek die Bybel ken is dit mense wat hulle eie lewe wil lewe, niks wil opgee nie maar tog die ewige lewe wil verkry. Die Bybel verklaar egter dat ‘n geloof wat jou niks kos nie, op die ou einde jou lewe gaan kos, maar ‘n geloof wat jou lewe kos, jou niks gaan kos nie.  “Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe” (Joh. 12:25)

Om dus saam te vat. Ek glo dat die meeste Christene opleiding in die doel en wese van Christenskap benodig, aangesien dit die onderwerpe is waaraan min, indien enige aandag geskenk word. Wanneer iemand wel daaroor praat of skryf, word die persoon gewoonlik aangevat as iemand wat dweep.

Posted in Uncategorized

Die Christen en “The Secret”

Reg aan die begin wil ek dit net duidelik maak dat wat u gaan lees is slegs geskryf vir die persone wat werklik Christene is. Ek praat nie van die mense wat godsdienstig is nie, van die wat maar net so elke nou en dan “kerk” toe gaan nie, of net hulle plek op ‘n Sondag op die kerkbanke vol sit nie, die wat in Engels so mooi uitgedruk word as die “pew warmers” nie. Ons lewe vandag in ‘n samelewing waar ons ons kinders groot maak om net belydenis van hulle geloof af te lê as jy in die tipiese susterskerke is, of dat die persoon net gedoop word wanneer ons in die pinkster/charismatiese gemeentes behoort. Dit is nie die mense wat baat sal vind by die artikel nie. Daar is gelukkig ook baie mense wat ‘n passie vir die HERE en die dinge van die HERE het, wat wonder hoekom die Bybel so sê, maar dit gaan anders in jou lewe as wat die Bybel verklaar. Dit is vir diè mense wat die artikel bedoel is.

Baie van ons het so ‘n paar jaar gelede op televisie die program van Oprah Winfrey gesien waar sy met verskeie persone gepraat het oor die boek en film van “The Secret”. Toe ek dit die eerste maal gesien het, het ek seker soos meeste Christene daarna gekyk. Skepties, en dit dadelik afgemaak as New Age. Die opsomming was dalk reg, maar kan ons dit sommer net so verwerp? Is daar nie net dalk ‘n paar beginsels in wat ons as Christene na kan kyk nie? Of dalk dink u daar is niks mee fout nie? Wat ook al u siening is, ek wil graag gaan ondersoek instel na wat hulle beweer, en dit toets aan wat ek in die Bybel vind.

‘n Paar weke later is die program herhaal op televisie, en het ek die keer mooi geluister na wat hulle gesê het, aangesien ek heelwat Christene gekry het wat die boek gelees het, of die DVD gesien het. Verder het ek ook maar op die internet gaan kyk wat daaroor gesê is, beide positief en negatief. Wat my opgeval het is dat baie persone dit goed gepraat het, en so is die persone en organisasies dan ook self bemark oor hoe hulle die oplossings toegepas het. Daar is selfs ‘n persoon wat sê dat hy 3000% meer vir jou kan laat kry as jy net sy boek koop of ‘n afspraak met hom maak. Ander opinies is daar ook seker, so is daar ook persone wat dit heeltemal verwerp het.

Kom ons kyk ‘n bietjie nader na wat die boek en DVD se uitgangspunt is.

Almal stem saam dat daar eers vergifnis moet plaasvind vir die dinge van die verlede. Dit sluit nou ondervindings, gebeure en alle negatiewe gedagtes in, aangesien ek nie my gedagtes op die positiewe kan fokus terwyl ek nog negatiewe gedagtes het nie.

Hieruit vloei dan die tweede beginsel dat ek nou my denke, wat energie is, moet fokus op dit wat ek verlang, en my denke sal dan die regte vibrasies uitstraal wat die goeie na my sal aantrek. Dit staan bekend as die tweede beginsel naamlik “The Law of Attraction”. Die beginsel is gebasseer op ‘n boek met die naam van “ THOUGHT VIBRATION OR THE LAW OF ATTRACTION IN THE THOUGHT WORLD” deur William Walker Atkinson.

As ons net na die punte kyk, moet ek verseker saamstem dat dit New Age is aangesien ek verantwoordelik is vir alle goeie en slegte wat in my lewe gebeur, en ek is dus die middelpunt van my lewe. Ek kan alles beheer deur my denke. Dus deur my denke te verander kan ek my lewenspaadjie verander. Hieruit vloei baie van vandag se bestuurstegnieke en motiveeringskursusse.

Maar kom ons kyk na die eerste beginsel, naamlik dat ek moet vergewe voordat ek enigsins iets kan ontvang. Die Bybel is dit eens dat ek nie vergewe kan word voordat ek vergewe nie. Ons hoef net na die gebed wat Jesus vir ons gegee het te kyk om dit te verstaan. “en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;”(Mat 6:12) Die een punt wat hieruit regtig tot my spreek is dat ek vergifnis ontvang wanneer ek vergifnis gee.

Maar hoe vergewe ek? Is dit deur na die persoon te gaan en vir die persoon te sê dat ek hom of haar vergewe, of is dit deur die persoon vry te spreek, of hoe is dit? Ek wil graag die voorbeeld van Josef gebruik om vergifnis vir ons uit te wys.

