Shama Ministries – Die verbond van geregtigheid – The Covenant of Righteousness

Print Friendly, PDF & Email

English introduction here

Shama Bedienings verwelkom u

Die webtuiste handel oor die verbond van geregtigheid, en wat dit vir ons as Christene beteken.

Maar wat is geregtigheid? “Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.(Rom 3:21-31)

Is daar iewers stappe wat kan bevestig of ek in die hemel gaan opeindig if nie?Ja verseker. Heb.6 verse 1 en 2: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. En dit sal ons doen as God dit toelaat.” (Heb 6:1-3)

Nou mag dit maklik lyk maar wanneer ons kyk na persentasie van mense, sien ons 50% van Christene struikel al oor die eerste hekkie. Tien maagde wag virJesus maar net vyf gaan in na die bruilofsmaal. Dan volg die talente, en dan naaste liefde. Gaan kyk maar in Mattheus 25. In Israel se tyd het slegs 2 van die twaalf stamme in Kanaan gegaan want tien stamme wou nie, so daarmee saam is hulle hel toe.

Nou net nog ter inleiding ‘n verdere paar Bybeltekste. U sal vind dat ek maar redelik baie uit die Bybel kwoteer aangesien daar sovele verdraaïngs die wêreld ingestuur word, dat ek verkies om liewers die hele konteks aan te haal as slegs ‘n gedeelte van ‘n vers om my standpunt mee te bevestig.

“Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Mat 22:36-40)

“En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” (1Kor 10:6-11)

My eie bede vir myself elke dag, kom maar van Dawid en is as volg: “Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.  Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.” (Psa 51:10-13)

Wees verseker van die feit dat ek elke leerstelling gaan ondersoek en of bevestig of verwerp. Ek weet verseker dat dit kognitiewe dissonansie by jou gaan veroorsaak, met ander woorde ek gaan jou kop deurmekaar maak, maak nie saak hoe jy glo nie. Jy gaan of baie kwaad raak vir my, want alles wat jy lees gaan jy of probeer verwerp of probeer om verkeerd te bewys, of jy gaan saam met sekere van my stellings stem en ander verwerp. Ek moet nog iemand kry wat in alles met my saamstem. Ek is gelukkig daarmee, want dalk net gaan dit jou op die pad sit wat die HERE vir jou beplan het. Dit is wat Hy met my gemaak het.

Ek wil hier graag nog ‘n gedeelte kwoteer oor wat met Juda sou gebeur na die val van die tempel in 66 NC. Dit kom uit Jeremia, wat hy aan Juda oordra jare na Efraim of die ander stamme van Israel, al so verval het dat hulle nie meer as Israel gesien is nie. Hulle het vir Baal aanbid, vir heilige boomstompe en alles wat die volke aanbid het voor Israel Kanaän oorwin het, en so is Eli en sy seuns op een dag gedood en die ark deur die Filistyne van Silo af na die Filistyne toe geneem. “Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, ‘n spelonk van moordenaars in julle oë? Ook Ek—kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE. Want gaan tog na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel. Omdat julle dan nou al hierdie dinge gedoen het, spreek die HERE, en Ek met julle gespreek het, vroeg en laat, maar julle nie geluister het nie, en Ek julle geroep, maar julle nie geantwoord het nie, daarom sal Ek aan die huis waaroor my Naam uitgeroep is, waar julle op vertrou, en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Silo gedoen het. En Ek sal julle van my aangesig wegwerp soos Ek al julle broers, die hele geslag van Efraim, weggewerp het. En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie. Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie? Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg. Terg hulle My? spreek die HERE. Doen hulle dit nie aan hulleself tot beskaming van hul aangesig nie? Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my toorn en my grimmigheid sal uitgestort word oor hierdie plek, oor die mense en oor die diere en oor die bome van die veld en oor die vrugte van die land; en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.” (Jer 7:11-20). Dit is ook die volk wat vir Jesja in die tempel doodgemaak het.