“En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie. Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‘n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ‘n groot verlossing. Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ‘n raadsman van Farao gemaak en ‘n gebieder oor sy hele huis en ‘n regeerder in die hele Egipteland. Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ‘n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie! En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit. En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.” (Gen 45:3-11)

Uit die skrifgedeelte is daar so baie wat ons kan leer. Die eerste punt in vergifnis is dat ek nie meer mense kan verwyt oor dit wat met my gebeur het nie. Josef kon verseker sy broers verwyt het, want hy het in die tronk beland, is as slaaf verkoop, maar het nie sy broers verkwalik daarvoor nie. Nee, hy het raakgesien dat die HERE hom wou gebruik. Dit is die eerste punt in vergifnis. So my vrae sal wees, wat leer ek daaruit? Hoekom het dit met my gebeur? Sodra ek kan sien dat dit tot my of ander se beswil is, het ek die eerste les van vergifnis geleer. Ek moet kan terug staan en sien waaroor dit met my gebeur het. Daar is so ‘n goeie uitdrukking in Afrikaans wat mense gebruik, deur te sê dat hulle al hulle skoolgeld betaal het vir die les wat hulle moes leer. Eers as ek daar kom en besef dat ek iets daaruit moes leer, kan ek die volgende stap in vergifnis aandurf. In Josef se geval is dit dat hy moes besef dat die HERE hom uitgestuur het Egipte toe om lewens te behou.

Die tweede fase in vergifnis, is om die te vergoed wat verkeerd aan jou gedoen het. Josef verklaar dat hy hulle daar sal onderhou sodat hulle nie verarm nie. Nogal ‘n moeilike punt. Hoeveel van ons sal mense vergoed omdat hulle verkeerd teenoor ons opgetree het? Dit kom maar terug na die skoolgeld wat ons betaal.

Ek wil graag ‘n persoonlike voorbeeld te gebruik. Ons het ‘n meenthuis gehuur, en het sover ons kon, die plek skoon gehou. Toe ons daar uittrek, het ons besluit dat ons graag die plek baie skoon en netjies wou laat sodat ons ons deposito kon terug kry. Ons het die matte gewas, en so ook die mure. Met die was van die mure het ek agtergekom dat die verf baie maklik afwas, en eerder as om die agent te laat kom om vir hom te wys, het ons toe besluit om die mure oor te verf en so enige ongerief te vermy en ook te verseker dat ons ons deposito terug kry. Toe ons die dag trek, hoor ons van die agent dat daar nog kolle op die een mat is en dat hy dit weer sal moet laat was aangesien ek nie ‘n professionele maatskappy gekry het nie, en dat ek die mure nie met dieselfde goeie verf oorgeverf het as wat daar op was nie. So het dit my gekos dat hulle weer die matte skoongemaak het, en, dat waar ek die agent eers moes laat kom het voordat ek die plek uitgeverf het om vir hom te wys watter swak verf die plek mee geverf was, dit toe my seker tien keer meer gekos het om weer die vertrekke oor te laat verf. So wat was die les? Ek kon nie die persoon kwalik neem nie, al was hy verkeerd, en het dit my fisies geld gekos om te leer om volgende keer te verseker dat ek nie weer in die slagyster trap nie. Ek moes op die ou eiende hom vergoed vir dit wat ek gedoen het al het hy verkeerd teenoor my opgetree het. Dit mag dalk nie fisiese geld kos nie, maar dit gaan jou iets kos.

Nou, na Jesus se voorbeeld. Ten spyte van die feit dat Hy sonder sonde was, het Hy op ‘n kruis gesterf sodat Hy die prys kon betaal vir die sondes van die wereld. Die Bybel leer ons dat geen vergifnis kon verkry word sonder dat bloed vergiet is nie. So is Jesus se bloed vergiet sodat ons vergifnis kon kry. Nou as ek sondig, moet Jesus weereens met Sy bloed betaal vir die sonde wat ek gepleeg het. Dit dan die rede vir die gedeelte in Hebreërs 6. “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6) So, elke keer wat jy weer sonde pleeg, dink dat Jesus weer moet betaal vir daardie sonde, en bekeer jou. Onthou net Hy het alreeds met Sy bloed betaal vir jou sondes, maar jy laat Hom weer en weer betaal elke keer as jy sondig. Ek dink dit is iets wat ek nie graag wil doen nie. So indien daar sonde in jou lewe is, breek daarmee, sodat Jesus ook kan aanbeweeg met jou op die pad wat vir jou voorlê.

So tot hier stem die Bybel ooreen met vergifnis soos gepredik deur die voorstanders van “The Secret”. Die grootste verskil is natuurlik dat ons weet dat dit nie die gevolg is van iets wat ons gedoen het of doen dat ons vergewe nie, maar omdat Jesus ons vergewe het sodat ons ook kan vergewe. So die krag is nie uit myself nie, maar uit Hom wat my die Krag gee.

Nou kom ons by die tweede aspek, naamlik dat ek net moet fokus op dit wat ek graag wil hê, en dit sal na my toe kom, of soos oral bekend as “The Law of Attraction”. Dit is so dat jy kan kry wat jy graag wil hê, maar die verskil is oor hoe ons dit verkry. Die Bybel leer ons dat indien ons ‘n brood vra die Vader vir ons ‘n brood sal gee en nie ‘n klip nie. So die groot verskil is aan wie ek die eer bring. Indien ek ‘n aanhanger van “The Secret” en sy mense is, sal my eer aan die skepping en aan myself gaan, met ander woorde die New Age beginsel, terwyl as ek vir die Vader vra en dit verkry, my eer aan die HERE sal gaan.

Maar soos enige ander punt is daar ook sekerlik vir ons as Christene sekere voorbehoude voordat ons dit sal verkry wat ons so graag wil verkry. In Deuteronomium gee Moses vir ons ‘n woord van die HERE. Lees die gedeelte sorgvuldig deur en let daarop wat sal gebeur as jy doen wat die HERE verlang, maar let ook daarop wat sal gebeur as jy dit aan jouself toeskryf.: “Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met ‘n eed beloof het. En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan. Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie. Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos ‘n man sy seun onderrig, en hou die gebooie van die HERE jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees. Want die HERE jou God bring jou in ‘n goeie land, ‘n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom; ‘n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ‘n land van olieryke olyfbome en heuning; ‘n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ‘n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap; en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het. Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder— en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ‘n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen— en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is. Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.” (Deu 8:1-20)

Hier leer ons dat die HERE ons sal vat op ‘n pad in ons lewe wat ons sal moet bewandel, waar Hy wonderbaarlik vir ons sal sorg, maar uiteindelik sal Hy ons bring in ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Daar sal ons moet onthou van waar ons rykdom kom om te verseker dat ons nie die lewe van ‘n godelose sal sterf nie. Dit is die verskil tussen ons as Christene en die wat die New Age van “The Secret” aanhang. Ons sal lewe, maar dan moet ons die pad gevolg het wat Hy vir ons voorberei het. Onthou ook dat in die gedeelte die HERE nie voorskrifte het van wat ons moet doen en hoe nie, behalwe dat ons na Hom sal luister en Hom gehoorsaam moet wees.

Ons bedieninng se uitsluitlike doel is om mense te leer wat hierdie weg is. Begin maar by Moses 1 – Aan hom wat oorwin, gratis beskikbaar op ons webtuiste www.shama.org.za, en leer wat die pad is wat ons moet loop, en eers wanneer jy met oortuiging kan sê dat jy reg is om in die beloofde land in te gaan, kan jy weer hierdie artikel lees, en sien wat die HERE vir ons as Christene wil gee wanneer ons by die besluit in ons lewens kom. Maar onthou net voordat jy hier gaan kom, gaan jy Egipte moet verlaat, deur ‘n woestyn trek waar dit vir jou gaan voel of jy alleen is en alles verloor het, en dan eers gaan jy by die plek gaan kom en die beloofde land kan ingaan.

Ons almal wil so graag en vinnig by die eindpunt kom, maar ons vergeet dat die lewe is ‘n pad om te loop, en nie ‘n plek waar ons moet wees nie. Wanneer ek in Kanaän ingaan het ek nie “arrive” nie, nee, dit is net die begin van ‘n pad waar ek altyd alle eer aan die HERE moet gee.

Soos ons dus kan sien, is die antwoord van “The Secret”, die New Age oplossing, ‘n kits antwoord waar ek my net moet omring met positiewe mense en negatiewe mense moet vermy. Daar teenoor is die pad van ‘n Christen ‘n pad wat hom sal neem om die lewe in alle fassette te sien en ervaar, en nog steeds kan uitkom waar jy deur die HERE geseën word. Onthou net om nie negatief te dink nie, want dan kan jy nie Kanaän ervaar nie.

Posted in Uncategorized

Die Huwelik – my trou preek

Trou preek

Luister na 1 Korintiërs 13, wat ek ook later sal lees.

Wat is hierdie liefde waarvan Paulus skryf? Ons vind die antwoord in 1 Johannes 4:7 “ Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. 1Jn 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword. (1 Joh 4:10-12)

Hieruit leer ons sommer vroeg vroeg dat ons slegs ware liefde sal ervaar wanneer ons die HERE ken. Die wêrld sal allerhande definisies vir ons voorhou, maar ons weet dat egte liefde net van God en deur God kom.

“Wat is in die hele trou spul vir my?” Dit is ‘n vraag wat ons kan vra oor huwelike vandag, en nie sonder rede nie. So wat is die belofte van ‘n huwelik? Dit is waarna ek wil kyk vandag vir julle twee, asook die gaste hier by ons.

  • Vir die hoërskool meisie is dit haar huweliksdag, die wit rok, die pragtige bruidsmeisies, kerse, blomme, en ‘n onthaal vir vriende en familie.
  • Vir die nuut getroudes is dit beloftes wat gedeel word, intimiteit, vriendskap, en avontuur saam op die nuwe pad.
  • Vir die getroude paar  wat 15 jaar saam is, is dit die kinders, kameraderie, en bou aan die verhouding.
  • Vir die wat al 35 en meer jare getroud is, is dit kyk hoe word die kleinkinders groot, die tekens van veroudering wat insluip, en alles word stadiger.