Soos ek die geskiedenis van die Kerk sien, is daar verskeie fases waardeur die Kerk beweeg het. Daar was eers die apostoliese Kerk, so die wat deur die apostels self begin is en op slegs hulle uitleg van die Ou Verbond en hoe Jesus inpas, gebou was. Hierdie is seker die grootste probleem met al die interpretasies van vandag. Daar is net een verbond, en nie eers Abraham was bewus van wat alles gebeur het nie. En toe met die uittog uit Egipte het Moses vir ons die volgorde van al die stappe gegee. Daar was eers besnyding, so alles wat sonde is moet mee gebreek word. Dan volg Bekering, wanneer ons deel aan Nagmaal om vir die HERE te wys dat daar geen sonde is nie, brood, Jesus se liggaam, en bloed aan die deurposte of soos vandag soos Jesus dit ingestel het ,die beker met Sy bloed wat ons red van die dood, en dan ewige lewe of ewige verderf. In Israel se tyd is tien stamme se ou mense hel toe omdat hulle Kanaan verwerp het, en moes die mense van 60 en ouer, 20 jaar en jonger plus veertig in die woestyn, weer gedoop word deur gedoop te word in die Jordaan. Daarna was elkeen vir homself, en het niks verander nie. Paulus, Petrus en al die Apostels het vir die heidene geleer hoe om deel van hierdie volk van die HERE te word. So raai wat? Calvyn sitin die hel want sy teologie bevat geen deel van die ou testament nie. Jammer, maar dit is ongelukkig die waar heid. Lees maar die gedeelte van Lasarus en die ryk jong man, en Jesus verklaar dat jy net Moses en die profete nodig het om te om gered te word. Calvyn weier om enige van die ou testament in sy beskouing in te sluit. So sy einde is die hel, want hy het nie Jesus se woorde geglo nie. Lees maar Hebreers 6 vers een en twee, dit is al wat nodig is. En die wegraping? Waarvan praat jy nou? Het die HERE Israel gevat en hulle in Jerusalem neergesit sodat die Farao hulle nie in die hande kan kry nie? Dit lees ek nerens nie want dit is nie in die Bybel nie. Lees maar Scofield se geskiedenis in my boek oor struikelblokke en sien hoe hy sy eie familie uit hul geld verduister het, hoe hy so “slim” was om as hoof van die hof aangestel te word en ‘n maand later na Kanada vlug toe hulle hom in die tronk wil gooi vir bedrog want hy was nie eers ‘n prokureur nie. Klink na ‘n paar van ons hedendaagse pastore.