Vier fases van ‘n gesonde huwelik

Mense verander, situasie is anders, en drome word verbreek. Maar dieselfde God wat die huwelik ingestel het, sal ons help om deur die verskillende siklusse van ‘n huwelik te gaan en te bowe te kom. Die vier siklusse is:

  • Verwagtings word gekoester
  • Verbondmaking
  • Ontnugtering wanneer alles nie is soos ons gedink het dit is nie
  • Groeiende volmaak wording

Om hierdie te verstaan, moet ons in die lewe gaan kyk wat die werklike betekenis is van die huwelik om hierdie fases deur te werk.

Verwagtings

“Wat kan ek uit hierdie huwelik kry? Wat is my “payoff”? My hoop is hoog en my drome helder, maar gaan alles gebeur soos ek dit wil hê?

Kom ons kyk vlugtig na wat ons verwagtings gewoonlik is.

Die samelewing van vandag, beide sekulêr en godsdienstig, het sekere verwagtings geskep vir die huwelik.

  • Huwelik sal my behoeftes bevredig.
    1. Die behoefte aan liefde en seksuele bevrediging
    2. Die behoefte aan kameraadskap
    3. Die behoefte aan my eie familie
    4. Die behoefte vir geselskap.
    5. Die behoefte aan finansiële stabiliteit
    6. Die behoefte aan sosiale aanvaarding
    7. Die behoefte om my eie huis te begin.

Baie van die behoeftes is niks mee verkeerd nie, maar die probleem kom in wanneer ek dit nastreef met kortsigtige motiewe.

Baie mense trou om van hulle probleme te ontsnap. Daar is baie redes daarvoor, so kan ’n dogter graag uit ’n huis kom waar daar aanhoudende gevegte is en nog baie ander redes. Ongelukkig eindig baie van die huwelike op die rotse, want die persoon verklaar dat sy of haar behoeftes nie aan voldoen is nie.

Hoekom sien mense dit nie kom nie? Ek dink dat die antwoord deel lê in die stelling wat ons partymaal huldig van…

  • Die huwelik sal hom/haar verander.

Baie persone trou met die gedagte dat as ons eers getroud is, sal hy of sy verander in die persoon wat ek hom/haar sal maak. Dit mag dalk al voor die troue kop uitsteek, of dit mag eers na die troue duidelik word dat die een die ander een wil verander. My vraag is: Is jy lief of het jy verlief geraak op die persoon soos hy/sy is, of het jy die moontlikheid gesien dat met ‘n paar aanpassings die persoon die perfekte maat sal wees? Los uit en moenie krap waar dit nie juk nie. Aanvaar die persoon soos die is en moenie karring nie. Die teenoor gestelde gebeur ook.

  • Die huwelik kan so vry wees soos ons dit toelaat.

Partykeer gun ek weer soveel vryheid aan my maat, dat dit half ongemaklik is. Maar, omdat ek jou soveel vryheid gee, verwag ek dieselfde vryheid. Ek sal nie vrae vra oor waar jy was of wat jy gedoen het nie, net terwyl jy ook so sal optree.

Hierteenoor is daar natuurlik die werklike verwagtings wat ’n huwelik sal maak werk. Wat is die verwagtings?

  • ‘n Huwelik sal my bemagtig om die ander persoon se behoeftes bevredig.

Solank as wat ek probeer om my eie probleme oplossings voor te kry, sal ek probleme met die standpunt hê. In ’n huwelik is dit nie ek nie, maar ons.

  • Die huwelik sal ons verander ten beste.

Ons sal geestelik moet groei in ons verhoudings. Hoe belowe ons? “Ek sal jou bystaan in goeie en slegte tye en jou help om jou drome te bewaarheid. Ek sal jou altyd beskerm en bemin tot die dood ons skei.” Hierdie verklaring beteken dat ek jou belange bo myne plaas. Hierdie nabyheid en verantwoordelikheid van ’n huwelik gee ons die perfekte  geleentheid om ons te leer wat ware liefde beteken.

Die huwelik stel ons bloot aan risiko, onselfsugtige toewyding en trou. Om dit te doen vereis liefde, lojaliteit en seën. Dit beteken ongelooflike persoonlike groei. Julle sal moet leer hoe en wanneer om jou persoonlike belange agter toe te skuif terwille van die rykdom wat julle sal beleef wanneer ons werklik die ander persoon se belange en behoeftes bevredig. Hier praat ek van werklike behoeftes en nie van selfsugtige behoeftes nie.

Soos julle leer om die manier lief te hê, sal julle ’n venster word om vir ander te wys wat liefde is. Vriende, kinders en die uitgebreide familie word die kans gegun om hierdie ware liefde, eerlikheid, werklike self aflegging, geduld en tere verstaanbaarheid te beskou. Mense sal nie die tipiese manipulasie of wraaksugtige eenheid sien wat ons in so baie huwelike vandag sien nie. Hulle sal eerder opregte omgee en vriendskap sien.

Hierdie tipe liefde fokus nie op my huweliksmaat se foute en tekortkominge nie, maar op my eie motiewe en aksies. Dit gee ons egter ook nie die toestemming om te verklaar dat indien ek niks verwag dat jy ook niks mag verwag nie.

  • Die huwelik sal ons onder ’n gemene gees van liefde plaas.

Dit is duidelik dat wanneer ‘’n man en vrou trou dat hulle een word. Die beherende faktor in hierdie eenheid is die gemeenskaplike trou om na mekaar se belange om te sien, vir solank hulle lewe.

Wanneer ons na die oorspronklike Griekse woord vir liefde kyk, word dieselfde woord gebruik vir liefdadigheid. So vind ons in die KJV in 1 Kor. 13, dat die gedeelte dit nie as liefde uitspreek nie, maar as liefdadigheid. Wanneer ons liefdadigheids werk doen, doen ons dit verniet, gratis, gewoonlik sonder dat die persoon daarvoor vra of dit verdien. Dit is hoe ek in die huwelik moet optree. Ek moet my huweliksmaat bedien met die beste van my gawes, sonder dat die persoon dit verdien of daarvoor vra. Dit is liefde.

Hierdie trou sweer tot liefde beteken dat ek altyd op die uitkyk sal wees hoe om die beste van my maat na vore te bring. Maar dit gaan ook beteken dat ek met my eie foute sal moet deel. Nadat ek met my self gedeel het, sal ek ook sensitiewe maniere vind om my maat by te staan om die se foute en tekortkominge te oorwin. Dit gaan ook beteken dat ek dalk harde woorde sal moet hoor, maar partymaal is dit “love must be tough”.

Liefde gee ons nie die toestemming om te neul of om die ander persoon bitsig te kritiseer nie. Met liefde kom die verantwoordelikheid om altyd net die beste uit my huweliksmaat te voorskyn te laat kom, eerder as die slegste. Liefde sal ons nie laat verval in immoraliteit of om die dekonstuktiewe gewoontes van my maat toe te laat nie. Onthou net altyd, liefde kan soms seer maak.

Hierdie verwagtings vorm die basis vir ons verbond met mekaar.

Die tweede fase van ’n goeie huwelik is om te verstaan wat ’n verbond beteken.

Wanneer julle nou-nou julle beloftes aan mekaar gaan maak voor die familie en vriende, dat julle mekaar sal altyd sal liefhê, vertrou, koester en bemin tot die dood julle skei en dan die huweliksregister te teken, begin hierdie verbond en vervat dit al die faktore wat ’n verbond bevat.

Hierdie deel van beloftes aan mekaar, verwag ook die moeilike tye in die huwelik wanneer ons meer kry as wat ons verwag het. Die verbond verwag daardie ondervindings in die getroude lewe, met sy onverwagte draaie, wanneer dinge te veel raak, wanneer dit my so absorbeer en meer uit my haal as wat ek ooit verwag het. Die woorde van in siekte, in gevaar, in armoede, gebeur en wanneer hulle gebeur moet ek voorbereid wees daarop. Dan moet ek kan terugval op die beloftes wat julle aan mekaar gemaak het. Daar is nie ’n manier om daaruit te kom nie. Dit is gedoen, dit is finaal. Julle neem die persone hier teenwoordig as getuies en gee hulle toestemming vandag hier dat hulle julle aan jul beloftes kan herinner wanneer dinge skeef loop. Om te verstaan wat die beloftes beteken sal julle oor en oor help soos julle ervaar wat ’n huwelik is.

Eerste kenmerk – ’n Lewenslange toewyding

Wanneer julle sê “Ek sal” beloof julle aan mekaar voor almal hier vandag dat julle bymekaar sal bly totdat die dood julle skei. Hierdie belofte is die woordelike erkenning van hierdie lewenslange toewyding wat gemaak word in die hart en die verstand. Die ryke volheid van die belofte van die huwelik is vervat in die konsep. Wanneer ons sê “ van vandag vorentoe”, beteken dit ’n leeftyd. Hierdie belofte word gemaak om nooit verbreek te word nie.

Nou mag u dalk wonder: “Hoe beperkend is dit.” Dit is so dat dit beperkend is, maar dit stel ons ook vry om te weet dat ons binne die beperking kan doen en leef. Nou kan ons konsentreer op die taak vorentoe om ons verhouding uit te bou, om ons verhouding te verbeter in liefde. Hierdie belofte sal ons dra in tye wanneer ons dalk ’n ernstige siekbed ervaar, deur werksdruk, deur probleme met tieners, deur ernstige stres wat die huwelik mag aanval. Dit is so kompleks en tog so eenvoudig. Ek het ’n belofte gedoen en ek staan daarby. Ek is ’n persoon van my woord. Ek is in die verbond vir ewig en altyd.

Tweede kenmerk – ’n Gedeelde identiteit

In die vervulling van die huweliksverbond word twee een. Die man leef nie langer vir homself en die vrou nie langer net vir haarself nie. Nee, julle leef vir mekaar. ’n Nuwe eenheid, ’n nuwe diversiteit, ’n nuwe familie is gebore. Albei bly tog verskillende persone.

Toe julle hier ingestap het vandag was julle man en vrou apart, maar wanneer julle hier uitstap sal julle as een uitgaan, ’n gedeelde identiteit. Verskillende agtergronde, families, opvoedings, verskillende gewoontes en self verskillende letsels van die verlede, maar nou in hierdie huweliksverbond is julle een. Dit beteken julle is een selfs

  • Wanneer hy in New York op besigheid is en jy by die huis is
  • Wanneer jy deur die eerste trimester van ’n moeilike swangerskap sukkel
  • Wanner hy vertel dat sy pos uitgefaseer word en jy ’n bevordering kry
  • Wanneer sy op haar oudag sukkel met MS, of julle dalk die woorde hoor, dit is kanker
  • Wanneer jul jongste ook in die gang afstap op haar troudag

Julle bly een. Julle het nou ’n gedeelde identiteit.