Toe word dit geskaak deur die Roomse Kerk en Konstantyn en die Ortodokse Kerke wat nie by die Roomse Kerk wou inskakel nie, want hulle het nie geglo dat die pous net ‘n voortsetting van Petrus was nie. Gedurende die tydperk het die Roomse kerk ook deur Mohammed se vrou die Moslems begin omrede die Afrika Kerk nie deel wou word van die Roomse kerk nie. Dit is vandag nog die rede hoekom die oorlog nog voort gaan in Afrika tussen die Moslems en die Christene. Daarna het Martin Luther opgestaan teen die gesag van die Roomse Kerk en hoe hy gevoel het dat elke gemeente self kan besluit en goed soos doop en nagmaal bedien, en dit nie nodig was vir ‘n priester om waar te neem nie. Sy bekendste werke is die verklaring van Galasiërs, en dan die drie papier mure van die Roomse kerk en dan sy “haat” boek oor The Jews and Their Lies. Die boek was dan ook die een wat deur Hitler en die Duitsers gevolg is in die tweede wêreld oorlog. Toe het Calvyn gekom en die Ou Testament heeltemal by die venster uitgegooi, en homself aangestel as die nuwe pous wat vir ewig sal bestaan. En almal sal altyd sy interpretasie volg en niemand mag iets bevraagteken nie. Indien jy iets bevraagteken het, is jy gedood soos Michael Servetus. So hy is vandag nog hoof van die Calvinistiese beweging, en in Suid Afrika hoof van die susterskerke. Daarna het daar ‘n hele klomp mense opgestaan met hul eie insig en so hul eie gemeentes begin. Die volgende groot groep wat ontstaan het was eers die persone wat weer die mens gestel het om sy eie keuse te maak of hy die HERE wil dien of nie. Dit is tot vandag toe die geval, en baie van wat u hier gaan leer is op daardie grondslag gebou aangesien Jesus dit vooraf aangekondig het dat die Heilige Gees sal kom en die se eerste werk is om die mense te oortuig van sonde en dan besef hulle dat hulle ‘n verlosser nodig het. Dan kan hulle deur die stappe van die verbond gaan wat u hier gaan leer. Dan is daar die Christelike Sioniste wat glo dat Jesus weer moet kom om die Jode te red en waar ons afhangende van watter skrywer jy glo, weggeraap sal word. Die Ou Testament en selfs die Nuwe Testament by van die leraars is net vir die Jode en ons is so ‘n nagedagte omdat die Jode die eerste keer toe Jesus hier was, Hom nie as Saligmaker gesien het nie. Kyk maar na my boek in Engels oor The Antichrist waar mense soos ‘n John Hagee ontken dat Jesus gekom het om as verlosser op te tree. Dit is die lering van die Antichris en dit is maar my geveg elke dag met mense wat dit nie wil glo nie. So wees baie versigtig vir die NAR mense (New Apostolic Reformation) want hulle is vol van die Antichris lering oor die wegraping. Kyk maar na die lys van boeke en artikels en sal u sien dat selfs Jesus vir die ryk jongman wat ‘n Jood was vertel dat hulle ook ‘n keuse moet maak. So almal wat in die Joodse geloof glo gaan nie die hemel maak nie. En die ergste is dat Paulus in Romeine almal waarsku as volg: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” (Rom 1:28-32) So indien jy nie glo dat Jesus alreeds vir almal gekom het nie maar dat Hy weer moet kom om die Jode te red, gaan dieselfde lot jou tref.

 

Jesus verklaar as volg oor die wat hul leier volg en nie Hom nie: “Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val”.(Mat 15:14)

Die hoof tema handel oor die verbond van geregtigheid, so dit beantwoord die vraag of vrae wat u dalk het oor of ek regtig geloofsekerheid kan verkry hier op aarde, en indien wel, hoe gebeur dit. Ek wil sommer hier met die intrapslag al vir u daarop wys dat alle mense dieselfde paadjie moet loop om in die hemel te kom en dat daar nie aparte paadjies is vir ons as Kerk en vir die sogenaamde Israel nie. Jesus stel dit duidelik in die gelykenis van Lasarus en die ryk man, waar die rykman wat in die warmkant van die hemel sit (hel) AL WAS HY ‘n JOOD en dus volgens die Christelike Sioniste gered sal wees, vra dat Abraham vir Lasarus moet stuur om sy broers te waarsku wat OOK JODE WAS. So etniesieteit gaan jou nie in die Hemel by Jesus bring nie, net of jy deel in die verbond wat die HERE met Abraham aangegaan het met met Christus as verlosser en Lam. En daar is nie ‘n tweede kans vir die Jode nie, anders sou die ryk man nie bekommerd oor sy broers wees nie. Jy kry een geleentheid op aarde en dit is dit. So lees gerus my boek Oor Struikelblokke en Hoekstene om te sien hoe ‘n groot skelm die Jode saam met Scofield is.  Moses se uitspraak is in Deut. 6 net na hy die wet weer vir Israel voorgehou het: “As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het? dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei. En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen. En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met ‘n eed beloof het. En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is. En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het. (Deu 6:20-25) En dan Paulus in Romeine: Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.” (Rom 3:21-26)