Derde kenmerk – ’n Eksklusiewe verhouding

Die verbondsvennootskap wat ontstaan wanneer julle mekaar se beloftes beantwoord vra vir totale getrouheid. Man en vrou moet mekaar uitsluitlik liefhê en koester. Die man moet getrou wees aan die vrou en die vrou aan die man. Geen uitsluitsels nie.

Al leef ons in ’n baie meer oop samelewing vandag waar baie goed verander, hierdie huwelik is net tussen julle twee uitsluitlik. Geen derdepartye word toegelaat nie.

“Ek beloof om aan jou getrou te wees”. Dit is hoe ons mekaar moet liefhê. Die liefde is nie onderhewig aan my geluk of met eksterne tekens van sukses nie. Waar sal ons vir die wêreld liefde kan wys as ons dit nie meet ons naaste naaste, ons huweliksmaat, bewys. Dit is minstens die een wat jy gekies het uit al die miljoene mense op die aarde om mee saam te leef vir die res van jou lewe. Dit is jou oogappel.

Van die oomblik af vorentoe, moet julle getrou wees aan mekaar. Dit is die verwagting van die huwelik. As julle dit doen, sal julle die volle vreugde van die huwelik ervaar, omdat

  • Jou liefde op jou maat gekonsentreer word
  • Jy lojaal sal wees aan jou maat selfs in die klein dinge
  • Jy nie flirtasies sal begin of aanmoedig nie
  • Jy van versoekings sal wegvlug.

O ja, onthou net julle sal getoets word. Van binne jouself en van die wêreld daar buite sal dinge gebeur wat jou graag sal wil laat vergeet aan jou beloftes. Maar die huwelik is gebou op ’n verbondsgrondslag, op die integriteit van jou woord en hou dit so totdat julle geroep word om huis toe te gaan aan die einde van julle lewens.

Slegs deur  getrou te wees aan ons woord, sal ons die volgende fase van die huwelik kan oorleef.

Ontnugteringsfase

Die nabyheid van die huwelik

Hierdie intimiditeit en gedeelte identiteit van die getroude paar kan ook ontnugterend wees. Met die nabyheid word ons harte ook ontbloot. Dit is nie soos besigheids of werks verhoudings waar die rolle gedefinieer is en ons weet daar is afstand tussen ons nie, maar ons verkeer nou in ‘n eenheid. Julle ken mekaar so goed nou, want julle deel in die plesier van seks, die stadia van verwagtend wees, in die geboorte van jul kinders, die opgewondenheid van ‘n nuwe huis te koop, van promosie by die werk, ens. Julle werk deur hoeveel vraagstukke van kinders groot maak, finansiële vraagstukke en gesondheid vraagstukke saam. Julle ken mekaar so goed dat die een die ander se gedagtes ken en weet hoe die ander een voel sonder om te vra.

Maar hierdie nabyheid het ook ‘n donker kant. Nou ken ons mekaar so goed dat ons ook die slegte in elkeen ken, en dit is waar die vonke begin spat. Sy weet watter woorde maak hom kwaad, en hy weet wat om te doen om haar die hoenders in te maak. Hy weet dat as hy hierdie koop sy gaan slange vang, maar hy koop dit in elk geval.

Binne hierdie intimiditeit wys ons baie keer ons selfsugtigheid, ons ongeduldigheid, onsensitiwiteit, ons woede. Ons sê mekaar sleg, ons verwond mekaar met ons woorde, ons straf mekaar. Dit is alles as gevolg van die nabyheid in die verhouding. Ons ontbloot onsself vir onsself. Dan voel ons dat ons verwagtiginge nie aan voldoen word nie. Ons voel ons is verraai. Ons het mekaar dan so vertrou. Maar nou het ons onsself ontbloot, en ons hou nie daarvan nie.

Meeste van die gebeur a.g.v. verkeerde redes vir ons huwelik.

Verkeerde reds sluit in:

  • Om weg te kom van ‘n slegte verhouding by die huis.
  • Om van n verslawing weg te kom
  • Om van ‘n dominerende ouer weg te kom
  • Om aanvaarding te kry
  • Om my beroep te bevorder
  • Om van ongesonde seksuele gewoontes van los te kom

Hierdie onderliggende motiewe gaan hulle kop uitsteek, en dit lei gewoonlik tot die volgende fase:

Destruktiewe optredes in ‘n huwelik

Hierdie optredes sluit gewoonlik in:

  • Aanhoudende kritiek
  • Woede
  • Self gesentreerde optrede
  • Irriterende optredes
  • Emosionele leuens

Hierdie destruktiewe gedrag vind in elke huwelik plaas. Dis onvermybaar. Om te verklaar dat dit nooit sal gebeur nie is om die waarheid te vermy. Hoe ons optree onder sulke omstandighede is die mees belangrike faktor.

Hoe kry ons dan vervulling in die huwelik?

Deur eenheid.

As man en vrou kan julle een wees maar tog verloor julle nie jul identiteit nie. Jy behou jou uniekheid en jy bly die persoon wat jy voor gemaak is. Die vrou het gewoonlik meer gawes as die man, en party no beter besigheids sin. Jy as haar man moenie jaloers wees op haar nie, ook nie op haar gawes nie. Jy moet dit ook nie ontken nie. Moenie probeer om haar iets te maak wat sy nie is nie. Hierdie interafhanklikheid kom nie maklik vandag nie, met skeisake wat amper ‘n epidemie in ons land geword het.

Hierdie interafhanklikheid het ook implikasies op die seksuele vlak. Wanneer julle trou, is dit ook reg dat julle ’n verwagting het dat julle van mekaar volle bevrediging sal verkry. Wanneer een besluit om te onthou vir ‘’n tyd, moet julle saamstem en dit so kort as moontlik hou, sodat julle opmekaar kan vertrou ook daarvoor.

Aksies van liefde volgens 1 Kor 13 is as volg:

Liefde is beide ’n motief en ’n aksie. Verse 6 tot 8 vertel ons wat liefde is. Luister aandagtig en vervang die woord liefde met jou naam en sien wat dit beteken.

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer;

Dit is hoe ons moet optree.

Wanneer ons vir 20, 40 of selfs 50 jaar getroud is sonder dat die een die ander verwoes het, ervaar ons hierdie geluk en het ons oor die jare geleer om hierdie verskille wat daar is, te hanteer en te bowe te kom. Ons is nie getroud om getroud te wees nie, maar ons ervaar die volheid wat so ’n verhouding meebring. Ons het bymekaar gebly omdat ons geleer het om te praat, geskille te besleg en kompromie uitgewerk.

Mag dit ook so in julle huwelik wees dat julle oor 50 jaar kan terug kyk na ’n vol lewe saam met mekaar.

Amen.

Barney en Debbie, ons God van liefde het die huwelik ingestel as ‘n simbool van Christus se perfekte verhouding met Sy bruid, die Kerk. Ons het bymekaar gekom om julle as een voor Hom te stel. Barney, God het die man as geestelike hoof, en as die inisieërder van liefde in die menslike verhouding gestel. Deur Sy toedoen, moet jou sterkte Debbie se beskerming wees, jou karakter haar trots en eer, en moet jy so lewe dat sy in jou die veilige hawe vind wat ‘n vrou werklik begeer.

Debbie, dit is God se doel dat jy ‘n liefdevolle vrou sal wees, dat jy Barney se liefde sal beantwoord met teerheid en ‘n diepe gewaar wording, deur die geloof in Christus wat julle twee bymekaar gebring het. Dit is Sy begeerte dat jy ‘n innerlike skoonheid sal hê wat nooit sal verdof nie, ‘n ewige jeug wat spruit uit ‘n vashou aan dit wat nooit verouder nie.

Barney en Debbie, ‘n Christelike huwelik is nie net om vir mekaar te lewe nie. Dit is twee persone wat hande neem en saam die HERE dien. Soek eers Sy koningkryk en Sy geregtigheid, en Hy sal alles vir julle byvoeg. Moenie volmaaktheid van mekaar verwag nie, volmaaktheid behoort slegs aan die HERE. Moenie mekaar se tekorte verbloem nie, maar wees altyd vinnig om die ander party te loof en die ander persoon se goeie punte en sterk punte uit te lig en vinnig om te vergeef. Sien mekaar altyd met teer en liefdevolle oë raak.

Die HERE sal julle altyd op paaie neem wat julle sal seën en julle karakter ontwikkel soos julle saam die lewenspad loop. Wanneer die lewe einde se kant toe staan, mag julle nog steeds gevind word soos vandag, hand in hand, en nog steeds die HERE dank vir jou lewensmaat. Mag julle Hom dien, gelukkig en vol geloof wees totdat Hy in glorie sal terugkom, of totdat julle julle lewe neerlê in Sy arms. Ons vra dit alles in die naam van Jesus Christus ons HERE.

Beloftes

Barney en Debbie, julle staan voor ons as kinders van God, vrygekoop deur die bloed van Jesus Christus. Is dit julle doel om julle huishouding as ‘n Christus gesentreerde huis te bou, waar die Woord van God gelees en gehoorsaam word, ‘n huis saamgevoeg in gebed waar die Heilige Gees julle leiding elke dag is, en begeer julle om met die seën van die HERE in die eg verbind te word?

Bruidegom en Bruid. Ja

As ‘n teken dat julle harte verenig is in liefde, gee mekaar die regterhande.

(Die ringe kan nou gebring word)

Barney, hierdie vrou wie se hand jy vashou gaan jou vrou word. Sy het jou een van die heilgste dinge gegee onder die hemel: ‘n vrou se liefde en ‘n vrou se lewe. Jy kan die oorsaak wees van groot vreugde of groot verdriet. Dit maak nie saak wat jy haar in ‘n materialiese wyse bring nie, rykdom sonder liefde is niks werd nie. Die geskenk sonder die gewer beteken niks. Die uitleef van dit wat haar na jou toe getrek het as minnaar, sal haar hart aan joune vasbind. Beloof jy hier dat jy soos jy vir  Debbie belowe het, dat jy altyd by haar sal bly.

Bruidegom – Ja ek sal.