Die artikels en boeke wat u op die webtuiste vind, neem u op ‘n tog vanaf Egipte, ‘n lewe sonder die HERE waar ons onder die koningskap van die farao (satan) staan, na Kanaän, ‘n lewe met die HERE en waar Hy die Koning van ons lewens is. U sal dan in ‘n posisie wees om u liefde aan die HERE en u medemens te bewys. Die gedeelte in Eksodus wat ek as basis gebruik stel dit as volg:” Eks 7:1 En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.” So hier stel die HERE Moses aan as Sy verteenwoordiger, en die Farao as die Satan, en dan Aäron as die HERE se profeet. Ons moet onthou dat die HERE altyd met Israel gepraat het deur profete in die Ou Verbond, en deur die Heilige Gees in die Nuwe Verbond. Dit is ook waaroor ek die kwotasie van Paulus aan die gemeente van Korinte gebruik, want hy het ook vir hulle aangeraai om te kyk na hoe die HERE met Israel opgetree het, en dan sou hulle en ons vandag weet hoe Hy teenoor ons sal optree. So die hele verhaal van Israel is vir ons ‘n voorbeeld, en kan ons dit naspeur om antwoorde vir vrae van vandag te kry. Sommige van die artikels is nie deel van enige boek nie, maar u kan elke artikel druk deur op die “print friendly” skakel voor elke artikel te druk.

Wat gemaak nou dat ek in die beloofde land ingekom het. Dit is hier waar ons moet kyk na wat ons gaan leer, en dit vind ons in my boek oor Struikelblokke en die Hoeksteen. Daar sal u leer dat ons elke dag leer deur dit wat die Heilige Gees vir ons openbaar. Dit is ‘n paadjie wat ek persoonlik nou al meer as 25 jaar lank loop, en ek leer nogsteeds elke dag. Die boek is net daar om vir u ‘n kort weergawe te gee wat u vir die res van u lewe kan volg. En dan beskryf dit ook natuurlik vir u hoe die vyand u gaan probeer oortuig dat u nie eintlik die regte pad volg nie. So verwag maar aanvalle van alle kante af. Jesus het nie verniet vir ons verklaar dat ons selfs deur ons kinders, ouers en vriende aangevat sal word en gehaat sal word, maar gelukkig vind ons die antwoord in Mattheus 2 dat die wat uithou tot die einde toe, sal gered word.

Ek wil net byvoeg dat ek verseker nie vra dat jy jou gemeente of Kerkverband moet verlaat nie, maar dat jy sal leer wat die Verbond beteken en soos ek sekerheid kon kry dat ek na my sterfte op hierdie aarde, of indien Jesus terugkom om Sy bruid te kom haal met Sy tweede koms, ons almal saam in die Nuwe Jerusalem sal wees.

Alle fondse wat hier gegenereer word, word aangewend in my stryd teen Carcinoid kanker of soos die nuwe benaming is, NET kanker, en my oorlewing, asook wat ons nou onlangs uitgevind het, my vrou se stryd teen borskanker. Sy is vinnig besig om te herstel na ‘n bilaterale mastektomie en chemo, en haar hare is al weer ‘n redelike lengte, maar my stryd het sy laaste fase ingegaan, en hoop ek nog om my laaste skrywe klaar te kry voor ek met my saligmaker Jesus Christus verenig sal word.

U kan hier verder lees oor wat u hier sal leer.

My kanaal op YouTube is by https://www.youtube.com/user/LouwErasmus. Hier kan u al die videos gratis op YouTube sien.

So wat is geregtigheid? Lees meer hier

Net weer die skakel na al die gratis boeke: http://shamaministries.org.za/wp/gratis-boeke/

Dit is al die boeke wat u gratis kan aflaai. Onthou net die volgende aanhaling uit die Bybel:“Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.” (1Ti 5:18). So daar is voorsiening gemaak in my winkel waar u net ‘n donasie kan maak vir ons bediening en te help met my stryd teen fase 4 kanker.