Debbie, hierdie man wie se hand jy vashou gaan jou man word. Hy sal op jou lewe, jou liefde en toegewydheid en inspirasie kan staatmaak. Hy gaan na jou kyk vir inspirasie, vir opgewektheid, en vir vertroue. Nieteenstaande wat die wereld van hom mag sê of dink, mense mag hom vergeet, vertroue in hom verloor, hulle rug op hom draai, maar jy mag nie. Mag jou lewe en jou liefde vir hom ‘n inspirasie wees wat hom sal lei na ‘n groter afhanklikheid op Jesus Christus. Beloof jy hier soos jy aan Barney beloof het dat jy altyd by hom sal bly.

Bruid – Ja ek sal.

Barney, verklaar jy dat sover jy weet daar regtens geen beletsel is nie teen jou voorgenome huwelik met die bruid, Debbie, hier teenwoordig en dat jy almal hier teenwoordig roep om getuie te wees dat jy Debbie tot jou wettige vrou neem?

Bruidegom – Ja.

Debbie, verklaar jy dat sover jy weet daar regtens geen beletsel is nie teen jou voorgenome huwelik met die bruidegom, Barney, hier teenwoordig en dat jy almal hier teenwoordig roep om getuie te wees dat jy Barney tot jou wettige man neem?

Bruid – Ja.

Ek verklaar dat Barney en Debbie hier teenwoordig regtens getroud is.

Jy mag nou die bruid soen.

Gebed

Laat ons saam bid. Ons dank U hemelse Vader, vir hierdie huishoudig wat nou in wording geroep word, en ons vra U seën op Barney en Debbie al die dae van hulle lewe. Soos hulle nou in eenheid saam is, dat hulle ook so U naam mag grootmaak. Dat u hulle diens aanvaarbaar sal vind, en dat hulle lewe saam die waarheid van U woord, die eenheid tussen Jesus en Sy Kerk, mag weerspieël. Seën hulle ook in hierdie verband, en ons vra dit in die Naam van die Koning van alle konings, en die HERE van alle Here, Jesus Christus ons verlosser en saligmaker. Amen.

Ek stel u nou voor aan Mnr.Barney, en Mev.Debbie Erasmus, die bruid en bruidegom.

Posted in Uncategorized

Ander onderwerpe

Hier sal u ander Christelike artikels kry wat u kan help deur die lewe. Dit handel oor al die ander onderwerpe wat ek nie in ‘n boek kon voeg nie, alhoewel ek tog van hulle as boeke gemaak het om dit makliker te maak om af te laai. Soos alles is meeste onderwerpe nie die wat jy op jou gewone Christelike webwerf sal kry nie, want die ander mense wil verseker bekendheid verwerf en as goeie Christene bekend staan. Nie iemand wat elke punt ondersoek en dan kritiek lewer daarop nie.

Posted in Uncategorized

Ontwaak jy wat slaap

Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.(Efesiërs 5:8-17)

Is daar ‘n hemel? En indien daar is, wat is die toegangs vereistes. Weet ons wat is nodig om daaraan te voldoen? Hoekom en waar moet Jesus Christus as Koning optree?

Het die profete van die Ou Testament iets geweet oor hierdie tydperk, en het hulle dit dalk beskryf? In die gedeelte wil ek graag kyk na die verskillende profete en hul siening van die toekoms. Ek is bewus daarvan dat baie van u dalk sal wonder hoekom spesifiek die Ou Testamentiese profete en hulle siening van die toekoms, maar was u bewus daarvan dat baie van die profete se woorde nog nie vervul is nie? Een so ‘n voorbeeld kom uit Jeremia 30:3 “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander en hulle sal terugbring om die land te besit wat Ek aan hulle voorvaders gegee het, sê die Here.” Meeste van die kommentare bevestig dat Israel as volk, met ander woorde al Jakob se nasate, nooit Kanaän in besit geneem het na die Babeloniese tydperk nie, aangesien die stamme wat weggevoer was slegs Benjamin en Juda se stamme was, en het hulle toe onder bevelvoerders gestaan wat deur hulle oorheersers aangestel is.

Ander profesië is soos die van Sagaria, wat gesien het hoe die nuwe aarde verskyn en sal lyk, en dan is daar Esegiël se tempel. Verder is daar ook nog ander skrifte soos in Jesaja wat verklaar dat Egipte die HERE sal dien, saam met Assirië, en nog sommer vele meer.

Ek wil dus graag kyk na hoekom die ou profete sekere gesigte gesien het, op wie dit van toepassing is, en wat dit beteken.

Inhoud van die boek

Moses 5 – Ontwaak Jy Wat Slaap Inleiding
Moses 5 vers 1: Is daar ‘n verskil tussen Israel en die Kerk?
Moses 5 vers 2: Wegraping of nie?
Moses 5 vers 3 – Aan watter volk behoort u?
Moses 5 vers 4: Die eindtyd soos gesien deur Esegiël
Moses 5 vers 5: Jesaja se siening van die eindtyd

U kan al die boeke wat ek geskryf het van ons winkel aflaai teen betaling, of gratis van hier:

http://www.shama.org.za/boeke/

Dit is al die boeke wat u gratis kan aflaai. Onthou net die volgende aanhaling uit die Bybel: “Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.” (1Ti 5:18). So daar is voorsiening gemaak ook in my winkel waar u net ‘n donasie kan maak vir ons bediening en te help met my stryd teen fase 4 kanker.

Posted in Uncategorized